KAASSKONS MET NUTTY WHEAT
Resep en foto: Rina Kleinhans
Resep en foto: Rina Kleinhans
ROOIFLUWEELKAASKOEK
KAASKOEKKORS:
125 g botter/margarien
60 ml suiker
1 ekstragroot eier
500 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
KAASKOEKVULSEL:
1 kg roomkaas
375 ml suiker
250 ml room
10 ml vanilla
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Sap van 1 en ‘n halwe suurlemoen
8 ekstragroot eiers.
ROOIFLUWEELKOEK:
115 g botter/margarien
375 ml strooisuiker
2 ekstragroot eiers
30 ml rooi voedselkleursel
45 ml kakao
250 ml karringmelk
5 ml vanilla geursel
625 ml koekmeel
2 ml sout
7 ml koeksoda
15 ml asyn
ROOMKAASVERSIERSEL:
500 g versiersuiker, gesif
150 g geroomde maaskaas
30 ml sagte botter
5 ml vanilla geursel
Voorverhit oond tot 200ºC. Smeer of spuit vier 23cm laagkoekpanne.
KAASKOEKKORS: Verroom botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits goed. Sif meel en bakpoeier saam en roer by bottermengsel tot ‘n stewige deeg vorm. Druk die deeg in een van die koekpanne.
KAASKOEKVULSEL: Klits al die bestanddele vir die vulsel goed saam, giet die helfte oor die kors en die ander helfte in ‘n ander koekpan. Bak 45 min. Haal koek uit die oond en laat heeltemal afkoel. Verkoel oornag in yskas.
ROOIFLUWEELKOEK: Voorverhit oond tot 180ºC. Verroom botter/margarien en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiers by en klits goed. Meng kleursel en kakao deeglik, voeg die karringmelk en geursel by en meng goed. Sif meel en sout saam en roer beurtelings met kakaomengsel by die eiermengsel in. Meng koeksoda en asyn en vou by beslag in. Giet beslag in twee koekpanne en maak gelyk. Bak 30 min of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koeke kom. Keer uit op draadrak om af te koel.
ROOMKAASVERSIERSEL: Klits bestanddele tot romerig. Plaas een van die fluweelkoeklae op die kaaskoekbasis, smeer met versiersel en stapel die res van die koeklae om die beurt met die versiersel bo-op. Versier koek met die orige versiersel en blomme as jy wil.
20 MINUTE POEDING / GEMMERPOEDING
Stroop:
6 koppies water
2 koppies suiker
2 teelepels fyn gemmer
2 teelepels fyn kaneel
Kook 5 min in GROOT kastrol.
Deeg:
250 g margarien of botter
1 koppie appelkooskonfyt
2 koppies meel
1 teelepel sout
2 teelepels koeksoda
2 teelepels asyn
2 eiers, geklits
Smelt botter en konfyt. Roer goed.
Klits eiers en voeg by. Voeg meel by.
Meng koeksoda en asyn en voeg laaste by
Skep teelepels deeg en sit in warm stroop.
Sit deksel op en hou toe vir 20 minute, stel plaat op laag.
Resep en foto: Rheda Vreken
Meng alles met vurk liggies tot net gemeng.
Skep in bespuite muffin pannetjies en bak by 200ºC vir 30 minute.
Resep geplaas deur Ancoise Strydom
Foto: Ancoise Strydom
Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeel, sout, peper en bakpoeier by. Roer die kaas en pietersielie by. Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante. Dreineer dit op kombuispapier.
Resep: Peggy Devine
1ste foto: Lorraine Weitz Brand
Foto: 2 de Adam Cloete
ERTJIESOP IN DIE STOOMPOT
Resep geplaas deur Dawie Vd Heever
Foto: Dawie Vd Heever
FOOD LOVERS RECIPES
Genoeg vir 10 of 12 mense.
