MA BAKER PRO

MA BAKER PRO
350 ml water
1½ eetlepels botter / margarien
1½ teelepel sout
2 eetlepels bruin suiker
2 eetlepels melkpoeier
1¼ koppie koekmeel
2½ koppies bruinbrood / nuttycrust meel (of meng die 2)
1¼ teelepel yeast
VERSTELLINGS
Setting: Wholewheat
Loaf size: 750 gram
Crust: Dark
Henriette Janse van Vuuren




STRAWBERRY JAM IN BREAD MAKER

STRAWBERRY JAM IN BREAD MAKER
400 g fresh strawberries trimmed
310 g Jam sugar
1 ½ tablespoon fresh lemon juice

Roughly chop or mash the fruit and place into the bread maker pan with the other ingredients. Set program on Jam and press start.
Once the cycle has ended, open the lid and remove the pan BE CAREFUL THE PAN IS VERY VERY HOT AND A LOT OF STEAM WILL BE EMITTED.
Very carefully ladle the jam into clean, dry jars, cover and allow to cool before storing.

TAKE NOTE
Never be tempted to double or increase the quantities given in the recipe, the sugar and fruit get extremely hot, large quantities may lead to bubbling up and cause the jam to spill over onto the element causing damage.
Jam sugar is widely available. Ordinary sugar can be used in the recipe but some liquid pectin will have to be added to ensure the jam to set. Use approx 1 tablespoon. of pectin to every 500 g of sugar.

Posted by Rina Kleinhans
Photo: Adele Berndt




SMALLER RECIPE FOR BREAD MACHINE


SMALLER RECIPE FOR BREAD MACHINE
1 cup warm water
3 tablespoons white sugar
2 teaspoons active yeast for bread machine
¼ cup vegetable oil or 1 tablespoon margarine (cut up)
3 cups bread flour
1 teaspoon salt
1 tablespoon milk powder (I use coffee creamer)

Pour luke warm water, sugar and yeast in pan and stir to dissolve. Let stand about 10 minutes.
Add oil or margarine, flour, salt and milk powder/coffee creamer to the yeast mixture.
Select basic or white bread setting and press start.
A very “crunchy crust” – delicious!
For a light wheat bread I use ½ cup of wheat flour and 2 ½ cups of white flour.

Recipe posted by Lynette Puren




BILTONGSOP

BILTONGSOP
125 ml (½ koppie) botter
2 Beesvleisaftrekselblokkies
2 teelepel gemaalde swartpeper
½ teelepel neutmuskaat
½ teelepel koljander
250 ml koekmeel
500 ml melk
1½ liter kookwater
1 koppie gerasperde cheddar kaas
200 g fyngekerfde biltong
Room en port (opsioneel)
100 g bloukaas, gerasper of gekummel

Smelt botter in kastrol, krummel aftrekselblokkies oor en voeg die speserye by.
Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, roer aanhoudend, jy soek nie klonte nie!!!!
Verwyder sop van die stoof, en roer die chedderkaas en helfte van die biltong in.
Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm. Roer ‘n bietjie room en port in net voor opdiening. Skep sop in borde, sprinkel orige biltong oor, en krummel bloukaas oor.




QUICHE MET BILTONG VULSEL

tested

QUICHE MET BILTONG VULSEL
Die deeg is genoeg vir vier 12 cm losboom quiche pannetjies
20 g koekmeel
2 ml sout
100 g botter
45 ml koue water

Sif die meel en sout saam. Sny die botter in blokkies en voeg by meel. Vryf die botter in die meel tot dat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die koue water by en vorm in ‘n deeg. Verdeel die deeg in vier en rol dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Om te keer dat die deeg breek, tel dit met die koekroller op en plaas in die gesmeerde pannetjies.
Blind bak vir 20 min by 200 ºC.
WENK:
‘n vinnige manier vir blind bak.
Plaas die pannetjies met rou deeg op mekaar met ‘n lee pannetjie heel bo-op en bak vir 20 min by 200ºC.
Rasper 125 g gruyere-kaas, sny 250 g biltong in klein stukkies.
Sit eers die gerasperde kaas in elke pannetjie en dan die biltong bo-op.
Klits 2 eiers saam met 250 ml room en skep egalig oor die vulsel in elke pannetjie.
Geur met vars gemaalde swartpeper.
Bak in voorverhitte oond van 180ºC vir 20-25 min tot die eierroommengsel gestol en gaar is.-

 




CAROL SE BILTONG POTJIE

CAROL SE BILTONG POTJIE
6 uie
1 pak sampioene
genoeg biltong
1 Blik pitmielies
1 pak noedels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)
½ groen soetrissie (pepper)
2 houertjies vars room
redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)

Braai uie en sampioene tot gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Plaas “green pepper” en pitmielies bo op. Rond af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.
Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak. Bedien dit saam met ‘n lekker mengelslaai

