HOLSUM DEEG


HOLSUM DEEG
250 g Holsum
625 ml koekmeel
200 ml warm water
knippie sout

Smelt die vet in kookwater en meng met die ander bestanddele. Verkoel in yskas voor gebruik.
Resep:  Lynette van Heerden




KALLIE SE PAPTERT


KALLIE SE PAPTERT
½ koppie mieliemeel
½ koppie gerasperde Cheddar kaas
1 blikkie geroomde mielies
2 eiers
1 koppie melk
½ teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
knypie rooipeper

Meng alles saam en bak in ‘n gesmeerde vuurvaste bak vir 1 uur op 180°C.
Genoeg vir 4 volwassenes.
Resep en foto: Esme Reynecke




CHINESE BIEF MIAMI SOP


CHINESE BIEF MIAMI SOP
Foto: Maryke Vermeer Clingen
FOOD LOVERS RECIPES
5 liter beesvleis aftreksel
8 lekker groot stukke beef brisket, in stukke gesny
2 bossies groen uie
1 gewone ui
5 knoffelhuisies
4-6 ster anys
5 loerierblare
1 groot gemmer wortel, opgesny
3 – 4 eetlepels vissous
2 pakke egg noodles
sesame olie
5 ml bruin suiker
mielieblom (net genoeg vir sous dik maak)
250 ml soya sous
1 blokkie bees aftreksel
Chinese 5 spice speserye na smaak

Beesvleis aftreksel in lekker groot pot en voeg by die loerierblare, ster anys, 1 pakkie groen uie, gemmer en vis sous by.
Kook alles saam vir 2 ure. As jy sien die aftreksel word minder, gooi water by.
Na 2 ure sit die vleis saam in pot.
Sodra vleis amper sag is, skei die vleis van die aftreksel en skei die groente van die sop, gooi groente weg.
Skep olie bo-op aftreksel af.
Braai die ui, Chinese 5 spice en die knoffel saam met die stukke vleis in ‘n pan. Sodra dit mooi bruin is voeg die soya sous, bruin suiker, bief ekstrakblokkie en peper na smaak by die vleis. Laat prut tot sag genoeg. As dit droog braai, gooi genoeg water by vir vleis om sag te kook. Sodra vleis mooi sag is, gebruik ±10 ml mielieblom in ‘n pasta aangemaak met water om die sous waarin die vleis kook bietjie dik te maak.
In ander pot kook die noodles.
Skep gaar noodles in diep bord, vleis en dik sous bo op die noodles, skep jou sop waarin groente gekook het rondom die vleis en noodles.
Sny res van groen uie op en sit bo-op.
Gooi een teelepel sesame oil bo-oor.




BEST BUTTER CHICKEN


BEST BUTTER CHICKEN
I made this delicious recipe from the wonderful Fatima Sydow this weekend, FAN-TAS-TIC!
1 kg chicken breast fillets, cut into bite-sized pieces
1 cup plain yoghurt
2 tablespoons lemon juice
3 tablespoons oil
2 onions, finely chopped
2 tablespoons minced garlic
1 tablespoon minced ginger
3 tablespoons roasted masala
2 teaspoons ground cumin
2 tablespoons paprika
2 teaspoons turmeric
1 teaspoon red chilli powder
2 tablespoons tomato paste
salt to taste
2 whole chillies (optional)
1 cup coconut cream
1 bunch fresh coriander, chopped

Place the chicken, yoghurt and lemon juice in a bowl and marinate for a few hours or overnight.
Heat the oil in a large pot on medium heat and fry the onions until golden brown. Add 250 ml (1 cup) warm water and cook the onions until all water has cooked away.
Next, add the garlic and ginger, spices, tomato paste, salt and chillies and cook for 10 minutes, adding a dash of water to prevent burning and also stirring when necessary.
Add the chicken and yoghurt marinade and cook on medium to high heat, stirring occasionally. Whatever you do, do not add water to the curry.
After 8 – 10 minutes, add the coconut cream and the chopped coriander, cook for five minutes. Stir once and switch off the heat.
Serve with white basmati rice or roti.
Photo : Petro Borchard




