BRAAI HOENDER MET BIER MARINADE


BRAAI HOENDER MET BIER MARINADE
Meng saam:
1 Blikkie bier
3 eetlepels bruinsuiker
1 fyn knoffelvinger
100 ml olyf olie
sout en peper
Pak 10-12 rou hoenderstukke, gegeur, in glasbak, gietdie marinade bo-oor
Maak toe met tinfoelie en plaas in yskas, oornag, of ten minste 4 ure.
Braai oor matige kole tot goudbruin en gaar.
Eet met slaai van jou keuse en stukke roosterbrood met konfyt

 




HONEY-GARLIC PORK RIBS

HONEY-GARLIC PORK RIBS
This is a great recipe I discovered recently. I make it often because we really enjoy it…hope you do, too!
4 pounds pork spareribs or pork loin back ribs
1 cup honey
1 cup packed brown sugar
1/3 cup soy sauce
½ teaspoon garlic powder
½ teaspoon ground ginger
1 teaspoon ground mustard
Cut ribs into serving-size pieces; place in a large resealable plastic bag.
Combine remaining ingredients; pour half the marinade over the ribs.
Seal bag and turn to coat; refrigerate for several hours or overnight, turning bag occasionally.
Cover and refrigerate remaining marinade.
Drain and discard marinade from ribs. Place ribs on a rack in a greased shallow baking pan. Cover and bake at 350°C for 1 hour. Drain. Pour reserved marinade over ribs. Bake, uncovered, for 30-45 minutes or until meat is tender, brushing occasionally with pan juices.
Yield: 4 servings.
Photo:  Adam Cloete




DADELVULSEL VIR FLAN / RANDKOEK

tested

DADELVULSEL VIR FLAN / RANDKOEK
Resep: Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakkies dadels, sag gemaak
1 koppie neute, grofgekap
1 pakkie rooikersies, grofgekap
onversoete styfgeklopte room

Meng die dadels, neute en kersie saam en smeer dit op die bodem van die randkoek, skep die styfgeklopte room bo-oor die vulsel en sprinkel gedroogde fyn sitrusskil bo-op die room vir garnering, dis ‘n smaak fees!

Flan / randkoek resep – http://www.foodloversrecipes.com/2013/06/flan-randkoek/




MELKTERTVULSEL VIR SNACKLES

SNACKLE
MELKTERTVULSEL VIR SNACKLES
Bron: Ma se Resep
Plasing: Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
750 ml melk
40 ml botter
Bring bogenoemde tot kookpunt.
3 eiers, geskei en witte styfgeklits
45 ml maizena
45 ml koekmeel
42 ml melk

Meng eiergele by bogenoemde 3 bestanddele.
Roer dit by kokende melk.
Voeg dan 1 koppie suiker en sout by.
Verwyder van stoof en roer styfgeklopte eierwitte by.
Skep in doppies. Strooi kaneel oor.

 




STAP VIR STAP VETKOEK


STAP VIR STAP VETKOEK
TE LEKKER EN ERGE MAKLIK
1 kg koekmeel
1 pakkie kits gis
so 1 liter lou water jou pols moet nie brand nie
anders brand die yeast dood
sout na smaak ek sit so 3 gelyke teelepel se sout in dan het dit nie daai vars smaak nie.
botter om mee te knie .. o ja so shooterglasie met kookolie innie water.
Reg nou plaas jy die meel in ‘n mengbak en meng die sout in die meel in, maak gat in die middel en sprinkel die gis daarin.
Mengdie olie in die water in en roer, giet ongeveer ¾ van die water in die middel van die meel oor die gis en roer met houtlepel tot deeg amper alles nat is.
Daar moet nog droogheid wees, as te veel meel nog droog is sit nog bietjie water by maar nie te veel nie.
Maak die lepel skoon in die deeg en smeer nou so teelepel botter aan jou hande en begin knie. Al is dit sticky haal die deeg van jou vingers af
en was jou hande nou skoon, droog goed af. Smeer weer botter en knie verder jy moet die droë meel lekker inmeng.
Jy weet mos van knie of hoe? Knie nou voort met bietjie botter op ‘n slag tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie, en die deeg moet lekker slap wees, glad nie styf nie. Sit die deeg in ‘n bak waarin dit kan rys tot so dubbel die hoeveelheid.
Ek vat altyd ‘n skoon nuwe binbag en sit die bak met deeg daarin . Los op lekker warm plek vir so 30 tot 40 minute om te rys.
Jy sal sommer sien die deeg is dubbel en lekker gerys. soms sit ek dit so in die son onder die boomblare, dan rys dit ook lekker, nie direkte son nie dan brand die gis.
Na dit gerys het dan knie jy dit weer af met so 2 teelepels botter en maak bolletjies. Ek maak sommer die deeg soos beskuit bolletjies dan is almal ewe groot.
Sny jou sak oop en sit dit op ‘n tafel of blad vou oop en smeer die binnekant met bietjie olie sit die bolletjies daarop neer en los so 2o minute om te rys, maar vou die anner helfte van die sak oor terwyl dit nou so rys. Na so 10 minute sit jou pot olie op die stoof, maar dit moet nuwe olie wees
anners proe die vetkoek na die kos wat eers daarin gemaak is. Teen die tyd dat die olie warm is dan begin bak jy by die eerste bolletjies wat jy gemaak het.
Druk die bolletjies effens plat met jou hand, nie “flat”nie, eish net liggies plat.
Sit in die warm olie en bak dit en sit die eerste half minuut die deksel op, dan pof dit goed. Draai dit om en bak lekker as jy toothpick insteek en kom skoon uit is dit gaar.
Dit gaan redelik gou geniet

Plasing: Rolene van Loggerenberg




DIE NEL-FAMILIE SE OORSPRONKLKE SKUINSKOEK RESEP


DIE NEL-FAMILIE SE OORSPRONKLKE SKUINSKOEK RESEP
Plasing: Lidia Theron
Foto: Elba Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
2.5 kg koekmeel (gewone koekmeel, nie bruismeel)
3 pakkies Anchor yeast (droë gis)
4 koppies suiker in louwarm water opgelos
250 g botter gesmelt
1 desertlepel sout (12.5 ml)
2 desertlepels anys (25 ml)

Plaas 2,5 kg meel in ‘n groot mengbak.
Voeg die anys, sout en gis by.
Neem jou suiker en los dit op in die water. BELANGRIK: roer hom in ‘n waterstroop.
Vat die gesmelte botter, giet oor die droë bestanddele en werk dit deur met jou vingerpunte.
Hou ‘n koppie louwarm water byderhand. Nou vat jy die suikerwater, voeg dit bietjie-bietjie by en knie soos wat jy dit byvoeg.
Wanneer jy klaar is hiermee, voeg die ekstra koppie water bietjie-bietjie by en hou aan met knie totdat jou deeg ‘n sagte deeg vorm.
Jy weet wanneer jy reg geknie het wanneer die deeg nie meer aan jou hande vassit nie.
Net ‘n wenk: BAIE GEDULD nodig wanneer jy knie, want dit gaan maak of jou skuinskoek perfek uitkom, of nie.
Neem ‘n ou tafeldoek en klein kombers, smeer met ‘n verfkwas 2 eetlepels gesmelte botter bo-oor jou kniesel en seël nou jou bak met plastiek.
Maak WARM toe met die tafeldoek en kombers. En los die bak vir 4 ure. Jou deeg is reg wanneer hy dubbel gerys het en moontlik uit jou bak klim.
Smeer jou werkoppervlak met botter. Dop jou bak daarop om. Nou druk jy die deeg plat met jou hande. (so, 25 cm dik). Sny dit in lang strips. En nou sny jy die strips diagonaal in snitte van 3 tot 3,5 cm.
2 liter kookolie moet byderhand wees
Neem ‘n lekker ou kastrol en sit ongeveer ‘n liter olie in kastrol.
Maak seker die olie is lekker warm. Nou bak jy die snysels tot hulle mooi goudbruin is.
Jy moet hulle heeltyd omkeer sodat hulle egalig bruin word.

