RONELL SE PLAAS HOENDER

RONELL SE PLAAS HOENDER
Vanaand lekker vars plaas hoender gekook met mash en wortels met ertjies in vlasousie.
HOENDER
1 groot ui, gekap
vars knoffel
Braai tot lekker bruin en voeg hoender stukke by braai met spEserye, sout en peper tot bruin.
Voeg water by tot waar hoender toe is.
Hierdie hoender het op matige hitte gekook vir 1 3/4 uur. Dis groot stukke.
Voeg water by soos nodig.

WORTEL EN SOET ERTJIES MET VLASOUSIE
2 kp wortels in ringetjies gesny en gekook in 1/4 k water en suiker na smaak.
As wortels amper sag is voeg 1 kp ertjies by en kook verder.
Daar moet bietjie stroop oorbly voor die sousie bykom in potjie.
Maak 2 eetl vla aan met bietjie water nie ‘n paste nie bietjie loperig.
Voeg by die wortels.
Roer en prut so bietjie tot n dik sousie.
As daar iets kort voeg by tot jy tevrede is.
BRON EN FOTO: Ronell Boshoff




HEERLIKE VARKVLEIS BREDIE

HEERLIKE VARKVLEIS BREDIE
BRON EN FOTO: Ronell Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg vark blokkies of vark boud stukke, in blokkies gesny
1 pakkie streaky bacon, in repies gesny
2 groot uie, opgesny
4 knoffeltoontjies, fyngekap
2 blikkies tamaties in kruie
2 chicken pot stocks
suiker na smaak
speserye en basil en origanum
sout en peper
1 potjie suurroom

Braai uie tot bruin en voeg knoffel by braai verder.
Voeg die vark blokkies by en braai saam met bacon tot verbruin.
Voeg kruie, speserye en sout en peper by en roer deur.
Voeg nou die tamaties en stock pot en suiker by. Roer deur.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 1 uur.
Jy kan dit op stoof ook kook. Jy kan ook wortels en aartappels byvoeg.
Sodra jy die oond afsit voeg die suurroom by en roer deur.
Bedien met mash patatoes, pasta of rys.




MUESLI BESKUIT MET KLAPPER

MUESLI BESKUIT MET KLAPPER
Resep en foto: SB Mossie Mossie
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies suiker
4 x 500 g pakke bruismeel
1 pak muesli
½ koppie klapper, opsioneel
4 teelepels bakpoeier
4 eiers
5 teelepels sout
1 ½ koppie olie
500 g stork bake margarien
5 koppies karringmelk

Smeer 2 panne (diepes).
Smelt margarien stadig en laat AFKOEL, meng olie hierby.
Meng droë bestanddele (behalwe suiker). Suiker word saam met eiers geklits tot romerig, voeg karringmelk hierby.
Meng margarienmengsel met droë bestanddele en vryf tot krummelrig. Voeg karringmelk-mengsel by en meng goed.
Sit in panne, bak plus-minus 1 uur by 180°.C Laat afkoel in panne.
Breek of sny in mooi stukke en droog uit.




TWANE’S VINNIGE BILTONG, FETA, PEPPADEW QUICHE

TWANE’S VINNIGE BILTONG, FETA, PEPPADEW QUICHE
Die is wat ookal nog in yskas is.
1/2 koppie gerasperde botter
1 koppie meel
bietjie sout
yswater
gerasperde kaas
4 Xl eiers
1/2 koppie Mayonniase en slaaisous

Vryf gerasperde botter in die meel in, toe bietjie sout en yswater tot dit bind en laastens gerasperde kaas bygevoeg.
Uitgerol en in my bak gelê, effens gebak in oond 180 grade C.
Klits eier, mayonnaise en slaaisous bietjie verdun met melk.
Handvol elk, biltong, feta, gesnyde peppadews ingemeng en nog gerasperde kaas.
Aromat en pepper bygesit.
Dit in kors gegooi en handvol kaas bo-oor gestrooi, 20 minute in oond verder gebak.
Foto en Resep: Twané Jansen-Oliphant




STICKY OLD BROWN SHERRY BBQ RIBS

STICKY OLD BROWN SHERRY BBQ RIBS
Ek het vanaand vir ons sticky old brown sherry lamb ribs gemaak. Die oorspronklike resep is sticky root beer bbq ribs. Ek kon nie root beer kry nie. Al die varkribbetjies was ook reeds gemarineer gewees. Toe maak ek maar ‘n plan B. Ek het dit saam met aartappel en patat chips bedien.

1.225 kg lamb ribs
For the Sauce:
1 tablespoon olive oil
1 tablespoon garlic
½ cup honey
1/3 cup brown sugar
375 ml Old Brown sherry
1 teaspoon garlic powder
½ teaspoon onion powder
¼ teaspoon cumin
¼ teaspoon ground ginger
1 tablespoon apple cider vinegar

For the Dry Rub:
1 teaspoon salt
1 teaspoon cumin
½ teaspoon cayenne
½ teaspoon ground ginger
½ teaspoon dry mustard

Preheat the oven to 160 ºC.
Mix the ingredients together for the dry rub then season the ribs on both sides, using all or most of the dry rub.
Place the ribs on a baking sheet lined with foil, then cover the sheet pan with foil on top.
Bake the ribs in the oven for 2 ½ to 3 hours until tender.
To make sauce, heat the oil in a saucepan over medium heat.
Add the garlic and cook for 30 seconds, being careful not to brown the garlic.
Add the old brown sherry and let cook down for 2 minutes.
Cook the sauce on low heat, simmering, for 30-40 minutes until thickened.
The sauce will also thicken more as it cools.
When the ribs are done in the oven, transfer them to a preheated grill for 5 minutes on each side.
Baste the ribs with the sauce on one side, close the lid and cook for 5 minutes
Turn the ribs over, baste the sauce on the other side, close the lid and cook for another 5 minutes.
Remove the ribs from the grill, cut into sections and serve with extra sauce.
Photo : Elna Erasmus




LAM EN BEES OONDGEBAKTE BRUIN KOS

LAM EN BEES OONDGEBAKTE BRUIN KOS
2 kg lam en beesvleis van jou keuse
2 gekapte uie
4 knoffel huisies, fyngekap
2 takkies roosmaryn
speserye, sout en peper
1 kg potjie aartappels
3 naeltjies (opsioneel)

Braai uie baie bruin in ‘n bietjie olie en voeg knoffel by.
Voeg die vleis by en braai tot lekker bruin aan albei kante.
Voeg speserye, sout en peper, naeltjies en roosmaryn takkies by.
Roer deur.
Voeg die aartappeltjies by en ‘n koppie water.
Bak kos in voorverhitte oond by 180 ºC bedek vir 1 ½ uur.
Dan oop vir 20 minute.
Swartplat pot werk die beste.
Bygeregte: rys, groenboontjies, lemoenwortels.
Foto en resep: ‎Ronell Muller Boshoff‎




HAINANESE CHICKEN RICE

HAINANESE CHICKEN RICE
3 teaspoons salt
1.2 kg whole chicken, rinsed, patted dry
5 cm piece ginger, thickly sliced
3 spring onions
2 teaspoons sesame oil
1 telegraph cucumber
coriander sprigs, to serve

SPRING ONION AND GINGER SAUCE
3 spring onions, finely chopped
1 tablespoon finely grated ginger
80 ml (1/3 cup) vegetable oil

CHILLI DIPPING SAUCE
5 long red chillies, roughly chopped
1 clove garlic, roughly chopped
2 teaspoons grated ginger
2 teaspoons caster sugar
1 lime, juiced

FRAGRANT RICE
1 tablespoon vegetable oil
1 clove garlic, crushed
2 cm piece ginger, thinly sliced
400 g (2 cups) white rice

Bring 2 L (8 cups) water to the boil in a large saucepan over high heat. Add 1 teaspoon salt.
Rub remaining salt all over chicken. Stuff ginger and onions into cavity.
Lower chicken, breast-side down, into saucepan to completely submerge. Cover with a tight-fitting lid, reduce heat to very low (see note) and cook chicken for 45 minutes. Remove pan from heat and stand for 1 hour, covered (chicken will continue to cook in residual heat).
Meanwhile, to make spring onion and ginger dipping sauce, combine spring onions and ginger in a heatproof bowl. Place oil in a small saucepan over medium heat and cook for 3 minutes or until hot and smoking. Carefully pour hot oil over spring onion mixture and stir to combine well. Set aside to cool. Makes 160 ml (2/3 cup).

To make chilli dipping sauce, process all ingredients in a food processor to a smooth paste. Alternatively, use a mortar and pestle. Set aside. Makes 80 ml.
Carefully remove chicken and reserve broth. Plunge chicken into a large bowl of iced water and leave for 5 minutes to cool. Remove and drain well. Pat dry with paper towel, then brush lightly all over with sesame oil. Loosely cover and set aside. Strain broth, discarding any solids. Set aside.

To make fragrant rice, heat oil in a large saucepan over medium heat. Add garlic, ginger and rice, and cook, stirring, for 2 minutes or until rice is glossy and ginger is fragrant. Add 750 ml (3 cups) reserved broth, stir to combine, then bring to a simmer. Cover with a tight-fitting lid, reduce heat to low and cook for 15 minutes or until liquid is absorbed. Remove pan from heat and stand, covered, for 10 minutes or until rice is tender. Place remaining broth in a saucepan and bring to a simmer over low heat.
Meanwhile, remove ginger and onions from chicken cavity and discard. Using a cleaver, cut chicken down either side of backbone, then remove and discard. Cut remaining chicken into 12 pieces and place on a platter.
Peel cucumber, then halve it lengthwise, thinly slice and place on platter. Divide hot broth among 4 bowls. Scatter coriander sprigs over chicken, then serve with broth, fragrant rice and both dipping sauces.
Photo: Charleen Nieuwenhuizen




PETRE SE “DOEN NIKS” KAASKOEK KOEK

PETRE SE “DOEN NIKS” KAASKOEK KOEK
2 koppies suiker
1 1/2 koppies koekmeel
1 1/2 koppies bruismeel
2 eiers
2 teelepels koeksoda
1 teelepel vanieljegeursel
2 x 432 g blikke fyn pynappel met stroop
1 koppie klapper

Meng al die bestanddele goed saam met ‘n lepel.
Spuit 2 x 23 cm koekpanne.
Smelt 60 g botter in die een pan ‘n sprinkel bruinsuiker oor.
Pak ‘n laag pynappelstukke met kersies tussen in. ( ek het ‘n blikkie vrugtekelkie goed gedreineer en die boom van die pan daarmee uitgevoer)
Deel die koek beslag tussen die 2 panne.
Bak teen 180 grade C vir om en by 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Steek koeke vol gaatjies met ‘n sosatiestok en gooi die warm stroop oor.
Laat afkoel in die panne.

Stroop
1⁄2 koppie margarien
1 koppie suiker
3⁄4 koppie ideal melk
1 teelepel vanieljegeursel
Bring bestanddele tot kookpunt en kook vir 5 minute. Gooi oor warm koek.

Kaaskoekvulsel
2 x 250 g roomkaas
1 koppie suiker
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel
3/4 koppie suurlemoensap
skil van een suurlemoen, fyn gerasper

Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng.
Skep die kaaskoekmengsel bo op die koek wat sonder die vrugte is.
Bak vir 1 uur teen 160 grade C of tot gestol. Laat afkoel, plaas in yskas tot koud en plaas dan die ander laag van die koek met die vrugte na die bo kant bo op die kaaskoek.

Nota:  In die een pan, smelt 60 g botter in die koekpan, strooi bruinsuiker oor en pak die vrugte in die koekpan, deel die koek beslag in die 2 panne. Maw  die een pan se koek is eintlik n onderstebo koek. Die 2 koeke word eerste gebak, wanneer gaar, steek koek vol gaatjies en gooi die stroop oor terwyl dit nog in die panne is. Maak die Kaaskoekbeslag aan en skep oor die een koek wat nogsteeds in die pan is, (die een wat nie die vrugte onder in het nie) (ek wou eintlik pynappelringe gebruik het sodat dit soos ‘n onderstebo pynappelkoek moes lyk, maar die winkeltjies naby my het net fruit cocktail gehad). Laat afkoel in die pan. Die ander koek met die vrugte onder in die pan, keer uit op afkoelrak en plaas bo-op die gedeelte met die kaaskoek, wat nogsteeds in die koekpan is, sit in yskas oonag. Wat ek gewoonlik doen, is om ‘n karton te sny wat dieselfde as die een koekpan is, en oor te trek met foelie wat ek dan bo op die skyf sit.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld

NOG ‘N VARIASIE:
Weer ‘n verwerking met die Do Nothing koek gedoen… Twee lae met ‘n kaaskoek vulsel. Die fyn pynappel het ek met ‘n blik 765 g tertappels vervang wat ek fyn gemaak het. Vir die bo laag het ek n blik 440 g pynappelringe gebruik.. Die stroop van die pynappelringe het ek by die beslag gevoeg omdat die tertappels nie stroop in het nie..

Kaaskoekvulsel
2 x 250 g roomkaas
1 koppie suiker
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel
3/4 koppie suurlemoensap
Skil van een suurlemoen fyn gerasper

Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng…
Skep die kaaskoekmengsel bo op die koek wat sonder die vrugte is.
Bak vir 1 uur @ 160 oC of tot gestol. Laat afkoel .. plaas in yskas tot koud en plaas dan die ander laag van die koek met die vrugte na die bo kant bo op die kaaskoek.
Foto: Petré van Jaarsveld


Foto:  Erica Cosijn – het die suiker in die kaaskoek laag met kondensmelk vervang en dit was heerlik. Ek het ‘n blik pynappelstukke en ‘n pakkie glanskersies vir die vugtelaag gebruik. Die versiersel is net styfgeklopte room.




