LEKKER SAGTE MARGARIEN

tested

LEKKER SAGTE MARGARIEN
Neem 500 gm margarien
1 koppie koue water
1 koppie olie
1 teelepel sout

Laat die margarien sag word (nie in die son of mikrogolf nie) As dit sag genoeg is voeg die bestandele by en klits goed met elektriese klitser.
Jy sal 1kg. margarien kry. Dit kan net nie vir koekbak gebruik word nie. Dit is altyd sag om te smeer.
Geplaas deur Delene Lange Mostert
Foto:  Jane Lerm




VERMEERDER JOU SKOTTELGOEDSEEP

FLR BB with Heart

VERMEERDER JOU SKOTTELGOEDSEEP
400 g waspoeier
500 ml kookwater
750 ml vloeibare skottelgoedseep
250 ml brandspiritus
250 ml suurlemoensap
5 liter koue water

Voeg die waspoeier by kookwater en roer dit tot ‘n pasta. Laat afkoel. Los die skottelgoedseep, brandspiritus en suurlemoensap in die koue water op. Voeg die waspoeierpasta by en roer tot dit goed gemeng is. Bottel die opwasmiddel en verseël dit.




WASMENGSEL VIR KOMBERSE

FLR BB Anything goes
WASMENGSEL VIR KOMBERSE

Vermeng
675g waspoeier
250 ml brandspiritus
20 ml bloekomolie
Bewaar dit in ‘n digte houer. Los ‘n koppievol van die seepmengsel in ‘n bad water op en week vuil komberse ‘n rukkie daarin.
Druk-druk die komberse dat dit goed deurweek kan word. Spoel komberse in skoon water uit en hang dit op om droog te word.
Nota: Die bloekomolie in die mengsel laat nie net die komberse skoon en vars ruik nie, maar verdryf ook silwermotte.

Kosmater

 




VIR VERKOUE EN GRIEP

colds and flu

VIR VERKOUE EN GRIEP
Brongitis!!
Trek 4 skyfies vars gemmerwortel saam met 4 skyfies knoffel vir 40 min op die stoof. Drink die aftreksel 3 x per dag. Dit is ‘n natuurlike anti-inflammatoriese asook ‘n natuurlike anti-biotiese drankie. Voeg ‘n bietjie heuning en suurlemoen by. Dit is glad nie sleg nie. Smeer jou bors met gemmerolie. Drink 6 tablette vitamine C, 3 x per dag. Neem ook baie vitamine B en A in asook sink wat uitstekend is om jou weerstandsvlakke te verhoog.

Vermy alle suiker en gaskoeldranke. Suiker breek kalsium af, wat lewensbelangrik is vir jou immuniteitsvlakke. Gaskoeldranke bevat soda wat gemaak word van koolsuurgas, wat ‘n afvalproduk is van suurstof. Dit verdryf suurstof in jou liggaam en gee sodavergiftiging wat direk aanleiding gee tot blaas, urien, prostaat en nierpypontsteking. My ma het altyd ‘vicks’ op ‘n groot stuk watte gesmeer, op ons bors gesit en ons bed toe gejaag. Die anderdag more was jy baie beter!

 




SUID-AFRIKAANSE FONDUE

fondue

SUID-AFRIKAANSE FONDUE
1 huisie knoffel
250 ml wit wyn of bier
500 ml beleë cheddar
15 ml maizena in ‘n pasta met bietjie wyn of bier
1 ml gerasperde neut
1 ml rooipeper
15 ml aangemaakte mosterd

Smeer binnekant van ‘n vuurvaste pot met knoffel en gooi wyn in, bring tot kookpunt, voeg kaas geleidelik by en roer gedurig, voeg maizena en geurmiddels by.
Verhit stadig, (moet nie laat dit kook nie!) tot kaas gesmelt het.
Hou warm in ‘n fondue pot oor ‘n vlammetjie, doop blokkies franse brood daarin.
As jy wil kan jy die Cheddarkaas met helfte Emmerthal en helfte Gruyere vervang.
Bron: Martie Fourie Moolman

 




OLIE FONDUE MET VARIASIE VAN SOUSE


OLIE FONDUE MET VARIASIE VAN SOUSE
1 kg filet, in blokkies gesny
Olie vir die fondue pot

Ansjovis sous:
¾ koppie mayonnaise
puree van 80 g gedreineerde ansjovis
1 geskilde knoffelhuisie, fyn gekap

Peperwortelsous:
¾ koppie mayonnaise
2 eetlepels peperwortel sous

Tamatiesous:
¾ koppie mayonnaise
2 eetlepels tamatiepasta
2 teelepels warm peper sous

Kerriesous:
2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel Dijon mosterd
2 teelepels bruinsuiker
1 eetlepel gerasperde ui
6 eetlepels mayonnaise
6 eetlepels gewone jogurt

Meng elke individuele sousie in ‘n aparte bakkie.
Plaas die vier souse op die tafel vir gaste om te gebruik tydens die fondue.
Verhit die olie op die stoof en sit dit op die fondue brander.
Verdeel dan die opgesnyde vleis tussen die gaste. Gee elke gas ‘n lang fondue vurk.
Elke gas kan dan sy vleis na eie smaak gaarmaak en besluit hoe lank dit in die olie moet braai.
Stuur die souse rond. Baie populêre resep.
‘n Fondue is altyd ‘n ware treffer met gaste.

 

 




BAR ONE SOUS

tested

BAR ONE SOUS
3 Bar One’s in stukkies gebreek
397 g (1 blik) kondensmelk
250 ml room
2 ml vanilla geursel
Verhit die Bar One’s en kondensmelk saam in ‘n glas bak oor kookwater of in die mikrogolf. Roer gereeld tot sjokolade gesmelt het. Moenie kook nie. Verwyder van die hitte en roer room en vanilla by. Bedien warm.
Maak ongeveer 500 ml sous.
BRON: Charlotte Verwey da Silva




GYPSEY SAUCE


GYPSEY SAUCE
6 tablespoons tomato sauce
4 tablespoons oil
2 tablespoons mustard ( I used powered)
1 onion chopped finely
2 teaspoons parsely (fresh or dried)
Salt and pepper

Mix everything for a lovely sauce.
Recipes:  Gillian Logan Bredenhann




AVOKADO DIP – FONDUE


AVOKADO DIP – FONDUE
1 avokado
1 ui fyn
Mayonnaise en blatjang na smaak.
Meng alles goed.

Resep:  Estelle Campher

IDEE
Ons maak ‘n vetkoek deeg aan. (net nie al 6 koppies nie). Dan rol elkeen sy eie bolletjies en bak dit ook in die olie. Dis nogal gewild.




FONDUE DIP

tested

FONDUE DIP
1 blik kondensmelk
½ koppie asyn
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels droë mosterd
halwe koppie mayonnaise

Klits alles goed saam.
heerlik!!
RESEP:  Jacques Gericke