LET WEL: wanneer hulle gaar word, dryf hulle na bo.
Hou maar mooi dop dat hulle nie brand nie.
*Smaak heerlik, net so. Of saam met koffie.

 




TUNA MOUSSE MET TABASCO

TUNA MOUSSE MET TABASCO
2 blikke tuna in olie
45 ml gekapte pietersielie
1 ui, fyngekap of gerasper
45 ml tamatiesous
125 ml mayonnaise
‘n Bietjie Tabascosous
Sout en peper
250 ml room
1 koevertjie 30 ml gelatienpoeier

Dreineer en vlok die tuna. Voeg pietersielie, ui, tamatiesous, mayonnaise en Tobascosous by.
Geur met sout en peper. Klits room styf en vou by die vismengsel in.
Week die gelatien in 50 ml koue water en voeg 125 ml kookwater by sodra dit gestol het en roer tot gesmelt.
Roer by die tunamengsel. Spuit ‘n visvorm of ringpan uit. Giet mengsel daarin. Sit in yskas tot gestol.
Keer uit en sit voor met lekker brood of soutbeskuitjies.

Plasing en foto: Marie Rheeder Troskie




BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES


BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES
125 ml rou rys
200 ml beesvleisaftreksel
knypie sout
15 ml botter
300 g (1 blik) soutbeesvleis, in blokkies gesny
30 ml gekapte pietersielie
45 ml gekapte uie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml suurlemoensap
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
250 g gekoopte, onversoete brosdeeg
1 eier, geklits
Plaas rys in ‘n kastrol. Voeg aftreksel, sout en botter by.
Verhit tot kookpunt, bedek en laat saggies prut vir sowat 15 minute of tot rys sag is en al die vloeistof geabsorbeer is.
Meng vleis, pietersiele, uie, sout, peper, suurlemoensap, blatjang, tamatiesous en gaar rys.
Rol deeg uit en sny in vierkante van 10cm x 10 cm.
Plaas van die rysmengsel op elke vierkant.
Bestryk die kante liggies met geklitste eier en vou oor om ‘n driehoek te vorm.
Verseël die rante deur liggies met ‘n vurk daarop te druk.
Plaas pasteitjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bestryk met geklitste eier.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 220°C vir 12 – 15 minute of tot goudbruin.
Bedien warm. Sit voor met groente of ‘n groen slaai.
BRON:  Anna Eksteen




RYSVISKOEKIES

tested
RYSVISKOEKIES
1 blik pilchards, fyn gemaak
20 ml asyn
2 eiers, geklits
2 koppies gaar rys
visspeserye

Meng al die bestanddele saam.
Bak lepelsvol in matige olie, bak tot gaar.
Bedien met slaai.
Plasing: Floraine Wasserman Venter




VISKOEKIES VAN PILCHARDS EN KAPOKAARTAPPELS

Image036tested

VISKOEKIES VAN PILCHARDS EN KAPOKAARTAPPE
Plasing: Petro Pretorius
Foto:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
60 g botter, gesmelt
20 ml gerasperde ui
500 ml kapokaartappels
1 blik (425 g) sardyne in tamatiesous, gedreineer
15 ml suurlemoensap
sout en peper
1 eier
droë broodkrummels
olie vir braai

Meng die botter en ui by die kapokaartappels.
Voeg die vis by en geur met suurlemoensap, sout en peper.
Vorm dit in 6 tot 8 koekies.
Doop dit in die geklitste eier en daarna in die broodkrummels.
Hou dit in die yskas tot nodig.
Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ‘n pan oor matige hitte en braai die viskoekies tot bruin en gaar.
Sit dit voor met ‘n slaai en suurlemoenwiggies.
Genoeg vir 6 mense.