ALTA SE SNOEK BRAAISOUS


ALTA SE SNOEK BRAAISOUS
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 suurlemoen se sap
1 teelepel fyn knoffel
4 eetlepel botter

Smelt al die bestanddele saam en smeer gereeld oor die snoek terwyl dit gebraai word.
Foto: Alta Gunter Van Dyk




BUTTERNUT SQUASH BAKE


BUTTERNUT SQUASH BAKE
1 medium-large butternut squash
250 ml cream
1 packet dried brown onion soup
1 cup fresh breadcrumbs (optional)

Lightly grease a large, shallow ovenproof dish and pre-heat the oven to 190°C.
It’s up to you whether or not to peel the squash. The cooking is so long and slow that even if you leave it unpeeled, the skin gets to be soft enough to eat. If you plan to leave it unpeeled, though, do give it a thorough scrub. Slice the squash into 1cm thick rounds, scooping out the seeds. Slice each round in half.
Start by placing a layer of squash slices on the bottom of the greased dish. Pour over some of the cream and then sprinkle liberally with the brown onion soup. Repeat, making layers of squash, cream and soup until all ingredients are used up.
If you want a crispy crust, cover the top with the breadcrumbs. Cover the dish with aluminium foil and bake in the pre-heated oven for 60-90 minutes or until the squash is meltingly soft. Remove the foil about halfway through and turn on the grill for the final few minutes if you want a browned and crispy top.
Recipe and photo posted by Shannie Benn Hedenskog




VARKWORSIE STOKKIES MET SPAGHETTI


VARKWORSIE STOKKIES MET SPAGHETTI
1 pakkie varkworsies
5 klein wit uitjies
5 ingelegde pynappelringe
paar mini sosatiestokkies

Vries die varkworsies en sny in ringe. Skil die uitjies en sny dit in dikkerige ringe. Sny die pynappelringe in kwarte. Ryg als aan die stokkies en braai op kole (ek het myne in die oond gemaak in bietjie olie). Die pynappel se soet gee genoeg geur dat ‘n marinade nie nodig is nie.
Bedien saam met spaghetti waarby ek ‘n blikkie soet tamatie smoor gemeng het.
Foto: Christelle van Rooyen




MAASKAASVETKOEKIES


MAASKAASVETKOEKIES
Foto: Wayne Dugmore
2 eiers
1 koppie koekmeel
2½ teelepels bakpoeier
knippie sout
¼ koppie suiker
1 koppie (250 g) growwe maaskaas of ricotta
1 teelepel vanieljegeursel
olie vir braai
versiersuiker vir opdien

Breek eers die eiers en klits dan die res van die bestanddele (behalwe die olie en versiersuiker) in ’n elektriese menger daarby tot glad. Moet dit nie verder klits nie.
Verhit 4 cm olie in ’n kastrol tot baie warm (maar nie rokend). Skep teelepels van die beslag in die warm olie en draai die balletjies om sodra dit goudbruin aan die onderkant is. Die olietemperatuur is reg as dit ongeveer 3 minute vir ’n balletjie neem om gaar te raak – dit moet gepof goudbruin en net-net ferm in die middel wees.
Sprinkel versiersuiker oor die warm balletjies en sit dadelik voor.
Nota:
Laat almal om die pot vergader terwyl jy dit braai, want dit is op sy heel lekkerste warm wanneer die poffers sommer so in jou mond smelt.




