PYNAPPEL YSKASTERT MET GELATIEN

FB_IMG_1479563259258tested

PYNAPPEL YSKASTERT MET GELATIEN
met so bietjie Kersfees!

1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
250 ml room, geklop
I blikkie fyngemaakte pynappel, gedreineer
20 ml gelatien
45 ml water
versiersuiker om oor te sif

Bedek die basis van ‘n vierkantige bak met ‘n laag Tennisbeskuitjies.
Meng kondensmelk, geklopte room en pynappel.
Sprinkel die gelatien oor die water en laat dit uitswel.
Sit vir 15 tot 30 sekondes in die mikrogolfoond tot gesmelt.
Voeg ‘n bietjie van die pynappel mengsel by die gelatien en roer by die res van die mengsel.
Gooi die helfte op die beskuitjies en bedek met nog ‘n laag van die beskuitjies.
Skep laastens die res van die pynappelmengsel oor.
Verkoel drie tot vier uur in die yskas tot gestol.
Sif versiersuiker oor en sny in blokkies om voor te sit.

Foto:  Petro van Genderen