TUISGEMAAKTE RONDE CREAM CRACKERS


TUISGEMAAKTE RONDE CREAM CRACKERS
2 koppies broodmeel
180 ml room
1 teelepel bakpoeier
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
2 eetlepels Italian herbs

Meng die meel, bakpoeier, suiker en sout in ‘n mengbak.
Voeg die room by en meng met ‘n hout lepel terwyl die room stadig bygegooi word.
Druk dan met die hand die stukkies deeg aanmekaar sonder om te knie sodat dit ‘n bal vorm.
Draai dit toe in plastiek wrap en laat rus vir 30 min (want ek dink hys moeg heheheeeee grappie)
Deel dan die bal in 4 dele en werk met een deel op ‘n slag.
Rol dit uit op ‘n meel oppervlak tot 3 millimeter dik.
Druk met ‘n bierglas of koekiedrukke sirkels uit.
Prik met ‘n vurk gaaitjies op die oppervlak en besprinkel met die Italian herbs aan beide kante.
Pak die sirkels op ‘n gespuite bakplaat.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir 8 tot 10 minute op 180°C en draai dit dan na 10 minute om en bak die ander kant vir nog 5 minute tot mooi bruin.
Foto: Gideon Louw
2de Foto: Benhet Nieuwenhuis




HOENDER MAFE


HOENDER MAFE
(Grondboontjie Hoender)
8 hoender dytjies
1 groot ui, in segmente gesny
1 groen peper, in blokkies gesny
1 geel peper, in blokkies gesny
1 botterskorsie, in blokkies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
vars gekapte koljander blare na smaak
gekapte grondboontjies na smaak
gesnipperde sprietuie na smaak
Basmatie rys

Sous:
1/3 koppie growwe grondboontjie botter
1 blik klappermelk
1 teelepel komyn
3 teelepels fyn knoffel
2 teelepels fyn vars gemmer
50 gram tamatiepasta
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 teelepel rissie (optioneel)

Voorverhit die oond tot 180°C.
Pak die uie, hoender, groen peper, geel peper en botterskorsie in ‘n oondvaste bak. Geur met sout en peper na smaak.
Meng al die bestanddele vir die sous saam – ek gebruik sommer my stok menger.
Giet die sous oor bestanddele in die oondbak.
Bedek die bak met foelie. Bak vir 30-45 minute met die foelie op.
Wanner dit goed aan die borrel is haal jy die foelie af en bak dit vir nog so 30 minute. Druk so elke nou en dan ‘n lepel van die kant af in om die hoender te lig en om te draai tot die hoender lekker bruin word.
Bedien die hoender en pampoen op basmatie rys. Sprinkel die koljander, grondbone en sprietuie bo-oor.
Foto: Wayne Dugmore




VINNIGE LEKKER AANDETE MET VIS


VINNIGE LEKKER AANDETE MET VIS
Supper is served. 😋Fried hake fillets, herb and tumeric mash potatoes, sweet carrots and some garnish.

Kapokaartapels:
6 medium grote aartapels, geskil en in blokkies gesny
Kook op medium hitte tot sag en voeg “mixed herbs” en halwe teelepel borrie en sout tot smaak by.
Dreineer water van aartapels en druk fyn met vurk of “potato masher”.
Voeg botter of margarine by na smaak indien verkies.

Soetwortels:
4 medium grote wortels, geskil en in enige vorm gesny
Kook tot amper sag.
Voel suiker by na smaak, en kook tot sag en die vloeistof weg gekook.

Hake fillette:
8 stukke skoon hake fillette
Sout en pepper na smaak
Strooi bietjie meel oor vis stukke.
Bak in vlak olie tot goud bruin.

Garnering:
Skoon gewaste kropslaai blare
2 ferm ryp tomatoes, in skywe gesny
Bietjie “sweet chillie” sous

Foto: Melanie Kramer




AARTAPPELFRITTATA


AARTAPPELFRITTATA
4 aartappels, geskil, in blokkies of skywe gesny en in soutwater gekook tot net sag.
Braai uie, groenrissie en knoffel.
Voeg by waarvan jy hou – spek, ham, hoender, sampioene, tamatie ens.
Geur na smaak.
Meng aartappels by.
Klits 3 tot 5 eiers en bietjie melk, giet oor, en maak oor medium hitte gaar tot eiermengsel begin set onder in die pan.
Strooi kaas oor.
Rooster in die oond onder boonste element tot eier gestol en kaas gesmelt het.
Foto: Martie Erasmus




GEBAKTE VIS MET AARTAPPELS


GEBAKTE VIS MET AARTAPPELS
Pak in ‘n oondbak:
12 stukkies Ling vis
12 aartappels in helfte gesny

Sprinkel met:
1 teelepel knoffel sout
1 teelepel sout
1 teelepel peper
1 eetlepel droë pietsersielie

Meng saam:
1 koppie water
1/4 koppie olyf olie
100 grm botter
sap van 1 suurlemoen

Gooi al die bestanddele oor die vis en aartappels en bak vir +- 1 uur teen 180°C.
Foto: Benitha Rodrigues




EASY KUMQUART JAM


EASY KUMQUART JAM
1 kiloggram kumquarts
1 liter of water
approximately 1 kilogram sugar

Cut the kumquats, remove the seeds and keep separate. Place the seeds in a small food bag or some cheesecloth and tie together. Put the chopped kumquats and water in a heavy pot.
Let the seeds hang in the water and cook until the fruits are soft, about 20 minutes.

