1

ELSABIE SE BEESVLEIS KERRIE

ELSABIE SE BEESVLEIS KERRIE
Die snitte met benevleis maak lekkerder Kerrie en stowevleis omdat die bene meer geur aan die vleis gee. Ek verkies brisket.
Die belangrikste deel van ‘n geurige Kerrie is om die speserye en kruie te braai voordat die vleis en vloeistof bygevoeg word.
Verbruin die vleis in jou stoompot en stoom tot  gaar maar nie heeltemal sag nie.
1 x Gekapte uie
Kerrie poeier (die hoeveelheid gaan afhang van hoe warm jy dit wil maak) 2-3 eetlepels is genoeg vir ‘n begin en gaan ook afhang van hoeveelheid vleis.
Braai ui en voeg die volgende by:

Kruie en speserye wat met kerries gebruik word soos bv. Fyn komyn, fyn koljander, kaneel, kardamom sade, anys sade, mosterd saadjies, ster anys, karwei sade, rissie vlokkies en borrie poeier kan na smaak gemeng en saam met die Kerrie poeier en uie gebraai word vir so 5-10 min in olie saam met gerasperde vars gemmer en knoffel.
Sit die vleis by wat alreeds in stoompot bruin gebraai en gaar gestoom is.
Sit aartappels en/of enige groente by.
Stoom tot gaar. As daar nie genoeg sous in die pot is gooi halwe tot volle blikkie klappermelk by.
Bedien met basmati rys.
Vanaand het ek oondgeroosterde groente van gisteraand oorgehad en dit bygesit toe die Kerrie gaar is. Veral die eiervrug is ‘n wenner in Kerrie.
Foto en Resep: Elsabie Templeton




VEGETABLE CAKE

VEGETABLE CAKE
370 g Grated baby marrow
150 g Grated carrots
140 g Grated onion
130 g Grated potato
80 g (1 cup) of your favourite grated cheese
5 eggs, lightly beaten
90 g (3/4 cup) flour
1 tsp dried parsley
2 tsp dried basil
1/4 tsp chili powder
Large pinch salt
Preheat oven to 180 degree C
Grease a 20 x 20cm dish
In large bowl mix the vegetables together then add the cheese, eggs and seasonings
Finally fold in the flour
Pour into prepared dish and bake 30-40 mins until golden brown and firm in the centre. Keep checking it after 30 mins.
Let cool slightly and serve with a salad
Foto: Angela Landsberg




ELNA SE APPELKOOS BLATJANG

ELNA SE APPELKOOS BLATJANG
5 kg appelkose
8 groot uie
2 teelepel gedroogte rissievlokkies
2 liter bruin asyn
2 kg bruin suiker
15 ml sout
15 ml koljander
1 teelepel naeltjies
250 g gekapte pepadew pepers
25 ml knoffel

Was die appelkose en verwyder pitte, sny in kwarte.
Ek het die uie in ‘n voedselverwerker fyn gekap.
Meng alles in groot kastrol.
Kook vir 1 uur op matige hitte.
Haal van hitte af as kleur ligte bruin is of na smaak.
Bottel terwyl warm.
Laat staan tot koud.
Fotos: Elna Erasmus




ROOMKAAS EN SALM DOOPSOUS

ROOMKAAS EN SALM DOOPSOUS
250 g roomkaas (Ek gebruik die smeerbare een, maar as jy dit nie het nie laat roomkaas tot kamer temperatuur kom om maklik mee te werk )
150 g gerookte salm
sap van ½ suurlemoen
2 gehoopte eetlepels kapers, fyn gekap
1 teelepel Worcestershire sous
1 teelepel soya sous
sout en peper na smaak
Gebruik vurk en meng roomkaas tot sag.
Voeg die gevlokte salm by en meng bietjie.
Gooi res van bestanddele by behalwe sout en peper en meng goed.
Geur met sout en peper na smaak.
Ps. Ons hou van bietjie meer suurlemoen so ek gooi nog so bietjie sap by.
Dit kan gemaak word ‘n dag voor die tyd of 5 min voor mense kom, maar as dit staan raak dit bietjie lekkerder vir my.
Foto: Elizna Willemse Tinone




GEELSTERT VIS SOSATIES

GEELSTERT VIS SOSATIES
Vis van keuse, sny in fillets en blokkies
Marinade:
50 ml tamatie puree
50 ml olie
4 eetlepels gekneusde knoffel
100 ml suurlemoensap
1 teelepel peri peri
1 teelepel paprika
sout en swart peper na smaak
1 ui, gesny
1 soetrissie, gesny

Marineer vis vir 1 uur. Ryg in stokkies, vis, pepper, ui tot stokkie vol is.
Braai op kole of warm pan tot gaar.
Foto: Cecil Dunhin




