SJOKOLADESOUS VIR FONDUE

SJOKOLADESOUS VIR FONDUE
1 blik caramel treat
250 ml vars room
100g donker sjokolade
5 ml vanilla geursel

Smelt alles saam oor medium hitte en laat kook vir so ongeveer 2 min.
Roer heeltyd terwyl dit kook.
Die sous raak dikker wanneer dit afkoel en wanneer dit heeltemal koud is kan jy dit vir ‘icing’ op ‘n sjokoladekoek of sjokolade cupcakes gebruik. Sooooo lekker!
Resep:  Louise Strydom

 




FONDUE IDEES EN ETIKET

FONDUE IDEES EN ETIKET
Foto 1: Petro Borchard:
Ons gebruik ‘n elektriese braaipan waarmee jy die hitte maklik kan beheer, geen gevaar van omval nie en genoeg spasie vir 8 mense met 5 vurkies elk om tegelyk hul kos te braai.
Elke person het ‘n groot bord en 3 klein bakkies waarin hulle souse van hul keuse kon skep (ons het kaassous, Korma kerriesous en sampioensous gehad).
Die items beskikbaar om te braai, beesfilet, redelike groot blokke sodat dit nie te gou oorgaar word nie, hoenderfilet blokkies, spekwors, gaar baba-aartappels, eiervrug en sampioene.
Daar was ook ‘n lekker Ciabatta en groot mengelslaai by bedien.
Louise Groenewald:
Ek hou baie van fondue! Ons het dit verskriklik baie gedoen in die 80’s. En dan het ons sommer tema aande saam met dit gehou. Wat is dan nou lekkerder as piekniekkombers op die mat en groot kussings vir almal om op om te val as die magies vol raak. Ons het altyd een van die potjies met witwyn gevul i.p.v. die olie.
Jou kos word ook heerlik gaar so, maar sonder die olierigheid. Ons het altyd repies steak, hoenderrepies, sampioene, gesnyde murgpampoentjies, worsies (enige soort), enige “nuggets”, calamari ringetjies, spekrolletjies met feta in (die feta loop nie uit nie).
Ons bedien ‘n slaai saam met die fondue en warm souse soos peper of sampioen.
Vir poeding het ons dik sjokoladevla gemaak en mashmallows daarin gedoop. Dis nie so ryk soos net sjokolade nie. En nee, fondue is nie outyds nie, ons doen dit nog gereeld. Vandag is daar natuurlik elegante elektriese stelletjies, maar die spirits brandertjie verleen tog ‘n spesiale sjarme aan so ‘n aand. En moenie die “strafdop” vergeet as jy jou vleisie in die pot verloor nie!
Lesdee Gloak Bam:
Ons het gisteraand “ge-fondue” saam met vriende. Blokkies hoender, verskillende worsies, spek, sampioene, gestoomde broccoli, blomkool, baba-aartappels met suurroom, pakkies van die hoender en vis met degie om, brooddeeg en verskeie gekoopte doopsouse.
My vriendin Cate het die “kaassous” (laktoosvry) gemaak deur knoffel, “nutritional yeast”, sojamelk en meel te meng en op te kook tot dik, net voor bedien, het sy ‘n botteltjie bier by die kaassous gevoeg en weer laat opkook, regtig baie lekker. (Sy het nie mates vir die sous nie, sy meng in soos sy goeddink)
Vir nagereg het ons aarbeie, piesangs, pere en marshmallows in sjokoladesous gedoop. Ek het 3 groot sjokolades gerasper, ‘n blikkie kondensmelk bygevoeg en in die mikrogolf verhit todat die sjokolade smelt, 250 ml room styf geklop en in die sjokolademengsel geroer.
Fondue etiket – Jan Salti Viljoen:
Geen “double dipping” nie, maw moenie ‘n happie vat en dan terugplaas in die olie nie.
Moenie direk vanaf die fondue vurkie eet nie, plaas die gebraaide stukkies kos op die bord voor jou en eet met ‘n aparte vurk uit jou bordjie.
Geen fonduevurk gevegte of kosstelery nie.
Wat gebeur as jou porsie in die fondue pot val? Julle kan self ‘n speletjie uitdink om die persoon te “straf”, bv die volgende fondue word by jou gehou in dien jy ‘n 2de keer die kos laat afval of jy moet die volgende rondte drankies skink of ‘n strafdrankie drink of vir almal poeding skep, enige iets om die aand pret te maak.
Alhoewel witwyn of selfs bier as drankie voorgeskryf word, dink ek ‘n mens moet ingedagte hou dat die idee geskoei is op die traditionele kaas fondue. Ons sal enige wyn en selfs vonkelwyn saam met ons fondue geniet.
Ons het steak, russians, garnale, hoender “pops”, pynappel, ertjies (kon nie aspersies kry nie), sampioene en tamatie vir die fondue gehad.




