STELLA SE LUI PASTA

TAGLIATELLI WITH MUSHROOMStested
STELLA SE LUI PASTA

Een pakkie bacon bits
Tagliatelle pasta
N punnet mushrooms
250 ml room
Kook pasta tot al dente gooi in n bak
Braai bacon tot gaar
Sit mushrooms in ( ek kerf hulle baie din)
Sit plaat op laer stelling
Gooi room by
Laat die hele storie af kook na die helfde.
Die mengsel raak dukker
Gooi mengsel oor pasta en meng
Laat die sous so bietjie in die pasta intrek
15 minute met n bord op die bak
En daar het jy lekker lui pasta!
Vars pietersielie is ook heerlik saam

RESEP: Christelle Louise Bester




VOLKORINGMEEL MELKKOS

melkkostested
VOLKORINGMEEL MELKKOS

130g (250ml) volkoringmeel
2ml bakpoeier
2-3 ml sout
15ml margarien
40-50 ml koue water
1liter melk, verhit tot net onder kookpunt
2 ekstra groot eiers, geskei
15 ml suiker
15 ml fyn kaneel

Sif meel, bakpoeier en sout saam in mengbak.
Voeg semels wat in sif agtergebly het weer by.
Vryf die margarien in met jou vingerpunte tot goed gemeng.
Voeg net genoeg koue water by om die meel frummelrig te maak (pas op vir te veel water).
Strooi die deeg frummels stadig oor die verhitte melk in die kastrol terwyl aanhoudend met vurk geroer word.
Verlaag hitte en prut tot mengsel dik en gaar is. Roer elke nou en dan.
Klits die eiergele saam met die suiker en fyn kaneel tot lig en romerig.
Meng bietjie van die melk mengsel met eiergele en voeg dit dan stadig by die orige melk.
Roer goed en prut vir paar minute sodat eiergeel net gaar kan word.
Klits intussen die eierwitte tot sagte punte vorm.
Laat die melkmengsel effens afkoel en vou die eierwitte daarin.
Dien op met ekstra kaneel suiker indien verkies.

Bron en Foto: Elsabé Mulder Barnard




GEROOMDE GROENBOONTJIESOP

10393815_640246626053692_3645340145253737363_ntested

GEROOMDE GROENBOONTJIESOP

1 groot ui, gekap
2 huisies knoffel, fyngekap
60 ml botter
750 ml hoenderaftreksel
1 kg groenboontjies in stukkies gesny
3 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
125 ml room
1 pakkie Knorr garlic and bacon potato bake
250 ml melk
1 teelepel suurlemoensap
2,5 ml gedroogte Taragon
knypie peper

Braai ui en knoffel in botter tot sag.
Voeg die boontjies en aartappels by en gooi die hoenderaftreksel by.
Kook tot boontjies en aartappels sag genoeg is.
Haal van die hitte af en puree die mengsel tot glad.
Maak die potato bake met melk aan en gooi by boontjie mengsel.
Geur met taragon, suurlemoensap en peper.
Verhit effens. Bedien met bietjie room en bietjie gerasperde kaas.
Indien verkies kan brosgebraaide spek ook bygevoeg word vir geur.

Bron en foto: Elsabé Mulder Barnard




MAKLIKE SMAAKLIKE VARKTJOPS

MAKLIKE SMAAKLIKE VARKTJOPS

Al wat jy nodig het is 2 bestandele want peper is opsioneel
4 – 6 varktjops
1 pakkie bruin uiesop
peper, opsioneel

Voorverhit oond tot 180°C.
Plaas varktjops in die oondpan.
Strooi droë bruin uiesop bo-oor.  Moenie olie of botter of enige vloeistowwe byvoeg nie.
Maak toe met foelie en bak in oond vir ongeveer 50 – 60 min – hang af hoe dik jou tjops is.
Dien op saam met ‘n bygereg van jou keuse soos kapokaartappels en ertjies of selfs ‘n lekker slaai.

Bron:  Sonja Young




TUNA KELKIE

10411137_10201251729933564_5647064875456274012_ntested

TUNA KELKIE
Tuna Kelkie vir lui mense soos ek !
1 Blikkie Tuna
Gerasperde komkommer
Fyngedrukte avokadopeer
Klein tamaties in skyfies gesny
Sout en peper die tamaties, geur avo met bietjie slaaisous, maak die tuna skrik met so blop mayonaise , en slaaisous saam met komkommer, pak dan net sulke lagies in ‘n glasie!

