TANNIE PHIL SE VRUGTEKOEK

tannie-phil-se-vrugtekoektested

TANNIE PHIL SE VRUGTEKOEK

VOORBEREIDING VAN VRUGTE
1 kg gemengde koekvrugte
2 koppies suiker
2 koppies glanskersies – gesny
250 g botter – Rama of Stork bake is ook geskik
2 koppies water

Kook bo genoemde bestanddele alles saam vir 5 minute.
Laat die mengsel tot lou warm afkoel.

KOEKBESLAG
4 koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
2 teelepels fyn gemmer
2 teelepels suurlemoensap
4 eiers – goed geklits
knippie Sout

Voeg koeksoda by vrugtemengsel en meng goed.
Sif die koekmeel, sout en gemmer saam, meng nou die meelmengsel en geklitste eiers om die beurt in die vrugtemengsel in.
Voeg suurlemoensap by, meng goed met houtlepel. Skep in diep pan wat se kante en bodem met waspapier uitgevoer is.
Bak in vooraf verhitte oond by 180 ˚ C.

Nota:
Ek het ‘n 23 cm deursnit ronde koekpan gebruik. Wanneer koek in oond gesit word stel af na 140 ˚ C.
Sit 2 lae waspapier bo op koekpan en haal dit na 2 ure af.
As koek in vlakker groot pan bak kan dit dalk net 3 ure bak.
As koek na 3½ ure nog nie gaar is nie is daar fout.

As koek uit oond kom keer uit op afkoel rak. Gooi goeie gehalte brandewyn oor.Laat heeltemal koud word. Draai toe in foelie en sit in blik. Gooi 1 x per week nog brandewyn oor om klam te hou en draai weer foelie om.
Kan na ‘n week begin eet. Hoe ouer die koek word hoe meer ontwikkel die geure.
Bak ten minste 8 weke voor die tyd die koek.
Die koek kan op die rak, goed toegedraai in foelie vir maande bewaar word by ‘n konstante temperatuur

Foto en resep gepos deur Elize Smit




WIETSKE SE HOLLANDSE APPELMOES

hollandse-appelmoestested
WIETSKE SE HOLLANDSE APPELMOES
My Hollandse appelmoes moet eers koud word voor dit vrieskas toe gaan.
Ek skil en sny gewoonlik 2 pakke Granny Smith appels.
Dan so 200ml water, 2 etl. Suiker, kaneelstokkie en/of fyn kaneel, suurlemoenskil en sap, dan handvol Cranberries of gesnyde gedroogde appelkose.
Kook met deksel op, tot sag.
Ek hou daarvan as dit bietjie “grof” is.
Hou paar dae in yskas maar vries baie goed.
Mens kan enige hoeveelheid maak.

RESEP: Wietske Mioch Roux




PAP MET SPEK EN UIE

pap-met-spek-en-uietested
PAP MET SPEK EN UIE
My ervaring was nog altyd dat die papterte wat ons saam met braaivleis maak, droog is. Toe het ek die volgende probeer en dit het baie goed gesmaak:

Kook soveel water as wat nodig is vir die hoeveelheid pap wat jy wil maak.
Sodra die water kook, roer soveel papmeel in dat jy lekker stywe slappap of slap stywepap kan maak. Roer goed totdat al die meel nat is.
Voeg Aromat en botter in.

Snipper spek en uie en braai in botter tot gaar.
Voeg nou die spek en uie by en kook die pap normaalweg verder tot gaar.

RESEP EN FOTO:
Adri van Staden‎




JOHANNA SE ROSYNTJIEBROOD

johanna-se-rosyntjiebroodtested
JOHANNA SE ROSYNTJIEBROOD
Resep en foto: Johanna Basson
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
250 g rosyne
250 g suiker
300 ml melk
1 eier
½ teelepel sout
Voorverhit oond tot 180ºC.
Meng al die bestanddele saam en skep in ‘n gesmeerde broodpan.
Bak vir 1 uur in oond en geniet!
Heerlik met botter en kaas..

