JOHANNA SE KOEKSISTERS

JOHANNA SE KOEKSISTERS
Stroop:
10 koppies suiker
5 ½ koppies water (kookwater)
kwart koppie suurlemoensap
½ teelepel kremetart
½ skil van lemoen of suurlemoen

Meng alles saam, bring tot kookpunt.
Kook vir so 10 minute.
Laat afkoel en sit in vrieskas oornag.
Hoe kouer die stroop, hoe lekkerder trek die warm deeg die stroop in.

Deeg:
5 koppies meel
5 teelepels bakpoeier
5 teelepels margarien
1 eetlepel sout
3 eiers (geklits met so +/- 300 ml water) as die deeg te droog is, gooi nog water by

Meng meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die margerien nou in.
Meng die geklitste eiers en water nou by.
Knie deeg deeglik deur.
As dit te styf is, gooi nog water by.
Die deeg moet nie te slap wees nie.
Laat staan die deeg vir so uur voor jy begin koeksisters vleg.
Resep en Foto: Johanna Zwiegelaar

Johan Coetzee
Goeie môre vriende ek het die naweek koeksisters gebak en dit was een Jumbo sukses hier is bietjie terug voering
1. Ek het Johanna Zwiegelaar se resep gemaak
2. Ek sal net 2 eiers gebruik want ek proe die eier in die koeksister na dat dit gebak is ek hou nie van dit nie
3. Ek het die deeg met my broodmasjientjie op 12 geknie, eers die droë besstanddele en botter (plaas botter) vir 12 min, daarna het ek melk en eier by gevoeg en nog vir 20 min geknie toe die deeg plat gedruk in ń plastieksak en vir 5 ure in yskas koud gemaak
4. Die stroop het ek 1 en 1/2 gemaak en en in vrieskas gesit toe ek begin bak het stoop langs die kante en aan die onderkant begin vries
5. Die deeg was baie elasties en het baie moelik uitgerol (hy wil gerol wees) 3 mm dik maar hy staan op los hom maar
Ek het die die deeg in 10 cm breë stroke gesny en toe in 3 cm lengtes 1 cm vir elke been bo het ek 1 cm gelaat en toe bene gesny en gevleg die deeg rek baie as jy dit vleg
6. Ek sal sê die ideale degie is 1/2 cm bo met bene 1 cm breed en 4 tot 5 cm lank 3 mm dik uitgerol dit sal oplig na die rol maar geen probleem
7. Jy sal sien die koeksisters se grootte verskil die heel groottes is die deeg wat meer hanteer is die een in die bordjie was die laaste stukkie deeg en was baie klein maar het die mooiste gekom
Die koeksisters suig die stroop goed op dis basies doppe met stroop in dit vries baie goed
8. Volgende keer sal ek eers bietjie met die deeg speel sodat ek die volmaakde koeksisters kan bakMooi dag verder




BASIESE BROOD (SALTON BROODMASJIEN)

BASIESE BROOD (SALTON BROODMASJIEN)
280 ml koue water
1 eetlepel suiker (15ml)
1 teelepel sout (5ml)
30 ml olie
3 koppies koekmeel
1 ½ teelepels gis

Plaas bestanddele in daardie volgorde in die broodmasjien se pan.
Sit op Basic en start.
Na 3 ure is daar ‘n heerlike vars brood.

Rosyntjiebrood:
280 ml koue water
3 eetlepels olie
3 koppies meel
1 teelepel fyn kaneel
1/3 koppiie suiker
1 ½ teel sout
2 ¼ teel gis

Wanneer broodmasjien eerste keer “beep” voeg by ¾  koppie rosyntjies.
As groterige rosyntjies halveer ek dit.
Ek voeg so ‘n teel mixed citrus peel by.
Koop nooit meer hot cross buns nie
Plaas bestanddele in daardie volgorde in die broodmasjien se pan.
Sit op Basic en start.
Resepte: Jacqui Conradie




ELSABIE SE BEESVLEIS BREDIE IN TAMATIE EN BALSAMIESE ASYN

ELSABIE SE BEESVLEIS BREDIE IN TAMATIE EN BALSAMIESE ASYN
Soo geurig! Regte winterkos, maar dis nog nie so koud nie.
1 kg stowe beesvleis met been aan (dit gee meer geur)
1 groot ui, opgekap
4 wortels, gesny
4 aartappels, gesny
1 blikkie gekapte tamatie en uie
150 ml balsamiese asyn
250 ml beesvleis ekstrak (ek hou van Ina Paarman se vloeistof ene wat jy by water gooi)
200 ml tamatie puree

