ANGELA’S SMACKEROOS ROASTED VEGETABLES

FLR BB with Heart
ANGELA’S SMACKEROOS ROASTED VEGETABLES
400 g smackeroos, baked as per instructions
1 small butternut, cubed
red pepper, green or yellow pepper, chopped into big chunks
1 large potato or sweet potato, chopped into blocks
½ teaspoon crushed garlic
butter
4+ babymarrows
1 onion chopped in chunks
80-100 ml olive oil
80-100 ml balsamic vinegar
1 round of fetaRoast veggies with garlic, butter and a bit of olive oil.
Once baked, place in serving dish. Pour over mixture of olive oil and balsamic vinegar.
Add chopped feta and toss.
Add smackeroos and combine well.
Serve with couscous.
Recipe:  Angela Landsberg

 

 




SOUT-PAMPOEN

tested

SOUT-PAMPOEN
1 groot botterskorsie, geskil, ontpit en in blokkies gesny
1 pakkie bruinuiesop
250 ml (1 koppie) room
100 ml melk
droë broodkrummels en pietersielie

Voorverhit oond tot 180ºC en smeer ‘n 30 cm oondbak met botter.
Skep pampoenblokke in oondbak.
soppoeier met room en melk aan en giet bo-oor.
Meng broodkrummels en pietersielie en sprinkel bo-oor.
Bak 50 – 60 minute lank tot goudbruin en gaar.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




MARSHMALLOW FONDANT

MARSHMALLOW FONDANTtested

MARSHMALLOW FONDANT
Prep: 29 minutes | Cook: 1 minute
Serves: 10
65 g butter
500 g marshmallows
4 tablespoons water
1 teaspoon vanilla essence
1 kg icing sugar, divided

Place the butter in a shallow bowl and set aside.
Place the marshmallows in a large microwave-safe bowl and microwave on High for 30 seconds to 1 minute to start melting the marshmallows. Carefully stir the water and vanilla essence into the hot marshmallows and stir until the mixture is smooth.
Slowly mix in the icing sugar a cup at a time until you have a sticky dough. Reserve 1 cup of powdered sugar for kneading. The dough will be very stiff.

Rub your hands thoroughly with butter and begin kneading the sticky dough. As you knead the dough will become workable and pliable.
Turn the dough out onto a working surface dusted with icing sugar and continue kneading until the fondant is smooth and no longer sticky to the touch; 5 to 10 minutes.
Form the fondant into a ball then wrap it tightly in plastic wrap and refrigerate overnight.
To use: allow the fondant to come to room temperature then roll it out onto a flat surface dusted with icing sugar.
Recipe posted by Manda Kahts Badenhors

AFRIKAANSE RESEP
3 eetlepels water
1 groot pak klein marshmallows of grotes kleiner geknip. Om die wittes uit te soek sal mens seker 2 pakke nodig hê.
1 kg versiersuiker
Mikrogolf vir 2 minute in mikrogolf.

Plaas nou gesmelte marhsmallows in jou mengerbak wat met woodenspoon margerien gesmeer is en voeg die versiersuiker koppie vir koppie by terwyl aanhoudend geknie word. Wanneer n werkbare deeg vorm is dit reg en kan jy dit verder knie op n gesmeerde oppervlak. Bedek met plasiek en bêre in lugdigte houer
Resep geplaas deur Ancoise Strydom

 




BREAKFAST POTJIE

breakfast potjietested

BREAKFAST POTJIE

Het hom toe gemaak HEERLIK sal dit weer maak, sal lekker wees saam pap of pasta ook.

1 big onion
1 packet (250) of bacon
1 packet of sausages (any kind)
1 tin of tomato and onion sauce
250 ml water
2 tablespoons chutney
6 eggs
salt and pepper to taste

Fry the onion in a black pot over an open fire until brown.
Add the bacon and sausages and fry until they’re cooked.
Now add the tomato and onion sauce and the chutney and stir.
Add salt, pepper and water.
Let it simmer for about half an hour.
Make holes in the potjie with a spoon and add the whole eggs without stirring.
Let it simmer until the eggs are cooked.
Scoop out each egg individually with some of the breakfast.

Photo and recipe posted by Peggy Devine




ROLY POLY POEDING

tested

ROLY POLY POEDING
Ek het die resep dubbeld gemaak .!!
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 ml sout
Meng bogenoemde goed.
Vryf 125 ml botter in meelmemgsel tot dit soos growwe broodkrummels .
Voeg ‘n eetlepel koue water by net om kniebare deeg te maak. Rol uit op meelbestrooide oppervlak en smeer lekker dik appelkooskonfyt. Rol op dat langste wors voor jou le. Sny in 6 ewe groot wiele en pak in oondvaste bak , snykante na bo.
Kook saam in mikrogolf 125 ml suiker , 100 ml botter en een koppie water. Gooi mengsel oor wiele en bak in oond van 180ºC vir ongeveer 40 min tot mooi goudbruin. Bedien met roomys en vla!!
Lekkerste poeding ooit!!