Measure the amount of fruit mixture in cups and add the same amount of sugar to the fruit. Place the pot back on the stove top. Stir and cook the mixture at medium heat 30 to 45 minutes until the mixture reach setting point. (The less sugar you use, the longer it will take to reach setting point.)
Once setting point is reach, add little quantities in a blender and blend until smooth.
Bottle immediately.

Die resep het ek net so gebruik en warm geblits nadat dit reg was., Maar dit is baie gevaarlik mens kan sleg verbrand, toe het ek dit laat koud word en toe geblits.
Die kleur was nie lekker nadat ek dit koud geblits het nie, toe is dit asof daar ‘n skuim op is. Ek het dit in ‘n pot op my stoof op 4 gesit, so 3 of 4 eetlepels water en 3 eetlepels suiker ingesit, want dit was redelik geset. Dit kort-kort geroer, sodat dit nie vasbrand. En binne ‘n paar minute het die kleur weer oranje geword en ek het gebottel. So in die toekoms sal ek weet wat om te doen as ek koud blits, want jou blender hou nie van daai warm konfyt, dit skiet sommer die deksel af. En ek blend op ‘n funksie wat jy  reguleer hoe vinnig jy blend, want brand gaan jy as dit op selfs die low funksie blend.

Photo: Velia Goosen




AANPASBARE KARRINGMELKBESKUIT


AANPASBARE KARRINGMELKBESKUIT
Dis ‘n resep wat ek altyd gebruik van my vriendin. Het vandag net muesli en sonneblom sade ingesit.
1 kg bruismeel
250 g botter
2 eiers
5 ml sout
10 ml bakpoeier
250 ml suiker
250 ml karringmelk

Smelt botter in kastrol. Voeg suiker by en roer tot opgelos. Voeg melk by en laaste geklitse eier. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Jy kan enige iets by sit soos 1 koppie semels of All Bran, klapper enige iets. Druk in pan plat en sny met sny apparaat. Bak vir 30 min by 180 ºC.

Foto: Marlene Minderon




BLIK HOENDER


BLIK HOENDER
Om hierdie hoenders te kan maak het mens die blik braai nodig soos op die foto, ander sal mens soortgelyke iets moet prakseer, waar al die sous van die hoender onder op die groente loop, die hoenders is ingeryg in ‘n pen wat regop staan, sodat die sous lekker kan afloop.
2 hele hoenders
speserye van jou keuse
groente van jou keuse
sous van jou keuse (ek verkies lappies sous, Jimmy’s werk ook lekker)

Sprinkel speserye oor hoender, plaas dan hoenders in die blik. Plaas groente met water onder in die blik. Plaas dan die blik met hoenders op lekker warm kole. Loer elke nou en dan hoe die hoender vorder. Smeer met sous met elke loer. Onthou om water by die groente ook dop te hou (gooi nog water by as nodig). Hoenders is gaar wanneer dit lekker sag is.
Sny die hoenders op en bedien saam met die groente.

Foto: Lizette Linders




AARBEI MELKSKOMMEL IDEES


AARBEI MELKSKOMMEL IDEES
Alicia van Schoor:
250 ml strawberry ice cream
250 ml strawberry yogurt
Mix in blender.

OR
half cup of full cream milk
2 scoops of your favourite ice cream
little nesquick for flavour instead of milkshake syrup
Mix in blender.

OR
blend half of strawberries
1/4 tsp vanilla
1 cup ice cream
2 tbsp milk
Mix in blender.

OR
few scoops of ice cream
little bit of milk
strawberry syrup
Mix in blender.

Marika Strydom Albrecht:
Ek maak altyd die een met melk, nesquick en roomys. Melk vat ek 2 koppies van, en dan sommer 4 GROOT scoops roomys (arbei) en dan strawberry nesquick so vier eetlepels. Dis NIE baie soet nie (al klink dit so), dus gooi ek gewoonlik nog ‘n eetlepel kondensmelk by. Dan proe dit soos die winkel milkshakes.

Wayne Dugmore:
Dit hang absoluut af waarvoor jy lus is. ‘n Melkskommel is so veelsydig soos nog iets. Jy kort roomys, geursel (vrugte of stroop of ekstrak of nesquick of likeur) na smaak, en iets om dit mee te verdun in die blender indien nodig (room of melk of likeur of alkohol). Jy kan regtig dit doen net soos wat jy wil.

AARBEI MELK SKOMMEL
250 ml vol room melk
3 eetlepels aarbei nesquick
4 scoops aarbei en vanilla roomys
Meng in blender versier met 100&1000’s sprinkels.
Resep en foto: Alica van Schoor




CARBONARA SOUS


CARBONARA SOUS
Hier is vir julle die Italiaanse resep hier uit Italië uit.
Kook spaghetti.
En braai spek of pork rashers, die sonder been (ek en my Italiaanse man het uitgevind rashers is die naaste aan regte pancetta toe ons onlangs in S.A gekuier het).
Vir 500 g pasta, meng 5 eiergele en 1 heel eier met ongeveer 100 g parmesan kaas.
Wanneer jou pasta gaar is (nie heeltemal sag gekook nie), gooi die gaar spek en eier mengsel by.
Sit terug op die plaat en roer deur tot eier gaar genoeg is na jou smaak.
Sover ek weet was die oorspronlike resep se eiers nie gaar gemaak nie dis net so by die warm pasta ingemeng en dit sou die eier genoeg gaar maak. Dit hang van jou smaak af.

Resep: Talana Lana Botes