CHOCOLATE CLUSTERS WITH COCONUT


CHOCOLATE CLUSTERS WITH COCONUT
200 gram butter
1/3 cup of sugar
1 and 1/2 cups of cake flour
2 Tablespoons of cocoa powder
1 cup of cornflakes
1/4 cup of coconut

Place cornflakes into a packet and crush lightly with a rolling pin or your hands.
Lightly toast coconut in the oven.
Cream butter and sugar until light and fluffy.
Add cake flour, cocoa powder, cornflakes and toasted coconut and form into a rough dough.
Scoop out a tablespoon of the dough and place on a baking tray.
Bake at 180°C for 15 minutes.
Drizzle with melted chocolate once baked and cooled.
Photo and Recipe: Yasmeen Ibrahim




HEIDI SE SUURROOM GROENBOONTJIES


HEIDI SE SUURROOM GROENBOONTJIES
Ek het vroeër geantwoord dat ek boontjies met suurroom maak asook ander bestanddele.
Wel, ek het nie nou ‘n foto nie maar hier is die bestanddele.
300 g tot 350 g pakkie vars groenbone
250 ml suurroom
½ tot 1 ui – hang af hoeveel jy van uie hou.
½ tot 1 koppie gerasperde kaas
2 – 5 teelepels bruinsuiker – hang af van smaak en hoeveel jy die suurroom smaak wil breek.
125 g Smoked Beef Simba skyfies, fyn gedruk.
Die enigste voorstel wat ek hiervoor het is om bietjie, bietjie by te gooi tot die smaak reg is. Ek los my potjie ook op die stoof op 1 net om die kaas lekker te laat smelt.
Sout en peper na smaak

Kook boontjies tot gaar.
Ek kook dit nie tot heeltemal sag nie, ek hou nog van die “crisp” in die gereg.
Braai die ui.
Krummel doe skyfies.
Dreineer die boontjies.
Voeg ui, skyfies en kaas by die boontjies.
Meng goed.
Meng van die suiker in.
Sodra die suiker redelik gesmelt het, voeg die suurroom by.
Bedien.
Nota:
Daar is regtig nog geen hoeveelhede gemeet hierop, nie aangesien ek dit maak volgens smaak. Tweedens, dit is maar ‘n paar teelepels suiker.
Partykeer gebruik ek ½ na ¾ houer suurroom ander kere bietjie minder/meer.
Ek het al spek by gesit maar dit was nie vir my lekker nie.
Maar probeer dit gerus.
Ek hoop jul sal dit probeer, my kinders (almal getroud) bestel dit vir familie ete.
Resep: Heidi Olivier




HOW TO PREPARE JOHN DORY FISH


HOW TO PREPARE JOHN DORY FISH
Heat a frying pan over high heat and add olive oil.
Place fillets in pan, skin-side down, and cook for 2-3 minutes until the skin is well browned and the flesh is almost cooked through.
Turn, add a good squeeze of lemon juice, cook for a further minute then remove from pan.
Die sous is olive oil met swart pepper en dill.
Recipe: Philip Reineke

Elize de Kock –  Lemon butter sauce or Buerre Blanc sauce.
Fry in butter only lemon juice, salt and pepper on the fish.
Just until done, don’t over cook.
2 min on a side.




YASMEEN’S LEMON POUND CAKE


YASMEEN’S LEMON POUND CAKE
250 gram butter
1½ cups of sugar
2 eggs
1 teaspoon lemon essence or 2 tablespoons of lemon juice
2 cups flour
2 tablespoon baking powder
1 cup milk

Cream butter and sugar until light and fluffy.
Beat in the eggs and lemon essence.
Sift flour and baking powder and add to the mixture alternatively with milk.
Grease a round, square, or loaf baking dish. Bake at 180°C for 1 hour.
When cool make an topping with a mixture of:
1 cup of icing sugar
4 Tablespoons of water
1 teaspoon of lemon essence or 2 Tablespoons of lemon juice

Delicious for an afternoon tea.
Photo and recipe: Yasmeen Ibrahim




JENNIFER’S TUNA DIP

JENNIFER’S TUNA DIP
Photo and recipe: Jennifer Weir
1 tin tuna steak
1 small onion, chopped finely
200 g tub of cream cheese
squirt of tomato sauce
2 tablespoons Mrs Balls chutney – Jalapeno
salt and pepper, to taste
enough mayonnaise to the thickness you want it

Mix with a fork until all combined.




