CHICKEN AND MUSHROOM PIZZA-WITH A DIFFERENCE

chicken and mushroom pizza (diff)tested

CHICKEN AND MUSHROOM PIZZA-WITH A DIFFERENCE
1 wholewheat Pita (or cut through and make 1/2)
½ onion, diced
4 chicken fillets, cut up
1 tea spoon garlic
cherry tomatoes, slightly blended
50 g tomato paste
spinach
1 punnet diced mushrooms
sweet chutney
few cubes cut up Feta cheese
grated cheese

In a pan cook onions and then add chicken and garlic. When chicken is cooked add the tomato paste and a little water so that the consistency is not too thick. Leave to simmer for 2 minutes. Put mixture on top of pita and then mushrooms, spinach, tomatoes, sweet chutney, feta and cheese. Pop in oven for 8 minutes (180ºC).This serving was a big serving for hubby, I cut my pita in half.
Photo and recipe: Jacqui Landsberg Botma




PERSKEPOEDING

perske poedingtested

PERSKEPOEDING
Sit lagie perskes (ek het groot blik ingelegde perskes gebruik) onder in bak (Hou sous eenkant).
Meng saam:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie suiker
2 eiers

Meng met vurk tot krummelrig.
Skep oor perskes, smelt 4 eetlepels botter en skep oor deeg. (Deeg is droog en krummelrig)
Bak op 180 ºC. tot toetspen skoon uitkom, 30-45 min ongeveer.
As gaar is en mooi bruin bo-oop, giet die perskesous oor.
Lekker net so of met vla/roomys.
GENIET DIT !
Resep en foto:  Laura van Zyl

 

 




HEERLIKE CUPCAKES-VANILLA

tested

HEERLIKE CUPCAKES-VANILLA
Dit kan gebruik word vir ‘n gewone koek asook vir cupcakes.
Vir die stroop:
100 g strooisuiker
100 ml water
5 ml vanilla
Kook tot suiker opgelos is en laat vir so 2 minute prut. Laat afkoel. Die stroop smeer jy met ‘n pastry kwassie oor die warm koek.

Vanilla Koek:
200 g sagte margarien of botter
200 g strooisuiker
10 ml vanilla
4 eiers, liggies geklits
200 g bruismeel (gesif)

Klits margarien tot lig en donsig (die geheim is om dit baaaaie goed te klits).
Voeg vanilla by.
Voeg die eiers een derde op ‘n slag by en klits baie goed.
Voeg nou die meel by een derde op ‘n slag, moet glad nie dit te lank meng nie want dan raak die koekdeeg taai.
Gooi res van eiers en meel om die beurt by en meng, sodra die deeg bymekaar kom, skep in cupcake houetjies wat in ‘n muffin pan geplaas is.
Voorverhit oond tot 180ºC.
Bak 35 minute of tot gaar, smeer die stroop oor die warm cupcake sodra dit uit die oond kom.
Hierdie resep maak 1 x 15 cm ronde koekpan of om en by 13 cupcakes.
Cupcakes baktyd is vir my so 25 minute.

VERSIERSEL:
450 gesifte versiersuiker
200 g sagte botter
5 ml vanilla
Klits botter vir omtrent 5 minute. Dit moet spierwit wees.
Nou voeg jy die versiersuiker een derde op ‘n slag by en na elke byvoeging klits jy dit ook vir so 2 – 3 minute.
Gooi die vanilla by en klits.
Gebruik gel kleursel. Die vloeistof een maak die versiersel baie sag.
Vir die manier hoe om die versiering te doen moet Piet maar vinnig Oppie koppie toe gaan.

O ja en onthou hierdie stroop kan jy op enige koek smeer. Dit hou die koek heerlik klam.
Plasing: Sylvia Pretorius Ferreira
Foto: Mareli Coetzee

 




HEERLIKE MUFFIN OF SKONS

tested
HEERLIKE MUFFIN OF SKONS
625 ml koekmeel
250 ml fyngerasperde kaas
62,5 ml kookolie
250 ml melk
4 groot eiers
4 teelepels bakpoeier
klein bietjie sout (nie te veel nie anders gee dit die muffins/skons ‘n frank smaak)

Klits die olie, melk, eiers en kaas saam.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die olie-mengsel. (dit is ‘n slap deeg)
Skep in groot (12) kolwyntjie-pannetjies en bak vir 15 min by 200°C.
ONS HET GESMUL!
Bron en foto: Hannah Langhout
Plasing: Wilma Josey Venter




PORTUGUESE CHOCOLATE MICROWAVE CAKE

portuguese chocolate cake flrtestedmw
PORTUGUESE CHOCOLATE MICROWAVE CAKE
Recipe tested and photos: Wanda van der Merwe and Denise Kaltenbrunn
Beat in a blender:
3 eggs
1 tin of condensed milk
1 can cream
1 tablespoon coffee or vanilla extract
1 tablespoon unsalted butter or margarine
½ cup cocoa powder

Place in a greased microwave bowl (plastic or glass form suitable for microwave) for 8 (*see note) minutes at full power.
Let cool for 5 minutes, unmold and garnish with chocolate sprinkles or grated chocolate
For 1650 w microwave oven 6 minutes only or ’till the sides come loose.
*Note from ADMIN: 8 minutes might be too long – we suggest you try 6 min depending on your microwave

