SLOW COOKED BEEF AND LENTIL CURRY

10294472_10203927132363720_507094523573937799_ntested

SLOW COOKED BEEF AND LENTIL CURRY

Vanaand se aandete was ‘n slow cooked Beef and Lentil Curry gemaak met my durban curry spices…beste ooit wat ek dit al gemaak het. Het dit bedien met poppadums, basmati rys, pickled vegetables, natural yogurt en coriander.

Ek het ‘n topside beef roast gevat en in blokkies gesny. Het beesvleis en uie verbruin en dan het ek al die speserye gebraai, ek het kerrie mengsel en garum masala, mostersade, curry seeds, star anise, cinnamon sticks en bay leaves gebruik en borrie gebruik. Speserye gebraai en toe fyngekapte uie en garlic en ginger en tamarind paste bygevoeg. Toe al die vleis en uie teuggesit in die pot en ‘n groot blik gekapte tamaties bygevoeg met lensies en water en sout en pepper en stadig laat prut vir 3 ure. Bedien saam met basmati rys, poppadums, pickled vegetables, natural yoghurt en coriander.

Source: Leanne Thurston Coetzer 




WILMA SE KAAS MUFFINS MET BYT

FLR BB with Hearttested

WILMA SE KAAS MUFFINS MET BYT

2 koppies Bruismeel
2 ml sout
10 ml Rissiepitte
Paar draaie swartpeper
15 ml gedroogde pietersielie
2,5 ml bakpoeier
Sif bogenoemde alles saam in ‘n groot bak..
3 lekker groot eiers
125 ml kookolie
250 ml melk
Meng vloeistowwe apart…
Meng die eiermengsel met die droe bestanddele en voeg die volgende by:
250ml sterk cheddarkaas
100ml fyn biltong (kan weggelaat word)
Meng alles goed deur…
Smeer 2 kolwyntjiepanne met 12holtes elk met botter/margarien en bespuit met Spray and Cook… skep lepelsvol deeg in die panne. (Die deeg moet slap wees..indien te styf voeg nog klein bietjie melk en olie by)
Bak in voorverhitte oond van 180 grade C vir 15 min tot lekker goudbruin en gaar… bedien soos verkies…

Bron: Wilma Josey Venter




SUURLEMOENMERINGUE-KAASKOEK

11947_757483480976640_92668735892879540_ntested
SUURLEMOENMERINGUE-KAASKOEK

Die bekende suurlemoenmeringuetert word net lekkerder as dit roomkaas bykry en as kaaskoek voorgesit word.
KORS
250 g Tennisbeskuitjies,
gekrummel
110 g botter, gesmelt

VULSEL
1 houer (230 g of 250 g) roomkaas
1 blik (380 g) kondensmelk
2 eiers, geskei
15 ml (1e) gerasperde suurlemoenskil
60 ml (¼ k) suurlemoensap
125 ml (½ k) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n 20 cmveerklamppan se boom en kant met bakpapier uit.

KORS Meng die koekiekrummels en die gesmelte botter deeglik. Druk ’n derde van die mengsel op die boom van die pan en die res sowat driekwart teen die rand van die pan vas.
VULSEL Klits die roomkaas tot glad. Klits die kondensmelk, eiergele en suurlemoenskil en -sap by die
roomkaas en giet die mengsel in die kors.
Klits die eierwitte tot sagte punte begin vorm en klits dan die strooisuiker geleidelik by tot die mengsel styf, glad en blink is.
Skep dit bo-op die vulsel en bak 10-15 minute of tot die meringue effens bruin is. Laat heeltemal in die pan afkoel voor dit uitgekeur word…

Foto: Wynand Chantelle Van Huyssteen‎

 




HOENDER OP ‘N BED TAMATIE EN RYS

10246441_10202065062604094_2640820633225660030_ntested

HOENDER OP ‘N BED TAMATIE EN RYS
Oond: 175°C
Tyd: 1 uur
Bron: By ‘n Finse vriendin gekry wat ek bietjie aangepas het.
350 ml rou rys
1 ui, in blokkies gesny
2 eetlepels olie
100 ml rosyne
50 g hazelnuts, optioneel
1 blikkie (410g) tamaties, fyn gedruk
1 eetl dill, sommer uit die botteltjie uit
700 ml hoenderaftreksel, gebruik 1 stock cube
Vir die sous:
3 eetlepels olie
3 eetlepels tamatiesous of HP sous
3 eetlepels suiker
2 teelepels gemmer poeier
½ teelepel sout
5 eetlepels warm water
Natuurlik ook die hoender porsies

Begin met die rys:
Neem ‘n oondbak en gooi die rou rys daarin.
Braai die uie in die olie tot sag en voeg dit by die rys.
Neem nou die tamaties, dill, rosynetjies en neuete en voeg dit by die rys.
Laastens gooi die hoenderaftreksel oor die rys en meng dit saam.
Plaas in die oond terwyl jy die sous vir die hoender maak.

