AARBEI KLAPPERTJIES

AARBEI KLAPPERTJIES
125 gram botter
13 eetlepels suiker, verdeeld
4 eiers, geskei
2 teelepels vanilla
knippie sout
2 koppies bruismeel
2 koppies klapper
aarbei konfyt

Voorverhit die oond tot 160°C.
Spuit kolwyntjie, of ronde madelein panne, deeglik met spray & cook.
Verroom die botter en 8 eetlepels suiker tot romerig. Klits die eiergele by. Klits die sout en vanilla by. Meng die meel by en vorm ‘n deeg. Sit eenkant.
Klits die eierwitte styf en voeg 5 eetlepels suuker by. Klits goed sodat die suiker kan oplos. Meng die klapper by. Sit eenkant.
Rol die deeg uit tot so 3 millimeter. Druk sirkels uit (ek het ‘n doughnut cutter gebruik). Sit ‘n sirkel in elke kolwyntjie holte. Skep ‘n teelepel (moenie skaam wees nie) aarbei konfyt in die middel van elke sirkel. Skep nou ‘n eetlepel klapper mengsel bo-op die konfyt en laat dit die ‘kolwyntjie’ mooi bedek.
Bak vir 20 minute, of to bruin.
Ja ek weet: dit is soort van ‘n Hertzog koekie!!!
Foto en resep: Wayne Dugmore




AMPER 5-STER SKORSIES

AMPER 5-STER SKORSIES
Sit die skorsies heel in die oond, teen 180°C vir 20 min.
Haal dit uit, sny middeldeur, skep die pitte uit.
Skep die binneste uit, meng dit met botter, knoffel, ‘n eier en kaas van jou keuse.
Skep die mengsel terug in die dop van die skorsie (ek het nog kaas los bo-oor gegooi).
Plaas terug in die oond en bak vir ‘n verdere 20 min teen 180°C.
Foto: Madelynn Janse Van Rensburg




KOOLKOP MET MAALVLEIS VULSEL


KOOLKOP MET MAALVLEIS VULSEL
½ kopkool
500 gram maalvleis
2 eetlepels fyn knoffel
¾ teelepel rissie vlokkies
1 teelepel sout
1 teelepel gemaalde swartpeper
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel blatjang
1 teelepel sojasous
3 eetlepels botter
1 koppie gerasperde kaas
1 gekerfde ui

Braai die uie ‘n rukkie tot deurskynend en hou eenkant. Braai die maalvleis tot gaar en voeg die knoffel, blatjang, sojasous, tamatiesous, rissievlokkies, sout en peper by.
Hol die kool groot genoeg uit en los ‘n buite rand van omtrent 25 sentimeter dik. Strooi ‘n bietjie sout en peper in die dop en plaas dit in ‘n ronde oondvaste bak en giet die vleismengsel daarin.
Ek het die uitgeholde stukkies kool rondom die koolkop in die bak gepak.
Plaas dan die botter op die buiterand van die kool en bedek met foelie.
Bak in n voorverhitte oond op 180°C vir een uur tot die kool gaar is.
Haal die foelie af en strooi die kaas oor en verhit ‘n paar minute sodat die kaas kan smelt.
Ons het dit saam met soetpatat en avo geniet.
Foto: Gideon Louw




COLINDA SE MELKKOS

COLINDA SE MELKKOS
Verhit 2 liter melk tot net voor kookpunt. Gooi bietjie sout by. Meng 8 eetlepels maizina met water. Voeg by melk. Plaas terug op plaat. Roer aanhoudend en kook oor lae hitte tot gaar.

Bedien met botter, suiker, kaneel en biltong!
Foto: Colinda Kvam




GEILE MURGBENE

GEILE MURGBENE
Ek het hierdie bees murgbeen met nog baie skrapnel vleis aan laat saag. Ek geur dit met sout en peper na smaak asook ‘n bietjie pietersielie en chillieflakes. Dis toe oond toe vir ‘n halfuur op 200°C. Toe dit uitkom het ek ‘n bietjie sriracha sous opgesit.
Sjoe – daai stukkies vleis aan die been en daai murg wat ek moes uitkrap was heeerlik!
Geil en ongesond maaaar leeeeekkkerrrr!
Maar ‘n mens lewe tog net eeeenkeer en dan is jy dood vir n baie laaaaang tyd…
Foto en resep: Gideon Louw




