BROODJIE MET TAMATIEPESTO, KAAS EN SAMPIOENE

 

brood 2tested

BROODJIE MET TAMATIEPESTO, KAAS EN SAMPIOENE
Pakkie gekoopte brood deeg, uitgerol
Verf met Tamatie Pesto
Fyn gesnipperde sampioene
Gerasperde Cheddarkaas
Sprinkel met Italiaanse kruie
Rol op en sit op n bakpkaat
Sny snytjies in bo in deeg
Sprinkel nog gerasperde Kaas op en bietjie Paprika

Bak vir 45min teen 180°C of 365°F

Bron en Foto: Ilse Muller Haasbroek 




BROODJIE MET KOLJANDERPESTO, FETA EN SWART OLYWE

brood 1tested
BROODJIE MET KOLJANDERPESTO, FETA EN SWART OLYWE
Pakkie gekoopte brood deeg, uitgerol
Verf met Koljander Pesto (Ina Paarman)

Fyn gesnyde rooi ui
Gesnipperde Calamata Olywe
Fetakaas
Rol op en sit op ‘n bakplaat
Sny snytjies in bo in deeg
Maak skrik met nog bietjie Pesto bo op

Bak vir 45min teen 180°C of 365°F

Bron en Foto: Ilse Muller Haasbroek




WENKE VIR ROOSTER VARK EN CRACKLING

images
WENKE VIR ROOSTER VARK EN CRACKLING
Franco Dippenaar Score die vel met n skerp mes en strooi growwe sout mildelik in die snye en oor die vel. Braai stadig in die oond tot vel crackling maak

Hettie Bezuidenhout

Daar is soveel maniere om die crackling te maak. Ek score die vel met n stanley mes.spesiaal in my kombuis vir daardie doel. Dan sit ek hom in die wasbak en gooi kokende water uit die ketel oor hom Die vel krimp en gee ontbloot die vetlagie. Dan moet jy hom goed droogmaak.Ek gebruik n haardroeer. Dan vryf jy hom goed in met baie growwe sout. Dit laat die vet uitbraai. Gooi growwe peper ook. Voorverhit die oond tot 250 grade C, sit die vark in vir so 30-45 minute tot die crackling mooi bruin en crispy is. Stel nou die oond af tot 160 grade C. En laat hy stadig verder bak tot gaar.



SAGTE SJOKOLADE KOEKIES

tjoklit koekies

SAGTE SJOKOLADE KOEKIES
100 g strooisuiker
220 g sagte botter
220 g bruismeel
4 eetlepels kakao poeier

Room die botter en strooisuiker.
Sif die meel en kakao saam en voeg by die bottermengsel.
Meng baie goed deur. Rol redelike klein hoeveelhede van die deeg in klein balletjies.
Plaas redelik ver uit mekaar uit op ‘n uitgevoerde bakplaat en druk liggies om ‘n plat sirkel te maak.
Bak vir 8 minute by 190ºC.
Laat afkoel op die pan vir 5 minute en plaas op ‘n verkoel rak.

Nota:
Die koekies was baie sag toe ek dit na 8 minute uitgehaal het. Ek het dit teruggeplaas en teen ‘n effense laer hitte vir nog 5 minute gebak waarna dit beter was.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete




Gerasperde Komkommerslaai

 

IMG_1150

Jy weet, my ma het altyd die komkommerslaai anders as ander mense gemaak en vandag eet ek net komkommerslaai as dit so gemaak is. Eenvoudig, gerasperde komkommer (ek verkies die gewone een), bruin asyn na smaak, suiker en peper na smaak – geen sout nie. Kan hele bak opeet.

Carol Kotze 




“Raap en skraap” slaai

 

10251974_10202671660646539_1099419366753835100_n
2 Appels, halwe green pepper, halwe ui – blokkies gesny. Blikkie lospit mielies, gedreineer. Meng alles met so 4 eetlepels mayo, bietjie suiker en sout en peper. Dit smaak lekker!

 

Bron en Foto:  Louise Groenewald




PAAS VLAKOEK

Paas Vlakoektested
PAAS VLAKOEK
250 ml gesifte koekmeelblom
75 ml mielieblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 eiers geskei
250 ml strooisuiker
100 ml yswater

Stel oond op 180 ºC en smeer twee laagkoekpanne. Sif meel, mielieblom, bakpoeier en sout Saam. Kiits eiergele en suiker saam tot romerig. Klits yswater geleidelik by. Vou droë bestanddele met n slaplemmes in eiermengsel in. Klits eierwitte tot styf en vou in. Gooi in panne en bak 25 -30 min in middel van oond.
Versiersel:
500 ml melk
75 ml vlapoeier
1 ml sout
125 g sagte botter
250 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
Verhit 400 ml van die melk en los vlapoeier in oorblywende 100 ml op.
Roer vlamengsel in warm melk met draadklitser en kook tot dik.
Laat afkoel
Klop botter en suiker tot lug en donsig. Roer geursel by en klits koue vla Dan gelydelik by
FOTO: Magda Joubert




Idees vir Ontbeende Skaapboud

FLR BB Wenke

Ons wil ‘n ontbeende skaapboud braai. Het iemand dalk bietjie raad vir wat om daarop te sit of waarin om dit te marineer?

  • Anita Groenewald Olderwagen Ek maak ‘n dry rub van bruinsuiker paprika maar die gerookte een selderysout mosterd poeier en woestersous sprinkel vryf die vleis goed daarmee en laat staan so 24 uur in yskas dis heerlik
  • Suneth van Rensburg Ek gebruik ziplock sakkie en marineer in 1liter gewone yoghurt, karringmelk of amazi. Voeg vars roosmaryntakkies by en ook paar knoffelhuisies. Oornag in die yskas en op die Weberspit vir ongeveer 90 minute.
    Yolandie Prinsloo Fresh black pepper,salt,rosemary,garlic and olive oil.Rub it into the meat and let it rest for about 1-2 hours.



VERANDER MEEL IN BRUISMEEL

FLR BB with Heart
VERANDER MEEL IN BRUISMEEL
1 koppie meel, 1½ teelepels bakpoeier, 1/2 teelepel sout
2 koppie meel, 1 eetlepel bakpoeier, 1 teelepel sout
3 koppie meel, 1½ eetlepels bakpoeier, 1½ teelepel sout

4 koppies meel, 2 eetlepels bakpoeier, 2 teelepels sout
Onthou om dit altyd goed te sif voordat dit gebruik word.

Bron: Wilanda Räsänen




ANDERSE BEET

 

gebakte beet

WEER KON EK NIE GLO WAT DIE BOEREMENSE MY VERTEL HIER IN DIE PLATTELANSE DORPIE SMITHFIELD NIE. EK MOES DIT SELF BEPROEF, MAAR OOK NIE GELUISTER NIE GEBRAAIDE BEET.

GRBRAAIDE BEET HULLE VERTEL HULLE BRAAI DIT ROU BEET MAAR NEE EK WOU DIT NIE GLO NIE.

Ek het die beet in klein blokkies gesny maar eerder saam met die uie wat ook klein op gesny is gekook vir 15 minute.
Toe gooi ek twee eetlepels olie of virgin olie soos deesdae wat hulle dit noem, by die drooggekookte beet en uie en braai tot droog en voeg net sout en peper by, mense ek se dit is heerlik.
Gaan met more se braaivleis eet

my eie foto

Marie Rheeder Troskie‎