In dieselfde pan waarin die uie gebraai is gooi die olie vir die sous daarin.
Verhit die olie goed. Voeg nou die tamatiesous of HP sous by. PASOP DIT SPAT.
Meng die twee bestanddele goed saam. Voeg nou die gemmer, en suiker by en roer totdat dit gemeng is.
Laastens kom die warm water by.
Haal nou die rys uit die oond uit. Plaas die hoender porsies op die rys.
Onthou om die hoender te sout en peper.
Borsel die sous bo oor die hoender, maak seker alles is bedek.
Daar sal dalk van die sous oorbly wat jy so 10 min voordat die hoender uit die oond moet kom weer kan opsit.
Plaas terug in die oond vir ongeveer 1 uur.
So teen 45 min loer net om te kyk dat die hoender nie donker word bo-op nie. Daar is suiker in die sous en dit sal maklik brand.
Jy kan nou die res van die sous opsit as daar oorgebly het.
Toets die hoender na ‘n uur en haal dan uit die oond as dit gaar is. Laat staan vir so 15 min en dien dan op.
Daar sal rys oorbly, wat baie lekker is ook die volgende dag.

Foto en resep geplaas deur Wilanda Räsänen




Visvingergereg

10246645_10152394342404941_2918794510062511574_n

Het vroeg oggend gaan stem en was toe nie baie lus vir kosmaak nie!

Het toe visvingers onder in ‘n gesmeerde bak gepak, witsous bo-oor gegooi, tamatie in ringe gesny bo-op gepak en 1 prei fyn opgesny en oor die tamaties gesprinkel en daarna gerasperde kaas bo-oor gesprinkel.

Gebak vir 45 minute teen 180C.

Het dit met kapok aartappels (mash), gemengde groente en ‘n gepakte slaai bedien. Die witsous oor die visvingers het lekker saam met die aartappels gesmaak! 

Bron: Rosemarie Maytham

 




OATS EN KLAPPER KOEKIES

10178014_3932200519390_7468752485380847159_ntested
OATS EN KLAPPER KOEKIES
DRUK JOU OATS LEKKER STYF VAS
2 koppies meel
4 koppies oats
2 koppies klapper
2 koppies  suiker
250 g botter of margarine ek het bietjie meer gebruik se so 2  en meng, gooi in oondpan, drukvas, bak vir 10/15 min op 180 grade C
Bron: my niggie se oorlede ouma se resep
Foto: Marie Rheeder Troskie

Jou resep gebruik. Dadels, cranberries en sonneblom sade bygesit.  – Foto: Lyn Pieters




JUMMMMY POTBROOD!

potbrood10301369_691953864181239_4567830423806597228_ntested
JUMMMMY POTBROOD!
Koop winkel deeg of as jy ‘n broodmasjien het maak die deeg.
Sny bolletjies mozerella kaas en maak ‘n halfkoppie botter met so 2 t knoffel daarin.
Maak bolletjies deeg en in elke bolletjie sit jy ‘n blokkie kaas.
Druk dit in die knoffelbotter en pak in jou swartpot.
Herhaal tot al die deeg op is.
Strooi bruinuiesoppoeier bo-oor en gerasperde chedar kaas en die res van die mozerella as daar oor is.
Bak op kole vir plus minus ‘n uur of in oond by 180 grade C vir ‘n uur en kou dan jou lippe af!

Resep en foto:  Esna Rossouw Brand




CAPPUCCINO MIX


CAPPUCCINO MIX
1 cup powdered non-dairy creamer
1 cup instant chocolate drink mix
¾ cup instant coffee granules
½ cup white sugar
½ teaspoon ground cinnamon
¼ teaspoon ground nutmeg

In a medium sized glass jar, combine the non-dairy creamer, chocolate drink mix, instant coffee, sugar, cinnamon and nutmeg; mix well.
To prepare, place 2 tablespoons mix in a mug, pour in ¾ cup boiling water, and stir until dissolved. Serve hot.
Recipe posted by Sonja Young




 LENTIL AND BARLEY SOUP

lentil souptested

LENTIL AND BARLEY SOUP
125 ml (100 g) brown lentils, soak for 2 hours,
60 ml (50 g) pearled barley,
1.5 liters water,
1 medium onion peeled and chopped,
2 medium carrots (200 g) scraped and coarsely grated,
2 celery stalks (50 g) with leaves chopped,
1 ripe medium tomato (125 g) skinned and cubed,
+ – 1 liter water,
1 beef stock crumbled,
50 ml tomato pure,
25 ml chopped parsley,
3-5 ml salt to taste
freshly ground black pepper to taste.

I used a Pressure Cooker and boiled all together for an hour on low heat.
I doubled this recipe and Diabetics can eat it too.
Source: Edith Du Preez

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

 




MACARONI EN TAMATIE INGELê

gebottelde spaghettitested
MACARONI EN TAMATIE INGELê
25 tamaties
5 uie
½ teelepel rooi peper
1 koppie appelkoos konfyt
½ teelepel fyn naeltjies
1 teelepel neut
2 eetlepel sout
1 koppie suiker
180 ml asyn
1 pakkie spaghetti

Gooi tamaties in kook water en trek skilletjies af.
Kook nou alles saam, behalwe die spaghetti en asyn.
Kook tot uie sag is.
Maak fyn in voedsel verwerker.
Kook spagetti en dreineer.
Voeg asyn en spaghetti by die tamatie mengsel, kook 10 min en bottel.
HEERLIK!

Bron en Foto:  Benhet Nieuwenhuis‎