MAKLIKSTE BROWNIES

maklikste brownies

MAKLIKSTE BROWNIES
1 bottel Nutella
¼ koppie water
2 eiers
¾ koppie koekmeel
handvol wit choc chips
handvol donker choc chips
handvol gewone choc chips
handjie opgekapte peanuts opsioneel
gevriesde Bar One, baie fyngekap

Meng eiers en nutella.
Voeg water by meng goed.
Meng meel by en dan al die ander bestanddele.
Skep in cup cake houertjies.
Bak 20 -25 minute by 180 ºC.

Resep en foto:  Lena Horn Webb




PIESANGSLAAI MET GRONDBONE

tested
PIESANGSLAAI MET GRONDBONE
(regtig lekker en die moeite werd)

10 – 11 piesangs
¾ koppie gekapte grondbone of neute
2.5 ml  mosterdpoeier
1 blik kondensmelk
Sap van 2 suurlemoene uitgedruk of 4 eetlepels  sap uit die botteltjie en voeg by indien.

Plaas die mosterdpoeier in ‘n mengbak. Voeg kondensmelk by en roer deur.  Voeg een kwart koppie suurlemoensap by en klits baie goed (gebruik elektriese klitser as jy een het). Voeg nou die res van die suurlemoensap bietjie vir bietjie by en klits totdat die kondensmelk styf is soos dik vla. Snipper helfte van die piesangs in slaaibak, skep helfte van die sous oor, snipper res van die piesangs oor en gooi die res van die sous bo-oor. Strooi die gekapte grondbone/neute bo-oor.  Bedien lekker koud.

Maak seker dat die piesangs toe is onder die sous, dan word hulle nie swart nie, en kan ‘n hele rukkie staan.  Kinders eet dit sommer as poeding so lekker is dit.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto deur Benhet Nieuwenhuis




HOENDER GESTOP MET SPEK EN SAMPIOENE

HOENDER GESTOP MET SPEK EN SAMPIOENE
Hoender gestop met spek en sampioene, is ook heerlik. Die bestanddele is volgens eie keuse.
1 heel hoender
spek
sampioene
uie
knoffel
botter vir braai
Ina Paarman gegeurde sout
aromat
swart peper
neutmuskaat
vars tiemie, gekap
vars pietersielie, gekap
1 eier
1 dagoud brood gekrummel
Braai die spek, sampioene, uie en knoffel in botter in ‘n pan op die stoof tot gaar.
Voeg die broodkrummels, gegeurde sout, aromat, swart peper, neut, vars tiemie en pietersielie en eier by die spekmengsel en meng goed deur. Laat die mengsel heeltemal afkoel, plaas in die yskas om goed koud te word.
Stop die heel hoender se maagholte vol met die vulsel. Plaas die gevulde hoender in ‘n oondbak met ‘n deksel en bak die hoender in ‘n voorverhitte oond by 200ºC tot die hoender gaar en mooi bruin is.
Nota:
Ek bak die hoender in ‘n swartpot in die oond. Dan voeg ek ook klein chippolata worsies saam met de hoender in die pot. Dit gee ‘n lekker smaak.
Resep: Louise Groenewald




SPESERY-HAPPIES

SPESERY-HAPPIES
Die peulvrugte spog met ‘n neuterige smaak en proe heerlik saam met verskeie kruie en speserye.
400 g-blikkie kekerertjies
2 eetlepels groente-olie
1 teelepel gemaalde koljander
¼ teelepel elk rissiepeper en sout
1 eetlepel meel
Voorverhit oond tot 220°C.
Roer kekerertjies, groente-olie, gemaalde koljander, rissiepeper en sout saam op ‘n bakplaat, en daarna met 1 eetlepel meel om te bedek.
Bak vir 25 minute of tot goudkleurig en bros. Laat op kombuispapier afkoel.
Maak 1 koppie
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




HAM FEATHERBEDS

ham featherbread 2 reggemaakham featherbreadtested

HAM FEATHERBEDS
Yield: 4-6 servings
6 slices buttered bread
6 bread-sized slices of ham
1 ½ cups milk
6 eggs, beaten
1 ½ cups applesauce

Butter a baking dish and place the bread in the dish in one single layer.
Place a slice of ham on each piece of bread.
Whisk the eggs and milk together in a bowl and pour evenly over the bread and ham.
Cover the baking dish and refrigerate overnight (or for at least six hours).
Before baking, pre-heat oven to 180 ºC. Spread about ¼ cup of applesauce on top of each bread/ham section.
Bake for about one hour or until the featherbed is golden brown and a little puffed up.

