KAAS- EN KRUIE BROODJIE

10425726_10152464716907173_805200572_ntested
KAAS- EN KRUIE BROODJIE
500 g Bruismeel
5 ml Bakpoeier
5 ml Sout
2 ml Seldery sout
2 ml Uie sout
10ml Droë gemengde Kruie
250ml Cheddar kaas gerasper
1 eier geklits
500ml Karringmelk

Metode:
Voorverhit oond tot 180°C.
Sif meel en bakpoeier saam.
Voeg res van droë bestanddele by as ook 200ml van die kaas.
Voeg nou die eier en karringmelk by en meng.

Skep in broodpannetjie wat met kossproei gespuit is.
Strooi res van kaas bo-oor.
Bak vir 45min tot gaar en goudbruin.

Heerlik saam met braaivvleis of sommer as soutigheid met heerlike botter en kaas.

Bron en Foto:  Ousus Wepener




DROOM SJOKOLADEKOEK

10409781_692101820855885_6186356171557781950_ntested

DROOM SJOKOLADEKOEK
Ryk, lekker, en duur!!
6 eiers geskei
1½ koppies suiker
¾ koppie warm water
3 eetlepels kakao
1½ koppie koekmeel
1 teelepel sout
1 teelepel vanilla geursel
¾ koppie olie
3 teelepels bakpoeier
Klits eiergeel en suiker tot lig.
Los kakao op in warm water en klits by eiermensgesl.
Klits olie en vanilla by.
Sif droë bestanddele saam en voeg by.
Vou styf geklitste eierwit in.
Roer met metaal lepel.
Bak 35 min by 180ºC.
Dit is baie beslag, so gebruik ‘n groot pan, anders sit jy met ‘n lekker taai -vuil oond!!

Sous:
2 koppies suiker
1 teelepel vanilla geursel
2 koppies koue water
2 groot opgehoopte eetlepels koffiepoeier
Kook 5 minute saam in Mikrogolfoond.
Giet die sous warm oor dieagterkant van ‘n groot lepel oor die warm koek,
anders breek die koek.

Bolaag
2 blikkies Karamel (gekookte kondensmelk)
2 houertjies room
2 Flakes
Wanneer koek afgekoel is, roer kondensmelk goed en smeer lekker dik bo-oor. Klits room styf en smeer oor. Krummel flake en strooi bo-oor.

Glad nie vir ons wat ons figure moet dophou nie!!! Nogal nie so vreeslik soet soos mens dink nie. Die swart koffie help so bietjie, maar baie ryk, beslis!! Lekker bak en lekker eet.

Resep en foto:  At Horn




LASAGNE VIR 50 MENSE


LASAGNE VIR 50 MENSE
1.8 kg gemaalde beesvleis
100 ml olie
12.5 ml basiliekruid
4-6 huise knoffel, gekneus
25 ml gedroogde oreganum
25 ml pietersielie, gekap
4 naeltjies
450 g tamatiepasta
Worcestersous na smaak
4 x 395 g blikke geskilde tamaties
560 g groenlintnoedels (lasagna velle)
4 x 250 g houers maaskaas met room
4 eiers
6 ml droë mosterd
700 g cheddarkaas, gerasper

Stel oond op 180°C. Braai vleis stadig in olie.
Voeg die kruie, tamatiepasta, worcestersous en tamaties by. Prut vir ½ uur. Kook noedels, dreineer en voeg klein bietjie botter daarby om te voorkom dat dit saamkoek. Meng maaskaas met die eiers en mosterd. Begin met laag vleis, helfte maaskaas, gerasperde cheddarkaas en dan noedellint. Bak 30 min. en laat staan in oond vir 30 min.
Jy kan lasagna velle gebruik ook, en net so insit en dan net die baktyd verleng.
BRON: Carol Elliott Claasen

LASAGNE VIR 30 MENSE
900 g gemaalde beesvleis
50 ml olie
6.2 ml basiliekruid
2-3 huise knoffel, gekneus
12,5 ml gedroogde oreganum
12,5 ml pietersielie, gekap
2 naeltjies
225 g tamatiepasta
Worcestersous na smaak
2 x 395 g blikke geskilde tamaties
280 g groen lintnoedels
2 x 250 g houers maaskaas met room
2 eiers
3 ml droë mosterd
340-350 g cheddarkaas, gerasper




JELLY SHOTS

 

