SURINA’S CARAMEL SAUCE FOR BUTTERNUT

SURINA’S CARAMEL SAUCE FOR BUTTERNUT
The sauce for my butternut dish
1 ½ cup sugar
1 ½ cup water
1 ½ cup milk
1 teaspoon caramel essence
1 tablespoon butter
Maizena to thicken

Heat  sugar, milk and water in pot, add maizena mixed with a little water to thicken.
Add  the caramel essence and  butter,  cook until as thick as you want, pour over pumpkin dish or pumpkin fritters.
Recipe: Surine Joubert




MARETA SE KOEJAWELKONFYT

MARETA SE KOEJAWELKONFYT
1 kg koejawels
125 ml suurlemoensap
1 kg suiker
klontjie botter

Skil koejawels en sny in kwarte.
Kook koejawels en  suurlemoensap in diep mikrogolfbak met deksel vir 15 min.
Voeg suiker en klontjie botter by
Roer suiker deur en kook vir 20 min in mikrogolf sonder deksel.
Vrugte kan na 15 min geroer en getoets word.
Bottel warm in gesteriliseerde flessies.
Foto en resep: Mareta Stodart




RIB EYE STEAK

RIB EYE STEAK
Naand bobaas kokke ek het vanaand Rib Eye steak gemaak met kapokaartappels, wortels, geroosterde pampoen en ‘n mengelslaai.
50 ml suurlemoen sap
50 ml olyf olie
2 teelepels masterblends braai spice

Meng goed saam en gooi oor die steak en marineer vir so 2 ure.
Vleis moet teen kamer temperatuur gehou word.
Ek het dit in ‘n pan gaargemaak en was perfek medium gewees.
Maak gaar volgens smaak.
Laat die vleis rus voordat bedien word.
Ek het die pan souse oor die kapokaartappels gegooi.
Die kapokaartappels het ek aartappels gekook tot sag met sout en peper na smaak.
Ek het die aartappels fyn gemaak met botter en so bietjie room.
Die wortels het ek gekook tot sag met Tannie Ina se Veg spice.
Die pampoen het ek gerooster in die oond met bietjie sout, peper en olyf olie.
Die mengelslaai is nie op die foto nie maar ek het tamatie, feta, red pepper, yellow pepper, spring onion, avo en komkommer saam gemeng met sout en peper.
Foto en Resep: Juanita Vermeulen




PRUTPOT HOENDER NOEDELSOP

PRUTPOT HOENDER NOEDELSOP
1 groot prei, opgekerf
3 wortels, opgekerf in klein blokkies
2 seldery stingels, opgekerf
handvol selderyblare, gekerf
2 liter hoender aftreksel
1 x 400 g blik hoendersop
4 hoender fillette, heel
3 takkies tiemie
1 pakkie hoender noedelsoppoeier
1 pakkie cream of chicken soppoeier
1.5 liter water om soppoeier mee te meng
1 ½ koppie rou klein skulpnoedels
sout en peper na smaak

Gooi al die bestanddele behalwe soppoeiers en rou noedels in prutpot.
Prut op hoog vir ongeveer 6 ure.
Maak soppoeier aan met water.
Voeg saam met die rou noedels in die prutpot, meng goed deur en prut vir nog ‘n uur.
Haal die tiemie takkies uit, breek die vleis kleiner met ‘n vurk en bedien warm met vars brood of vetkoekies.
Ek het sommer snowflake se magwinya mix gebruik om vetkoekies te bak.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen
2de foto:  Amelia Momberg




NICOLETTE SE INGELEGDE SAMPIOENE

NICOLETTE SE INGELEGDE SAMPIOENE
1 kg sampioene
600 ml wit asyn
310 ml water
10 peper korrels
1 takkie roosmaryn
¼ teelepel tiemie
5 ml koljander poeier
5 ml fyn gekapte knoffel
5 ml sout
2 bay leaves
10 ml suiker en olyf olie

Vee die sampioene mooi af en sit eenkant.
Maak ‘n sous in groot pot van al die bestanddele behalwe sampioene en olyf olie.
Kook dit vir 10 min.
Voeg sampioene by en sit plaat stadig, prut vir 5 min.
Haal sampioene uit met gaatjies lepel en sit in gesteliseerde bottels.
Kook die sous verder op stoof vir 5 tot 6 min.
Gooi sous oor die sampioene.
Deel die sous eweredig tussen die bottels.
Gooi olyf olie op indien nodig (gewoonlik net ‘n bietjie wat kort).
Maak bottels toe en laat afkoel.
Sit in yskas.
Laat 2 weke staan voor gebruik sodat dit lekker trek.
Kan tot 6 maande in yskas staan.
Kry 4 botteltjies uit.
Foto en Resep: Nicolette Papas