LAMB AND BUTTER BEAN CURRY FOR TWO

LAMB AND BUTTER BEAN CURRY FOR TWO
Lamb cut into cubes, I just used 2 lamb chops as it’s enough for two of us
2 x onions diced
Garlic
Ginger
Mild curry powder / about one tablespoon
Turmeric just a tip of a teaspoon
Apricot jam one tablespoon
2 x tin butter beans
Fry onions until nearly black, then add garlic and ginger, fry quickly and then add meat and brown. Add the curry powder and turmeric and apricot jam and fry quick. This may stick so add a bit of water from the jug, then add apricot jam and butter beans.. salt n pepper to taste
Put in slow cooker and cook on high till tender
Foto: Tracy Vohra




(SHORTBREAD) BROSBROOD HARTJIES

(SHORTBREAD) BROSBROOD HARTJIES
500 g botter (sag)
250 g strooisuiker (ekstra om te bedek)
600 g koekmeel
100 g maizena

Verroom suiker en botter tot lig en roomerig
Sif meel en maizena 3 keer saam.
Werk die droë bestanddele en botter saam tot sagte deeg.
Rol deeg so 5 mm dik uit en druk uit
Bak teen 140°C vir 20-25 min
Laat afkoel en rol in ekstra strooisuiker
Baie belangrik, nooit tot bruin nie.
Ook nie margarine nie, dit werk net nie
Ek het 73 koekies uit gekry
Foto: Linda Wessels




CHICKEN ALFREDO PASTA

CHICKEN ALFREDO PASTA
1 tbsp olive oil
Salt and pepper to taste
2 boneless and skinless chicken breasts, cubed
2 tbsp butter
5 cloves garlic (minced)
500 ml heavy cream
2 cups chicken broth
1 pinch ground nutmeg
450 g fettuccine pasta
½ cup grated parmesan cheese
On the pressure cooker control panel, turn the menu knob to “Fry” and press start. Wait until the cooker gets hot before putting in any ingredients
Season the cubed chicken breasts, and place in the cooker
Brown in the cooker (about 2 minutes per side)
Remove from pot and set aside
Melt the butter in the pot and stir in the minced garlic. Stir for about a minute until fragrant
Pour in cream and let simmer for 2 minutes while scraping the bottom of the pot with a spatula (this will release the brown bits from cooking the chicken)
Pour in chicken broth, salt and nutmeg
Place the fettuccine in cooker along with the browned chicken cubes
Place the lid on the pressure cooker
Cancel the “Fry” function and then turn the menu knob again until you reach the Pasta function (this will default to 5 minutes). If you would like really soft pasta, press the Texture button until you reach the Strong setting.
Press start to begin cooking. Music will sound and the cooker will start the countdown once the optimum pressure has been reached inside
When the timer ends, cooker will beep and will switch to the “Keep Warm” function automatically. Press the cancel button
Allow the cooker to naturally release pressure for about 5 minutes (this will make sure the cream doesn’t spray out of the exhaust valve as it will be very hot)
Press the pressure release button to get rid of any excess pressure and then open the lid
Stir in the parmesan cheeses.
Foto: Melissa Ann Vermeulen




JOHANNA SE GEMMERKOEKIES

JOHANNA SE GEMMERKOEKIES (altyd ‘n sukses)
250 gr margarine
2 koppies suiker
1 koppie stroop
2 eiers
4 kopppies koekmeel
2 teelepels gemmer
1 teelepel koeksoda
1 teelepel pypkaneel
1 teelepel gemengde speserye
½ teelepel sout
Meng margarine, suiker en stroop goed.
Voeg die eiers by en meng.
Voeg die droë bestanddele by en meng baie goed.
Maak balletjies en druk net liggies aan die balletjies hy sprei vanself.
Bak so +- 8 min op 180 ºC.
Resep: Johanna Viljoen Zwiegelaar
Foto: Johanna Viljoen Zwiegelaar




MELKTERT SPRINGROLLS

MELKTERT SPRINGROLLS
Gewone melktert resep
4.5 kop melk
2 eetlep mielieblom (maizena)
2 eetlep meel
1.5 kop suiker
3 eiers
1 teelep vanilla
Knippie sout
Eetlepel botter
Kook melk
Klop eiers en suiker saam
Voeg meel, mielieblom en sout by eiermengsel
Voeg nou by kokende melk
Meng deeglik tot dik
Voeg botter en vanilla by laat afkoel
Ek gebruik springroll deeg daar is gewoonlik 50 velle deeg in n pak rol op en braai in diep olie tog goud bruin en strooi met kaneel en strooisuiker
Foto: Johan-Kobie Van Rooyen‎