Om die sous halfpad deur die tydperk te verdik, het ek 3/4 koppie water met 1 pakkie bruin uiesop poeier gemeng en deurgeroer.
Sny die vleis in stukke en behou die bene.
Sit alles in die prutpot en stel op hoog vir 7 ure of tot alles gaar is.
Bedien op rys, stywe pap, koeskoes of fyn aartappels.
Foto en Resep: Elsabe Templeton




GROENBOONTJIE BREDIE

GROENBOONTJIE BREDIE
4 skaap tjops
1 groot ui, opgesny
1 kg groenboontjies, gekerf
2 groot aartapels

Kook vleis lekker gaar met ui en knoffel in  bietjie water, nadat jy die uie en knoffel eers bietjie gebraai het.
Gooi 1 kg groenboontjies by en kook tot amper sag.
Voeg 2 groot aartappels in blokkies gesny, by.
Kook vir 30 min tot aartappels sag is.
Ek druk die aartappels bietjie fyn om die sous dik te maak.
Bedien op rys of soos verkies.
Foto en Resep: Leon Boetiekie Hartman‎




SOFT CHEWY CHOCOLATE CHIP COOKIE

SOFT CHEWY CHOCOLATE CHIP COOKIE
Probeer gerus die lekkerte, het op google gekry. Ons kon nie genoeg kry nie…
2 1/4 cups all-purpose flour
1/2 teaspoon baking soda
1 cup unsalted butter, room temperature
1/2 cup granulated sugar
1 cup packed light-brown sugar
1 teaspoon salt
2 teaspoons pure vanilla extract
2 large eggs
2 cups semisweet and/or milk chocolate chips

Preheat oven to 180 degrees C.
In a small bowl, whisk together the flour and baking soda, set aside.
In the bowl of an electric mixer fitted with the paddle attachment, combine the butter with both sugars; beat on medium speed until light and fluffy.
Reduce speed to low; add the salt, vanilla, and eggs.
Beat until well mixed, about 1 minute.
Add flour mixture mix until just combined.
Stir in the chocolate chips.
Drop heaping tablespoon-size balls of dough about 2 inches apart on baking sheets lined with parchment paper.
Bake until cookies are golden around the edges, but still soft in the center, 10 – 14  minutes. Remove from oven, and let cool on baking sheet 1 to 2 minutes.
Transfer to a wire rack, and let cool completely.
Store cookies in an airtight container at room temperature up to 1 week.
COOK’S NOTES
If desired, use a small ice-cream scoop for uniform-size cookies.
Ek het sommer ‘n bietjie sprinkles bo-op gestrooi.
Enjoy. Dis vreeslik lekker.
Recipe posted by and Photo: Marilise Peyper Pitzer




MARSHMALLOW AND RICE CRISPY (VERY SCARY PUMPKIN HEADS)

MARSHMALLOW AND RICE CRISPY (VERY SCARY PUMPKIN HEADS)
1/2 cup margarine or butter
80 regular Marshmallows ( 2 × 250 g packets)
1 teaspoon vanilla essence
yellow food coloring (optional)
11 cups of Rice Crispies
6 pieces licourice sticks
small candies and raisins

In large saucepan over low heat, melt margarine. Add marshmallows; stir until melted and well-blended. Remove from heat.
Stir in vanilla.
Tint mixture with food colouring if desires.
Add cereal, stirring until coated.
Using lightly coated spray ‘n cook spatula, press into buttered pan.
When cool, cut with round metal cookie cutter and with slightly moistened hands form cereal mixture into pumpkin shape.
Use a piece of licourice for the stem.
Create eyes, nose, mouth and ears with candies and raisins.

