FLORAINE SE SPINASIETERT

tested

FLORAINE SE SPINASIETERT
Hierdie is ongelooflik veelsydig! Bedien saam met haddock is dit die perfekte brunch! Bedien saam met gerookte hoender/hoenderpastei, of braaivleis. Jy kan ook individueel in klein muffinpannetjies bak met spek ingevou.
4 eetlepels botter
1 eier
7 ml bakpoeier
15 ml olie
250 ml meelblom
2 ml sout
Sif die droë bestanddele vryf die botter in, klits olie en eier en voeg by. Druk in vuurvaste skottel.

Gebruik 1 bossie spinasie se blare, sny fyn, onthou om af te was in soutwater
1 pak wit uiesoppoeier
3 eiers
1 koppie spek, gesnipper
3 koppies dik witsous
1 koppie gerasperde kaas

Meng spinasie, witsous, eier en helfde vand die kaas. Skep in rou kors. Strooi res vand die kaas oor en bak tot gaar by 180ºC.

OOK LEKKER VARIASIE; Vervang spek met hoender, tuna, of 1 pak droë chips van jou keuse, ek love sout en asyn! ENJOY!
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter
Foto:  Adam Cloete – ek het hom sonder die kors gemaak en dit was heerlik!




WARM SAMPIOENSLAAI

2015-09-13-warmsampioenslaaitested

WARM SAMPIOENSLAAI
Heerlik in die winter, met enige vleis of vis.
500 g sampioene
50 ml meelblom
15 ml pietersielie
5 ml aangemaakte mosterd
250 ml room
50 ml botter
15 ml fyngekapte ui
5 ml sout
knypie rooi peper

Verhit oond tot 180ºC. Meng alle bestanddele behalwe die room. Smeer oondvaste bak en skep die mengsel daarin. Giet room oor en bak vir 30 min. Roer deur en bak nog vir 10 min.
LEKKER EET die sampioenslaai is ‘n wenner!!
Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Kiti de Jager




MINI TORTILLA PIZZA’S


MINI TORTILLA PIZZA’S
3-4 whole wheat wraps
1 (15 oz) can pizza sauce
¾ cup shredded mozzarella cheese
¼ cup parmesan cheese
48 mini turkey pepperonis (or 12 whole turkey pepperonis each cut into 4 even pieces)
1 teaspoon basil/oregano mix or Italian seasoning
½ teaspoon garlic powder
Pinch sweetener (sugar/stevia/splenda)
Pinch black pepper

Preheat oven to 220ºC. Spray a 12 count muffin tin with non-stick cooking spray.
Start by laying each tortilla out individually on a flat surface, and use an empty can, cup, or cookie cutter to cut 3-4 medium circles out of each wrap. I used the empty pizza sauce can, which worked well! Press firmly enough, using a rocking motion, until it cuts through the wrap.
Press each wrap circle into muffin tin using your fingers.

Note: it doesn’t have to cover the entire side of the tin, it should just fit snuggly!
Meanwhile, pour pizza sauce, parmesan cheese, and the spices into a medium sized bowl. Stir until everything is well combined.
Drop about 1-2 tbs of sauce in each wrap, this really varies according to how much sauce you like!
Divide mozzarella cheese evenly over each mini pizza.
Place 4 mini pepperonis on top of each pizza.
Bake in preheated oven for 12-15 minutes, or until cheese is melted and lightly browned.
Wait for pizzas to cool, and remove from muffin tin using a fork or knife. Pizzas should pop out with ease!
Serve warm and enjoy!
Posted by Peggy Devine




GRIEKSE KLAPPERTERT

coconut_cake_170wh
GRIEKSE KLAPPERTERT
125 g botter
250 ml suiker
3 eiers
Room goed saam.

Sif saam:
250 ml koekmeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
Voeg  by:
500 ml klapper
Meng 2 boonste mengsels saam.
Meng alles met 250 ml lou melk, skep in 2 gesmeerde tertpanne, en bak 35 min by 180°C.

STROOP:
300 ml suiker
300 ml water
1 teelepel vanilla geursel

Kook 5 min saam, giet oor warm tert, Bedien met room en groenvye. Die tert is vinnig en regtig spesiaal, dit kan ook vir poeding met rumvla bedien word. GENIET!

Resep en Foto: Floraine Wasserman Venter




WORTELPOFFERTJIES

2013-06-21-mieliemeelpoffertjiestested

WORTELPOFFERTJIES
Ek wil graag hierdie heerlike gereg met julle deel, almal vra die resep en kinders love dit!
500 ml gerasperde rou wortels
250 ml koekmeel
1 ml sout
12,5 ml suiker
250 ml water
10 ml bakpoeier
1 groot eier
100 ml melk

Kook wortels sag/gaar en dreineer. Sif droë bestanddele en voeg wortels by. Maak aan met melk, suiker en eier. Bak teelepels vol in warm olie.
± 30 poffertjies.
Bedien met warm karamelsous. Ek is nogal nuuskierig om te kyk of hierdie resep in die popcake pannetjies sal werk.