Ancoise Strydom
VARIASIE
Ek smeer ook dun lagie appelkooskonfyt oor en stowe appels, meng die appels, en so 100 ml suiker en gerasperde skil van 1 suurlemoen en rol dan op en sny in dik skywe om rolletjies te kry. Bedien saam met lekker dik eiervla met wit wolkies!
Rynette van Vuuren
2de foto:  Lynne Jenkerson Anderson Mine is in oven, right now¡ I also put apple in with few raisins




CREMORATERT MET BAIE VARIASIES

CREMORA KOFFIE YSKASTERTtested

CREMORATERT MET BAIE VARIASIES
Hierdie resep kom uit die Wenresepte 500. Dit is die basiese resep. Aangesien ons gewoonlik vir 40 of meer mense kook elke dag, het ek dit bietjie aangepas.
So ek gee dit nou soos ek dit maak.

Basiese resep:
500 g Cremora
250 ml warm water
250 ml suurlemoensap
2 blikkies kondensmelk

Eerstens vat jy 500 g cremora en giet 250 ml warm water by. Vat dan die whisk en klop dit goed tot al die klonte uit is. Sit dan sommer in die vrieskas dat dit gou koud word.
Hierdie is die basiese deel. Cremora is nou in die vrieskas.
Kry solank jou tertbak uit en pak ‘n laag tennisbeskuitjies onderin. Nou kan jy die suurlemoensap en die kondensmelk solank saam klits. Kry die cremora uit die vrieskas en klits saam met die kondensmelk en suurlemoensap! Onthou om die heeltyd te proe… lol. Dit word nou hierdie een romerige spul, nou is jou basiese vulsel reg. Jy kan dit net so gebruik of jy kan met dit speel.

Hier is nou ‘n paar voorbeelde van wat ek al gedoen het.
Cremora Tiramisu:
In plaas van tenninsbeskuitjies vat jy vingerbeskuitjies en pak in die bak. Maak dan lekker sterk, swart soet koffie aan en giet oor die beskuitjies.
Giet bietjie van hierdie koffie in jou basiese mengsel.
Skep nou oor die beskuitjies, pak nog ‘n laag beskuitjies en skep die res van die mengsel oor. Strooi ‘n lekker laag kakao poeier oor. Sit in die yskas en eet bietjie later.

Cremora Pynappel tert:
Voeg twee blikkies gedreineerde crushed pynappel by jou mengesel.
Skep op beskuitjies en sit ‘n laag geklitste room bo-oor.

Peppermint crisp Cremora:
Hier kan jy jou basiese mengsel maak en dit op twee maniere doen. Jy kan die kondensmelk vervang met caramel en die suurlemoensap weglaat, of die basiese resep so hou….hang af hoe soet jy van die tert hou.
Rasper twee groot Mint Crisps en een groot Peppermint Crisp en voeg by die mengsel.
Skep op die tennisbeskuitjies, sit ‘n laag geklitste room by en sprinkel bietjie van die gerasperde peppermint bo-oor.

Hierdie is net ‘n paar voorbeelde. Het ook al ‘n aarbei een met aarbeie gemaak en ‘n caramel een waar jy net caramel en nie kondensmelk gebruik nie.
Die opsies is baie, so dink bietjie en eksperimenteer.
Geniet dit!
Resepte:  Tanya Rossouw

Jeanette Lombaard –  Ek het 500 g cremora met 1 koppie yswater styfgeklop. Toe 2 sachets cuppicino koffie ingeklits, 2 blikkies kondensmelk ingeklits en toe 250 ml suurlemoensap stadig ingeklits. Die koffie stadig ingesmelt en ‘n ligte koffie geur gegee. Dit is hemels!




POTBROOD

POTBROOD MARYKEtested

POTBROOD
So lig soos ‘n veer en so lekker soos my eie ma se gebak toe ek ‘n klein dogtertjie was. Baie maklik
2 pakkies 500 g Wright’s Ciabatta Bread Mix (kom in ‘n klein pakkie soos bruismeel)
700 ml warm water
30 ml olyfolie
Botter vir knie
Knie deur met botter plaas in plat boom pot en laat staan rukkie om te rys.
Plaas in koue oond en bak 1 uur op 180ºC met deksel op. Let wel dit moet ‘n koue oond wees wanneer jy die brood insit en net vir een uur, keer uit op rakkie om af te koel.
Foto en resep: Maryke Nel McCaig



MELKTERT MUFFINS MET KARRINGMELK

melktert muffins riana
MELKTERT MUFFINS MET KARRINGMELK
210 g (310 ml) koekmeel
2 teelepels (10 ml) bakpoeier
½ teelepel (2.5 ml) koeksoda
75 g (90 ml) suiker
5 ml kaneel
½ teelepel sout
1 eier
45 g margarien, gesmelt
250 ml karringmelk of 175 g jogurt en 75 ml melk

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 12 muffinhouers of holtes met kleefwerende sproei.
Meng al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
Klits dan die eier, gesmelte margarien en karringmelk saam in ‘n mengbak en voeg dit by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng.
Skep eetlepelsvol deeg in elke holte.
Skep ‘n hoogvol teelepel melktertvulsel in die middel van elkeen. Druk dit effens in die deeg in.
Verdeel die res van die deeg tussen die muffins om die melktertvulsel te bedek.
Bak vir 15 minute.

