CHEESE, TOMATO AND ONION PASTA BAKE

CHEESE, TOMATO AND ONION PASTA BAKE
Cheap – tasty – easy.
500 gr pkt macaroni (cooked and drained)
300 gr White Cheddar or Mozarella cheese (grated)
4 tomatoes (sliced)
1 onion (sliced or chopped)
1 cup green onion (sliced or chopped)
6 eggs
400 ml milk
5 ml baking powder
Aromat and Lemon Pepper to taste

Preheat Oven to 200°C.
Spray/grease oven pan (I use my oval pan).
Layer as follows:
Half of macaroni, onions, tomatoes. Season with Aromat and Lemon Pepper to taste.
Sprinkle with half the cheese.
Repeat.
Blend eggs, milk and baking powder together.
Pour over other ingredients making sure to coat everything.
Bake for 30 to 40 min.
When ingredients starts pulling away from sides of pan, it’s usually done.
Serves 6 to 8.
Photo and Recipe: Elizabeth Hendrikz




CECILIA SE GEMMERKOEKIES

CECILIA SE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Cecilia Swanepoel Nance
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is ‘n harde koekie.
500 g stroop
500 g margarien
5 koppies suiker
2 eiers
8 koppies koekmeel
3 eetlepels gemmer
2 eetlepels koeksoda
2 eetlepels kremetart
knippie sout

Verhit die stroop.
Meng botter en suiker tot romerig.
Voeg stroop by en meng deur.
Roer geklitste eiers by.
Voeg droë bestanddele by en meng goed.
Rol in balletjies en pak op voorbereide bakplaat. (nie nodig om effens plat te druk nie)
Bak vir ±20 minute by 180°C.




JOYCE SE PASTEIDEEG

JOYCE SE PASTEIDEEG
(werklik ‘n treffer)
230 g margarien
3 koppie koekmeel
½ teelepel sout
1 koppie maas

Vryf margarien in koekmeel en sout in.
As ek haastig is maak ek die margarien sommer sag in die mikrogolf.
Meng maas by en meng goed, die deeg is klammerig.
Plaas in die yskas vir ‘n uur.
Gebruik soos benodig.
Ek hou altyd ‘n stuk in my yskas.
Rol uit en gebruik soos gewoonlik.
Hierdie deeg is lekker bros.
Resep: Joyce Woodley




EENVOUDIGE KAASKOEK

EENVOUDIGE KAASKOEK
2 bakkies plain gladde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
250 ml vars room
± halwe koppie suurlemoen sap
1 pakkie tennisbeskuitjies

Meng maaskaas, kondensmelk en room tot dit dik raak, (sal amper verdubbel) voeg stadig suurlemoen sap by tot smaak.
Pak beskuitjies in tert bak, (hou twee vir bo-oor krummels) en gooi dik mengsel oor beskuitjies, kan versier met beskuitjies krummels of aarbeie. Plaas in yskas, set redelik vinnig.
Resep: Monica Geyer
Foto:  Marika Tegmann




MAALVLEIS, SPINASIE EN FETAKAAS QUICHE

MAALVLEIS, SPINASIE EN FETAKAAS QUICHE
Ek het vanaand vir die eerste keer ‘n quiche gebak vir aandete.
Kors:
1 pak Bacon Kips, fyn gedruk
250 ml gerasperde koue botter
250 ml koekmeel

Meng die bestanddele saam en druk die deeg in ‘n gesmeerde quiche pan, ongeveer 30 cm.

Vulsel:
500 g maalvleis
5 ml knoffel
5 ml bruinsous poeier
1 ui gekap
250 ml room
1 blikkie sweetcorn
4 wieletjies fetakaas, in blokkies gesny
300 g spinasie
6 eiers

Braai uie tot sag, voeg maalvleis by en braai tot bruin, voeg knoffel en bruinsous poeier by en braai vir 5 min.
Roerbraai spinasie tot sag, dreineer die water. Ek het die ekstra water uit gedruk. Voeg die spinasie, fetakaas en sweetcorn by die maalvleis.
Meng die eiers en room saam voeg dit by die maalvleis mengsel.
Gooi mengsel in kors.
Daar het nog vulsel oorgebly wat ek in ‘n ekstra tertbak gegooi het.
Voorverhit die oond teen 180°C en bak vir 45 min.
Foto en resep: Elna Erasmus




PEAR PIE

PEAR PIE
250 ml sugar
10 ml bicarbonate of soda
pinch of salt
500 ml cake flour
2 large eggs
10 ml vanilla essence
125 ml oil
1 can pears (drained but reserve the juice)
125 ml full cream milk
Icing sugar to sprinkle ontop