(Vir 10 mense)
Resep:  Carol Elliott Claassen




BILTONGSOUS MET BLOUKAAS EN ROOM


BILTONGSOUS MET BLOUKAAS EN ROOM
Hierdie heerlikheid is baie ryk!
1 ui gekap
1 groen soetrissie gekap
2 koppies gekerfde biltong
2 koppies gekerfde baby marrow (broccoli of sampioene werk ook lekker)
1½ koppies room
3 eetlepels bloukaas – pas aan volgens smaak
1 skyf feta kaas – opsioneel
1 teelepel gemengde kruie

Braai uie, pepper, kruie en groente in bietjie olie tot sag. Voeg biltong by en braai vir nog so 5 min.Voeg kase by en braai tot gesmelt.
Voeg dan room by en laat prut. Proe en voeg nog kaas of geurmiddels by. Bedien as pasta sous of op gebakte aartappels-
Resep:  Mona Stevens

 




BILTONG


BILTONG
25 kg vleis van goeie gehalte  Bv. dy,diklies of binneboud
200-400 ml heel koljander
500 g-1 kg sout
12.5 ml salpeter
25 ml koeksoda
12.5 ml peper
asyn
warm water
225 ml suiker
Sny die vleis met die draad langs in lang stroke, so dik of dun soos jy dit verkies. Onthou hoe minder vet aan die vleis is, hoe langer kan dit gebêre word, omdat vet mettertyd galsterig word. Verhit ‘n pannetjie oor matige hitte en rooster die koljander daarin, totdat dit ‘n welriekende geur begin afgee. Maal en sif die geskroeide koljander. Meng die koljander, sout, suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf die mengsel met die hand oor elke stuk vleis. Pak die vleis in lae in ‘n houtbalie, erdehouer of plastiekhouer en strooi die orige soutmengsel tussen elke laag. Pak die dik gesnyde stukke onder en die dunner stukke bo-op. Sprinkel ‘n bietjie asynbo-oor die vleis en laat dit oornag staan. Biltong met baie vet aan moet langer lê, want dit neem langer om sout te absorbeer. Meng 200ml asyn met elke 2.5 liter water en spoel elke stuk vleis vinnig daarin af voordat dit op ‘n koel, droë plek gehang word. Hang die biltonge die eerste dag in die son op en daarna in die koelte, weg van mekaar af. Biltong kan ook binneshuis hang, maar dan moet daar ‘n goeie trek wees. ‘n Elektriese waaier kan help om die lugvloei te verbeter. Laat die biltonge hang totdat dit so droog is soos verkies.-
Resep:  Carol Elliott Claassen




BILTONG PARFAIT

BILTONG PARFAIT
60 ml gelatien
140 ml koue water
1 liter room
2 roosmaryntakkies
2 knoffelhuisies
500 ml biltong, fyngerasper
sout en peper na smaak
biltongrepies vir garnering

Sprinkel gelatien oor die water en laat week 2 minute. Klop met ‘n vurk tot sponsig en los oor lae hitte op.
Verhit die room, roosmaryntakkies en knoffel tot kookpunt. Haal van hitte af en laat koud word. Hou die deksel op om te verseker dat al die geur agterbly.
Gooi die roommengsel deur ‘n sif. Voeg die opgeloste gelatine en gerasperde biltong by die roommengsel, terwyl vinnig geroer word. Voeg sout en peper na smaak by.
Giet in gesmeerde vormpies en plaas in yskas om te stol (ongeveer 3 – 4 uur) Plaas die vormpies 5 sekondes in baie warm water en keer uit op borde.
Bedien met roketblare, blatjang en biltongrepies.

Resep:  Tresa Hanekom




BILTONG EN KAAS QUICHE

biltong en kaas quichetested
BILTONG EN KAAS QUICHE
Resep:  Henriette Janse van Vuuren
Foto en aanpassing vir muffins:  Adriaan De Ridder
FOOD LOVERS RECIPES
1 x 400 g vel broskorsdeeg
100 g sterk cheddarkaas – grofgerasper
160 g gesnyde beesbiltong
2 eiers
250 ml room
varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 ° C.
Rol broskorsdeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak dunner uit.
Voer ‘n gesmeerde tertbord van sowat 18 cm uit met deeg.
Sprinkel kaas onderin tertbak en rangskik biltong bo op.
Klits eiers en room saam.
Giet oor kaas en biltong en geur met peper.
Bak vir sowat 35 minute in warm oond.
Die eiermengsel moet gestol wees.
Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.
WENK
Klam biltong werk die beste.xx –

NOTA: Adriaan De Ridder
Ek het toe julle Biltong en Kaas Quiche gemaak vanoggend en dit het briljant uitgekom dink ek. Ek het net bietjie ekstra pietersielie ingegooi vir kleur. So individueel in muffin panne bak sit dan vir 24 minute.
Met een vel broskors het ek 26 uitgekry. Ekt 500 ml room en 4 eiers gebruik met bietjie pietersielie en sout en peper. En dan het ek 300g biltong en omtrent net 100g kaas gebruik. En soos ek sê, bak hulle net vir 24min teen 180ºC