SAMOOSA-DEEG

SAMOOSAS
SAMOOSA-DEEG
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies koekmeel
1 teelepel sout
4 eetlepels gesmelte botter
¾ koppie koue water, meer as dit nodig is

Voeg gesmelte botter, sout en meel bymekaar, meng goed.
Voeg die helfte van die water stadig by en meng met jou hande.
Hou die res van die water, of om meer by te voeg, totdat ‘n sagte, gladde deeg vorm.
Knie die deeg vir 10 minute, of in ‘n menger vir 5 minute.
Laat staan in ‘n liggies geoliede bak, bedek, totdat gereed vir gebruik. Breek golf bal grootte rondes van die deeg, rol in ‘n 6 “sirkel in die helfte gesny, die lengte met jou vinger liggies vee die reguit rand van die half-sirkel met water en vou oor, druk plat kante saam versigtig lig, hou in die een hand en vul met ander. Gebruik water om kante versigtig te seël.

 




SARDYNE EN RYSPASTEI

sardyne en rys pastei

SARDYNE EN RYSPASTEI
Braai 1-2 uie en 1 greenpepper in bietjie olie tot sag.
Kook 1 koppie rys tot gaar.
Maak 1 blik sardyne in tamatiesous/chilliesous fyn.
Voeg 2 eetlepels asyn, ½ teelepel sout en swart peper na smaak by.
Voeg gebraaide uie-mengsel en rys by vis.
Meng goed deur en skep in gesmeerde oondvaste bak.
Maak kors deur ½ koppie koekmeel, 1 teelepel bakpoeier en knippie sout saam te sif.
Vryf 2 eetlepels botter in meelmengsel.
Klits 1 eier en ½ koppie melk saam.
Voeg ½ koppie kaas by.
Meng goed deur en meng met droë bestanddele.
Skep oor vismengsel en bak teen 180-200 ºC vir 20-30 minute of tot gaar.
Geniet!!
Resep en foto: Bets Lourens!



VRYDAGAAND TJOPS

tested

VRYDAGAAND TJOPS
Myne is pas in die oond, hoogs aanbeveel
6 dik beestjops of chuck/briskett werk ook
6 uie in skywe
30 ml vars suurlemoensap
80 ml bruinsuiker
80 ml worcestersous
5 ml sout
peper
knoffel na smaak
6 dun suurlemoenskywe
Plaas vleis in oondbak, sit ui en suurlemoemskyf op elke vleisie, meng res van die bestanddele , gooi oor, bak by 180 ºC vir 90 minute.
RESEP: Floraine Wasserman Venter




SAMOOSAS


SAMOOSAS
Resep en foto: Chrissie Havlicek
FOOD LOVERS RECIPES
Deeg:
500 ml koekmeel
5 ml sout
180 ml koue water

Knie goed en deel in 8 dele.
Rol baie dun uit soos papier. Sny stroke 7 cm breed sny nou ‘n 45 º hoek en vou jou driehoek.
Vulsel.
500 g maalvleis
30 ml margarine
2 middelslag uie
10 ml groen brandrissie gekap
5 ml sout
5 ml vars gemmer
2 ml knoffel
1 klein bossie koljander
30 ml groen salot

2 ml gharum masala

Braai die ui in die margarien, gooi die res by en braai saam buiten die sout, roer jou maalvleis b en geur na smaak met die sout.



BILTONG- EN KAASTERT

BILTONG- EN KAASTERT
1 rol gekoopte brosdeeg, behoorlik ontdooi
250 g gerasperde Cheddar kaas
150 g biltong, sag en fyngekerf
4 eiers
375 ml room

Oond vooraf verwarm tot 180°C.
Smeer ‘n oondpan / bak.
Voer die pan uit met die deeg.
Strooi kaas egalig oor.

Strooi biltong oor die kaas.
Klits eier en room vinnig bymekaar en giet egalig oor die biltong en kaas.
Bak vir 1 uur tot gestol en bruin.
En Voila!!!!

Laat staan vir 10 min voor jy bedien.
Jy kan ook kreatief raak en ander vleise inmeng- soos oorskiet, ham, spek, worsies ens.

Resep:  Karena Profe Bosdorf
Foto:  Elsie Jacobs Dreyer‎




NEUTE LEKKERS

neut lekkers lindatested

NEUTE LEKKERS
150 g sjokolade blok sjokolade
100 g neute – grof gekap (pekaneute of grondboontjies)
Smelt sjokolade en meng neute by.
Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.

Opsioneel: VERSIERING:
50 gr wit sjokolade
Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
Jy kan as jy wil, so bietjie klapper ook byvoeg of bo-oor strooi as nog warm is.

Bêre in lugdigte houer.

WENK= Moet net nie die gesoute grondboontjies gebruik nie, dit is nie lekker nie. Ek het die ongesoute gebakte grondboontjies gebruik, sonder die doppe.