Bron: Gigi Robinson




EINDE VAN DIE MAAND MAALVLEISGEREG

10371482_10203231894494774_2350757084095204594_ntested
EINDE VAN DIE MAAND MAALVLEISGEREG

Hierdie is nie soveel ‘n resep as net ‘n idee nie. Dis vir daardie dae wat jy inkopies gedoen het en wonder wat om met al die bietjies – bietjies te maak wat oorgebly het in die vrieskas en iets maklik wil voorberei. In die mengsel van my is daar:
2 koppies bevrore blomkool
2 koppies bevrore groenboontjies
1 koppie bevrore ertjies
1 koppie bevrore mielies
1 kg maalvleis
1 groot rooi ui (gekap)
2 toontjies knoffel (gekap)
200 g Cheddar kaas
4 eiers
500 ml melk
2 pakkies “3 Cheese Pasta Sauce” (onaangemaak)

Spuit groot oondpan met Spray ‘n Cook.
Laat groente eers ontdooi in ‘n vergiettes sodat oortollige vloeistof kan afdrup. Pak dit dan in lae in pan. Sprinkel met sout, peper en origanum. Volgende kom die gekapte uie en knoffel. En heel laaste die maalvleis. Sprinkel maalvleis met speserye (ek het sommer Ina Paarman se vleis speserye gebruik). Rasper kaas bo-oor. Meng eiers, melk en Pastasous saam.
Skep bo-oor alles. Bak teen 180ºC vir ongeveer 45 min.
Ek het toe heuning met net ‘n titseltjie appel asyn gemeng en op bord gedrup, net vir ‘n interesante smakie.

Foto en resep geplaas deur Elizabeth Margaret Hendrikz




Lekker Wildsvleis

 

1526427_10152600449693973_5436327582074251706_ntested

Lekker stukkie wildsvleis wat ek by my ma gekry het. Gaar gemaak in Knor cook in bag (mushroom flavour). Vleis eers 2 uur lank laat le in kwart koppie van Ouma Emma se speserye. Gekook vir 2 ure teen 150C. Lekker sag en heerlik.

 

Bron:  Wian Swart




LEKKER KOEKSISTERS ALA PATRICIA

10347166_284703478366278_3384138315849557605_ntested
LEKKER KOEKSISTERS ALA PATRICIA

Heerlike koeksisters vandag gebak jare laas gebak jippie ek kan nog.

480g koekmeel
50 ml (4 Eetlepels) botter of margarine
2 eiers. 250 ml melk
30 ml (6 teelepels) bakpoeier
2 ml (1/2 )teelepel sout.
STROOP
800g suiker
375 ml water
2 ml (1/2) teelepel kremetart
2 ml(1/2) teelepel fyn gemmer
3 kaneel stokkies

Sous:
Los suiker en water op tot kookpunt voeg kremetart , gemmer en kaneelstokkies by laat vir 5 min prut nie roer nie. Laat afkoel plaas in yskas oornag.

Deeg:
Sif droe bestandele saam vryf botter/ margarine in tot krummels. Klits eiers en melk saam. Meng in droe best knie tot elastiese deeg vir 2 min. Maak toe met kling wrap vir 1 uur. Halveerdie deeg in 2 rol uit en sny in repe soos jy verkies vleg bak in kookolie tot ligbruin haal uit doop in stroop haal uit sit op drup rakkie.
Foto: Patricia Rust Strydom




TRISHA SE SOMERSLAAI

somerslaaitested
TRISHA SE SOMERSLAAI

Trisha se sondag experiment.
Sny lemoen, beet, uie en ricota in ringe en plaas in ‘n toring bo-op roket blare.
Maak ‘n Vinagrette uit Bloubessie asyn, wynputolie en ‘n paar druppels Cointrau Liquer en drup  bo-oop.
Dit was ‘n heerlike somer slaai.

Resep en foto: Beatrice Trisha Diepold‎




GESTOOFDE BEES KORTRIB

gestoofde kortribtested

GESTOOFDE BEES KORTRIB

Ongeveer 1 kilogram bees kortrib
2 eetlepels olie
1 koppie water
1 blikkie gekapte tamaties
1 fyngemaakte knoffelhuisie
4 aartappels geskil en in blokkies gesny
1 groot gekapte ui
3 groot gekapte wortels
Ongeveer 1 koppie meel
Sout en peper na smaak

Meng die meel met die sout en peper en bedek die ribbetjies daarmee. Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die ribbetjies tot dit goed bruin is aan alle kante. Voeg 1 koppie kookwater, die tamaties en die knoffel by. Verlaag die hitte en laat prut vir ongeveer 1 uur. Voeg meer water by indien nodig.

Voeg die aartappels, uie en wortels nou by in die kastrol, saam met nog sout na smaak. Laat prut vir ongeveer nog 30 minute of tot die groente sag is. Verplaas die vleis en groente na ‘n opdienbak. Gebruik van die meel wat oorgebly het toe die vleis daarin gerol is en los 1 ½ eetlepel meel en 2 eetlepels water op vir elke koppie vloeistof wat oor is in die kastrol. Roer dit by die sous in die pot in tot dit verdik en giet oor die vleis en groente.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete