OONDPAN SJOKOLADE PLAATKOEK


OONDPAN SJOKOLADE PLAATKOEK
6 koppies meel
2 teelepels koeksoda
8 teelepels bakpoeier
3 koppies suiker
160 ml kakao
1 teelepel sout
2 koppies kookolie
100 ml asyn
4 koppies kookwater
4 teelepels vanieljegeurgsel
Sif die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, suiker, kakao en sout saam in ‘n mengbak. Meng die kookolie, asyn, kookwater en vanielje geursel saam en klop dit geleidelik by meelmengsel in met ‘n vurk. Giet in ‘n gesmeerde en meelbestrooide oondbak.
Bak vir 30 min by 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Sous:
1 ½ koppies suiker
2 ½ eetlepels meel
2½ eetlepels kakao
1½ koppies melk
½ koppie water
Meng die suiker, meel en kakao in ‘n groot pot en voeg die water by. Meng goed. Voeg die melk by en kook op ‘n lae hitte tot dit verdik.
Wanneer koek uit oond kom prik gaatjies in koek en gooi die warm sous oor die koek.
Foto: Louise Smit