MELKKOS MET ‘N VERSKIL

kondensmelk melkkos
MELKKOS MET ‘N VERSKIL
My ma se resep!! Hy smelt behoorlik in jou mond!!
6 eiers
2 liter melk
125 ml koekmeel
125 ml suiker
125 ml vla poeier
2 ml sout
60 gr botter

Skei 6 eiers,  klits die wit tot styf en donsig hou eenkant. Meng 250 ml van die melk met die meel, vla, sout en suiker tot gladde pasta. Kook res van 2 liter melk tot begin skuim en opkook haal van plaat af sit die botter in.  Voeg een-een eiergeel by terwyl jy heeltyd klits. Plaas terug op stoof,  laat kook tot borrel. Klits pasta bietjie, bietjie in. Haal van plaat af vou die wit van eier in met ‘n metaal lepel, moenie die pap klits nie!!!!! Bedien met kaneelsuiker na smaak
Genoeg vir 4 mense-
BRON: Jeanette van Leeuwen




MAKLIKE MELKSNYSELS

melksnyselstested
MAKLIKE MELKSNYSELS
1 rol “pastry” deeg
1,5 liter melk
½ koppie suiker
1 teelepel sout
Pypkaneel

Bring melk en sout tot kookpunt.
Sny deeg in dun repies.
Plaas die deeg by die kokende melk en draai hitte af tot dit net prut.
Laat prut vir 15 minute en voeg suiker by en prut nog 5 minute. ( Onthou om gereeld te roer). Skep in bakkies en strooi kaneel oor.
BRON:  Christo Haughton.

 




AVOKADO, PIESANG EN PYNAPPEL MUFFINS

tested
AVOKADO, PIESANG EN PYNAPPEL MUFFINS
My eie resep – HEERLIK!!! 12 Muffins
½ koppie fyngedrukte piesang
½ kpoppie fyn pynappel (sonder stroop)
½ koppie gemengde neute gekap
60 ml gedroogte cranberries (opsioneel)
½ koppie sagte botter
2 eiers geklits
1 koppie bruinsuiker
2 koppies Bruismeel
1 koppie Nutty wheat
60 ml semels
1 teelepel bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels vanilla geursel
2 ml sout
Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei medium groot muffin pan met 12 gate voor.
Maak al die vrugte fyn en meng saam. Sit eenkant neer.
Meng die meel, nutty wheat, semels, bakpoeier, koeksoda, en sout saam en sit eenkant.
Room die botter en suiker goed saam en voeg geklitste eiers by. Meng goed. Voeg die vrugte mengsel by, meng goed.
Voeg die meelmengsel geleidelik by en meng goed. Skep in muffinpan en bak vir 30-35min tot gaar en toetspen skoon uitkom.
LEKKER KLAM EN BROS!!!!
RESEPen FOTO : Rina Kleinhans




CAPPUCCINO CHOCOLATE CHIP MUFFINS

cappuccino muffins - regina
CAPPUCCINO CHOCOLATE CHIP MUFFINS
2 cups flour
½ cup sugar
2 ½ teaspoons baking powder
½ teaspoon cinnamon
½ teaspoon salt
1 large egg (room temp)
1 cup milk (room temp)
½ cup butter, melted and cooled
3 heaped teaspoons good quality coffee powder, dissolved in 50 ml boiling water, cooled
1 teaspoon vanilla essence
¾ cup chocolate chips
Preheat oven to 200 ºC. Spray a 12 cup muffin tin with cooking spray. For bigger muffins, spray 8 of the cups.
In a large bowl, whisk together the flour, sugar, baking powder, cinnamon and salt.
In a medium bowl, whisk egg lightly. Whisk in milk, melted butter, coffee mixture and vanilla essence.
Make a well in centre of dry ingredients and pour in milk mixture. Stir just until evenly blended. Stir in chocolate chips.
Divide batter among 12 or 8 greased muffin cups. Bake18 – 20 minutes, or until a cake tester inserted in centre of muffin comes out clean.
Makes 8-12 muffins.
Nota:
* Ek het 100 g slab donker choc gebruik, opgekap, i.p.v. choc chips
* Ek het Nescafè koffie gebruik-

Resep:  Louise Groenewald
Foto:  Regina Strydom




CUPCAKES-VANILLA OF SJOKOLADE

SJOKOLADE CUPCAKEStested

CUPCAKES-VANILLA OF SJOKOLADE
Resep en foto:  Jeanette van Leeuwen
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my resep, dis flopvry en regtig heerlik. Maak ± 50 middelslag cupcakes.
4 jumbo eiers
300 ml strooisuiker
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
280 ml melk
125 g botter
5 ml vanilla geursel

Klits eiers en suiker tot lig en donsig.
Sif meel, bakpoeier, sout saam en vou by eiermengsel in, moenie klits nie.
Verhit melk en botter maar moenie kook nie, roer vanilla by en voeg nou by meelmengsel en vou in.
Skep die beslag in papierkoppies en bak op 180ºC vir 15 min.
Versiersel:
100 g sagte regte botter
500 ml versiersuiker
5 ml vanilla geursel
20 ml melk, indien nodig
Klits botter tot sag, voeg suiker by en klits tot smeerbaar. Voeg kakao (indien sjokolade kolwyntjie) en geursel by en meng. Versier soos verlang.
Nota: As julle sjokolade kolwyntjies wil maak, vermeerder die melk na 300 ml en voeg 60 ml kakao by. So ook die versiersel, 60 ml kakao word bygevoeg.




WORTEL EN PYNAPPEL CUPCAKES

pineapple_cupcakes
WORTEL EN PYNAPPEL CUPCAKES
750 ml koekmeel
500 ml strooisuiker
5 ml sout
7 ml koeksoda
1 klein blikkie crushed pynappel, met stroop
500 ml grofgerasperde wortels
4 eiers
375 ml kookolie
5 ml vanilla geursel
125 ml klapper, opsioneel

Sif meel, suiker sout en koeksoda saam.
Voeg pynappel, wortels, eiers, olie en geursel by en meng goed.
Voeg klapper by en meng. Skep in kolwyntjie panne wat met spray n cook gespuit is ( so driekwart vol).
Bak vir 30 – 35 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat staan vir 5 minute in pannetjies en keer uit.
Versier met maaskaas versiersel-

RESEP:  Anet Grove




RIANA SE SAVORY MUFFINS

SAVOURY MUFFINS RIANA
RIANA SE SAVORY MUFFINS
Resep en foto: Riana Du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml rooi peper
10 ml ‘mixed herbs’
10 ml gedroogde pietersielie
60 ml botter, gesmelt
1 ½ koppie karringmelk
1 eier
1 koppie kaas, gerasper
3 viennas, gerasper (spek sal ook werk)

Sif al die droë bestanddele saam, kaas en viannas ook.
Meng karringmelk, botter en geklitste eier en meng saam met meelmengsel.
Roer deur en skep in muffin pannetjies (ek sprinkel bietjie paprika bo-oor).
Bak vir 15 – 20 min by 220°C.




RED VELVET CUPCAKES WITH BUTTERMILK

red velvet cucakes

RED VELVET CUPCAKES WITH BUTTERMILK
Trendy and different these cupcakes are quite a talking point!
250 g unsalted butter, softened
400 g light brown sugar, packed (500 ml)
15 ml vanilla extract
15 ml red food coloring
5 ml white vinegar (or other mild vinegar, such as white balsamic)
280 g cake flour (500 ml)
20 g unsweetened cocoa powder, sifted (60 ml)
10 ml bicarbonate of soda
3 ml salt
250 ml buttermilk or natural yoghurt
6 large eggs
For Icing
1 x batch Cream Cheese Icing

Preheat oven to 180ºC/160ºC fan/Gas Mark 4. Line two 12-cup muffin tins with paper or foil liners.
In large mixing bowl of an electric mixer, beat the butter and sugar until fluffy.
Mix in vanilla, food coloring, and
In a large bowl, sift the flour, cocoa powder, bicarbonate of soda, and salt. Use a fine mesh sieve to ensure no little spots of cocoa powder in the finished product.
Add the flour mixture to the butter mixture, alternating with buttermilk and beating in between.
Beat in eggs.
Fill lined muffin cups about 3/4 full. Getting the cupcake batter into the muffin cups is always a challenge. Use a measuring cup to pour the batter into the cups, or use a metal ice-cream
Bake for 15-18 minutes, or until a toothpick inserted into the center of a cupcake comes out clean. Place on wire racks and cool
Ice each cupcake with a generous amount of Cream Cheese Icing and dust with your favourite sprinkles.
Makes 2 ½ dozen
Tips
Bake mixture in 1 x Bundt pan which has been well greased and lined with baking paper on the base, grease the paper again. Bake at the same temperature for 60 – 65 minutes. Allow to cool in the pan slightly, turn out and allow to cool before icing.