KOEJAWEL STROOP

KOEJAWEL STROOP
10 tot 12 koejawels
suiker na smaak
½ suurlemoen

Ek maak koejawelstroop maar met so 10 – 12 koejawels en dan suiker na smaak en so halwe suurlemoen se sap.
As jy hul deur die sif druk dan verloor mens baie van die vleis en pitte en dis harde werk, maar proe baie beter as die wat mens koop in die winkel.
En jy kan kies hoeveel suiker jy wil insit.
Foto en Resep: Ineke Steyn

KOEJAWEL STROOP
1 koejawel, met skil en al in stukke gesny
1 liter water
250 ml witsuiker
45 ml suurlemoensap

Verhit die koejawelstukke (met skil en al) en water tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 25-30 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Giet die mengsel deur ‘n sif of vergiettes wat met ‘n moeseliendoek uitgevoer is. Laat dit stadig deursyg. Gooi die koejawelstukkies en pitte weg en verhit die deurgesygte sap saam met die suiker en suurlemoensap tot die suiker goed opgelos is en die mengsel lyk of dit net-net wil begin kook. Verwyder van die hitte en bottel in gesteriliseerde bottels of flesse. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre op ‘n koel, droë plek.
Verdun met koue water of sodawater en sit voor met ys en suurlemoenwiggies.
Lewer ongeveer 1 liter stroop.
Foto: Ineke Steyn
Resep geplaas deur Ineke Steyn




RETHA SE SUURDEEG BROOD (SOURDOUGH)

RETHA SE SUURDEEG BROOD (SOURDOUGH)
Ek deel graag my resep vir sourdough brood. Ek bak nou al vier jaar sourdough en ek het mettertyd die resep vereenvoudig alhoewel dit nogsteeds ‘n bietjie beplanning vereis – jy kan nie net besluit jy wil netnou bak nie. Jy moet jou plantjie (starter) tenminste ‘n dag voor die tyd uit die yskas haal en 3 keer voer – so 8 ure uitmekaar en as jy seker is dis lekker lewendig kan jy jou brood begin meng.
http://www.foodloversrecipes.com/2016/03/suurdeeg-boer-brood-stap-vir-stap/

Sourdough brood: Al wat jy moet onthou vir 2 brode is: 3-6-9
300 g starter
600 g water (altyd gesuiwerde water want die chloor in gewone water affekteer die starter)
900 g broodmeel (ek gebruik Eureka – dis die gesondste)
Meng alles saam in ‘n bak, maak toe met ‘n plastiese sak en laat ‘n halfuur rus – dit word autolyse genoem.

Intussen meng jy saam:
1 eetl. sout (gebruik ordentlike himalayan of natuurlike sout, want die bleikmiddels in gewone sout is nie goed vir jou plantjie nie)
2 eetl. bruinsuiker
100 ml olyfolie
125 ml water

Roer die mengsel goed om die sout te probeer oplos. Nou meng (nie knie nie) jy die soutmengsel by jou meel in.
As dit goed gemeng is, maak jy die bak weer met plastiek en ‘n vadoek toe. Jy gaan nie die tradisionele knie doen nie, jy gaan die deeg elke 15 minute ‘stretch and fold’ terwyl jy die bak met 90 grade roteer na elke sarsie.
Jy gryp letterlik ‘n handvol deeg en lig dit op en druk dit terug in die middel van die bol deeg, dan draai jy die bak en doen dit weer totdat jy reg in die rondte gegaan het.
Herhaal hierdie proses elke 15 minute vir 4 ure.

Nou sal jou deeg lekker elasties wees en as jy dit optel en uitrek sal dit nie breek nie.
Gooi deeg uit op ‘n skoon oppervlak – hier is ‘n deegskraper lekker om die deeg te hanteer want dis ‘n slapperige, natterige deeg.
Deel deeg in twee en rol elke porsie op om ‘n broodvorm te kry en plaas in gesmeerde broodpanne.
Dis ‘n nat deeg en aan die begin is dit moeilik om mee te werk, maar dit word elke keer makliker om die brood te vorm.
Sit die twee broodpanne in ‘n groot plastieksak en plaas vir tenminste 8 ure in die yskas – moenie skrik, dit rys nie eintlik nie.
Haal brode uit die yskas, en sit die oond aan op die heel warmste wat dit kan gaan – myne gaan net tot 230 grade C.
As die oond op hitte is, maak ‘n snit in die lengte bo-op die broodjie met ‘n skerp mes of skêr (dit help die brood om te rys), sit die broodpanne in die oond en draai die oond af na 200 grade C.
Bak vir so 40-45 minute tot lekker bruin gebak.
Ek verdubbel gewoonlik die resep om 4 brode te bak.
Dit vries baie goed en maak die heerlikste krakerige roosterbrood.
Foto en Resep: Retha Sorum Burger
2de foto: Bets Lourens – Lieflike deeg, maar die elke 15 minute knie vir 4 ure werk nie vir my nie.  Maar moet se ek LOVE hierdie sourdough suurdeeg brood.