Bron:  Linda Venter




KAASHARTJIES

KAASKOEKIES
KAASHARTJIES
Resep en foto: Ria Scheepers
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml koekmeel
knypie sout en rooipeper
250 g yskoue botter (ek het stork margarien gebruik)
250 g gerasperde Cheddarkaas
½ teelepel fyn rissievlokkies (ek het 1 teelepel vars rissies gebruik)
1 eiergeel
25 ml melk

Verhit die oond tot 180ºC.
Sif die meel, sout en rooipeper saam.
Frummel die botter, kaas en rissie in die meelmengsel, tot ‘n deeg te vorm.
Rol die deeg tot taamlik dun uit op ‘n meelbestrooide blad en druk hartjievorms uit met ‘n drukker.
Plaas die koekies op ‘n voorbereide bakplaat, los spasies tussenin.
Klits die eiergeel en melk saam en smeer die hartjies daarmee.
Bak ongeveer 10 minute. Geniet!




CUSTARD CREAM BISCUITS

custard cream cookiestested
CUSTARD CREAM BISCUITS
160 g butter
1/2 cup icing sugar
1 1/2 cups plain flour (not self raising)
1/2 cup custard powder

ICING:
1 cup icing sugar
1-2 tablespoons butter
1-2 tablespoons lemon juice
vanilla

Cream butter and sugar. Sift flour and custard powder together. Gradually add to butter and sugar and mix into a stiff paste. Roll into small balls and place on a greased tray. Press each biscuit down slightly with a floured fork. Bake in a slow to moderate oven until a pale golden colour. Join each pairs with lemon icing.

ICING:
Sift icing sugar into a bowl. Work in softened butter with a wooden spoon and then add sufficinent lemon juice to make a smooth paste. Add vanilla and beat well.

Source:  Louis Bronwen Bekker

 




KLAPPER- EN HAWERMOUT KOEKIES (CRUNCHIES)

tested

KLAPPER- EN HAWERMOUT KOEKIES (CRUNCHIES)
(Ek noem hulle sommer SKURWE JANTJIES)
Lewer ongeveer 72 koekies)
750 ml (3 koppies) klapper
250 ml (1 koppie) koekmeel
400 g (4 koppies) hawermout met groot vlokke *(ek het sommer gewone Oats gebruik)
375 ml (1 ½ koppies) suiker
2,5 ml (½ teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) fyn kaneel
250 ml (1 koppie) botter of margarien
45 ml (3 eetlepels) gouestroop
5 – 10 ml (1 – 2 teelepels) koeksoda, opgelos in
60 ml (4 eetlepels) melk

Verhit die oond tot 180°C. Meng al die droë bestanddele saam *met ‘n groot vurk. Smelt die botter/margarien en stroop saam en meng goed. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Roer die koeksoda oplossing by die bogenoemde mengsel en sorg dat dit baie goed versprei is. Druk die mengsel in ‘n enkellaag van omtrent 1 cm dik in ‘n gesmeerde bakplaat vas. Bak vir TEN MINSTE 20 minute *(as dit nog effe kluitjierig lyk en voel, bak tot dit lekker donker bruin is).
Sny in blokkies so groot soos verkies terwyl nog warm, lig uit pan en laat op ‘n draadrak afkoel.
*My eie kommentaar.
Die resep in die Kook en Geniet se 15 – 20 minute, maar ek het dit weer teruggesit in die oond vir nog so 15 minute tot lekker bruin. Hulle was bietjie baie bros en taaierig toe ek hulle die eerste keer uithaal.
1ste Foto en resep geplaas deur Hannalie Kitshoff

2de foto:  Elsabie Templeton
Hierdie is ‘n heerlike resep, ek kan sê een van die lekkerste hawermout blokkie resepte wat ek nog gemaak het!
Ek het dit met die groot vlokkies gemaak presies soos die resep en dit het perfek in my groot oondpan gepas (56 x 36 x 2 cm). My pan met foelie oorgetrek en toe bakpapier gesny om op die bodem te pas en met C&S gespuit, 20 min in die gasoond op 175°C gebak, die blokkies gesny en terug in die oond op 150°C vir nog 10 min. Perfek wat kleur aanbetref en krakerig nie kouerig, lekker dun blokkie, perfek en ja daai twee blokkies het ek gegaps! Daar is nou al 5 weg.




HAWERMOUT KOEKIES


HAWERMOUT KOEKIES
Smelt saam:
250 g botter of margarine
5 ml koeksoda
25 ml goue stroop
Meng:
500 ml hawermout
250 ml koekmeel
250 ml klapper
250 ml suiker

Voeg die bottermengsel by die droë bestanddele, meng goed en druk die deeg in ‘n oondpan vas. Bak in ‘n voorverhitte oond vir 20 min by 180ºC. Sny in blokkies wanneer dit uit die oond kom terwyl die koekie nog warm is, maar laat dit heeltemal afkoel in die pan. Lekker eet en steek weg as jy wil hê dit moet tot Kersfees hou!
Resep: Annalize Dorfling Du Plessis
Foto en verandering: Michelle De Beer
1 eetlepel (15 ml) stroop of heuning
Smelt die botter en stroop, voeg die koeksoda by en voeg al die droë bestanddele by en meng. Dit kan in ‘n plat bak, pan of muffinpan gebak word. Bak vir 20 min op 180°C.