 




LEWER IN DIE MIKROGOLF

MIKROGOLFOONDtested

LEWER IN DIE MIKROGOLF
Hierdie is ‘n smelt-in-die-mond lewer resep. Hoeveelheid van die bestanddele is na eie keuse.
lewer (skaap of hoender), skoongemaak, buise verwyder en in blokkies gesny
3 eetlepels botter
± 3 eetlepels meel
voeg by na eie keuse:
sout en peper
blatjang
tamatiesous
Worcestersous
mosterdsous of poeier

Plaas die lewer en botter in ‘n mikrogolfbestande bak en mikrogolf dit vir 3 min op hoog, roer af en toe.
Meng die meel, sout, peper, blatjang, tamatiesous, Worcestersous en mosterd tot ‘n pasta en voeg die mengsel by die lewer.
Mikrogolf die mengsel vir 4 minute, roer elke minuut.
Mikrogolf vir ‘n verder 3 minute en verwyder die gereg uit die mikrogolf.
Bedien die lewer met kapokaartappels, spaghetti, bruinrys, of couscous.
Resep: Hannalie Kitshoff




MIKROGOLF FUDGE

mikrogolf fudge friedatested

MIKROGOLF FUDGE

125 gr botter of margarien
500 ml strooisuiker
1 blik kondensmelk
25 ml vanielje geursel
15 ml asyn
knypie sout

Mikrogolf botter 1 minuut by 100% krag
Roer deeglik met houtlepel
Voeg strooisuiker en Kondensmelk by moenie roer nie en mikrogolf oop by 100% krag
Roer dit deeglik met houtlepel
Mikrogolf die fudge 10 min oop by 100% krag en roer elke 3 minute goed.
Voeg die vanielje geursel, asyn en sout by en klop die fudge met houtlepel tot dit begin styf word
Skep dit dadelik in pan en maak dit bo-op gelyk
Laat dit bietjie afkoel
Sny die fudge in blokkies en laat heeltemal koud word.

Foto:  Frieda Greyling




HEERLIKE FRIKKADELLE

maklike frikkadelletested
HEERLIKE FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 houertjie room
1 fyn gekerfde ui
1 fyn gekerfde tamatie
sout en peper na smaak

Meng alles saam, vorm balletjies en bak in oond tot gaar.
Altyd ‘n treffer.
Resep geplaas deur Marietjie Wiet
Foto: Sharon Naude




MARTIE SE LASAGNE

LASAGNE
MARTIE SE LASAGNE

500 g maer maalvleis
2 stokke seldery, fyngekap
2 middelslag wortels, gerasper
200 g botter (nie margerien nie)
250 ml droë wit wyn
30 ml tamatiepasta
500 ml goeie vleisaftreksel
2 lourierblare
bietjie tiemie en vars origanum na smaak indien verkiessout en peper
250 g vars sampioene, gekap
3 knoffelhuisies, fyn
200 g gekapte ham
mengsel van gerasperde cheddar en mosserella kaas (soveel soos jy lus het)
Parmasaan kaas om bo-oor te strooi
so 500 ml witsous
Lasagne pasta velle

Soteer die uie, knoffel, wortel en seldery, en sampioene voeg vleis by en roerbraai tot vleis verkleur.
Voeg die wyn by en roerbraai nog ‘n bietjie.
Voeg die aftreksel en tamatiepasta sout en peper en ‘n lourier blaar by.
Sit deksel op en prut vir so 30 min. Roer nou en dan.
Maak lae met lasangne velle, vleis, kaas en witsous.
Eindig met witsous, bak tot bubbly en strooi parmasan oor.
Ek het ‘n pasta masjien en maak my eie lasagne velle

RESEP EN FOTO: Martie Fourie Moolman




FRIKKADELLE TOEGEDRAAI IN KOOL BLARE

frikkies in koolblaretested

FRIKKADELLE TOEGEDRAAI IN KOOL BLARE
Foto: Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
500 g beesmaalvleis
500 g varkmaalvleis
250 ml sagte broodkrummels
10 ml fyn koljander
1 ml fyn naeltjies
1 ml fyn neut
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
25 ml asyn
6 groot vars koolblare

Verhit jou oond tot 150 °C. Meng die twee soorte maalvleis. Voeg broodkrummels by en meng.
Voeg res van die bestanddele (behalwe die koolblare) by en meng goed. Vorm 6 frikkadelle en hou eenkant.
Plaas koolblare in ‘n groot bak en gooi kookwater oor. Maak seker blare is bedek met kookwater.
Laat staan vir sowat 5 minute totdat die blare sag is. Haal uit en dreineer op kombuispapier.
Sny die harde stronkgedeelte uit die koolblare. Plaas ‘n frikkadel in die middel van ‘n koolblaar en maak soos ‘n pakkie toe.
Plaas frikkadelle in ‘n oondbak, toegevoude deel na onder. Gooi 125 ml kookwater in die oondbak en maak bak toe met tinfoelie.
Sit in oond vir 1 uur. Van die water en sous sal uitkook.
Haal uit en skep frikkadelle op ‘n opdienbord.
Sit voor saam met kapokaartappels