1 kg bees kookvleis
1 pakkie split-ertjies
3 uie
6 groterige aartappels
15 ml asyn
biefblokkie of hoederblokkie
Aromat, sout en peper
Stoom die vleis in die stoompot vir 20 min. Voeg genoeg water,sout en die asyn by. Solank die vleis gaar raak,skil die aartappels en uie. Rasper dit met die growwe kant van die rasper.
As die vleis klaar gaar is, verwyder die stoompot van die plaat en laat die stoom afblaas.
Voeg die aartappels en uie by.
Spoel die ertjies af en gooi dit bo-op in die stoompot.
Voeg die geurmiddels by en genoeg water.
Ons stoompot hou 11 liter. As alles in is, moet die stoompot bokant half wees met water.
Stoom vir nog 20 min. Laat die vleis onderin die pot lê sodat die ertjies nie so maklik kan brand as dit onder lê nie.
Verwyder en proe of daar nie dalk bietjie sout kort nie.
Pasop om nie die stoompot te vol te maak nie. Gee die pot kans om self van die stoom ontslae te raak, aangesien sop geneig is om bo te wil uitspuit as die gewiggie afgehaal word terwyl die pot onder druk is. Eet met vars brood en botter. As daar sop oorbly,stol dit as dit koud word en kan daar bietjie water bygevoeg word wanneer dit weer warm gemaak word.
1 kg kopkool
2 middelslag uie
250 ml water
600 ml witasyn
500 -600 ml witsuiker
100 ml koekmeel
15 ml kerriepoeier
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout
Verwyder die harde buiteblare van die kopkool.
Halveer en sny die stronk uit en snipper die kool mooi fyn.
Skil en kap die uie fyn.
Plaas die kool en uie in ‘n diep 3,5 lt bak.
Voeg water by en bedek die bak.
Mikrogolf vir 20 minute by volle krag en roer na die eerste 10 minute.
Laat dit goed dreineer.
Meng die asyn, suiker, meel, kerriepoeier, mosterdpoeier en sout in dieselfde bak.
Mikrogolf vir 10 minute op volle krag tot dik en roer gereeld.
Meng die koolmengsel met die kerriesous.
Mikrogolf vir 5 minute oop op volle krag en roer dit een of twee keer.
Skep die warm kerriekool dadelik in gesteriliseerde flesse en verseel.
FOTO: Lorett Brittnell
My resep is basies dieselfde behalwe dat ek dit op die stoof kook en ek gebruik omtrent dubbeld die hoeveelheid kool want dit kook baie weg. Ek pas maar net die sout agterna bietjie aan.
Klop die pampoen, eiers en sout saam. Sif meel en bakpeier en meng saam met pampoen. Verhit olie en skep desert lepels vol pampoen in die warm olie, braai bruin, nie te donker. Dreineer poffers op papier handoek en hou warm.
Verhit die stroop bestanddele, behalwe die maizena bring tot kookpunt. Meng maizena met bietjie water tot ‘n pasta en roer by stroop. (Indien jy die stroop dikker verkies, roer nog maizena by) Pak poffers ‘n enkel laag in oondbak, gooi stroop oor en hou warm tot bedien.
Dis nou vingerlek lekker
*Vriendin Marie* Rina Kleinhans
Foto: Diane Roode Hancox
PIESANGKONFYT IN DIE MIKROGOLF
Lewer ongeveer 1,2 liter.
Jy kan hierdie vir baie goed gebruik in tertdoppies, vulsel vir laagkoek ens.
Skil die piesangs eers voordat jy dit weeg.
1 kg geskilde piesangs
800 ml witsuiker
75 ml suurlemoensap
Sny die piesangs in skyfies en plaas in diep 3,5 liter bak.
Mikrogolf vir ongeveer 22 minute oop by volle krag tot taamlik dik en roer dit gereeld.
Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse, vol tot teenaan die rand.
Plaas ‘n stukkie waspapier bo-op en draai die deksels styf vas.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie