DOUGHNUTS

tested

DOUGHNUTS
1 extra-large egg, beaten
125 ml milk
5 ml vanilla essence
60 ml castor sugar
250 ml cake flour
3 ml baking powder
Vegetable oil for deep frying

Whisk egg, milk and vanilla to combine.
Sift dry ingredients and gradually add… wet ingredients.
Mix well to combine.
Heat 5cm oil in pot and deep fry teaspoons of batter until puffed and golden.
Drain on kitchen paper.
Toss in cinnamon sugar while hot.
Eat immediately when cool.
Recipe: Laurian Nance Mulder




ASKOEKE – ROOSTERKOEKE

ASKOEKE – ROOSTERKOEKE
Footlong broodjies
18 koppies brood en koekmeel, gemeng
3 pakkies gis
30 ml sout
135 ml suiker
8 ½ koppie louwarmwater, gemeng met 45 ml olie

Sit alles in groot skottel, voeg louwarm water by en knie goed.
Laat rys tot dubbel.
Knie af en laat weer hoog rys.
Vat stuk deeg, hanteer min, en rol in dik wors, op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk plat, ± 1 ½ cm hoog en sny in verlangde porsies.
Laat weer rys.
Braai op rooster of ysterplaat al 4 kante. Dit vries baie goed, maak 1 min op 100 krag warm en dis weer doeksag!
Die resep maak ook heerlike veerligte vetkoeke. Volg dieselfde metode, bak in warm olie.
Ek kry uit die 18 koppies meel, 30 footlong of 28 groot vierkantig vir burgers of 40 klein ontbyt askoeke uit .

Resep:  Frieda Greyling




MAX SE RATATOUILLE-ROL

tested
MAX SE RATATOUILLE-ROL
Ons het dié ‘Ratatouille-rol’ vandag by ons braai bedien, met mengelslaai en ‘n avokado- en roomkaasslaaisous. Hoop julle kan dit ook geniet soos ons dit geniet het. Berei Ratatouille vooraf na smaak.
Braai saam in olyfolie:
1 rooiui, opgekap
bietjie knoffel en gemmer
1 eiervrug, opgesny, sny in skywe vooraf, besprinkel met sout, laat staan 30 minute en spoel af
1 elk rooi, groen en geel soetrissie, opgekap
2 – 3 gekapte tamaties
Ricotta of gerasperde Cheddar
Na al die bestandele saamgebraai is, laat dit ‘n ruk stowe tot sag.
Laat die mengsel afkoel en voeg kase van eie keuse by die mengsel.
Rol 1 “Cheese and Herb” blaardeeg bietjie dunner uit, behou die vierkant vorm.
Deel die vierkant in twee (anders hanteer dit te moelik).
Smeer die ratatouille mildelik oor die twee helftes deeg, nie tot op die rante wat moet heg nie en rol die gevulde deeg op.
Smeer water op die twee dele wat moet heg en plaas die naat na onder op ‘n gesmeerde bakplaat.
Smeer die deegrolle met geklitste eier en besprinkel met saadjies (opsioneel) en bak vir 45 – 60 minute teen 180° C.
Plaas die rolle op ‘n mooi opdienbord en garneer na smaak met vars kruieblare.
Sny in skywe en bedien met enige bykoss van jou keuse. Dit is heerlik!!!
Nota: Partykeer sny ons dit eers in wiele voor dit gebak word, smeer met geklitse eier en bak vir omtrent 20 – 30 minute en geniet.
Resep: Helene Kluge




SAMPIOENTERT BY BRAAIVLEIS


SAMPIOENTERT BY BRAAIVLEIS
[HEMELS LEKKER!]
Vir 6 mense
Die rand raak lekker bros endie pap absorbeer die sampioene se sous.
2 koppies water
½ teelepel sout
225 g braaipap, of ‘n mengsel van polenta en mieliemeel
2 koppies Gruyerekaas, gerasper
1 klein ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
750 g (3 pakkies) gemengde bruin en portobellosampioene, in skyfies gesny
olyfolie of botter
¼ koppie balsamiese asyn
2 eetlepels bruinsuiker
4 eetlepels sojasous
¼ koppie pietersielie, gekap
2 eetlepels vars tiemie of roosmaryn, gekap

