RAMSKOP SKONS

sprite skonstested

RAMSKOP SKONS
1 kg bruismeel
4 teelepels bakpoeier
8 ml sout – sif of klits sommer saam
4 groot eiers, geklits
200 ml kookolie
2 koppies maas

Meng die nat bestanddele en voeg by die deurmekaargemengde droë bestanddele en sny in met sterk stomp punt mes.
Knie lekker saam. Druk uit op meelbestrooide oppervlak. Plaas op bakplaat.
Smeer met eiergeel en melk. Maak toe en sit eenkant tot oond warm is.
Skakel oond nou op 220ºC aan en sodra warm, draai af na 200ºC en bak skons vir 15 min.
Laat op koelrak tot net koud, draai toe met kleefplastiek en vries.
Wanneer benodig plaas in mikro vir 30 sekondes op hoog. Laat staan vir nog 30 sekondes.
Resep geplaas deur Ilze Zimmerman Burger.




VINNIGE “FANCY” BROOD

FLR BB one day when I'm big

VINNIGE “FANCY” BROOD
Lyk pragtig en is altyd ‘n wenner.
1 witbrooddeeg
1 bruinbrooddeeg
appelkooskonfyt
Cheddarkaas gerasper
Marmite of Bovril na eie keuse
Koop witbrood- en bruinbrooddeeg by jou naaste supermark.
Rol die witbrooddeeg uit met ‘n koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak, smeer appelkooskonfyt oor die deeg, sprinkel gerasperde kaas oor die konfyt en rol die gevulde deeg op soos ‘n rolkoek.
Rol die bruinbrooddeeg uit met die koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak, smeer Marmite of Bovril oor die deeg, sprinkel gerasperde kaas oor en rol die gevulde deeg ook op soos die vorige een.
Plaas die 2 deegrolle langs mekaar en vleg dit saam.
Plaas die gevlegde deeg op ‘n gesmeerde bakplaat en bak dit in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir ongeveer 1 uur.
Resep: Marietjie Stemmet




SKONS IN OMELET PAN GEMAAK

tested
SKONS IN OMELET PAN GEMAAK
2 koppie koekmeel
1 koppie melk
4 teelepels bakpoeier
2 eetlepels suiker
½ teelepel sout
½ teelepel spice waarvan jy hou
½ teelepel rooi peper
2 eiers
4 eetlepels botter

Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in.
Klop eiers en melk met vurk en voeg by droë bestanddele.
Meng deur en skep groot lepels vol in pan.
Glo ‘n SNACKWITCHER sal ook werk.
Bak vir 8 min. Haal uit en eet…

RESEP: Vicki Veiga Broodryk
FOTO: Ronel Muller Thoma




AARTAPPELBROOD

AARTAPPELBROOD
Plasing: Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
Ontdek ek toe vandag ‘n JUWEEL van n resepteboek! 1949! Mev. Pitte se Tweede Kookboek, uitgegee deur SHELL-Maatskappy!
5 lb. meelblom
1 lb. aartappels (melerig)
suurdeeg

Plaas die meel in groot skottel om warm te word.
Skil die melerige aartappels en kook.
Maak dit fyn en meng met net soveel koue water as wat nodig is om al die aartappels, behalwe klontjies, deur ‘n growwe sif te laat gaan.
Voeg dit by meel wat nou warm genoeg sal wees.
Voeg suurdeeg ens. by en volg gewone prosedure by die bak van brood. (180°C vir 1 uur).
Brood wat so berei is, is baie beter as brood wat net met meel gebak word!




CAROLA SE PLAASBROOD

petre se boerbrood

CAROLA SE PLAASBROOD
1 kg bruinbroodmeel
1.5 tot 2 pakkies kits suurdeeg
1 teelepel suiker
sout, koljander, anys na smaak
enige sade van jou keuse
1 liter lou water of meer
Meng al die bestanddele tot ‘n slap deeg.
Smeer ‘n groot broodpan en plaas die deeg in die pan.
Laat dit rys en bak op 180°C vir ‘n 1 ½ tot 2 ure in die oond.
Resep en foto: Carola de Jager




SOETBROOD VIR VLEGSELS

soetbroodtested
SOETBROOD VIR VLEGSELS
1 kg koekmeel (ek gebruik gewone broodmeel)
1 ½ teelepel sout (voeg dit by as ek deeg al effe geknie het)
½ koppie suiker (wit of geel)
1 ½ eetlepels kitsgis (droë gis)
2 eiers
½ koppie olie
2 koppie water (meestal gebruik ek nie al die water nie en mens voeg eerder meer water by as meer meel later)

Knie saam en rus vir ongeveer een uur, tot dubbeld, ek sit in yskas oornag.
Knie weer om lug uit te kry en maak jou eindproduk.
Laat rys weer.
Verf eier en water gemeng bo-oor.
Bak by 180 ºC ongeveer 40 minute as dit groot brode is, 30 tot 35 min vir medium, 20 min vir broodrolletjies,

Ek maal altyd bietjie sout oor my brood net voor dit gebak word, dit gee `n besonderse smaak.
Moenie vergeet om pan halfpad deur baktyd om te draai vir egalige bak.
Geniet dit en laat weet hoe dit vir jou werk.
Resep en foto: Sonja Zino

