1

TUNA EN TAMATIE IN KAASSOUS GEBAK

TUNA EN TAMATIE IN KAASSOUS GEBAK
Halwe rooi en groen pepper elk opgesny
1 Klein ui gesny
Handvol klein eksotiese tamaties (verskillende kleure) middeldeur gesny
1 blikkie tuna gedreineer
1 koppie skerp verouderde Cheddar kaas (gerasper)
Maak ongeveer 1 en half na 2 koppies melk se medium dikte witsous met half koppie skerp verouderde Cheddar daarby ingemeng.
Braai die uie en pepers vir 10 min tot begin verkleur
Vlok die tuna op en meng in die witsous.
Spuit tertbord met kleefvrye sproei. Gooi die tuna witsous in die tertbord. Garneer met die peper & uie en sit die tamatie helftes bo-op. Sprinkel met die oorskiet kaas bo-oor en bak by 180° C vir 20 min of tot die kaas gesmelt en gereg effens verbruin. Bedien op pasta of rys.
Foto: Elsabie Templeton‎




MARIDA SE VANILLA KOEK

MARIDA SE VANILLA KOEK
My opgejazzde vanilla koek.
6 koppies meel
8 eiers
4 koppies suiker
10 ml sout
1 koppies olie
2 koppies melk
10 ml vanilla essence
4 teelepels bakpoeier

Klits eiers en suiker goed saam. Sif meel en sout by, meng melk en kookolie by dan bakpoeier
Bak by 180 grade  C vir 45 min
Ek het twee veerklamp panne van 27cm gebruik
Daarna my sponse gestroop met simple syrup
Een koppie water, een koppie suiker en vanilla pod, kook saam, of gooi vanilla essense by. Kook tot ‘n stropie, gooi oor die koeke.

Versiersuiker:
500 gr botter goed geklits
6 koppies versiersuiker,
5 ml vanilla essense

Gebruik enige wit sjokolade om koek mooi te versier. Ek het lindt gebruik en wit kit kat en bietjie fudge ook oor gerasper.
Foto: Marida Olivier




LIEZL SE OEPSIES

LIEZL SE OEPSIES
1 pakkie repies spek
1 pakkie soet cherries
n bietjie Jimmies sous
Ryg eers die spek se punt op n stokkie gevolg deur n cherrie
Vou dan die spek halfpad om die cherrie en herhaal die proses
Ons het die spek dubbeld oor die lengte gevou en dit so opgeryg
Smeer dan n bietjie jimmies oor die die oopsies
Braai dan op die kole tot spek goudbruin en krakerig is
Hmmmmmm
Resep Liezl Louw
Foto Gideon Louw




MARIE SE GEPOSJEURDE MIKROGOLF EIERS

MARIE SE GEPOSJEURDE MIKROGOLF EIERS
1/2 koppie water in bakkie
1 eier (ek het geel geprik)
Bietjie sout
Sorg dat eier onder water is
Ek het klein bordjie bo op bakkie gesit
Mikrogolf 1 minuut op hoog
Foto: MarieDumas Henning




TUISGEMAAKTE EIER PASTA

TUISGEMAAKTE EIER PASTA
1 eier.
5 ml olie.
100 g koekmeel
Knippie sout
Maak ‘n bondeltjie met die meel en sout, maak gaatjie in die middel en gooi eier en olie in die middel.
Meng met vingers tot degie en knie lekker tot ‘n elastiese deeg
Klaar gemeng maak n balletjie, sit omgedopte glasbak op, los vir ‘n uur.
Rol redelik dun uit.  Los vir 5 minute om te rus. Sny met pizza mes in repies. Of rol op en sny met mes. Dompel in kokende water met sout en olie tot gaar.
Bedien met vleisie en sous van jou keuse.
Foto: Esti Jordaan




SPEK, AVO EN GROENSLAAI

SPEK,  AVO EN GROENSLAAI
1 pakkie spek klein opgesny en bros gebraai.
3 dikkerige komkommerringe in blokkies gesny.
1 tamatie groterig in blokkies gesny.
1 Avokado in blokkies gesny
12 blokkies kaas
Italian sous

Pak die slaai bestanddele in lagies
Sout en peper en slaaisous bo oor.
Laat koel spek af en sprei dit uit oor groenslaai.
Skep klein bietjies burger mayonniase oor spek
(Ek’t nie avokado gehad maar dis heerlik met avokado)
FOTO EN RESEP: Ronell Boshoff




GIDEON SE ROOSTERKOEKE

GIDEON SE ROOSTERKOEKE
5 x 250 ml wit of bruin broodmeel
1 pakkie kitsgis
62.5 ml melkpoeier
6 ml sout
30 ml suiker
375 ml louwarm water
60 ml sagte botter of margarien

Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak en maak ‘n holte in die middel. Giet louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot ‘n stywe deeg. Voeg nou die botter by en knie dit by die deeg in. Hou aan tot die deeg glad en elasties is. Vorm die deeg in ‘n bal en smeer met olie en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Maak seker die vuur brand al. Jy het matige kole nodig. Knie die deeg af en knyp klein balletjies af. Rol elke balletjie effens platter met ‘n koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak. Laat weer rys.
Pak die broodjies op ‘n gesmeerde rooster en braai hoog oor matige kole. Draai gereeld en rooster tot die broodjies hol klink as daarop geklop word.
Foto: Gideon Louw




SJOKOLADEKRAKERS

SJOKOLADEKRAKERS:
880 gram magarine saggemaak,(nie smelt nie)
480 gram suiker
800 gram koekmeel
20 gram kakaopoeier (50 ml)
400 gram hawermout
400 gram klapper
10 ml bakpoeier
Room magarine en suiker tot donsig, voeg res van bestanddele by tot sagte deeg.
Maak balletjies, druk met vurk plat of gare tolletjie so het ek myne gedoen,
Bak vir +-20 min in 180 grade C oond,
Foto: Alta Gunter Van Dyk




BAKED PANCAKES WITH MILLET GROATS AND CAULIFLOWER

BAKED PANCAKES WITH MILLET GROATS AND CAULIFLOWER
100 g of millet groats
200 g of cauliflower
4 tablespoons of wholemeal flour
half an onion
a clove of garlic
3 teaspoons of nigella
2 eggs
salt and pepper
Heat the oven up to 180 C. Cover a baking sheet with some baking paper.
Boil the millet groats in salty water. Dice the cauliflower and onion. Crush a clove of garlic. Mix together the groats, eggs, cauliflower, flour, onion, garlic and nigella. Spice it up with salt and pepper. Form small pancakes and put them on the baking paper. Bake for 20 minutes.
The picture: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




LOVELY SPINACH MUFFINS

SPINACH MUFFINS
375 cake flour
10 ml baking powder
3 ml salt
1 ml cayenne pepper
250 ml cooked chopped spinach
100 ml milk
100 ml cooking oil
1 egg
Sift dry ingredients together. Add spinach, raw bacon and grayed cheese and mix slightly.
Beat milk, oil and egg together, and stir into dry ingredients. Mix until flour is moistened; batter should still be lumpy. Spoon into greased muffin tins, filling each two-thirds full.
Bake in a preheated oven at 190oC for 15-20 minutes
Makes 12
Fotos: Petré van Jaarsveld