jelly shotstested2014-05-30-jellyshots

JELLY SHOTS

INGREDIENTS
85g cherry gelatin dessert
85g lime gelatin dessert
3 packets unflavored gelatin (7-10g each)
1 can sweetened condensed milk
1 1/2 cups vanilla vodka
36 dollops whipped cream (for garnish)
36 mint leaves (for garnish)
72 small red candies (or 36 if using just one for garnish)
DIRECTIONS
Lightly coat a square dish with cooking spray, and then using a paper towel, wipe out the dish. It will leave a light residue to help unmold your shots, but it won’t affect the taste.
For red layer, sprinkle half of a packet of gelatin over ¼ cup of water. Allow it to soak in a minute or two. Add one box of the cherry gelatin, along with 1 cup boiling water. Stir until everything has dissolved. Add 3/4 cup of vodka. Repeat the same process to make the green layer.
To make the white layer, sprinkle two packets of gelatin over ½ cup of water. Allow it to soak in a minute or two. Pour in 1 cup of boiling water and one can of sweetened condensed milk. Stir until everything is thoroughly mixed and gelatin is dissolved. You’ll have approximately 3 cups of liquid. Allow to cool to room temperature.
Pour half of the red mixture into the prepared pan. Place pan in refrigerator to set, about 20 minutes or so. Once set, add 1/3 of the white mixture to the top of the red mixture. Pop any air bubbles and return to fridge to set for about 20 minutes. Repeat with half of the green mixture. Then white, then red, then white again, then green. Allow finished pan to set another 2-3 hours, or overnight.
When you’re ready to serve, gently pull the edges away from the pan, and invert onto a cutting board. Slice into even squares. (Alternately, you can just cut in the pan itself, but it might be harder to remove the first few squares).
Place on serving platter and top with whipped cream, using a piping bag or can. Top with a small mint leaf and a red candy (or two) to simulate a holly leaf.

Photo from Ezelda (Martie Fourie Moolman




SANDRA SE LEKKER BOONTJIESOP

 

10262228_769967103038185_5436911152855458016_ntested

SANDRA SE LEKKER BOONTJIESOP

Sopvleis (ek het vark vleis mef spek gebruik) 1pakkie sop bone, rasper dan 3 groot wortels 4 groot aartappels 2rape en 2 uie en kap op seldery pietersielie en spring uie. Sit als in drukkoker en voeg 3l water sout en peper by en stoom vir 1uur. Dan druk ek dit bietjie fyner en voeg nog sout of peper by na smaak. Mens kan knoffel ook bysit

 

Bron en Foto; Sandra Uys




PAKKIE KOS – ALLES IN EEN PAKKIE

10320608_792052250807066_300554207517322841_ntested

PAKKIE KOS – ALLES IN EEN PAKKIE

Ek het ‘n tydjie gelede ‘n program van Martha Stewart gekyk oor kos stoom. Sy het sulke pakkies uit bakpapier gemaak waarin sy vis en groente gestoom het. Toe doen ek gisteraand ‘n effense variasie.

Neem groot stuk foelie, vou dubbeld met blink kant na binne. Ek het lekker groot chunks groente, patat, butternut, uie, greenpepper, babymarrows en sampioene op die foelie gesit. Toe twee repies spek op die groente gesit, en daarna hoender wat ek met Portugese chicken spice gesprinkel het, daarop gesit. ‘n Paar cherrie tamaties en vars oreganum daarby. Toe so klein bietjie witwyn ingegooi, pakkie toegevou en al die pakkies teen 180 grade C vir ongeveer ‘n uur in die oond gesit. Plaas elkeen se pakkie op sy bord en laat elkeet dit oopmaak. Dit was heerlik! Die foto laat ongelukkig nie reg geskied aan hoe dit gesmaak het nie!

Geplaas deur:  Trix Arp Smit




KLEIN KOEKIES OM TE VERSIER

10406951_10203200492565095_2559101552204437489_n
KLEIN KOEKIES OM TE VERSIER

125 g ongesoute botter
125 g strooi suiker
1 middelmatige eier
1 teelepel vanilla geursel
250 g koekmeel
Klits die botter en suiker tot lig van kleur. Voeg die eier en vanilla geursel by en meng goed.
Sif eers die helfte van die koekmeel by en meng voeg dan die ander helfte by en meng deur. Knie die deeg tot glad. Maak toe in clingwrap en laat rus in die yskas vir 30 min.
Bak vir 10-15 min by 180°
Geplaas deur: Wiandra Nel‎




VARKNEK IN DIE PRUTPOT

 

10361969_10152112416706889_5410231299970404963_ntested

VARKNEK IN DIE PRUTPOT

Ek het net gerookte varknek, uie in kwarte en ‘n bottel cider in die slow cooker gesit en vir die dag op automatic gelos.

Die kombinasie gee regtig ‘n baie geurige sousie.

Ek sal net volgende keer ‘n paar star anise en kruie naeltjies ook ingooi, dit kan net lekker wees.

Petro Borchard




ONTBYT IN DIE OOND

10360762_10204120422434690_600421318510982088_ntested

ONTBYT IN DIE OOND
Die bakkies word in n lekker diep muffinpan gedoen. Smeer goed en gebruik n rugspekkie om die bakkie mee te voer. Rasper of sny lekker sterk kaas binne en breek n eier bo op di kaas. Bak in lekker warm oond -so 220 grade tot di bacon gaar is en die eier na jou smaak is. Sout en peper na smaak.

Foto:  Bernadene Daniell Prinsloo




OONDGEBAKTE SPEK EN SKYFIES

282994_10204120422234685_502693179093206868_ntested

OONDGEBAKTE SPEK EN SKYFIES

Die tjippies is die ovenbake soort. Probeer lekker groottes kry. Draai na die streepspek om en pak in ‘n liggesmeerde plat pannetjie en sit onder jou oond se gril tot albei lekker bros is.

Foto en idee:  Bernadene Daniell Prinsloo