KARAMELSOUS

CARAMEL SAUSE
KARAMELSOUS
250 ml bruinsuiker
50 g botter
250 ml melk
25 ml vlapoeier
1 ml sout
5 ml karamelgeursel

Karamelliseer bruinsuiker ne botter effens tot dit begin bruin word.
Verwyder van hitte en voeg 200 ml verhitte melk geleidelik by. Roer tot suiker opgelos is.
Meng vlapoeier, sout en orige melk tot gladde pasta en voeg by melk.
Verhit tot mengsel begin kook en verdik. Kook sowat 3 minute.
Verwyder van hitte. Voeg geursel by

Resep: Retha so maak mens




HEERLIKE WAFELS

HEERLIKE WAFELS
(ongeveer 7 wafels)
250 ml koekmeel
10 ml suiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
2 meduim eiers geskei
150 ml melk
25 ml olie

Sif die droë bestanddele saam. Klits die eiergele, melk en olie saam en roer by die droe bestanddele in.

Klits die eierwitte styf en vou in die besag in. Skep die beslag in ‘n verhitte gesmeerde wafelpan, maak gelyk, moenie teveel beslag in sit nie, die beslag borrel maklik uit. Bak die wafels tot goudbruin.
Sit voor soos verkies met gerasperde kaas of met stroop.
VARIASIE
Sit 125 ml gerasperde kaas, bietjie gerasperde ui en 5 ml droë pietersielie by jou beslag, dan het jy ‘n heerlike ligte ete.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Elizabeth Haupt




BASIESE WAFELS

 


BASIESE WAFELS
2 x 60 g eiers, geskei
2 teelepels suiker
¾ koppie melk
½ koppie water
1 teelepel vanilla
¼ teelepel sout
2 koppies  (300 g) bruismeel
2 eetlepels maizena
80 g gesmelte botter of margarien

Klits eiergele en suiker saam, voeg melk, vanilla en water by.
Sif droë bestanddele saam, voeg eiermengsel en botter by.
Klits.
Vou styfgeklitste eierwitte in.
Laat staan 10 minute en gebruik ½ koppie deeg per wafel.

Resep geplaas deur Adèle Van Zyl Filmalter
Foto: Stien Rust




SKILFERKORSDEEG

skilferkors deeg

SKILFERKORSDEEG
Hoewel tydrowend, bly dit maar lekker. Dit vertoon ook baie aantreklik as dit op ‘n pastei gebruik word. Dit is uiters belangrik om die bestanddele en die werkvlak koel te hou en om die deeg egalig uit te rol sonder dat dit gerek word. Maak die deeg ‘n dag voor die tyd sodat dit voor gebruik goed kan rus.
280 g (500 ml) koekmeel
2,5 ml sout
250 g koue botter
125 – 150 ml yskoue water
5 ml vars suurlemoensap

Stap vir stap skilferkors
Stap 1: Sif die meel en sout saam in ‘n groot mengbak. Vryf 30 ml van die koue botter in meel. Voeg net genoeg yswater, gemeng met suurlemoensap, by om bestanddele te laat kleef.
Stap 2: Knie en vorm in ‘n vierkantige, plat stuk deeg. Draai toe in kleefplastiek en plaas in die yskas vir 1 uur.
Stap 3: Verwyder die res van die koue botter uit yskas. Plaas botter tussen twee lae kleefplastiek of in ‘n plastieksakkie. Druk dit met rolstok platter, en rol dit dan met ‘n meelbestrooide rolstok uit tot ‘n vierkant van 150 mm x 150 mm.
Stap 4: Rol deeg uit tot ‘n vierkant van 250 mm x 250 mm. Maak seker die vorm is netjies om jou taak later te vergemaklik.
Stap 5: Plaas botter in die middel van die deeg en vou die deeg bo-oor die botter om dit “toe te draai”. Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Stap 6: Vou in drie: Vou die onderste derde van deeg boontoe, en die boonste derde ondertoe. Seel rande, draai toe in kleefplastiek, en verkoel vir 30 minute.
Stap 7: Rol weer uit. Vou weer eens in drie, soos hierbo beskryf. Herhaal die uitrol-en-vou-proses sewe keer.
Stap 8: Verkoel deeg tot benodig. Rol deeg uit, bedek pastei en plaas terug in die yskas vir 30 minute voor dit gebak word.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200° C vir 20 – 25 minute tot goudbruin en uitgerys.

 




SEEKOS POTJIE


SEEKOS POTJIE
Hou vis se kort gaarmaaktyd ingedagte en dat dit bederf word deur dit oorgaar te maak. Sorg dat die kole laag bly en moet nooit toelaat dat die inhou van die potjie vinnig kook nie.

30 ml botter
300 g calamari ringe
1 rooi- en 1 groen soetrissie, ontpit en in skywe gesny
varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ½ koppies rou wit of bruin rys
750 ml vis of hoender aftreksel
1 kg visfilette, in porsies gesny
300 g knopiessampioene, in skywe gesny
2 ml droe origanum
400 g mossels in skulpe
30 ml olyfolie
2 groot uie gekap
3 knoffelhuisies gekneus
5 ml sout
5 ml paprika
250 ml bier
2 ml borrie
500 g garnale, onthaar en afgedop
250 g ertjies
2 ml droe gemengde kruie

Verhit die botter en olie in ‘n gietyster pot en soteer die calamari sowat 2 min totdat dit ondeursigtig is. Haal uit die pot en hou eenkant. Plaas die uie, soetrissies en knoffel in die pot en soteer tot die uie deurskynend is. Geur met sout, peper en paprika. Roer die rys by. Verhit die aftreksel, bier en borrie. Pak die visporsies, calamari, garnale en sampioene in lae op die bestanddele in die pot en giet die verhitte vloeistof oor. Sit die deksel op en laat omtrent 30-45 min of tot die rys gaar is, stadig prut. Voeg ertjies, origanum en gemengde kruie by en sit weer die deksel op. Laat prut nog 5-10min.

 

 




HEERLIKE, MAKLIKE VISGEREG

tested

HEERLIKE, MAKLIKE VISGEREG
(4-6 porsies)
500 g gaar gevlokte vis (haddock, snoek of stokvis)
1 groot pak chips, fyn gedruk (sout en asyn of smoked beef)
Witsous:
250 ml melk
25 ml koekmeel
25 ml botter/margarien
1 koppie gerasperde kaas

Smelt botter, roer koekmeel in, en voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend roer. Wanneer sous rukkie gekook het en verdik het, haal van die stoof af en voeg die die kaas by.
Die vis moet net-net gaar gekook wees. Voer ‘n plat, 2 liter bak uit met ‘n laag chips. Hou ‘n bietjie chips om bo-oor te gooi. Meng die vis, witsous en res van die chips en skep egalig bo-op die laag chips in die bak. Strooi nou ‘n lagie chips bo-oor. Bak in oond vir 30 min by 180°C. Bedien saam met ‘n lekker groen slaai.
Gideon Louw:
Soos belowe, het ek die onderstaande resep gemaak. Het ook ‘n verandering gemaak volgens my smaak.
Ek het ‘n halwe ui fyngekap, 6 sampioene in skyfies gesny, minder as ‘n kwart van elk rooi, geel en groen soetrissies in blokkies gesny en ‘n teelepel knoffel saam gebraai met om en by 5 eetlepels sweet chilli sauce. Het ook dan Mexican Chillie chips gebruik, asook kaas oor gerasper.
Eerste foto:  Petré van Jaarsveld
Tweede foto: Gideon Louw
Ek bly maar lief vir die vis / chips gereg was heerlik vir aandete saam met ‘n mengelslaai wat bestaan uit:
gekapte kropslaai
gekapte groen soetrissie
stukkies pynappel
gekapte rooi uie
gekapte rooikool
stukkies komkommer
Alles gemeng saam met ‘n bietjie sweetchillie sous.




SHAKER SOUTTERTJIES

tested

SHAKER SOUTTERTJIES
Hierdie is ‘n maklike handtertjie met groooot verskeidenheid!! Nog ‘n bonus is, min skottelgoed.
Beslag:
125 ml melk
75 ml kookolie
200 ml koekmeel
2 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
Plaas die bestanddele in ‘n tupperbak met deksel of ‘n “shaker”. Skud die bestanddele goed saam en voeg die beslag in gespuite klein kolwyntjie panne (groot kolwyntjiepanne kan ook werk, jy kry net minder tertjies uit).
Plaas vulsels van eie keuse in die beslag.
Bak by 180°C vir ± 30 minute of tot goudbruin.
Vulsels:
Stukkies spek, uie, pietersielie, kaas en bietjie blatjang.
Boeliebeef, uie, kaas, pietersielie en blatjang.
Tuna, ui, kaas.
Net kaas.
Oorskiet hoender, vleis, of maalvleis.
Basies enige iets wat jy aan kan dink wat lekker gaan smaak in ‘n souttertjie. Eksperimenteer en deel lekker nuwe idees. Jy kan die beslag ook in een groterige bak voeg en die vulsel van jou keuse gebruik, bak en in blokkies sny.
Resep: Winnie Jordaan

 




TAMATIE-EN-KAASPASTEITJIES

mini--tomato-cheese-open-pie
TAMATIE-EN-KAASPASTEITJIES
Porsies: 14-16
2 x 200 g-rolle blaardeeg, ontdooi
1 x 410 g-blik Italiaanse geur tamatiesmoor
100 g/250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 eier, geklits
2 ml sout
10 ml gedroogde origanum
vars origanumblare vir garnering
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer kolwyntjiepanne met botter of margarien.
Rol die blaardeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels uit wat groot genoeg is om in die holtes van die pan te pas.
Plaas die deegsirkels in die holtes van die gesmeerde panne.
Meng die tamatiesmoor, kaas, eier, sout en origanum en skep lepelsvol op elke deegsirkel.
Bak die tertjies ongeveer 20 minute lank tot ligbruin.
Sit louwarm voor en garneer met varsgekapte origanumblare.
Variasie:
Die tertjies kan ook in groter panne gebak word. Dit kan dan as ligte ete met ‘n groenslaai voorgesit word.

BRON: Molly-Ann Underwood Schmidt
FOTO: hog roast pig




TUNA SAMPIOENPASTEI


TUNA SAMPIOENPASTEI
Porsies: 4
Vulsel
15 ml botter of margarien
1 ui, gekap
2 x 170 g-blikke tuna in water, gedreineer
250 g sampioene, skoongevee en gekap
1 x 70 g-pakkie sampioensoppoeier
15 ml mielieblom
250 ml melk
10 ml gedroogde pietersielie
5 ml gemengde kruie

Kors
1 x 200 g-rol blaardeeg
1 eier, geklits
50 g/125 ml gerasperde Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n bakplaat met botter of margarien.
Smelt die botter of margarien in ‘n kastrol en soteer die ui ongeveer 5 minute. Voeg die tuna en sampioene by en laat goed warm word.
Maak die sampioensoppoeier en mielieblom aan met die melk en roer by die tunamengsel. Prut ongeveer 3 minute.
Voeg die pietersielie en gemengde kruie by en laat afkoel.
Rol die blaardeeg langwerpig op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vulsel in die middel van die blaardeeg.
Smeer geklitste eier aan die kante van die deeg en vou die pastei toe.
Druk die deeg effens vas en sny kepe bo-op die pastei.
Smeer weer geklitste eier oor die hele pastei en strooi kaas oor.
Plaas die pastei op die bakplaat en bak ongeveer 30 minute tot ligbruin. Plaas dit op ‘n dienbord, sny in skywe en sit voor met Pikante aartappelslaai en ‘n Griekse slaai.

Molly-Ann Underwood Schmidt




SAMPIOEN EN VARKVLEIS WORSROLLETJIES

varkvleis rolletjiestested
SAMPIOEN EN VARKVLEIS WORSROLLETJIES
30 ml olie
400 g sampioene, fyn gekap
400 g varkmaalvleis
6 sprietuie, fyn gekap
2 eiers
250 ml vars broodkrummels
125 ml gekapte pietersielie (opsioneel)
sout en varsgemaalde swartpeper
3 rolle gekoopte blaardeeg, ontdooi
30 ml sesam- of papawersaad
soet brandrissiesous (opsioneel

Voorverhit die oond tot 180°C.
Verhit die olie in’n braaipan en braai die sampioene tot al die vloeistof weggekook het.
Voeg die maalvleis by en roerbraai dit tot gaar. Voeg die sprietuie by en braai dit nog ‘n paar minute. Laat dit afkoel.
Voeg een eier, die broodkrummels en pietersielie by en meng goed. Geur dit met sout en peper.
Klits die ander eier liggies. Verf die rande van elke vel deeg met geklitste eier en sny die deegvelle in die helfte. Verdeel die vulsel eweredig tussen die deegvelle.
Vorm die vulsel in ‘n wors op die een lang sy van elke deegvel en rol dit op. Druk dit goed vas.
Verf die rolle met geklitste eier, strooi die sesam- of papawersaad 00r en sny elke rol in 8 kleiner rolletjies.
Rangskik dit op gesmeerde bakplate. Bak dit 20 minute of tot goudbruin.
Variasie : Vervang die varkvleis met hoendermaalvleis.
Adele Van Zyl Filmalter
Foto:  Adam Cloete