* Vir die melktertvulsel:
250 ml melk
25 ml margarien
1 eier
60 ml suiker
25 ml meel
25 ml mielieblom
5 ml vlapoeier
2.5 ml vanieljegeursel

Verhit die melk en margarien in ‘n klein kastrol oor lae hitte.
Klits die eier en suiker saam met ‘n vurk.
Meng die meel, mielieblom en vlapoeier saam en voeg dit by die eier-suikermengsel.
Giet stadig die warm melk by hierdie mengsel terwyl jy voortdurend roer. Sit dit terug in die kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir 2 minute terwyl jy roer.
Plaas dan die kastrol se deksel op, skakel die hitte af en laat dit vir een minuut staan.
Voeg dan die vanieljegeursel by-
Resep: Rene Wessels
Foto: Riana Du Plessis




SOET PATAT ROLY POLY

tested

SOET PATAT ROLY POLY
Rol een blaardeeg dun uit, rasper rou patat mildelik oor deeg, sprinkel kaneelsuiker lekker dik oor, rol nou die degie op soos roly poly en sny jou 1-2 cm ringerjies, pak in vuurvaste bak en maak sousie aan.
Meng die volgende saam:
1 kannetjie room
3 teelepels kaneelsuiker
½ koppie melk
Giet die sous oor die ringetjies en bak so 30 min by 180ºC , lekker soos poeding

Resep: Marcel-Rounel Siecker




SAMPIOEN EN HAM QUICHE

sampioen ham quichetested

SAMPIOEN EN HAM QUICHE
Spek en Sampioene Quiche met Tamatie, uie, vars sampioene en beesbiltong slaai -aangepas vir riverside se spens.
Jy kan die koekmeel in die resep met glutenvryemeel vervang. Dit werk net so goed, en jy kan nie ‘n verskil in smaak agterkom nie. As jy net gemengde sampioene vir die vulsel gebruik, is die quiche ook geskik vir vegetariars. Dis nogal die moeite werd om ‘n voedselverwerker te kry as jy dikwels quiche maak. Dis net soveel makliker om die kors te maak. Jy sit al die korsbestanddele in die voedselverwerker en pols dit tot dit ‘n deeg vorm. As jy nie ‘n voedselverwerker gebruik nie, moet jy eers die droë bestanddele saam sif, die margarien invryf en dan die nat bestanddele bymeng tot dit die regte tekstuur vorm.
(6 porsies)
Kors:
125 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
190 ml hawermout
20 g parmesaankaas, gerasper
2 ml sout
45 g sagte laevet-margarien
45 ml koue karringmelk
Vla:
375 ml warm vetvrye melk
45 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
3 eiers
2 eierwitte
1 ml fyn witpeper
2,5 ml sout
15 ml vars tiemie, gekap (of 5 ml gedroogde tiemie)
Vulsel:
20 ml olyfolie
1 ui, gekap
450 g gemengde sampioene, gesny (knopie-, oester-, shitake-, portabellini of bruin sampioene)
100 g maer ham, gesny
sout en peper na smaak
5 ml heelkorrelmosterd
75 g gruyère-kaas, gerasper
25 g parmesaankaas, gerasper

Kors:
Plaas meel, hawermout, parmesaan en sout in ‘n voedselverwerker en meng tot fyn. Voeg margarien by en pols tot mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en pols tot ‘n sagte deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Spuit ‘n vlak 30 cm-quiche-pan goed met kleefwerende kossproei en druk die deeg egalig daarin uit. Verkoel vir 10 minute.
Vla:
Klits al die bestanddele saam en laat eenkant staan tot benodig.
Vulsel:
Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg ham by. Verwyder van hitte en geur met mosterd, sout en peper. Laat afkoel. Skep afgekoelde sampioenmengsel in bereide tertkors. Strooi gruyere oor en plaas quiche-pan in oond. Giet die vla versigtig in die oond oor die quiche (indien die vla buite die oond ingegooi word, kan die vla uitloop wanneer jy die pan beweeg). Bak vir 30 minute, tot quiche ligbruin en gestol is. Haal uit oond, sprinkel parmesaankaas oor en plaas terug in oond tot die kaas gesmelt is.
** dit is die oorspronklike resep, maar as jy nie alles in die koskas/yskas het pas jy aan.
Spek ipv ham
Gewone vars knoppie sampioene
Cheddar ipv gruyere

Foto: Rene Turter Wessels
2de Foto:  Rina Kleinhans – ek het geen vleis ingesit nie en  2 bossie spinasie gestoom, al die water uitgedruk en by die mengsel ingesit, ek het dan ook Feta kaas in gekrummel en parmasan en cheddar kaas bo-oor gerasper.