Mix the dry ingredients
Mix the eggs vanilla and oil with pear juice
Mix everything together and pour the batter into a prepared dish or tin
Arrange the pears on top evenly over the batter
Bake for 30 to 40 min on 180 degrees C or until testing skewer comes out clean
Prick the tart all over with a fork as soon as it comes out the oven ans pour over the milk
Sprinkle with a little icing sugar and serve with warm custard or cream
(Pears can be substituted for peaches or apples)
Note: Instead of pear i used peaches very nice with some custard👍
(MAKES ONE LARGE PIE)
Serves 8-10
Recipe: Chey Schaefer




CHOCOLATE DREAM CAKE

CHOCOLATE DREAM CAKE
6 eggs
400 ml sugar
120 ml cocoa
200 ml lukewarm water
120 ml oil
500 ml of cake flour
4 ml salt
20 ml baking powder

Beat eggs and sugar.
Mix the cocoa with water and oil and add to egg mixture.
Add the rest of sifted dry ingredients.
Bake at 180 degrees Celsius for 30 minutes.
I made one large cake and cut in half. Or you can divide batter in 2.
As soon as cake is baked, make a syrup by boiling together:-
1 and 1/2 cups sugar
1 and 1/2 cups water
15 ml coffee powder (I prefer Nescafe)
10 ml vanilla essence
Pour over warm cake.

Make a topping by whipping together
1 fresh cream
1 can of caramel
Simply break a flake on top and enjoy.
Photo and Ricipe: Yasmeen Ibrahim

Cecilia Swanepoel ….my resep lees
6 eiers
2 koppies suiker
2 koppies bruismeel
4 t bakpoeier
1 koppie olie
1/2 (half) koppie kakao
1 koppie warmwater
1 t vanieljegeursel
Knippie sout
Sous: 1 en 1/2 koppie suiker
1 en 1/2 koppie water
3 opgehoopte eetlepels koffie en teelepel vanielje geursel

Bak vir 45 min @180 gr C
Gooi my beslag gewoonlik in oondpan en keer uit op skinkbord maar kan in 2 panne ook gebak word.




MARITZA SE AARTAPPEL GEBAK

MARITZA SE AARTAPPEL GEBAK
4 tot 6 groot aartappels
250 ml room
1 pakkie  spek
1 blikkie sampioene
Ina Paarman se Potato spice en knoffel na smaak
kaas

Stoom aartappels tot halfgaar, sny in blokkies.
Gebruik ‘n kleinerige bak en pak een laag, strooi dan die spek en sampioene oor en pak die volgende laag.
Meng die room, knoffel en Potato spice in beker en voeg dit by die aartappels.
Bak in oond van 180°C tot die room lekker ingetrek het en sprinkel kaas oor om te smelt net voor etenstyd.
Resep: Maritza Steenkamp




SAMANTHA’S POTATO BAKE

SAMANTHA’S POTATO BAKE
I make an awesome potato bake.
5 – 6 large potatoes
1 large onion
1 packet brown onion soup
1 punnet mushrooms
2 cups fresh cream
1 tablespoon crushed garlic
1 packet potato bake mix
1 ½ cups milk
2 cups grated cheddar cheese
1 packet of diced bacon

Peel and slice potatoes thinly, grease oven pan with either margarine or spray and cook.
Fry onions until brown in a hot pan with cooking oil, as well as the bacon.
Layer raw potatoes in the bottom of the pan, sprinkle diced onion on top then mushrooms, bacon, cheese and garlic and sprinkle brown onion soup.
Continue layering like that and end with the cheddar cheese.
Pour the cream over, mix the potato bake the milk and pour that over too.
Bake for approximately 30 – 45 min on 180°C.
Recipe: Samantha Lottering




JOHANNA SE SOUTTERT

JOHANNA SE SOUTTERT
2 groot uie
250 gr viennas
250 gr russians
250 gr bacon
8 eiers
300 gr kaas

Sny uie in blokkies en braai in bietjie margarien of olie tot glanserig.
Sny bacon in stukkies en braai lekker crispy, gooi dan uie by.
Sny viennas en russians fyn en gooi die by bacon en uie mengsel.
Gooi mengsel in gesmeerde panne.
Klits eiers en meng dit in die pan met die bacon mengsel.
Gooi bietjie kaas oor en meng dit ook saam in die mengsel.
Gooi die oortolige kaas bo-oor en bak in die oond op 180 grade C vir so 45 min of tot gaar.
Foto en resep: Johanna Zwiegelaar