Ons gebruik nie die geel kleursel nie en druk dit net in ‘n gesmeerde bak en sny blokkies in plaas van balle maak.
Resep: Anna Venter




TURKISH DELIGHT MET VARIASIES

TURKISH DELIGHT MET VARIASIES
2 k suiker
2 e mielieblom
1¼ k water
1 e gelatien
2 e suurlemoensap
versiersuiker
Volg die nota onder vir verskillende geure*

Week die gelatien in ‘n ¼ k koue water.
Meng die suiker en mielieblom en voeg 1 k water by.
Roer die suiker mengsel oor stadige hitte totdat die suiker opgelos is.
Laat dit 5 minute lank kook.
Voeg die suurlemoensap by.
Verwyder van hitte en voeg die gelatien by.
Roer die mengsel tot gelatien opgelos is.
Gooi in ‘n gesmeerde bak.
Laat afkoel en sny in stukke.
Rol elke stukkie in versiersuiker.
Wenk: Net voor die mengsel in die bak gegooi word kan ‘n druppeltjie ligte rooi kleursel bygevoeg word.

Nota:   (sien ‘Verskillende geure’ hier- onder) is sterker as ander. Voeg dit bietjies-bietjies op ’n slag by en proe die mengsel om die geur te toets. Verskillende geure
Roos –  Voeg 10 ml rooswater en drie druppels pienk koskleursel pleks van die sitrusskil en geel of oranje kleursel by.
Kersie – Roer 70 g gekapte geglaseerde kersies by die roosgeur-mengsel.
Lemoen-en-amandel  – Roer aan die einde van die gaarmaak- proses 100 g fyngekapte geroosterde amandelvlokkies by. (Moenie te groot stukke neute gebruik nie, want dit sal moeilik sny.)
Sitrus-en-gemmer  – Voeg 25 ml fyngekapte geglaseerde gemmer by die suurlemoen- of lemoenmengsel.
Sjokolade  – Doop individuele blokkies Turkse lekkers in gesmelte donker- of witsjokolade en laat dit op ’n draadrakkie hard word. IDE
Resep: Kobus Theunissen
Foto:  Maryna van Schalkwyk




INDIAN DOUGHNUTS (GULAAB JAMOON)

INDIAN DOUGHNUTS (GULAAB JAMOON)
Photo and recipe: Yasmeen Ibrahim
FOOD LOVERS RECIPES
1 tin of condensed milk
2 tablespoons of butter/ ghee
1 teaspoon elachi powder
3 teaspoons baking powder
2 tablespoons of semolina/ taystee wheat
3 teaspoon baking powder
2 cups cake flour
Make a soft dough, add a little more flour if necessary.
Dough must be soft.
Roll into long shapes with your hands and deep fry on medium heat.
Make a syrup by boiling together:
3 cups sugar
1 ½ cups water
1 teaspoon elachi powder
few strands of saffron
Dunk the fried Gulaab Jamoons in the syrup and roll with coconut.




PASTA TUNA SLAAI

PASTA TUNA SLAAI
500 gr gekookte skroef pasta
2 blikkies tuna
4 grof gerasperde wortels
2 tamaties, in blokkies gesny
stuk komkommer, in blokkies gesny
2 gherkins, gekerf
1 ui fyngekerf
2 wiele fetakaas, in blokke gesny
1 blik crushed pynappel met sap
1/2 koppie mayonaise

Meng alles liggies saam.
Maak resep dubbel vir 30 mense.
Resep: Geraldene Camons Cartwright




KOESTERTJIE SOP

KOESTERTJIE SOP
3-4 dosyn koestertjies, gewas
500 ml water
1 ui, gekap
1 stukkie foelie of knypie fyn foelie (dis net neutmuskaat)
50 ml botter
12,5 ml meelblom
500 ml melk
250 ml aftreksel
5 ml sout
2 ml peper
125 ml geklopte room
12,5 ml pietersielie, gekap

Kook gewaste koestertjies in water tot skulpe oopgaan ±5 min.
Dreineer, maar behou water, laat bietjie staan.
Giet vloeistof terug in kastrol.
Voeg ui en foelie by water.
Prut 10 min lank en syg deur.
Gebruik die vloeistof as aftreksel.
Smelt botter in kastrol, roer meelblom in en kook tot growwe tekstuur.
Voeg melk geleidelik by, gevolg deur 250 ml aftreksel.
Maal koestertjies fyn en roer dit in sop.
Verhit goed, geur met sout en peper en geurmiddels.
Garneer met geklopte room en gekapte pietersielie.
Bedien met melba-brood of brosbeskuitjies.
Resep: Mariette Kellerman