MALVAPOEDING IN ‘N SILICON PAN

MALVAPOEDING MARIANtested

MALVAPOEDING
Marcel-Rounel Siecker – Esmari Smit-Rounel
Foto:  Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies bruismeel
¾ koppie suiker
1 koppie koekmeel
3 eetlepel asyn
2 eetlepel fyn appelkooskonfyt
2 ½ teelepel koeksoda
2 eiers opgelos in
± 1 ½ koppies melk
2 ml sout

Klits eiers tot lig en skuimerig.
Klits die suiker geleidelik by tot lig en sponsagtig
Voeg asyn en appelkooskonfyt by en klits deur.
Vou die gesifte droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel met die melkmengsel
Voeg nog melk by indien nodig ( dikte van botterkoekmengsel)
Bak vir 35 min by 180ºC.

STROOP
Kook die volgende stroop
1 ½ koppies suiker
2 koppies melk
1 koppie kokende water
125 g margarien
2 teelepels vanilla geursel
½ sout

Giet die kokende stroop oor malvapoeding as uit oond kom..stroop mag baie voorkom, maar top op soos nodig of bere bietjie soos jy opdien nog oor te skep.

Nota van Marian
Ek het dit in die silicoon pannetjies gemaak en dit in ‘n ander bak met water gesit en toe gebak. Dis hoekom dit so lig uitgekom het en ja dit het maklik uit die pannetjie gekom.
Malvapoeding in vorm gebak met stukkies lemoen in middel en skokolade sous oor, giet eers die stroop van die resep oor en nadat dit bietjie afgekoel het, giet ‘n sjokolade ganache oor.

 

 




GEROLDE MAYONNAISE HOENDER

tested

GEROLDE MAYONNAISE HOENDER
Genoeg vir 4 – 6 mense
1 groot hoender
sout en vars gemaalde swartpeper
VULSEL
15 ml (1 eetlepel) heelkorrelmosterd
50 ml mayonnaise
30 ml (2 eetlepels) blatjang
50 g spinasieblare, gesnipper
30 g parmesaankaas, gerasper
1 eier, geklits
olyfolie
groenslaai vir opdiening

Voorverhit die oond tot 180°C.
Laat lê die hoender met sy rugkant op ‘n werkoppervlak.
Sny die borsbeen deur en vlek die hoender oop.
Gebruik ‘n skerp mes en ontbeen die hoender (of vra jou slagter om dit te doen).
Geur die hoender met die sout en peper en meng die res van die bestanddele behalwe die olyfolie en groen slaai.
Smeer die mengsel aan die binnekant van die hoender en rol die hoender op.
Bind die gerolde hoender vas met tou en plaas die rol in ‘n gesmeerde oondskottel.
Bedruip met olyfolie en bak sowat 40 – 50 minute of tot gaar en bros aan die buitekant.
Laat rus die hoender ‘n paar minute, verwyder die tou en sny die hoender in skywe.
Sit voor saam met fyn aartappel en groenslaai.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




HEERLIKE TJOPS

HEERLIKE TJOPS
HIER SAL EK MY AARTAPPELS HALF GAARMAAK IN DIE MIKROGOLF EN LATER BY DIE VLEIS PAK
5 dik vark of beestjops
5 dik uieskywe
5 dik suurlemoenskywe
75 ml bruinsuiker
75 ml Worcestersous
10 ml lemoensap
5 ml sout
knippie pepper

Plaas tjops in vlak oondvaste bak met deksel. Sit uie skywe op elke tjop en suurlemoenskyf op elke uie skyf. Meng suiker, Worcestersous, lemoensap, sout en peper en gooi oor tjops. Sit deksel op en bak tjops 1 ½ tot 2 uur by 180 ºC op middelste oondrak.
Resep: Marie Rheeder Troskie
Foto: Adam Cloete




MALVAPOEDING

12631536_10154007433964009_4220634830459728135_ntested

MALVAPOEDING
Foto: Jeanette Martins
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie koekmeel
1 teelepel hoogvol bakpoeier
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 eetlepel botter (margarien)
1 eier
½ teelepel sout
1 teelepel koeksoda opgelos in 1 eetlepel asyn
1 eetlepel appelkooskonfyt


Room botter en suiker. Voeg geklopte eier by en klop goed. Voeg asyn en koeksoda en appelkooskonfyt by. Roer gesifte meelblom, bakpoeier, sout en melk om die beurt by. Bak teen 180° tot gaar.
Giet die volgende sous oor en bak vir 10 minute langer.
Sous:
1 koppie room
½ koppie botter (margarien)
1 koppie suiker
½ koppie kookwater
1 teelepel geursel (vanielje of karamel)
Kook alles saam (baie stadig) vir 3 min




CARROT CAKE

carrot caketested

CARROT CAKE
(Micro or Oven bake)
Ek maak myne in die mikrogolf en dit bly ‘n wenner in ons huis! Ek gebruik my diep silicon ring pan.
1½ cups cake flour
10 ml cinnamon
8 ml bicarbonate of soda
5 ml nutmeg
3 ml salt
3 cups grated carrot
1 ½ cups sugar
¾ cup oil
100 g walnuts, chopped
3 eggs, beaten

Sift together flour, cinnamon, bicarbonate of soda, nutmeg & salt.
Set aside.
Combine grated carrot, sugar, oil, walnuts and egg, mixing well.
Add dry ingredients and mix well.
Turn mixture into a deep, greased 25 cm microwave ring pan.
Place pan on an inverted plate and microwave on full power for 10 – 11 min.
The cake should shrink away slightly from edges of pan.
Turn pan during baking if the cake looks as if it is cooking unevently.
Cool slightly before inverting onto a serving plate.