Foto:  Rina Kleinhans/ Rianda Verwey
Ons het kaas oor gesprinkel en dit bedien met heuning…




GRONDBONE IN ‘N ANDER GEDAANTE

GRONDBONE IN ‘N ANDER GEDAANTE
500 g rou grondbone met rooi skilletjies aan
500 ml suiker asook ‘n ekstra handvol suiker
250 ml water
3 ml rooi groente/koekkleursel
Knippie sout

Meng 500 ml suiker en water in ‘n groot pan oor lae hitte en roer totdat al die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en bring stroop tot kookpunt. Voeg kleursel en daarna die grondbone asook knippie sout by die suikerstroop en roer goed deur. Kook ongeveer 12 min. Roer af en toe sodat die grondbone egalig versprei bly. Drup ‘n teelepel vol stroop in ‘n glas koue water. As die stroop ‘n kraakgeluid maak en bros word, is die lank genoeg gekook. Verwyder pan van die hitte en roer met ‘n houtlepel totdat die stroop rondom die grondbone kristalliseer. Skep die grondbone op ‘n skikbord uit om af te koel. Strooi die handvol suiker oor asook ‘n klein bietjie sout. Bewaar in ‘n lugdigte houer.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




WHITE CHOCOLATE CHEESECAKE

Refrigerated_White_Chocolate_Cheesecake

WHITE CHOCOLATE CHEESECAKE
100 g digestive biscuits
50 g butter, melted
250 ml cream
250 g smooth cottage cheese
250 g mascarpone
100 g caster sugar
500 g white chocolate, melted
strawberry preserve or jam and some strawberries, for topping

Process the biscuits until crumbled and add the melted butter. Mix well.
Line bottom of a 20cm baking tin with baking paper.
Press the biscuit mixture into the bottom and refridgerate until later.
Beat the cream, cottage cheese, mascarpone, sugar and the hot, melted chocolate together until smooth.
Pour into the tin and smooth. Refridgerate for at least 4 hours but preferably overnight.
Just before serving, remove from tin and pour over the strawberry preserve or jam and top with the strawberries.  I must warn you, this is DELICIOUS and SINFUL and NOT FOR DIABETICS!!!

SOURCE: Angela Landsberg




CHARLOTTE SE SJOKOLADE BROWNIES


CHARLOTTE SE SJOKOLADE BROWNIES
Het die al baie gemaak vir troues en funksies en glo my, niemand sal kan raai dat hier nie regte sjokolade in is nie!!
175 g margarien/botter
375 ml suiker
3 eiers
2 teelepels vanilla geursel
187,5 ml koekmeel (¾ koppie)
125 ml kakaopoeier
5 ml bakpoeier
knippie sout

Smelt die margarien, klits eiers en suiker saam. Voeg vanilla, meel, bakpoeier, kakao, sout en gesmelte margarine by. Skep in gesmeerde pan en maak gelyk, bak by 180 ºC tot toetspennetjie skoon uitkom (bak nie lank!) Strooi versiersuiker oor.

BROWNIE VERSIERSEL
6 eetlepels melk
6 eetlepels margarien (kamertemperatuur)
1 ½ koppies wit suiker
1 koppie gebreekte sjokoladeblokkies
5 ml vanilla geursel

Meng melk, margarien en suiker saam in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Laat stadig kook vir 30 sekondes en verwyder dadelik van plaat. Voeg sjokoladestukkies en vanilla by en roer tot glad en sjokolade heeltemal gesmelt is. Skep dadelik oor warm brownies en sny dan in blokkies.

Resep: Charlotte Verwey da Silva




YSTERVARKIES

YSTERVARKIES
YSTERVARKIES
Resep en foto: Sonja Young
350 g (625 ml) bruismeel
7 ml bakpoeier
1 ml sout
125 g botter of margarien
250 g (325 ml) suiker
4 eiers
Stel oond op 200ºC en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm. Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Klop botter en suiker tot romerig. Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging. Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.
Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute.
Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Laat verkieslik die koek staan vir ‘n dag, dan is die koek nie so “soggy” nie.
Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.
Stroop:
375 ml kookwater
600 g (750 ml) suiker
1 ml sout
15 g (30 ml) kakao
15 g (15 ml) botter of margarien
5 ml vanilla geursel
400 g (5 x 250 ml) klapper
Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater. Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al vier sye bedek is. Rol in klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn

 




ROMANY CREAM KOEKIES

romany creamstested

ROMANY CREAM KOEKIES
Resep: Riana du Plessis
Foto: Ria Scheepers
FOOD LOVERS RECIPES
250 g botter
2 koppies strooisuiker (castor sugar)
240 g koekmeel
3 teelepels bakpoeier
3 ml sout
120 g klapper
30 ml kakao

VULSEL:
200 g gesmelte sjokolade

Room botter en suiker saam.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg klapper by.
Voeg droë bestanddele by bottermengsel.
Maak pasta van kakao en bietjie kookwater en roer by deeg.
Maak bolletjies, druk platter met ‘n vurk en bak vir 10 – 12 min by 160 ºC.
Smelt sjokolade oor warm water, gebruik as vulsel en plak 2 koekies opmekaar.