Hier verduidelik Sonja weer mooi.
Die metode is maar soos met alle brood, ek het maar by die begin broodbak, nie voorheen geweet of by ouerhuisgeleer nie. Daar is baie moets en moenies oor gis en sout saam of nie saam, vir my werk al die metodes. So basies moet mens al die bestanddele meng. Weereens se ek versigtig met te veel water!
Ek meng my bestanddele gewoonlik en knie vir so `n minuut, laat rus vir 5 minuute en knie dan vir 10 minuute, per hand, het nie die mixer vir deeg knie nie. As deel van olie later bygevoeg word is deeg ook meer elasties en klou nie, maar daai verander alles as dit klaar gerys het. Rys vir so `n uur op warm plek. dan deel ek die deeg in balle so groot soos ek wil, hoe toegemaak anders droog dit. Vorm jou deeg stringe deur te rol onder handpalms, maar moenie rek nie! Na `n keer of 2 sal jy dit reg kan doen. Maak jou vorms en plaas op bakplaat, laat rys. Hier weet ek nie tyd nie, sit oond aan as ek begin vorm, as ek by die laaste is, sit ek eerste baksel in oond van 180ºC.
Voor gebak, verf liggies egg wash oor brode. Ek bak nie die grooot brode nie, so hulle tyd weet ek nie. Medium brode so 35 minuute en rolletjies so 20 minuute. Draai pan om, helfte van baktyd (brood sal nie platval nie).




FOOD LOVER’S RECIPES SE EIE MINI BRAAI PAAI

braai pie
FOOD LOVER’S RECIPES SE EIE MINI BRAAI PAAI
Die groot braai paai is nie maklik om te hanteer nie daarom ons eie weergawe.
Gekoopte deeg effe uitgerol en in blokke van 12 x 12 cm gesny
Filling:
Bacon , Uie, Vars koljander blare fyn gekap en Mushrooms lekker saam gebraai
Dan het ek die sweetcorn Chakalaka bo-op geskep en vars basil fyn oor gesny
Lekker baie kaas
Sit boonste deeg lagie op en druk die kante geod toe met ‘n vurk
Spuit toebroodjie rooster goed met Spray & Cook
Braai en geniet
Dis heerlik en word so vinnig gaar. Pasop net vir brand vuur moet nie te warm wees!

Bron: Sommer my eie resep
Plasing: Henriettte Wessels




LEKKERSTE STEAKS

lekkerste steak charmainetestedlekkerste-steak-marlize
LEKKERSTE STEAKS
Geur steaks (tenderised steaks) met aromat, peper en suurlemoensap.
Rol dit in ‘n bietjie meel aan weerskante.
Braai in ‘n bietjie olie in ‘n pan tot bruin. Haal af van stoof.
Braai in dieselfde pan ‘n klomp fyngekapte uie en sampioene tot gaar.
Meng ‘n pakkie sampioensop met ‘n houertjie room en bietjie melk en giet oor die uie- en sampioenmengsel in die pan.
Laat dit prut tot die sous dik is. Skep oor die steaks, sit dit in ‘n oondbak en bak teen 160ºC vir ‘n uur.
Plasing: Marie Troskie Rheeder
Foto:  Charmaine Du Toit Meldrum en Marlize Williams




STEAK OP DIE GESONDE MANIER


STEAK OP DIE GESONDE MANIER
1 eetlepel kakao
1 teelepel rooipeper
Steak
½ koppie beesaftreksel
‘n klein blikkie sampioene, gedreineer
1 eetlepel olyfolie
2 eetlepels balsamiese asyn
2 koppies blaarslaai

Meng die kakao en rooipeper saam en rol steak daarin.
Braai 2 minute aan weerskante in ‘n warm pan.
Voeg beesaftreksel by en laat stadig prut vir 10 minute.
Verwyder van stoof.
Braai dan die sampioene in die olyfolie en balsamiese asyn tot gaar.
Rangskik blaarslaai in ‘n bord.
Bedien steak met sampioene en pansous bo-op.
Plasing: Marie Rheeder Troskie




SJOKOLADE BESKUIT

sjokolade beskuittested

SJOKOLADE BESKUIT
Resep geplaas: Jana Prinsloo
Foto 1 en nota: Erica Cosjin
FOOD LOVERS RECIPES
900 g bruismeel
75 g kakao
10 ml bakpoeier
1 koppie donkerbruin suiker
3 ml sout
375 ml klapper
250 g margarien (Stork bake)
500 ml karringmelk
2 ekstra groot eiers, geklits

Meng die droë bestanddele saam in ‘n mengbak en plaas eenkant.
Smelt die margarien en voeg die eiers en karringmelk by, roer tot gemeng.
Voeg die margarienmengsel by die droë bestanddele en meng deur tot goed gemeng.
Druk die deeg in ‘n gesmeerde beskuitpan en bak in ‘n voorverhitte oond vir 45 min by 160°C (waaier oond) of vir 1 uur by 165°C (gewone oond).
Sny die gaar beskuit in vorms van eie keuse en droog oornag uit by 50ºC.

Nota – Erica Cosjin – Vir die pan op die foto het ek die beslag 1.5 keer aangemaak. Smaak net soos “Romany creams”.