LEONE SE KARAMEL BOLLETJIES BROOD


LEONE SE KARAMEL BOLLETJIES BROOD
500 ml room (Clover langlewe boksie)
Muscavado bruin suiker
caramel bruin suiker
winkel deeg

Ek meng caramel bruin suiker en Muscavado bruinsuiker, dan rol ek die bolletjies lekker in dit dat dit goed bedek is.
Gooi bietjie room onder in my dikboom swartpot en pak bolletjies in.
Gooi room oor.
Strooi so teelepel suiker op elke bolletjie.
Sit deksel op en sit in oond.
Skakel oond aan en die bolle rys saam met die oond wat warm word.
Bak so 50 min by 180° C.
Geniet.
Foto en Resep: Leone Barnard du Toit




PEGGY SE MIELIEKOEKIES

PEGGY SE MIELIEKOEKIES
Resep: Peggy Devine
Foto: Sharon Viljoen
FOOD LOVERS RECIPES
Ons hou van dit met goue stroop oor.
2 koppies meel
2 blikke heelpit mielies of 750 ml gevriesdes
2 teelepel bakpoeier
2 eiers in maatbeker en vul aan tot 300 ml met water (+ 150 ml indien nodig )
1 teelepel sout
2 en ‘n half teelepel suiker

Meng alles.
Skep lepels vol in warm olie, bak tot gaar. ( my eie ) tot lekker saam met braai vleis.




PETRE SE HOENDERLEWERTJIES IN ROOIWYN

PETRE SE HOENDERLEWERTJIES IN ROOIWYN
Hoenderlewertjies in rooiwyn, knoffel en harissa, met roosterbroodjies.
1 bakkie hoenderlewertjies
½ ui, fyngekap
stukkie groen soetrissie, fyngekap
grof gemaalde swartpeper
1 huisie knoffel, fyngekap
¼ koppie rooiwyn
1¼ koppie tamatiesous
helfte van ¼ koppie bruinsuiker
paar skeute sojasous
1 teelepel harissa, dit hang af van hoe sterk jy dit wil hê

Braai uie en groen soetrissie tot uie deurskynend is.
Voeg lewertjies en gekapte knoffel by en braai goed deur.
Voeg res van bestanddele by en kook/braai deur tot ‘n dik sous vorm.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld




GIDEON SE LAMSBLAD

GIDEON SE LAMSBLAD
As julle ooit kan, maak ‘n heel blad op die manier gaar, dit was uit die boeke uit djeeeeerlik
Sjoe!
Ek’t ‘n heel lamsblad in ‘n oondvaste skottel geplaas
Ek’t die volgende speserye ruim daaroor gestrooi
swartpeper
chillie flakes
knoffel vlokkies
Italian herbs
sage
oreganum
roosmaryn

Ek’t toe ‘n suurlemoen in kwarte gesny en op die hoeke van die bak geplaas.
Ek’t ‘n uie grof in blokke gesny en rondom die vleis gepak.
Ek’t twee Knorr ekstrak blokkies met ‘n halwe koppie water gemeng en in die bak gegiet rondom die vleis.
Ek’t die bak toegemaak met foelie en in die oond geplaas wat gestel was op 120°C en dit vir vier ure so gelos.
Ek’t dit toe uitgehaal en drie aartappels in stukke gesny en langs die vleis in die sous ingedruk asook drie wortels en terselfdertyd sout na smaak bygesit dit weer toegemaak met die foelie en weer in die oond en die hitte opgdraai na 140°C.
Dit het toe vir ‘n verdere uur gebak.

Ek’t dit toe uitgehaal en ‘n bietjie van die warm sous uit die bak uitgeskep, en twee teelepels mielieblom bygevoeg en gemeng en dit weer by die sous in die bak bygeroer.
En dit vir nog ‘n halfuur laat bak net die foelie afgehaal.
Ons kon nie die versoeking weerstaan om smash by te maak om saam met daai lekker sous te kan geniet nie. Ekt ‘n skep smash geskep en ‘n bakkie gevorm in die middel en dit gevul met daai lekker uierige vleis sous.
Vroulief het ook vir ons pampoen gekook en ook ‘n skeppie beet-atjar saam met daai lekker sawwe bladvleis.
Hmmmmmm ek weet nou hoe ‘n koning voel!
Foto en Resep: Gideon Louw




ELSABIE SE KOOLSLAAI


ELSABIE SE KOOLSLAAI
Vark tjoppie, my tipe tjippies en koolslaai.
groen en pers kool, opgekerf of gerasper
kwart rooi ui, fyn gerasper
handvol korente (sultanas of rosyntjies werk ook)
handvol neute of grondboontjies, grof gekap
Wortel, fyn gerasper

Sousie:
½ koppie mayonnaise
2 eetlepels kondensmelk
2 eetlepels suurroom of ongegeurde jogurt
seldery sout
suurlemoen en peper

Meng die slaai bestanddele en gooi die geroerde sousie oor en meng goed.
Foto en resep: Elsabie Templeton