TUNA- EN ASPERSIEGEREG

TUNA- EN ASPERSIEGEREG
1 blik tuna gedreineeer (hou die vloeistof)
1 blik aspersies gedreineer (hou die vloeistof en meng met die van die tuna)
Meng nou die tuna en aspersies in ‘n bak.
Maak witsous met:
4 eetlepels koekmeel
4 eetlepels botter
vloeistof van die tuna en aspersies,
melk indien nodig.

Jy kan nog melk ook byvoeg as die sous te dik is. Geur met sout en peper na smaak. Rasper nou lekker cheddarkaas daarby.
Meng nou die tunamengsel met die witsous en meng goed. Sit voor deur vir elke persoon se deel in ‘n slaaiblaar wat in ‘n bakkie/kelkie of witbordjie geplaas is, te skep.

Dit is vinnig, maklik en HEERLIK!!! Die geure van die Tuna en aspersies saam is ‘n heel nuwe en wonderlike smaak!
Selfs mense wat nie aspersies eet nie is mal daaroor!!

Resep: Marietjie Schoeman




KAMMA KREEF MET MAYONNAISE

KAMMA KREEF MET MAYONNAISE
1,5 kg Stywe witvis
1 ui, gekap
sout en peper na smaak
avokado, in skywe gesny, met suurlemoensap bedrup
blaarslaai en pietersielie vir garnering

Sny die vis in klein vierkantige blokkies, stoom dit gaar met min water
Sorg dat die blokkies nie breek nie
Meng die vis met ui, sout en peper (gebruik ‘n vurk)
Voer ‘n glasbak met slaaiblare uit.
Meng mayonnaise met die vis, en skep op die slaaiblare.
Plaas ‘n skyfie avokado op en garneer met pietersielie


Mayonnaise:
250 ml tamatiesous
12,5 ml worcestersous
‘n paar druppels Tabasco (opsioneel)
10 ml sojasous
250 ml mayonnaise
sout na smaak
5 ml asyn
5 ml suurlemoensap gemeng met 5ml suiker
Meng al die bestanddele deur deeglik te klits
Verkoel voor gebruik.

Marietjie Schoeman




HADDOCK VOORGEREG

FOOD IS ESSENSIAL

HADDOCK VOORGEREG
2,2 kg haddock
1 desertlepel gelatine
½ koppie kookwater
1 teelepel gerasperde ui
1 koppie salonaise
¼ koppie kouewater

Kook en ontsout die vis. Los die gelatine in die kouewater op en voeg die kookwater by. Meng met die gevlokte vis en uie.Plaas in `n bak, maak gelyk sodat dit die bulte is wat jy graag die blokkie sou wou he as jy dit in blokkies sny. Verkoel in yskas.


SOUS:-
½ teelepel fyn ui
1 teelepel gekapte pietersielie
2 teelepels gekapte agurkie
1 teelepel suurlemoensap
1 koppie salonaise
Meng alles goed saam. Plaas nou `n blokkie van die vis op `n slaaiblaartjie, skep van die sous oor en dekoreer met agurkie en getwiste suurlemoenskyfie.
SO MAKLIK EN TOG SO HEERLIK EN DAN LYK DIT OOK NOG SPOGGERIG SO OP `n SHELL SKULPIE
Resep: Louisa Prenzler

 




AVOCADO AND SMOKE SALMON PATE

AVO'S

AVOCADO AND SMOKE SALMON PATE
2 Avocados, halved and stoned (vlesige tipe avo’s, nie waterig)
4 hard boiled eggs finely chopped
150 – 200g smoked salmon chopped
2 tablespoons white wine
1 fresh garlic clove, crushed
1 teaspoon finely grated lemon peel
8 tablespoons cream cheese (salmon or plain flavour)
Squeeze of lemon
Large pinch of Ina Paarman seasoned salt
parsley to garnish.
Serve on a plate of green salad with 4 lemon wedges.

Scoop out the avocado flesh carefully, reserving the intact skins.
Put all the ingredients in a blender and blend until smooth.
Spoon the mixture back into the avocado skins, garnish with parsley.
Serve in 4 individual dishes on top of the prepared green salad and wedge of lemon.
As jy gewone sout gebruik, voeg bietjie swart peper by.
Resep:  Louise Groenewald




AVOKADO- EN TUNAVORM

AVOKADO- EN TUNAVORM
Kors:
1 pak Bacon Kipp’s fyngerol
Strooi ‘n dun lagie en druk goed vas.
Tunalaag:
2 x 200g blikkies tuna in water
300 ml mayonnaise
1 klein gerasperde ui
speserye en knoffel vir geur
10 ml gelatien

Los gelatien op in bietjie water en meng met tuna. Skep op dun korslagie en laat stol in yskas.
Strooi weer ‘n laag krummels.

Avokadolaag:
2 groot avokadopere – sprinkel bietjie suurlemoensap oor
1 pakkie suurlemoenjellie
swartpeper
10 ml gelatien opgelos in 250 ml kookwater
Maak avos fyn en meng met aangemaakte suurlemoenjellie. Los gelatien op en meng met die res van die bestanddele.
Skep die mengsel oor die krummels en sit in yskas om te stol.
Strooi weer ‘n laag krummels.
Maaskaaslaag:
2 x 250 g maaskaas (geur van jou keuse)
10 ml gelatien.
Los die gelatien op in die water en roer dit by die maaskaas. Skep op die krummellaag en laat stol.
Gebruik ‘n losboomkoekpan en voer uit met bakpapier
Plaas in yskas om goed te stol, ontvorm voor gebruik
Resep geplaas deur Dalene Brits




DUITSE WARM AARTAPPELSLAAI

tested

DUITSE WARM AARTAPPELSLAAI
5 – 6 aartappels, gekook in skil
½ koolkop, gekook tot gaar maar nie pap
1 ui, gerasper
fyn spek, gebraai
sout, peper en asyn, na smaak

Skil aartappels en sny in blokke.
Meng dan die kool en gerasperde ui hierby in.
Daarna die gebraaide spek.
Voeg jou sout, peper en asyn by na smaak.

Resep geplaas deur Lena Smit




ERTJIESLAAI

ERTJIESLAAI

ERTJIESLAAI

2 blikke KOO ertjies
½ ui, fyn gekerf

Maak aan met gewone mayonnaise, soveel as wat jy van hou. Ek het die nuwe Excella Wonder whirl gebruik, dit was sooo lekker dik en yummy.
Jy kan enige iets daar by meng soos heel pit mielies, pepper dew fyn gesny vir bietjie byt.

Resep geplaas deur Vanessa Fourie Willemse




RINA SE BROCCOLI EN AVO SLAAI

163654_10150109541984460_536844459_7335387_3372172_n
RINA SE BROCCOLI EN AVO SLAAI
(baie baie lekker)
2 koppies gesnipperde broccoli
1 koppie gesnipperde rooi ui (wit ui werk ook)
½ koppie pitlose rosyne
½ koppie okkerneute
1 avokadopeer
Meng bostaande bestanddele saam en gooi volgende sous oor:

SOUS:
2 Eetlepels rooi wyn asyn of druiwe asyn
¾ koppie mayonnaise
½ koppie suiker
Meng baie goed.
Genoeg vir 6 mense.
Cranberry kan bygesit word vir mooi kleur.
Bron: Rina Kleinhans




INDIESE RYSSLAAI MET PERSKE

INDIESE RYSSLAAI MET PERSKE
500 ml gaar rys
1 ui, geskil en fyngekap
25 ml blatjang
1 klein blik perskes, in blokkies gesny
125 ml kondensmelk
37.5 ml suurlemoensap
12,5 ml kerriepoeier (matig)
250 ml mayonnaise
sout

Dreineer die perskes. Meng kerriepoeier en suurlemoensap.
Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur.
Laat staan oornag in yskas en dien op.

Nota:  Hier is ‘n beter foto. Die sous het maar ‘n bietjie baie gelyk – toe roer ek maar nog ‘n paar lepels rys by. Die koljander het die smaak baie mooi afgerond. Dis ‘n baie lekker slaai hierdie!

Foto en kommentaar: Wayne Dugmore




BASILIEKRUID SLAAISOUS

franse slaaisous
BASILIEKRUID SLAAISOUS
1 ½ koppie vars basiliekruid blare (basil)
12 knoffel huisies gekerf
½ koppie olie, ek gebruik canola olie, maar jy kan olyf olie gebruik
2 koppies water
3 koppies mayonnaise ( cross and blackwell)
2 teelepels sout
3 teelepels suiker
Swart peper
bietjie asyn
Sit alles in ‘n versapper en versap! Die resep maak redelik baie, so jy kan dit maklik halfveer.
Sout, peper en suiker kan jy aanpas na smaak!
Ek giet dit in botteltjies, dit hou baie goed in die yskas.
Heerlik oor slaaie en gebruik dit ook oor pasta
Resep en foto: Tanya Rossouw