BEESVLEIS EN GROENTE BREDIE


BEESVLEIS EN GROENTE BREDIE
Foto en nota: Juanita Vermeulen
FOOD LOVERS RECIPES
5 ml olyf olie
500 g beesvleis goulash
2 medium uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125 ml rooiwyn
4 medium wortels in die lengte middeldeur en dan in kwarte gesny
5 ml gedroogde origanum
5 ml gedroogte roosmaryn
60 ml splitlensies (ek het die uitgelaat want ek het nie gehad nie)
1 biefaftreksel blokkie opgelos in 250 ml kookwater
5 baba aartappels in kwarte gesny
1 blikkie tamatie pasta (65 g)
15 ml blatjang
varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olie in ‘n groot kastrol en roerbraai die vleis oor hoe hitte tot bruin. Skep uit die kastrol en sit eenkant. Verminder die temperatuur effens en braai die uie en knoffel liggies in dieselfde kastrol en sonder ekstra vet of olie. Braai vir ongeveer 5 minute terwyl af en toe geroer word. Voeg die wyn, wortels, origanum, roosmaryn, lensies ( as dit gebruik word) en aangemaakte aftreksel by, bedek en laat vir 10 min oor lae hitte kook. Voeg die gaar vleis, rou aartappels, tamatiepasta, blatjang en ongeveer 125 ml water by die groentemengsel, bedek en laat kook vir 45 min of tot die vleis en groente sag is. Roer af en toe en voeg nog water by indien nodig om genoeg sous te vorm. Geur na smaak met die peper en sit voor met bruin rys en ‘n mengel slaai

Nota: Juanita Vermeulen
Ek het 5 ml tiemie ook bygegooi want ek is mal oor die smaak. Die splitlensies is ‘n plaasvervanger van mielieblom en help om die sous dik te maak. Dis iets wat ek nie geweet het nie en gaan meer toepas op my bredies in die toekoms. Daar is nie nodig vir sout nie omdat die biefaftreksel genoeg sout bevat maar gaan volgens smaak. Ek het so klein bietjie sout bygevoeg, want ek het gevoel dit het so bietjie gekort. Ek het ook preie en murgpampoentjies bygesit, want dit was in die yskas en dit was steeds heerlik. Ek het dit nie met rys voorgesit nie, want daar was klaar aartappels en wortels in wat albei stysel groentes is en ek het my porsie stysel vir aandete gehaal. My man is lief vir bredie met ‘n broodjie en hy het ‘n lae GI broodjie saam met syne geniet.




MUNG BEAN STEW


MUNG BEAN STEW
Boil the mung till almost soft.
In a separate pan fry:
1 large onion
Add the following:
2 tomatoes
½ tsp tumeric
1 teaspoon salt
1 teaspoon ground coriander
1 teaspoon ground cumin
chillies to taste
1 tablespoon ginger and garlic
2 tablespoons yoghurt

Cook till blended and add to the boiled mung. Cook through till dry. Serve with roti.
Recipe and photo: Faye Abrahams




BANTING GIN AND TONIC


BANTING GIN AND TONIC
50 ml Bombay Sapphire Gin
1 x 200 ml Fitch & Leedes Indian Tonic SUGAR FREE
1 aarbei, in kwarte gesny
5 mint blare
1 suurlemoen skyfie

Beide die gin en tonic het geen carbs!
Werk ook heerlik met komkommer skyfies, vars rosemary takkie en paar rooi peper korrels.
Foto: Chireen Buitendag




SUURLEMOEN PYNAPPEL STROOP


SUURLEMOEN PYNAPPEL STROOP
8 koppies suurlemoensap
16 koppies water
8 koppies pynappelsap
20 koppies suiker
gerasperde skil van 2 suurlemoene
gerasperde skil van 1 lemoen
3 groterige stukke gedroogde naartjieskil

Gooi alles in ‘n groot pot en bring tot kookpunt en totdat al die suiker opgelos is. Kook vir 5 minute. Laat afkoel. Gooi deur ‘n doek en bottel.
Resep en foto: Petre van Jaarsveld




RISSIE HOENDER LEWERTJIES MET BLOMKOOL EN BROCOLLI MASH


RISSIE HOENDER LEWERTJIES MET BLOMKOOL EN BROCOLLI MASH
Hoender lewertjies:
500 g hoender lewertjies
1 groot ui
½ green pepper
1 klein blikkie tamatie paste
1 koppie room
1 tot brandewyn (secret ingredient)
rissie na smaak
knoffel na smaak
sout en peper

Braai uie en green pepper saam (ek het klapper olie gebruik) tot sag, sit hoender lewertjies by en braai tot bruin. Gooi room, tamatie paste, brandewyn, rissies en knoffel by en prut vir so 30 minute.

