1

KAASSOUS MET SPRITE


KAASSOUS MET SPRITE
2 koppies gerasperde kaas (enige soort)
½ koppie sprite
½ teelepel sout

Plaas sout en Sprite in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Stel die hitte laer en voeg die kaas by. Roer aanhoudend tot sous romerig is en kaas heeltemaal gesmelt het.

Resep: Debbie Delport Steyn

Foto en nota: Mariana Johnson
Die kaassous met Sprite proe baie lekker, te dun, ek het ‘n eetlepel meel in botter gesmelt en bygevoeg. Perfek!
Michelle Thomas:
Dis bietjie te soet vir my.




MAKLIKE POT PASTEI

MAKLIKE POT PASTEI
Bedek met skilferkorsdeeg en bak in die oond teen 180 ºC vir omtrent 20 minute. Maak een groot pastei of individueel in bakkies (ek verkies laasgenoemde). Variasie: vervang water met Guinness en jy het’n Irish Pot Pie.
Jy benodig per persoon ongeveer:
250 g steak (rump, sirloin of fillet
een wortel
een aartappel
5 knopie sampioene
‘n halwe ui
Speserye:
Sout en growwe swart peper
Dan gaan jy op die einde bietjie room en bisto benodig. Jy kan ook blatjang bysit.

Sny steak, uie, aartappels en wortels in blokkies.
Braai steak bruin in olie, voeg dan die uie by, asook die aartappels en wortels. Sodra uie deurskynend is gooi bietjie water by en prut op lae hitte tot steak sag is. Voeg room by asook bietjie bisto en roer deur, prut tot verdik.

Skep in jou pasteibakkie, bedek met deeg en bak in die oond tot mooi bruin.

Resep en foto: Sean O’Brien




FRIKKIE SE VISKOEKIES

FRIKKIE SE VISKOEKIES
1 ui, gebraai in genoeg botter tot ligbruin
3 blikkies tuna, gedreineer
3 tunablikkies louwarm kapokaartappel (sonder melk)
gekapte pietersielie na smaak
gekapte rissie na smaak
sout en peper na smaak

Meng alles saam.
Vorm in koekies en laat afkoel.
Rol in gegeurde meel, dan geklitste eier dan droë broodkrummels.
Die viskoekies kan nou verpak en gevries word indien verkies.
Haal soos nodig uit en ontdooi in yskas en vlakvetbraai.
Jy kan enige ander vis ook gebruik. Bly net van die ratio 1:1 met vis en aartappel.
Resep: Frikkie Jones




TUNAKOEKIES


TUNAKOEKIES
2 blikkies tuna
1 ui, gerasper
½ koppie bruismeel
½ koppie mayonnaise
2 eiers
sout, peper, Aromat en pietersielie na smaak

Meng alles goed saam. Die deeg is slap. Bak in pan met net bietjie olie.
Draai plaat af tot 1 en bak lepelsvol.
Heerlik en sit nie vas nie.
Resep: Retha du Toit




BOEREWORS MET PAMPOEN SISHEBO


BOEREWORS MET PAMPOEN SISHEBO
4 medium uie, in klein blokkies gesny
10 groot tamaties, fyn gesny
10 eetlepels kerrie poeier
10 teelepels braai speserye
5 teelepels Steak and Chops speserye
3 kg goeie gehalte wors, in stukkies gesny
olie om uie in te braai
10 opgehoopte eetlepels bief ekstrak poeier
10 koppies pampoen

Braai die uie tot sag.
Voeg die kerrie, braai speserye en die steak en chop speserye by en braai so 2 min om geure uit te kry.
Voeg die wors by en braai lekker bruin (so 15 min op lae hitte).
Voeg die tamaties by en braai n verdere 2 minute. Roer gereeld.
Maak die bief ekstrak poeier aan met 2 koppies water.
Voeg die pampoen by met die ekstrak water en sit op lae hitte vir so 20-25 minute met ‘n deksel op.
Kook tot alles gaar en sag is.
Bedien met rys of pap.
Genoeg vir 30 mense.