PUTU EN KOOL


PUTU EN KOOL
Halwe kool, fyngesny
1 groot ui, opgesny
1 blikkie gekapte tamaties
handvol spaghetti
2 groterige aartappels, in dobbelsteentjies gesny

Braai die ui in olyfolie en botter. Voeg fyngesnyde kool by en roer braai vir ‘n paar minute. Voeg nou tamaties, aartappel en spaghetti by. Roer goed deur. Voeg bietjie water by en prut stadig tot aartappels gaar is. Sout en peper na smaak. En voila.
Foto: Delene Breytenbach




WHITE CUPCAKES


WHITE CUPCAKES
Photo: Almarie Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
My skoonma het die resep gekry op die groep ek post net om te wys hoe maklik en lekker kom hul uit, ‘n droom cupcake, ek het net botter versiersel gemaak.
2de foto: Anne Smith – my kleindogter van 10 jr het die cupcakes gebak en versier waarvan ons die week die resep gekry het. Dis heerlik.

Makes 24
2 ½ cups all-purpose flour
1 1/3 cups granulated sugar
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon kosher salt
1 ½ cups buttermilk
1 cup oil
2 egg whites
1 teaspoon almond extract

Preheat the oven to 180°C and line a cupcake pan with papers.
Place the flour, sugar, baking soda, and salt in a large bowl and whisk to combine. Place the buttermilk, oil, egg whites, and almond extract in a large measuring cup, and stir together. Pour the liquid ingredients into the dry, and mix on low speed until smooth (about 90 seconds to 2 minutes). Fill the cupcake papers about 2/3 full with batter.
Bake for 16-20 minutes, or until a toothpick inserted in the thickest part of a cupcake comes out clean or with a few moist crumbs. Cool completely, then top with Swiss meringue buttercream and garnish with nonpareils and sugar pearls.

 




ORANGE PUDDING IN A SYRUP

ORANGE PUDDING IN A SYRUP
Syrup:
250 ml water
180 ml orange juice
5 ml finely grated Orange rind
15 ml butter
Pinch salt
125 ml sugar

Batter:
125 ml soft butter
250 ml sugar
2 eggs
30 ml smooth apricot jam, slightly heated
10 ml finely grated Orange rind
360 ml cake flour
2 ml salt
5 ml baking powder
4 ml bicarbonate of soda
250 ml milk

Preheat oven to 180°C and butter a deep ovenproof dish.
Prepare syrup:
Heat all the ingredients together and stir over medium heat until the sugar has dissolved. Simmer for 2 minutes and keep warm. Pour into oven Pan as soon as the batter has been mixed.

Beat the butter and sugar for the batter together until light and creamy then beat in the eggs, jam and orange rind. Sift the dry ingredients together and add to butter mixture,alternating with the milk. Spoon into the hot syrup in the pan and bake for about 20 minutes until golden brown.
Photo: Elena Kaminaridou Prins




MAKLIKE TUISGEMAAKTE PASTA


MAKLIKE TUISGEMAAKTE PASTA
Vir elke 100 g meel gebruik een eier.
Meng goed en knie die deeg vir paar minute en laat rus toegemaak vir ten minste 30 minute in plastiek sakkie sodat dit nie uitdroog.
Rol baie dun uit met koekroller of pasta masjien en sny in vorm van keuse.
Gooi in vinnig kokende water.
Vars pasta kook ongeveer 2-3 minute afhangend van hoe dun dit uitgerol is.
Bedien met sous van keuse.
Foto en resep: Elsabie Templeton.




SUSANNA SE PIESANGBROOD

SUSANNA SE PIESANGBROOD
8 eetlepels botter
1 koppie suiker
3 piesangs, fyngemaak
2 eiers, geklits
½ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 ¼ koppie koekmeel
1 teelepel vanielje
½ koppie gekapte pekanneute
100 g gesnipperde kersies

Meng die botter en suiker saam. Voeg die piesangs by en meng goed. Sit die eiers, sout, vanielje en koeksoda by en meng goed. Meng die meel by. Sit die pekaneute en kersies by en meng goed. Giet in ‘n gesmeerde broodpan. Bak vir 55 minute teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Nota:
Ek bak in gas oond op so 200°C hou maar net dop.
Dis ook vinnige broodjie ek het nou al paar keer gebak en elke keer ‘n sukses nog nooit geflop nie.
Foto: Susanna Kruger