KARRINGMELK BESKUIT WAT GEKNIE WORD


KARRINGMELK BESKUIT WAT GEKNIE WORD
Foto: Coetzee Neethling
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml karringmelk
1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 koppies suiker
3 eiers
500 g margarine
Meng alle droë bestanddele en vryf die margarine in. Sit geklitste eiers by en karringmelk.
Knie goed. Rol deeg in balle en plaas in pannetjie. As deeg te slap is, werk ‘n bietjie meel by.
Bak teen 180°C vir 1 uur.
Sny elke bol in vier met vurk en plaas oornag in oond teen 80°C om uit te droog.
NOTA:
Indien jy nie karringmelk het nie gebruik gewone melk en sit 2 eetlepels lemoensap in melk. Wag tot dit begin dik raak en gebruik soos karringmelk.