 




SKOONMA SE HOENDERPASTEI

skoonma-se-hoenderpasteitested
SKOONMA SE HOENDERPASTEI
1 pakkie wit uie soppoeier
1 groot pak sout en asyn chips (Lays en Simba werk die beste)
genoeg hoenderporsies
1 Puff pastry
Kook die hoender in soutwater tot sag. Hou die water waarin die hoender gekook is.
Laat afkoel en ontbeen en sny fyn.
Spyt ‘n oondbak lekker met cook and spray en gooi hoender in.
Gooi pakkie wit uie soppoeier oor. Moenie aanmaak nie.
Crush die chips en gooi by.
Gee dit ‘n roer.
Vul op met die water waarin die hoender gekook is. Meng goed.
Sit die puff pastry oor.
Bak in oond by 180°C tot goudbruin.
Geniet!♡♡♡

Resep en foto: Anna-Marie Phillips (Dis my skoonma se resep)




TWINKIES

twinkiestwinkiemasjientested
TWINKIES
Klits met n papklitser:
2 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
sout
1½ koppies suiker
1 koppie water
½ koppie olie
6 eiergele

Klits met elektriek klitser:
eier witte
½ teelepel kremetart

Klits eierwitte styf en vou witte by boonste beslag in.
Skep in masjientjie.
Bak 10 min.
Jy kan enige vulsel in sit ek gevind kits poeding werk beter as carameltreat.
Ek het holte gemaak met n dik breinaald en toe vulsel ingespyt.

RESEP EN FOTO: Nicoliende de Waal




BOEREKOS PAMPOENKOEKIES

pampoenkoekiestested
BOEREKOS PAMPOENKOEKIES
500 ml gaar pampoenmoes
30 ml suiker
2 eiers , geklits
¼ teelepel sout
¾ koppie meelblom
15 ml bakpoeier
sonneblomolie om te bak
Om te bedien:
kaneelsuiker
suurlemoensap

Meng die pampoenmoes met die res van die bestanddele, behalwe die sonneblomolie. Laat die mengsel vir ten minstens ‘n halfuur staan, of slegs oornag.
Verhit die olie 5 mm die in die pan. Moenie die beslag roer nie. Skep lepels vol in die warm olie. Keer om met ‘n paletmes en braai al kant tot mooi oranjebruin.
Klad die pampoenkoekies op kombuispapier droog.
Skep in ‘n opdienskottel, strooi kaneelsuiker oor, druk suurlemoensap oor en bedien warm as ‘n bykos of nagereg.
Foto: Petro van Genderen




JOHAN SE SKAAPNEK IN DIE HALOGEN-OONDJIE

johan-se-skaapnek-in-die-halogen-oondjietested
JOHAN SE SKAAPNEK IN DIE HALOGEN-OONDJIE
Goeiemôre, vanoggend se ontbyt! Het die nek vanoggend 6 uur in die halogeen oondjie gaargemaak.
Vryf ontvriesde skaapnek lekker nat met asyn
Vryf nou skaapnek goed in met ‘n mengsel van sout, steak en tjops en braaivleis speserye.
Bak op lae rooster teen 175°C vir 60 minute.
Bedien warm of koud saam met mosterd.
Resep en foto: Johan Coetzee




ELSJE SE SJOKOLADEKOEK

elsje-se-familie-sjokoladekoektested
ELSJE SE SJOKOLADEKOEK
Meng saam-
200 ml kakao
150 ml suiker
250 g botter tot glad
Voeg dan 5 eiers 1 vir 1 by en meng goed

Sif saam en voeg by bogenoemde – meng goed:
250 ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout

Plaas deeg in voorbereide koekpan.
Bak teen 180 ºC vir 25 – 30 min. tot toetspen skoon uitkom.
Smelt enige sjokolade en gooi nadat koek heeltemal afgekoel is, oor…. enjoy

Nota: Kan ook as jy wil ‘n stroop kook en oor gooi terwyl koek nog in pan is
250ml water en 250 ml suiker saam opgelos, dan maak dit n klam koek
FOTO EN RESEP: Elsje Venter




THELMA SE PASTA-WORSGEREG

thelma-se-pasta-worsgeregtested
THELMA SE PASTA-WORSGEREG
Ek was lus vir bietjie lekker wors maar ook pasta. Toe kom ek op met die volgende!
Boerewors Pasta!
1 kg Boerewors
2 groot uie
4 groot ryp tamaties
500 gr noodles (gaar)
1 groot koppie kaas
300 ml witsous.
Aromat, sout en peper na smaak en italian herbs.

Braai wors in pan op stoof in bietjie olie. Skep uit wanneer gaar.
Braai uie en tamaties in die worspan
Geur met sout peper en aromat en italian herbs.
Sny wors op in stukkies en voeg bu uie en tamatie smoor.
Voeg witsous en kaas by.
Voeg pasta by.
Meng deur.
Geniet saam groenslaai.
Foto en resep deur Thelma En Wessel DuPreez