SOET BOTTERSKORSIES

SOET BOTTERSKORSIES
botterskorsies in die helfte gesny (pitte verwyder)
1 teelepel olie opgesmeer, op elkeen
1 eetlepel kaneel (jy kan meer op strooi)
1 eetlepel suiker (jy kan meer op strooi)
bietjie sout en peper op gestrooi

Bak in oond vir ‘n half uur (ek maak dit ‘n uur dan is dit super sag) op 200 grade C.
Skil moet onder wees.
Sit ‘n teelepel botter in die holtes.
Dit is net die kaneel wat dit so donker laat lyk.
Foto en Resep: Juanri Van Der Walt




JUANRI SE MAALVLEISPASTEI

JUANRI SE MAALVLEISPASTEI
Geen water word bygevoeg in die resep nie.
1 ui, in stukkies gekap
1 pakkie maalvleis
1 tamatie, in blokkies gesny
2-3 eetlepels maalvleis speserye
½ eetlepel sout
peper
2 eetlepel elk van die volg: tamatiesous, wocestersous en blatjang
2 eetlepels suiker
(Jy kan gemengde groente ook byvoeg, maar my man hou nie daarvan nie)

Braai die ui tot deurskynend, voeg die maalvleis by en braai tot gaar, voeg die res van die bestanddele by en kook lekker deur.
VORM DIE PASTEI
1 pakkie Today skilferkors deeg
Rol deeg uit en sny in 2 stukke. Plaas die een deel onder op bodem en kante van jou tertbak, Skep jou maalvleismengsel bo-op die deeg.
Rasper baie kaas oor maalvleis en plaas die ander deeg bo-op, vou die kante mooi toe.
Smeer geklitste eier oor die pastei.  Strooi origanum en Italian herbs bo-op deeg.
Plaas in oond op 180°C vir 30 min tot deeg lekker crispy en gaar is.
Foto en resep: Juanri Van Der Walt




JUANRI SE VINNIGE BULLY BEEF SOUTTERT

JUANRI SE VINNIGE BULLY BEEF SOUTTERT
1 blik bullybeef (corned beef)
1 koppie melk
4 eiers
2 eetlepel meel
1 en half teelepel droë pietersielie
1 teelepel mosterd (Ek gebruik wimpy sin)
1 gerasperde ui
1 teelepel bakpoeier
4 gekerfde viennas
sout en peper

Meng alles goed saam en gooi in gespuite cook and spray glasbak.
Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar op 180 grade C vir 30-35 minute.
ENIGE BYGEREGTE VAN JOU KEUSE KAN SAAM BEDIEN WORD
GENIET DIT
Foto en Resep Juanri Van Der Walt




ADRI SE DOODGEWONE MELKKOS

ADRI SE DOODGEWONE MELKKOS
Doodgewone melkkos, maar net mooi opgedien, want ons eet mos met ons oë ook 🙂
1 blikkie kondensmelk
500 ml water
1 liter melk
125 gr botter
Knippie sout

Kook alles saam.
Meng daarby so 250 ml koekmeel en kook tot dik en gaar.
Ek gooi ook 5 ml vanilla essense by.
Dien op met kaneelsuiker. Ek het dit in glas koppies geskep in lae met kaneelsuiker tussen die lae.
Foto en resep: Adri Redlinghys




HEERLIKE KLAPPERKOEKIES

HEERLIKE KLAPPERKOEKIES
12 koppies koekmeel
5 koppies klapper
3 koppies botter
6 koppies suiker
6 teelepels kremetart
3 teelepels koeksoda
12 eiers
1 ½ teelepels sout

Klits die suiker en eiers deeglik.
Sif die droë bestanddele, behalwe koeksoda saam.
Vryf botter in droë bestanddele in.
Meng koeksoda met bietjie melk en meng tesame met eiermengsel in meel in.
Knie goed en druk deur vleismeultjie
Bak ongeveer 15 min by 180°C tot ligbruin
Resep: Tania Minnie