GROOTMAAT MAALVLEIS EN GROENTE GEBAK


GROOTMAAT MAALVLEIS EN GROENTE GEBAK
Hier is iets vir die wat baie kos op ‘n slag wil maak, met min moeite. (Ek is alleen en berei baie op ‘n slag voor vir twee weke of meer.) Natuurlik kan dit in kleiner maat ook gedoen word!
12 kg maalvleis
3 kg Meksikaanse roerbraai
3 kg Franse roerbraai
2 kg ratatoulie mengsel
500 gram broodkrummels
12 groot uie, gesny
5 pakkies sampioene, gesny
2 pakkies Beef Hot Pot ‘cook in sauce’
2pakkes Durban Curry ‘cook in sauce’
2 pakkies Savoury Mince sous
sout en peper na smaak
Italiaanse kruie
olyf olie
borrie

Gebruik ‘n groot skottel as jy een het, die normale potte is maar klein om alles te meng.
Braai eers al die uie en die sampioene.
Meng die broodkrummels, maalvleis, sampioene, uie, Italiaanse kruie, borrie en ander speserye wat jy dalk wil in hê.
Let wel, die mengsel is net die normale goed, jy kan later die groot mengsel kleiner deel met verskillende geure (dis darem nie lekker om elke dag dieselfde te eet nie).
Deel die mengsel in twee, drie of soveel verskillende geure soos jy dit wil hê.
Jy kan nou die verskillende groente, pakkies sous en ander speserye na willekeur gebruik vir verskillende kombinasies.
Meng nou ‘n deel van die basiese mengsel met jou eie kombinasie in n ander bak.
Pak die nuwe mengsel tot bo teen die rand in n oondpan. Ek het twee oondpanne op ‘n slag ingesit. Tik dit liggies bo-op dat dit mooi teen mekaar is, dan word dit later maklik gesny en in blokke uitgehaal.
Ek het dit vir sowat 60 min gebak teen 150°C en vir die laaste 10 min die twee bakke omgeruil dat die ander een bo is, en ook bietjie meer bruin word.
Sodra dit mooi bruin bo-op is, haal uit en laat eers bietjie afkoel.
Sny dit versigtig met ‘n skerp mes in blokke soos op foto getoon word. Die broodkrummels hou dit darem so bietjie bymekaar. Skep dit maar op ‘n bed rys of jou keuse van bykosse.

Ek eet geen stysel op oomblik nie, en my porsies is sowat 600+ gram net soos dit uit die pan kom.
Die mengsel lewer sowat 30 porsies van 600+ gram op.
Die verhouding is op die oomblik baie vleis teenoor groente, maar jy kan dit gerus aanpas.

Daar is so baie opsies en verskillende geure dat mens nooit dieselfde hoef te maak nie. Jy kan amper ‘n gewone vleis balletjie resep gebruik, met die nodige om dit mince lekker te laat bind. Alhoewel die blokke wat ek gesny het, mooi in vorm gebly het. Passop vir groot stukke groente, dit val uitmekaar en bind nie lekker saam met die maalvleis nie – die wat ek kleiner roerbraai groente gebruik het. As jy nie op ‘n dieet of oefen program is nie, dink ek dit sal heerlik wees om kaas bo-oor te strooi vir die laaste paar minute!

Foto en resep: Francois Jordaan




STICKY SELF SAUCING ORANGE PUDDING


STICKY SELF SAUCING ORANGE PUDDING
50 grams butter
200 grams caster sugar
2 large oranges, zested
3 large, free-range eggs, separated
50 grams cake flour
1⁄3 cup buttermilk
1 cup orange juice
3 tablespoons marmalade
chocolate ice cream, for serving
grilled citrus fruit, for serving

Preheat the oven to 180°C. Cream the butter, caster sugar and orange zest until pale and fluffy. Add the egg yolks, flour and milk to the butter-and-sugar mixture, mixing to combine. Don’t be alarmed if the mixture appears lumpy or curdled.
In another bowl, whisk the egg whites until soft peaks form. Add a spoonful of the whites to the flour mixture and gently combine. Gradually fold in the remaining egg whites, trying to keep as much air as possible. Spoon into a greased 22 cm ovenproof dish.
Pour the orange juice over the pudding and bake for 20–25 minutes, or until lightly golden and set.
During the last 5 minutes of baking time, mix the marmalade with 1⁄4 cup boiling water, spoon over the pudding and place under the grill until sticky.
Serve warm with chocolate ice cream.
Photo: Wayne Dugmore