BILTONG PATEE


BILTONG PATEE
1 ui gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
bietjie olie
1 pakkie sampioene, in skyfies gesny
500 ml fyn biltong
1 bakkie laevetmaaskaas
½ koppie laevet mayonnaise
2 eetlepel vars pietersielie, gekap
Soteer ui en knoffel in olie tot sag en deurskyend en voeg sampioene by. Roerbraai tot sampioene sag is. Laat afkoel.
Kap uiemengsel in voedselverwerker tot redelik glad
Voeg oorblywende bestanddele by en verwerk tot goed gemeng. Skep in geskikte bak of in twee of drie kleiner bakkies en verkoel. Sit saam met soutbeskuitjies of kaasstrooitjies voor-
RESEP: Elda Lombard







