HOENDER EN ASPERSIE ROOMSOP

chicken asp soup

HOENDER EN ASPERSIE ROOMSOP

Jy benodig:
8-10 Hoender stukke (Borsies/dye/boudjies)
1 Choricco worsie (Opgesny in klein stukkies)
2 blikkies Aspersies
2 blikkies Sampioene (gekap)
1 Blikkie Coconut milk
1 250ml Vars room
2 Medium aartappels gerasper
2 Groot wortels gerasper
1 Groot ui gerasper
1 Bossie sprietuie gekap
1 Koppie “splitpeas”
½ Koppie gekapte Pietersielie
1 Pakkie eier noedels
Sout/pepper/speserye na smaak

So maak jy:
Stoomof kook eers die hoenderstukke gaar sodat dit van die bene afgehaal kan word.
Gebruik dieselfde aftreksel ok jou sop mee te begin en gooi die hoendervleis terug in die aftreksel.
Voeg die gekapte worsie by en prut vir ‘n wyle.
Voeg nou die res van al die bestanddele by behalwe die aspersies. Hou ook eers die room en Coconut milk vir laaste.
Kook die sop lekker deur vir so halfuur en voeg dan jou aspersies by, sommer met die sous waarin hulle is.
Voeg dat die room en melk by – jy kan dit verdik met soppoeier of mezina voor jy dit bygooi vir ‘n dukker tekstuur.
Kook vir nog so 10 minute en bedien met vars Portugese broodrolletjies.

Resep geplaas deur Pieter Scheepers




PIETER SE SNOEKSOP

snoeksop
PIETER SE SNOEKSOP
1 snoekkop
1 klein uitjie, fyngekap
¼ teelepel witpeper
3 liter water
1 koppie droëboontjies
1 koppie lensies
2 aartappels in blokkies gesny
1 porsie vars snoek, in blokkies gesny
1 teelepel vismasala
1 teelepel borrie
¼ teelepel droë rissie
1 eetlepel sout

Sit die snoekkop, ui en witpeper in ‘n kastrol en bedek met water.
Kook vir 1 uur lank, gooi die aftreksel deur ‘n sif en hou dit.
Week die bone vir drie uur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Week die lensies vir ‘n halfuur in water, dreineer, bedek met genoeg water en kook tot dit sag is.
Sit nou die boontjies en lensies in die kastrol by die visaftreksel.
Voeg die aartappels en snoek daarby.
Geur dit met die vismasala, borrie, rissie en sout en laat dit prut tot die aartappels en die snoek gaar is.

RESEP EN FOTO: Pieter Vercuiel




OUTYDSE GORTSOP

barley soup

OUTYDSE GORTSOP
Bron onbekend
FOOD LOVERS RECIPES
500 g sopvleis
300 g gort
1 ui, fyn gekap
1 geelwortel, fyn gekap
3 kruienaeltjies
sout en peper na smaak

Kook die vleis 45min lank.
Voeg die gort by en kook stadig sag.
Voeg dan die ui, geelwortel en naetjies by en geur met sout en peper.
Kook stadig verder totdat die groente lekker sag is.
Dien dadelik op.




TUNA SOP

tuna soup

TUNA SO

GROOT Treffer in ons huis – lekker en BAIE vinnig en goedkoop.

Hierdie is 1x aangemaak –
1 pakkie tamatie roomsoppoeier/
1 koppie warm water/
1 kop melk
sout en peper na smaak

klits saam in pot op stoof tot begin kook – oppas vir aanbrand. Gooi by 1 kop room (250ml) en 1 blikkie gesnipperde tuna – ek gooi sommer met water / olie in. Voila – lekker eet!!! Ons is ‘n gesin van 6 – ek maak dit 3 maal aan – want ALMAL wil nog he. As jy dit verdubbel – moet nie elke keer die room verdubbel nie – word te ryk – gebruik dan meer melk. Bv 3 x : 3 x sop/3x tuna/3xwater/3x melk/1 x room en nog 2 x melk – gebruik eie diskresie!!!!

Resep geplaas deur: Celia De Villiers Enslin




BRAAI VAN EIERVRUG WENKE

 

FLR BB with Heart

PETRO BORCHARD

EIERVRUG
My man se (enigste) groente voorkeur is vir eiervrug skywe wat gekrummel en gebraai is.

Ek is altyd verbaas as ek hoor mense kla dat hulle krummel laag nie vasklou nie (aan eiervrug of enige iets anders). Hier is my metode (nie regtig ‘n resep nie)

Sny eiervrug in 1 duim skywe. Gooi sout liggies oor, laat vir 30 min staan en skraap die sout met ‘n mes af. Of dit nou regtig vir die bitter uittrek help kan ek nie waarborg nie, maar dit voorkom dat dit pap raak en ook te veel olie opsuig en terselfdertyd geur dit die eiervrug.

1. Kry gereed in 3 pap borde :- gegeurde meel, geklitste eier, broodkrummels (ek gebruik ‘n weergawe wat ek by Chinese kruideniers winkels koop wat vergelykbaar is met Panco wat die Food Network kokke graag gebruik). In daardie volgorde. Die meel is die geheim om die lot vas te laat klou.
2. Doop die skywe in daardie volgorde in die 3 borde en as jy ‘n dikker laag soek, herhaal die prosedure.
3. Braai in klein bietjie olie net om die krummels die verlangde kleur te laat kry, sit dan in die oond om deurgaar te word sonder om die spulletjie te verbrand. Geniet dit.

  • Regina Badenhorst Gooi 1/4 teelepel asyn in olie wanneer jy enige iets in diepolie braai, met krummels, dan val die krummels nie af nie, of met n deegie.



LEKKER ERTJIESOP

 

10247349_320769928072254_8334754553379321014_ntested

LEKKER ERTJIESOP

Ek gebruik nie vleisies nie, dit kook dan te lank hehehehehe ek maak so: dis 1 pakkie ertjies, 1 ui, 2 wortels gerasper, 1 aartappel, 1 telepel tamatie puree,1 teelepel kerrie, 2 teelepels knoffel, 2 blokkies hoender stock…….. week natuurlik die ertjies oornag…. volgende dag gooi ek als in die pot…..kook kook en sie daar…. dan sit ek bacon by , en koop enige worsie by woolies….sit saam dit……bedien met toast….dis heerlik heerlik heerlik….maar ek verdubbel als of nog meer….want ekt een lekker groot pot….. die soppie is maklik en die smaak is ongelooflik lekker

Marisa Olivier




MADEIRAKOEK MET FLAIR

1544449_700036796719861_354297545013865401_ntested

MADEIRAKOEK MET FLAIR
My weergawe

250 g margarien
250 g strooisuiker
5 ekstra groot eiers
500 ml koekmeel
1 ml sout
Bietjie melk (so 15 ml)
1 eetlepel opgehoop citrus peel (sommer die in die bakkies)
1/2 koppies kersies in die helfte gesny

Voorverhit oond tot 160 °C. Spuit ‘n ringkoekpan so ongeveer 20 cm breed goed met kossproei.

Verroom die botter en voeg strooisuiker geleidelik by en klits tot die mengsel amper wit en romerig is.
Voeg nou die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg nou die skil by en meng goed.
Die suiker moet heeltemal opgelos wees.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Meng dit nou geleidelik by die botter, suiker en eiermengsel.

Dit is ‘n redelike stywe deeg.
Indien deeg te styf is, voeg so 5 ml melk op ‘n slag by tot die mengsel werkbaar is.
Voeg nou die kersies by en meng stadig deur

Skep in pan, maak gelyk en bak so ongeveer 50 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Keer uit en laat afkoel.

Vir versiering: Sif so bietjie versuiker oor koek.

Foto en resep geplaas deur Amanda Vallero‎




TAMATIE MIMOSA


TAMATIE MIMOSA
6 klein Tamaties
15 ml botter
Sout en peper
2 ml suiker
2 hardgekookte eiers
30 gr Cheddar kaas
60 ml Room
125 gr roomkaas
Spruit uie (net die punte)
slaaiblare vir bediening
Metode;
Was die tamaties, sny die toppies af en skep die vleis uit. Sit die pulp in ‘n pot saammet die botter, sout, peper en suiker. Kook tot dik en roer en af en toe. Moenie laat dit brand nie…Verwyder van die hitte. Sny die gekookte eiers in die helfte, skei die wit en geel. Hou van die eiergeel eenkant vir versiering. Druk die res van die gekookte eiers fyn. Voeg die afgekoelde tamatiepulp, room en cheddarkaas in ‘n bakkie en blits vir ‘n paar sekondes. Gebruik hierdie mengsel om die tamatie skulpe te vul. Spuit die roomkaas in ‘n mooi roset bo-op die vulsel. Strooi die eiergeel bo-op en sit die spruit ui se punte skuins in die tamatie vir versiering…bedien op slaaibare van jou keuse




LEKKERSTE TAMATIESOP

 

10245466_10152372135399356_5009596811830423627_ntested

LEKKERSTE TAMATIESOP

1 – 1,5 kg tamaties (gebruik roma-tamaties of enige ander rooiryp tamaties)
1 ui, gekap
4 heel knoffelhuisies
60 ml olyfolie
Seesout en vars gemaalde swartpeper
60 ml sagte bruinsuiker
750 ml hoender- of groente-aftreksel
5 ml gemaalde komyn, liggies gerooster
60 ml tamatiepasta
30 ml sojasous
250 ml room
Voorverhit die oond tot 200 ºC. Pak die tamaties, ui en knoffel op ’n bakplaat, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Sprinkel die suiker oor. Rooster vir ongeveer 30-40 minute tot goed bruin. Skep die mengsel in ’n kastrol, voeg aftreksel, komyn, tamatiepasta en sojasous by. Verhit tot kookpunt en laat prut liggies vir ongeveer 35 minute. Verpulp die sop en giet deur ‘n sif om van die skilletjies ontslae te raak. Voeg die room by en verhit weer tot kookpunt. Skep in bakkies en rond af met ’n ekstra lepeltjie room, vars kruieblaartjies en ’n draaisel swartpeper. Lewer agt porsies.

 

Resep geplaas deur Sonja Young




TUISGEMAAKTE MAASKAAS

maaskaastested

TUISGEMAAKTE MAASKAAS

Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik – sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in ‘n gaasdoeklap (cheese cloth material). Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in ‘n sif oor ‘n bak en plaas ‘n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag.
Die volgende dag moet jy die lap weer opwen sodat daar nog van die vloeistof kan uitpers as dit kan. Sit dit weer in die sif en sit iets swaar bo-op om te pers. As jy dink dis nou droog genoeg, maak oop, gooi in bak en gooi by wat jy wil – fyn grasuie, knoffelsout, enige gegeurde sout, net wat vir jou lekker is en geniet dit saam met jou broodjie. Ek sny vir my dun snytjies komkommer daarop – heerlik! Hou dit net in die yskas, want dit is mos nou nie soos die gekooptes wat vir baie lank sal hou nie. Hoop dit kan vir iemand help!
Bron: Health24 – Yvonne

Martie Fourie Moolman:
Dit hang af hoeveel melk ek het, gewoonlik so 1 L. Maak dit net so lou in ‘n pot op die stoof (nie te warm nie) Gooi dan ‘n klein houertjie gewone yogurt by, Dit moet op die houertjie se ‘live cultures’ anders gaan dit nie werk nie, Voeg dan bietjie suurlemoensap en knippie sout by. Roer. Haal af van stoof. Besek met kleefplastiek en maak. toe met kombersie of ou handoek. Laat oornag staan. Dreineer volgende dag deur sif wat met gaas uitgevoer is. Laat dit maar rustig afdrup. Gooi elke keer die wei weg. Sodra jy sien dit kom als bymekaar draai die gaas in ‘n bondeltjie en druk kort kort die wei uit tot jy sien dit is solied. Nou kan jy dit maar geur met grasuie, fyn biltong of waarvoor jy lus het.Geniet!

Maritha Blaauw
Dis nou bietjie koud om dit vinnig te maak. Ek het 2 L melk in mikro gekook en hele suurlemoen se sap uitgedruk daarin en toegemaak in n bak met deksel. Swart asdromsak oor gesit en toegedraai in n kombers. Ooornag laat staan en vanoggend deur n sif gegooi. Sout, peper en grasuie fyn gekap en goed deur gemeng. Dit was bietjie droog en toe room by gegooi om dit smeerbaar te maak, My manlief is nogal baie verras toe ek dit vir hom wys en laat proe.

Foto 1:  Maritha Blaauw

Karin Pitout
Maaskaas van volroommelk gemaak. Die melk is net laat staan vir paar dae op rak om goed dik te word. Deur kaasdoek gegooi en uitgedruk om al die wei uit te kry en toegemaak en oor vergitis gesit met swaar pot op. Moes maar nog paar dae in yskas staan tot ons tyd gekry het om te bewerk. Nou net bietjie kruie en sout en peper en ander sonder speserye word tert.

Foto 2 Carin Pitout