REGTE WIENER SCHNITZEL MET KALFVLEIS

wienertested

REGTE WIENER SCHNITZEL MET KALFVLEIS

By ‘n regte Wiener Schnitzel met Kalfvleis maak die panade ‘n bubble om die vleis.
Eers in die melk eier mensel en dan in die meel, terug in die eiergeelbad met melk en dan in die krummels. Nie in die yskas nie want dit maak die panade klam en dit braai uit in ‘n disaster.
‘n Regte Wiener Schnitzel word in varkvet uitgebraai.

Beatrice Trisha Diepold




SJOKOLADE FUDGE POEDING

 

sjok fudge poedtested

SJOKOLADE FUDGE POEDING
250 ml koekmeel [140g]
45 ml kakao
10 ml bakpoeier
3 ml sout
160 ml strooi suiker [140g]
30 ml botter, gesmelt
160ml melk
1 ekstra groot eier
5 ml vanielje geursel
Bolaag.
45 ml kakao
200 ml strooi suiker [160g]
375 ml kook water
Sif meel, kakao,bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by.
Meng botter, melk, eier en geursel in ʼn ander bak en klits by droë bestandele tot glad.
Giet in n gesmeerde medium oondskottel
Vir bolaag: sif kakao en meng met suiker. Strooi bo-oor deeg. Gooi kookwater bo-oor. Bak sowat 50 minute in n voorverhitte oond by 180°C.
4-6 porsies




Chocolate Chip Cupcakes

 

10410054_635103803244505_1752947936_ntested

1 pakkie vanilla cupcake mix
Paar druppels aarbei geursel
Paar druppels rooi koek kleursel
Sjokolade chips / vermicilli (enige iets wat in jou kaste is)

Meng soos per pakkie en gooi ekstra’s by.

Moenie te veel meng nie (van daar die marble effect)

BRON – Desirèe van Dyk




TUNA AARTAPPEL GEDOENTE

gevulda tuna aarttested
TUNA AARTAPPEL GEDOENTE
Ek het die heerlikste tuna aartappel ding gemaak – Rina Kleinhans het die idee vir my gegee
Maak medium groterige aartappel (1 per persoon) gaar in mikrogolf, sommer so met sy baadjie aan
Intussen meng blikkie tuna met fyn gekapte ui, groen pepers, sout en peper en genoeg mayonaisse.
Wanneer die aartappel uit die mikrogolf kom (oppas hy’s kokend) sny hom so 4 snye deur (nie regdeur nie), vul dit met die tuna vulsel en strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak in warm oond tot kaas gesmelt en goudbruin is Ek het myne sommer in die halogeen-oondjie gedruk op 250 grade vir seker so 7 – 8 min (hou maar dop)

Resep Idee: Rina Kleinhans
Foto: Sonja Young




PAN PIZZA MET BAKPOEIER

10341601_10204086253460487_3564398715067423539_ntested
PAN PIZZA MET BAKPOEIER
Degie:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2.5 ml olyfolie
2/3 koppie lou water
Meng alles saam en knie sommer met die een hand lekker goed deur.
Rol uit in ‘n pannetjie van jou keuse – so bietjie netjieser as myne (lol).
Oond 220ºC.

Vulsel
¼ koppie mayonnaise
3 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels blatjang
Meng en smeer op basis.

My vulsel van onder af:
Mozzarela kaas
Gaar fyn hoender
Fyn gekapte olywe
Lekker sterk cheddarkaas
Bak vir 20 min en sny avokado oor.
En soos altyd – gee vrye teuels met geure en kleure!
Voila tjoef tjaf vrydagaand kossies