CARROT CAKE ICING
250 ml smooth cream cheese
350 g icing sugar
½ t vanilla essence
100 g butter
Beat cheese until smooth.
Add butter and beat well.
Add vanilla and mix thoroughly.
Gradually add icing sugar, beating well to the desired consistency.
Spread over cake (Ek hou gewoonlik bietjie van die neute oor om bo-oor die icing ook te strooi)
IN A CONVENTIONAL OVEN: Bake at 180°C for 35 – 40 min.
Recipe and photo:  Willemien Windell




OUTYDSE GORTSOP

outydse gortsoptested
OUTYDSE GORTSOP
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg sopbene
500 g stowebeesvleis, in klein blokkies gesny
1 groot uie, fyn gekap
2 prei ringe, gesny
5 wortels, gekap
1 groot of 2 medium aartappels, blokkies gesny
6 selderystele, gesnipper
2 lourierblare
1 handvol vars pietersielie, fyn gekap
4 liter water
sout en peper na smaak
1 x 410 g blik gekapte tamaties
250 ml (1 koppie) gort
10 ml (2 teelepels) suiker

Ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond Verhit die bene, vleis, uie, aardappel blokkies en die helfte prei, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ‘n bietjie sout en peper saam in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Bedek en prut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is.

Haal die bene, vleis en lourier blarre uit en sit dit appart. Vat n staaf blender en maal alles fyn, gooi nou vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is. Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ‘n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook.)
NOTA: Ek het net ‘n paar veranderingen gemaak in plaats van so baie uie die helfde vervang met prei en 1 groot aartappel bygesit in die eerste kook fase…daarna het ek die vleis en lourier blare uitgehaal en alles wat in die pot was met n ‘stick blender’ fyn gemaal toe die vleis en res van die groente in gegooi.




MARIE SE GROENTESOP

marie se groentesoptested
MARIE SE GROENTESOP
My man het gesê gooi al die vleis in en moenie so klein sny nie.
Ek kook my vleis, uie, peperkorrels, lourierblare en heel naeltjies tot kookpunt vir 30 min, voeg dan by:
3 gerasperde wortels
4 gerasperde aartappels
2 gerasperde rape
sop seldery
pietersielie
‘n pak 4 in 1 sopmengsel

Voeg dan klomp water in met 2 blokkies bees ekstrak en laat dit kook tot vleis en groente sag en gaar is.
Sout en peper voeg ek eers half uur voor klaar gekook is, by.

RESEP EN FOTO: Marie Dumas Jennings




MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI

marcel-se-beesvleisblokkie-terttested
MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI
Skilfer kors:
500 g ongesoute botter
500 g koekmeel
250 ml sodawater
15 ml brandewyn of suurlemoensap

Sny botter in blokkies.
Sif meel en voeg botter by. Meng effens deur. Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol.
Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af.
Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly. Rol uit en sit bo-oor jou vulsel.
Bak 1ste 10 min so op 200 ºC en dan 20-30 min op 180 ºC.

VULSEL
Vulsel is sommer beesblokkies  (500 g) wat ek lank en stadig gekook het in blokkie hoender stock, wortel en seldery bygesit, droë tiemie, roosmaryn , braaivleis speserye, en titseltjie cumin, later eers aartappel bygesit en gekook tot alles sag en gaar was – die vulsel was heerlik!!

Marcel-Rounel Siecker




RYK KARAMELSOUS

karamelsous

RYK KARAMELSOUS
2 eetlepels botter
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 teelepel vanieljegeursel
2 eiers

Smelt die suiker en die botter in n pan oor stadige hitte. Roer aanhoudend en laat dit mooi bruin braai.
Klits die eiers en voeg die melk by.
Roer die melk en eier stadig by die suikermengsel.
Dit vorm n harde tameletjie, maar hou aan met roer tot dit gesmelt is.
Haal van die vuur af en voeg die geursel by.

Geplaas deur Marie Rheeder Troskie




BRANDEWYN SOUS

brandewyn sous

BRANDEWYN SOUS
2 koppies water
1 eetlepel mielieblom
4 eetlepels brandewyn
2 stukke gemmer
4 kruienaeltjies
2 stukke pypkaneel
1 koppie suiker

Kook die water, die kruienaeltjies, die gemmer en die kaneel omtrent 10 minute lank saam tot die water goed gegeur is.
Verwyder die speserye en voeg die suiker by.
Meng die mielieblom met ‘n bietjie koue water en voeg dit by.
Kook dit tot die sous deurskynend is en roer aanhoudend.
Verwyder van die vuur en voeg die brandewyn by net voor die sous opgedien word.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie