

BOTTERSKORSIE GEROOKTE HAM EN FETAKAAS QUICHE
Ek het vanaand ‘n botterskorsie, gerookte ham en fetakaas quiche vir aandete gemaak. Ek het dit saam met ‘n avo salsa bedien.
Die vulsel is vir twee quiches.
Kors:
1 pak cream cheese and chives kips, fyn gedruk
250 ml gerasperde koue botter
250 ml koekmeel
Meng die bestanddele saam en druk die deeg in ‘n gesmeerde quiche pan, ongeveer 30 cm.
Vulsel:
500 g botterskorsies, in blokkies gesny
250 g gerookte ham, in blokkies gesny
5 ml knoffel
5 ml bruinsous poeier
1 ui gekap
250 ml room
1 blikkie sweetcorn
4 wieltjies fetakaas in blokkies gesny
6 eiers
Braai ui tot sag, voeg knoffel en bruinsous poeier by en braai 30 sekondes.
Roerbraai botterskorsies tot sag.
Voeg die uiemengsel, ham, fetakaas en sweetcorn by.
Meng die eiers en room saam, voeg dit by die bottetskorsiemengsel.
Gooi mengsel in kors.
Daar het nog vulsel oorgebly wat ek in ‘n ekstra tertbak gegooi het.
Voorverhit die oond teen 180°C en bak vir 45min.
Ek het dit saam met avo salsa bedien.
3 avos, in blokkies gesny
125 ml matige peppadew peper salsa
Meng alles saam.
Resep en Foto: Elna Erasmus