Verhit die water en sout tot kookpunt. Roer die meel by en laat dit vir 20 minute prut tot dit gaar is.
Roer ‘n hand vol kaas by die pap in.
Spoel ‘n vlak bak (20 x 30cm) met koue water uit (dit keer dat die pap vassit) en keer die pap daarin uit. Sprei dit eweredig uit. Bedek dit met foelie en laat die pap oornag afkoel.
Braai die ui, knoffel en sampioene in ‘n bietjie botter of olyfolie in ‘n pan. Gooi die asyn, suiker, sojasous en gekapte kruie na 5minute by. Laat die helfte van die vloeistof wegkook. Proe en voeg nog sojasous, asyn of suiker na smaak by, en laat prut. Verwyder dit van die hitte en voeg 2 eetlepels botter by.
Keer die koue pap op ‘n werkoppervlak uit en sny dit in twee ewe groot blokke. Sit die een blok op ‘n oondpan of ‘n pan waarin hy net mooi pas, dit help dat die twee lae op mekaar bly, wat met botter of olyfolie gesmeer is. Skep driekwart van die sampioenmengsel op die pap en strooi ‘n hand vol kaas bo-oor. Sit die ander blok pap soos ‘n kors bo-op. Strooi die res van die kaas bo-oor en besprinkel met ‘n klein bietjie olyfolie.
Bak dit vir 30 minute by 180°C tot die bokant bros is. Sny die tert in skywe en sit dit saam met die res van die sampioensous bo-oor voor.
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: en so werk alles nie altyd soos dit moet nie!
Gelukkig is floppies die lekkerste!!!!!!!!! myne wou nie opmekaar bly toe hy begin bak nie maar die smaak was lekker!!!!!!!! ekt net minder tiemie in.

 




KNOFFELRING

Knoffelring

KNOFFELRING
Deeg:
2 eiers
25 ml olie
500 ml louwarm water
60 ml suiker
10 ml kitssuurdeeg
10 ml knoffelsout
knippie gemmer
5 x 250 ml koekmeel

Knoffeldoopsous:
125 ml margarien, gesmelt
2-3 knoffelhuisies, gekneus
10 ml knoffelsout
25 ml pietersielie
10 ml gemengde kruie
sesamesaad

Klits eier, olie, suiker en water.
Meng droë bestanddele. Maak deeg. Knie tot sagte deeg (5-10 min). Plaas in bak. Bedek.
Laat 60 min staan tot dubbel die groote. Vorm balletjies.
Smelt botter. Meng res van bestanddele by.
Doop elke balletjie in mengsel. Sit in oondbak. Bedek. Laat 15 – 30 min rys.
Bak 25-30 min by 180ºC of tot goudbruin. (heerlik saam sop of braaivleis.)

Geplaas deur Joyce Koen
Foto: Nella Kootstra




SPITBRAAI-WENKE

SPITtested

SPITBRAAI-WENKE
Begin die kook van die lam met die maagkant oor die vuur, maar draai die maag weg van die vuur se hitte aan die einde.
Braaityd is 2-3 ure, afhangend van die groote van die lam. Sodra die binne-temperatuur van die vleis 60 grade C behaal en die sappe pienk is, is die lam gaar.
Die bene vat die langste om gaar te word, plaas dus die kole in ‘n groter hoop onder die bene aan die begin en sprei hulle dan uit na die eerste halfuur se braai. Laat die vleis toe om vir 20 minute te rus voor dit gekerf word.

Bron: Rene Truter Wessels




GEBRAAIDE SPEENVARK

FLR BB with Heart
GEBRAAIDE SPEENVARK
Maak die speenvark goed skoon en weeg dit. Sny vier 7cm lange snye aan weerskante van die rugstring en ewewydig aan mekaar die die vel van die speenvark. Plaas dit op ‘n rooster in ‘n oondpan en smeer die hele oppervlakte met botter of vet. Sprinkel sout binne-in en bo-oor. Giet 500 ml kookwater in die pan en bedek die varkie met vetgesmeerde papier.

(Botterpapier, bruinpapier of aluminium foelie). Sit dit 15 minute lank in ‘n baie warm oond by 240ºC, verminder dan die hitte na 150ºC en laat dit bak tot dit gaar en bruin gebraai is.
Bereken die tyd teen 40 minute vir elke 500 g. Bedruip die vleis elke 15 minute met die vloeistof in die pan. Verwyder die papier nadat die vleis 2½ uur lank gebak het en borsel die oppervlakte met dik room. Dien dit op ‘n groot vleisskottel op met ‘n rooi appeltjie in die mond en versier rondom met aartappelnessies, gevul met appelmoes, en skyfies rooi appel.
Resep: Francois Van Der Schyff




BEESBOUD OP ‘N SPIT

tested
BEESBOUD OP ‘N SPIT
Mengsel om mee in te spuit:
2 kg botter
2,5 liter druiwesap
2 pakkies Aromat
4 teelepels peperkorrel pasta
6 vars lourierblare
1 bossie vars mint
1 bossie vars tarragon
6 teelepels gemengde kruie pasta
2 pakkies tamatiepasta
8 heel naeltjies
3 eetlepels knoffelpoeier
20 ml mosterdpoeier
10 ml roosmaryn
30 ml koljander
15 ml tiemie
½ koppie sout

Plaas die druiwesap en botter in ‘n groot pot en bring tot kookpunt.
Voeg res van die bestanddele by en roer tot sout opgelos het.
Kook vir 5 min. Laat oornag staan sodat die kruie kan trek.
Dreineer die mengsel die volgende dag deur ‘n sif.
Glaseersel:
200 g mintjellie
130 g heuning
125 ml Worcestersous
15 g vars peperwortel, fyn gerasper
1 teelepel tiemie
1 klein bottel OXO smeer of bovril
Verhit alles in ‘n potjie tot gesmelt, kook 5 min en laat afkoel.
Maak ‘n groot vuur in die kolebak (ek het 3 sakkies brikette gebruik om mee te begin).
Maak boud ordentlik vas op die spit en braai die boud tot 60ºC as jy met n vleis termometer meet, 12 cm in die dik vleis in.
Spuit die boud deeglik met die “spuit mengsel”, die hele mengsel word gebruik, daar moet niks oorbly nie (verhit die mengsel eers).
Braai nog ‘n uur en bedruip met glaseersel vir die volgende uur, gebruik dit ook op.
Maak die spit oop, vat die meeste kole weg en laat die spit steeds draai vir 30 min.
Sny dun skywe en bedien.
Wenke:
Maak die vuur vroeg dat die kole baie warm is wanneer jy die boud opsit.
Hou die vuur baie warm, anders kan die boud vrot word in die middel teen die been.
Sorg dat die boud ordentlik vas is, sodat dit nie afval tydens die gaarmaak proses nie.
Sorg dat die spit se motor groot genoeg is om die boud te kan draai.
Sorg vir genoeg brikette, ek het 11 x 5 kg briket sakke gebruik.
Hierdie is ‘n groot werk, moenie probeer as jy nie ondervinding van spitbraai het nie.
Resep: Piet Pompies




VLAKVARK-SPITBRAAI

FLR BB Anything goestested

VLAKVARK-SPITBRAAI

Dis my eie resep waarmee ek heel vlakvarke spit.
Hierdie mengsel is genoeg vir ‘n 4 kg boud:
170 g regte botter
7 g fyn swart peper
15 g knoffelsout
10 g Aromat herb sout
12 g steak en chop spice
200 ml appelsap en sout

Gooi alles in ‘n pot en bring tot kookpunt. Kook tot alles opgelos is.
Spit die boud vir 1 ½ uur.
Spuit die marinade in die boud in. Spit tot amper gaar.
Glaseer met appeljellie. Strooi hele boud met Aromat. Spit tot gaar.
Laat vleis rus en sny dan op.

BRON:  Piet Pompies




SOUS VIR SKAAPBRAAI-SPIT

SPIT

SOUS VIR SKAAPBRAAI-SPIT
1 ui
12 knoffel huisies
1 teelepel koljander
1 tteelepel heel naeltjies
1 teelepel peperkorrels
½ teelepel paprika
1 teelepel worcestorsous
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
1 knippie rooipeper
170 g sout
1 koppie asyn
2 koppie warm water

Meng asyn en water en los sout daarin op.
Meng res van die bestanddele by.
Bere in bottel vir 10 dae.
Wenk
Aangesien die sous vir 10 dae staan meng die geure en daarom kan die sous dan eers gebruik word.
Die sous kan ook in ‘n Sondag middag se skaapboud ingespuit word.
Bron: Estelle Bosman

Jacques Marianne Van Niekerk
Ek het eendag op n 21st skaap op die spit geeet. Die ou het net 2 Liter coke met ‘n hele botteltjie marmite gemeng en die skaap daarmee gespuit en dit was regtig lekker alhoewel ek my bedenkinge gehad het!

Rika Boshoff
Spit resep: 3 pakies french slaaisous(refill)
50 ml crushed knoffel
1 koppie olie
150 ml asyn
1 en half eetlepel gemengde kruie
half koppie water

Prut ‘n paar min. Voeg dan 4 suurlemoene met skil  en al by en nog 400 ml suurlemoensap.
By die vuur; genoeg growwe sout en nog 50 ml suurlemoensap en 500 ml kookolie. Verf met kwas terwyl jy braai.