Notas:
Jy kan nog meer poeier byvoeg as jy dit dikker soek.
Jy kan dit ook doen met hoender fillets wat in repies gesny is in plaas van die wors.
Jy kan jou pampoen vooraf gaar maak en net byvoeg ook as jy wil, maar dit sal gaar word in die 20-25 min wat dit prut.

Resep: Talissa Olwagen




CHEESY GARLIC FRENCH LOAF


CHEESY GARLIC FRENCH LOAF
1 long French loaf (cut thick slices diagonally but not right through to the bottom)
200 g butter (soft but not melted)
6-8 cloves of garlic finely grated (I use my microplaner)
400 ml finely grated Cheddar cheese
Sheet of tin foil lightly sprayed with Cook and Spray

Place the loaf on the tin foil.
Mix the cheese, butter and garlic together to a smooth paste. Use a teaspoon to scoop the mixture up and spread onto one side of each slice. Use approximately half the mixture between the slices.
Now spread the rest of the mixture over the top of the loaf.
Gather the tinfoil together on top and fold a little flat seam to seal without pushing it flat onto the loaf and topping. Secure the two ends as well.
Put into preheated oven at 180°C for 10 minutes.
Open the tinfoil on top and leave in the oven for another 5 minutes.
Remove from oven and tuck in!

Most delicious with soup and of course perfect at a braai.
Photo: Elsabe Templeton




BREAD PUDDING WITH RUM

BREAD PUDDING WITH RUM
½ loaf of white bread, cut into small cubes
1 liter milk
1.5 cups sugar
6 eggs
1 tablespoon vanilla essence
20 ml rum (optional)
¼ cup raisins (optional)
Apricot jam for dotting on top

Mix the eggs, vanilla, sugar, milk and rum. Add the bread cubes and raisins and allow to soak for about an hour. Break up the bread cubes with a whisk. Dot with apricot jam.
Pour into a greased over proof dish and bake on 200°C until cooked and brown on top.
I served it with custard and Chantilly cream.

Photo: Natasha Ford Calvert




MARLENE SE SAGTE KALAMARIE (CALAMARI)


MARLENE SE SAGTE KALAMARIE (CALAMARI)

Ontvries die kalamarie en lê dit in melk vir so ‘n uur. Droog dit met handdoek materiaal.
Braai in botter en knoffel vir so 3 min aan elke kant.
Dit was so lekker sag. Ek het myself verbaas.

Foto: Marlene Minderon




SAMPIOEN PEPERSOUS


SAMPIOEN PEPERSOUS
1 ui, fyn gekap
3 eetlepels botter
½ pakkie sampioene, opgesny
3 eetlepels brandewyn
1 teelepel fyngemaalde gemengde peperkorrels
1 teelepels mosterdpoeier
1 koppie room
2 eetlepels pietersielie, gekap
Opsioneel: maizena

Braai gekapte ui in botter.
Voeg sampioene by en braai tot gaar.
Voeg brandewyn,  fyngemaalde gemengde peperkorrels en mosterdpoeier by.
Prut so minuut of wat en voeg room en fyngekapte pietersielie by.
Laat so paar min prut en verdik met maizeina indien verkies.
Geur met sout na smaak.
Resep geplaas deur Linda Le Roux Swarts




TENDERIZED STEAK


TENDERIZED STEAK
4 steaks
60 ml Worcestersous
30 ml soet soyasous
90 ml Griekse slaaisous
15 ml suiker

Klits al die bestanddele saam en giet oor die vleis. Marineer vir uur of 3 ure.
Braai vleis op ‘n baie warm plaat. Geur met sout, peper en speserye na smaak.
Bedien saam gekookte kapokaartappels en appel slaai.

Foto: Suenelle Liebenberg