Blomkool en broccoli mash:
½ kop blomkool en broccoli elk
2 eetlepels room
1 eetlepel botter
sout en peper

Kook tot sag en voeg room, botter, sout en peper by en mash tot romerig.
Foto en resep: Chireen Buitendag




WIT SJOKOLADE CREMORA TERT


WIT SJOKOLADE CREMORA TERT
Kors:
1 pak Mariebeskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
Meng alles in die voedselverwerker tot beskuitjies fyn is.
Smelt 125 g margarien/botter en voeg dit by die beskuitjie krummels. Meng goed en druk die klam krummels in die tertbord vas.
Bak vir 10 minute teen 180ºC.
Vulsel:
1 x 10 g-sakkie gelatien
30 ml water
250 g Cremora125 ml yswater
1 x 385 g blikke kondensmelk
125 ml suurlemoensap
5 ml vanillageursel
50 g witsjokolade, gesmelt
Sprinkel die gelatienpoeier oor die water en laat staan tot sponsagtig. Maak die Cremora aan met yswater en plaas in ‘n elektriese menger se bak. Voeg die kondensmelk by en klits by hoë spoed tot mengsel dik en romerig is, sowat 5 – 8 minute. Terwyl die menger klits, giet die suurlemoensap geleidelik by en hou aan klits tot mengsel dik en romerig is. Voeg die geursel en witsjokolade by. Smelt die geweekte gelatien ’n paar sekondes in die mikrogolfoond en voeg dit by die mengsel en meng goed deur. Skep die mengsel bo-op die kors en laat dit stol vir ongeveer 2 – 3 uur in yskas.
Stroop:
4 granadillas se pulp
1 pakkie perske jellie
1 ½ koppie water
Plaas die bestanddele vir die stroop in ‘n kastrol op die stoof en bring tot kookpunt. Kook die stroop goed deur en laat afkoel.
Skep ‘n paar lepels van die stroop bo-op die tert en versier met perske skywe.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld

 




HEEL VOLSTRUIS FILLET


HEEL VOLSTRUIS FILLET
Heel volstruis fillet van ongeveer 1 tot 1 ½ kilogram
Stop die fillet met 3 knoffelhuisies en paar stukkies spek.
Voeg ‘n paar stukkies spek saam met fillet in ‘n pot en braai mooi bruin alkante in olyf olie.
Voeg nou by:
½ koppie goeie rooiwyn
1 wortel, in stukke gesny
1 ui, in stukke gesny
paar stukkies seldery en ook van seldery se blare
paar heel naeltjies,
2 teelepels gebreekte koljander
sap van ½ suurlemoen
2 teelepels steak speserye
‘n takkie roosmaryn

Kook vir omtrent ‘n uur en braai dan weer liggies.
Sny in skyfies en bedien saam met ‘n sousie gemaak van oorblywende vog in pan.
Deglaze die pan met bietjie water, meng nou bietjie meel met bisto en voeg by aftreksel.
Kook goed deur, bedien saam met vleis.
Foto: Alta Gunter van Dyk




SUNELLE SE BURGERS


SUNELLE SE BURGERS
500-600 g maalvleis
2 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels braai sous
2 eetlepels blatjang
sout, pepper en kruie na smaak

Meng alles saam en maak patties. Plaas in yskas vir 3 ure. Maak gaar na keuse. Ons het die op die waterbraaier gebraai. Maak seker die patties is geseël voor dit omgedraai word.
Bou burgers na smaak. Ek het gekaramiliseerde uie en piekel gemmer op.
Foto: Sunell Liebenberg




CINE SE TUISGEMAAKTE PIZZA DEEG


CINE SE TUISGEMAAKTE PIZZA DEEG
Deeg:
300 g koekmeel
300 g gerasperde kaas
300 g sagte botter

Meng alles saam tot deeg vorm. Sit in yskas om af te koel. Ons het die deeg in 3 gedeel om 3 pizzas uit te kry. Rol die deeg lekker dun uit vir ‘n crispy pizza.
Ons het sommer oor skiet vleis gebruik op die pizza, die sous het ons net tomato paste gebruik en gemengde speserye in gegooi om te geur. Het ook gebraaide mushrooms en uie op gesit. Laaste bietjie mozzarella kaas.
Ons het dit op ‘n pizza steen op die vuur gebak vir so 10 – 15 minute tot die deeg gaar was. Die deeg het baie lekker crispy uit gekom.
Foto: Cine Venter




SOYA SOUS EN GEMMER DURKY SOUS


SOYA SOUS EN GEMMER DURKY SOUS
1 koppie water
2 – 3 eetlepels gemmer poeier
½ koppie suiker
3 eetlepels soya sous
¼ koppie asyn
2 eetlepels heuning
1 eetlepel chilli vlokkies

Gooi alles in ‘n potjie en kook tot dit die helfte volume is. Dit is lekker warm, en proe net soos die dunked wings resep.
Resep geplaas deur Ineke Steyn