Foto en resep deur Floraine Wasserman Venter
Hi Rina, ja hierdie is ook lekker vir platters, gebruik gerus ook gerasperde patats, bedien dan met kaneelsuiker. Gerasperde sampioene, in bietjie botter gebraai, met knoffelsousie is ook heerlik, enjoy




GEBAKTE KONDENSMELK TERT

kondenmelk terttested
GEBAKTE KONDENSMELK TERT
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
5 eiers geskei 
6 eetlepels strooisuiker
1 pakkie Tennisbeskuitjies

Klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot styf.
Voeg geklitste eiergele by
Pak tennisbeskuitjies in tertbord, en gooi die mengsel bo-oor
Klits eierwitte styf en voeg die strooisuiker geleidelik by
Skep bo-op die vulsel
Bak in matige oond so by 150 ºC, tot eierwitte goudbruin is. ENJOY!!!!
Nota:  Om te voorkom dat die tert waterig raak onder die meringue, strooi bietjie maizina oor die tert voor jy die eierwitte opsit, dit help daarvoor – Rina Kleinhans

Resep  Linda Venter
Foto:  Joey Kruger




FLORAINE SE AARTAPPELVULKAAN

tested

FLORAINE SE AARTAPPELVULKAAN
kapokaartappels, soveel soos benodig
30 ml botter
50 ml koekmeel
500 ml melk
2 eiers, geskei
500 ml gerasperde chedderkaas
1 ml mosterd
5 ml sout
peper na smaak
½ koppie broodkrummels
1 koppie gerasperde kaas
Voer die boom en kante van ‘n gesmeerde bakskottel van 25 x 25 cm, met kapokaartappels uit. Stel die oond op 200ºC. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Klits die eiergele by die witsous in, verwyder van stoof en roer die kaas, mosterd, sout en peper by. Klits die eierwitte styf en vou liggies in by die witsousmengsel. Giet die witsousmengsel oor die kapokaartappels. Strooi die krummels gemeng met die koppie kaas, bo-oor en bak vir 25 tot 30 min in die voorverhitte oond. Skep met ‘n roomysskoppie lepelsvol van die gebak in warm sop, garneer met dille of pietersielie. Ek gebruik hierdie vulkaanballe al jare in my sop wanneer ek wil beindruk, glo my dit proe en lyk uit die boeke!
Resep: Floraine Wasserman Venter




DINE SE PANNEKOEK

pannekoek van dinetested
DINE SE PANNEKOEK
2 eiers
600 ml melk
500 ml (2 koppies) meelblom
2,5 ml (½ teelepels) bakpoeier
2,5 ml (½ teelepel) sout
30 ml (2 eetlepels) sonneblomolie
15 ml (1 eetlepel) brandewyn
olie vir bak

Klits die eiers en melk en voeg die meelblom, bakpoeier en sout geleidelik by.
Klop die olie en brandewyn by.
Laat die beslag vir ‘n halfuur staan voor jy begin bak.
Keer die pannekoek op ‘n bord uit, strooi kaneelsuiker oor en druk suurlemoensap oor.
Rol op met ‘n vurk
Resep geplaas deur : Rene Truter Wessels
Dine van Zyl se pannekoek

 

 




COCA COLA POT ROAST

 

COCA COLA POT ROAST
6 carrots, cut into 2-inch lengths
12 new potatoes, unpeeled
3 white onions
½ lb. fresh mushrooms
5-6 lb. boneless beef roast
1 (10 oz.) can consomme (a clear soup made with concentrated stock.)
1 (10 oz.) can cream of mushroom soup
1 pkg. dry onion soup mix
8 oz. Coca Cola
Salt and pepper
Soy sauce
Seasoning salt

Lightly precook potatoes and carrots in saucepan. Add salt, pepper, seasoning salt and soy sauce to roast, rubbing into meat. Place roast in pot. Drain carrots and potatoes and put in pot. Add onions, quartered and whole mushrooms. Add Coca Cola, consomme, cream of mushroom soup and dry onion soup mix. Cover and place in 170 ºC oven for 3 hours.
Photo and recipe posted by Nadine Nortier
(Ek het net coke en brown onion soup gebruik teen 150 ºC)

 




GRANADILLA EN PIESANG KOEK

piesang grenadella koektested

GRANADILLA EN PIESANG KOEK
Vir die koek:
250 g sagte botter of margarine
500 ml strooisuiker (400 g)
2 groot eiers
4 fyngedrukte piesangs (500 ml)
2 x 175 g bakkies granadilla joghurt
4 x 250 ml sasko bruismeel (500 g)


Smeer ‘n 25 cm koek pan (Ring)
Room die botter en suiker in ‘n bak met ‘n houtlepel of elektriese klitser tot lig en “fluffy”
Voeg die eiers by en klits goed
Voeg die piesang, Joghurt en gesifte meel by
Skep in die voorbereide pan en bak by 180°C vir 50-60 min of tot toetspen skoon uitkom
Keer die koek uit en laat afkoel op draadrakkie

Vir die Versiering
750 ml versiersuiker gesif (400 gr)
80 ml granadilla pulp

Sif die versiersuiker in ‘n bakkie
Voeg die granadilla pulp by
Meng tot dit glad is
Smeer egalig oor die verkoelde koek
Foto: Maria Liebenberg