Bron en Foto: Bernadene Daniell Prinsloo




HOENDER PASTEI MET ASPERSIES

pasteitested
HOENDER PASTEI MET ASPERSIES
1 rol skilferkors deeg
1 meduim grote hoender
1 ui gekap
4 spekveis repe gekap
1 tl hoenderspeserye
1 tl rys speserye
Sout en peper na smaak
2 el wit wyn
1 el worcestersous
1 blik aspersies
1 blik sampioene kan vars ook wees
100 ml koekmeel
1 meduim green pepper gekap
250 ml melk
1 eier
Verhit oond 200 grade C,  spuit oondvaste bak rol deeg dun uit en voer die bodem uit.
Kook jou hoender met al die speserye en uie asook green pepper saam tot sag moenie die vel aftrek voor die tyd nie kook alles laat koud word laat koud word as gaar ontbeen en ontvel maak vleis lekker fyn jou sous wat nog in die pot is gooi deur n sif as daar dalk beentjie in is voeg nou die asyn en worcestersous by kyk dat as jy sous oor het dat dit so 300 ml is nie meer as dit jy kan as jy wil nog n fyn gekapte ui insit .
Kook die sous met die hoender en spekvleis vir nog n paar min sit die aspersies by en die sampioene gooi net die vloeistof van hulle af.Maak jou meel en eier aan met die melken gooi oor die hoender met sy sous kook totdat alles lekker dik is jy kan nog speserye bysit tot dit na jou smaak is laat dit koud word gooi dan in die oonvaste pan.
Rol bo gedeelte uit en plaas dit op die koue beslag versier jou bodeel en smeer eier en melk mengsel oor.

Bron: Anita Groenewald Olderwagen




Paprika Varkfilet in Spekmantel

 

10409835_10152405037442208_582544822_ntested

My bydra tot varkweek – Paprika Varkfilet in spekmantel gegrill in die volgende paprikasous:

Maak paprika fein en meng n koppie Olyfolie, n koppie vleisaftreksel, asyn en suurlemoensap, sout en pepper (na smaak) by.

Ek het net groen paprika in die huis gehad, maar dit lyk natuurlik baie mooier met geel en rooi paprika.

Laat die filet stukke en paprika stukke vir n paar uur le in die sous voor jy dit saam met spek en stukke heel paprika op n stokkie sit.

Ook letter as n mens dit op die kole braai.

 

Bron:  Beatrice Trisha Diepold




AMISH BROCCOLI SALAD

 

amish saladtested
AMISH BROCCOLI SALAD

This is to die for…

1 head broccoli, chopped
1 head cauliflower, chopped
1 cup mayonnaise
1 cup sour cream
1/2 cup sugar
1/2 teaspoon salt
1/2 pound bacon, fried and crumbled
1 cup shredded Cheddar cheese

If you prefer you can steam the veggies a little, otherwise just mix the mayonnaise, cream sugar and salt as a salad dressing.  Place all the other ingrediets in a bowl and mix with salad dressing.

NOTO EN FOTO: Michele Nel
Julle…..! Hierdie moet julle baie beslis probeer! Ek het ander woorde wat ek wou gebruik het, maar dan gaan julle my van die blad af verwyder so lekker is dit….
Amish Broccoli Salad… This is to die for…
Stoom net die groente, maar dit moet nog so bietjie ‘crunchy’ wees. Ons het knoffel by gesit en die suiker vervang met heuning

 




GEROOSTERDE SAMPIOENE

 

FLR BB with Heart

Marineer die sampioene in olyfolie, Balsamiese asyn, sout en peper. Braai dit in ’n toeknyp roostertjie tot mooi gaar.

Stop met 1 sny brood, geweek in bietjie melk en fyngemaak,

½ teelepel Origanum en so handjie vol gerasperde kaas, ’n desertlepel sagte botter en Cheese en Chives speserye.

Braai tot ligbruin onder die oondrooster.

BRON- Gert Peens




BRAAIBROODJIES

FLR BB with Heart
BRAAIBROODJIES
Dis die enigste keer dat jy maar jou broodjie aan altwee kante mag botter.

Sny die tamatie en ’n klein bietjie ui in ’n bakkie en geur met bietjie asyn, tamatiesous, blatjang, sout en peper en so ½ teelepel suiker. Sprei oor die een snytjie brood en strooi gerasperde kaas bo-oor en sit die ander snytjie op.

Braai in ‘n toeknyprooster tot mooi bruin aan albei kante.
’n Wenk om jou broodjie weerskante te kan botter smeer, is om die korsie van die brood onder op die bord te sit en daarop te smeer.

Dan bly al die botter nie in die bord agter nie. Die korsie kan jy later met bietjie fyn vyekonfyt eet as niemand kyk nie.
BRON- Gert Peens