EENVOUDIGE MAAR LEKKER PEPPERMINT-TERT

PEPPERMINT TERTtested
EENVOUDIGE MAAR LEKKER PEPPERMINT-TERT
Smelt 23 malvalekkers met 1 koppie melk op lae hitte.
Rasper 150 g peperment sjokolade in die mengsel in en vou
2 pakkies orley whip wat styf geklits is in.
Skep die mengsel in ‘n bak bo-op ‘n tennisbeskuitjielaag.
Rasper nog bietjie sjokolade bo-oor en plaas in yskas.
Baie lekker!
Resep en Foto: Willemien Windell  (Erika Beer Loedolff)




BROODROLLETJIES VAN BROOD

BROODROLLETJIES VAN BROOD
BROODROLLETJIES VAN BROOD

Ek maak die gebraaide broodjies vir die vrieskas as ek die dag erg omgekrap is. Baie goeie terapie en as ek klaar is, is my bui gesak, want ek kom die broodjies met mening by met die koekroller en raak so ontslae van my bui.
snye brood
dun gesnyde ham
Dijon mosterd
gerasperde kaas
tandestokkies
geklitste eier
sout en peper
olie vir diepbraai
Sny die broodkorsies af. Kom nou elke snytjie met die koeroller by en rol hom so dun soos papier. As hy nie baie dun is nie breek hy as jy hom oprol.
Smeer elke snytjie met mosterd en sit kaas en ‘n stukkie ham op.
Rol op en steek vas met tandestokkie. Nou kan jy hulle vries tot jy hulle benodig.
AS jy dit dadelik wil gaar maak, doop hulle in eier gegeur met sout en peper en braai hulle tot ligbruin in warm olie. Dreineer op handdoekpapier.
Trek die tandestokkies uit en bedien met ‘n slaai of pak dit in vir padkos.
Dit is baie lekker koud of warm en ek het altyd vir my kinders in hul kosblik gepak en as ons met vakansie is was dit een van die” moet daar wees kos” in die bak met padkos.
Idee en foto: Tim en Elsie Slabbert



MOCK CHEESECAKE

MOCK CHEESE CAKEtested
MOCK CHEESECAKE
Crust:
1 packet Tennis biscuits
1 ml cinnamon
100 ml soft margarine
25 ml boiling water
Filling:
1 tin condensed milk
3 eggs (separated)
50 ml lemon juice
50 ml cornflour (Maizena)Preheat oven to 160ºC.
Mix crushed biscuits and cinnamon.
Add melted margarine and boiling water and mix well.
Line base and sides of greased pie dish.
Beat condensed milk and egg yolks together.
Beat the lemon juice and cornflour and add to condensed milk mixture.
Beat the egg whites until stiff peak stage.
Fold egg whites into the condensed milk mixture.
Bake at 160ºC for 30 minutes.
Let it cool down and then cool further in fridge

Recipe: Lynne Taljaard’s friend
Photo: Sonja Young




PIESANG EN NEUTE MUFFINS

piesang en neut muffinstested

PIESANG EN NEUTE MUFFINS
Foto:  Bernadene Daniell Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml volkoringmeel
125 ml bruismeel
5 ml koeksoda
375 ml semels
200 ml bruinsuiker
125 ml gekapte pekan of okkerneute
2 groot piesangs, fyngedruk
125 g botter gesmelt
1 eier, geklits
125 ml karringmelk

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng meel en koeksoda.
Voeg semels, suiker en neute by.
Maak ‘n holte in droë bestanddele en voeg piesangs, botter en geklitste eier en karringmelk by.
Meng liggies met ‘n vurk.
Skep gesmeerde muffinpannetjies driekwart vol en bak sowat 20 minute

 




KNUPPELDIK SE KOEKSISTERS

KOEKSISTERS CECILIA
KNUPPELDIK SE KOEKSISTERS
Maak stroop en deeg die vorige aand aan (Lewer 5-6 dosyn)
Stroop:
8 x 250 ml suiker
1 liter water
20 ml gouestroop
2 ml kremetart
1 ml wynsteensuur
6 stukkies vars gemmer
15 ml suurlemoensap


Knypie sout
4 ¼ koppies ongesifte koekmeelblom
20 ml bakpoeier (opgehoop)
5 ml sout
60 ml margarien
375 ml melk
1 eier
Verhit suiker, water en gouestroop tot kookpunt, roer sodat suiker smelt voor die stroop kookpunt bereik.
Kook stroop 8 minute, haal van stoof af, roer kremetart, wynsteensuur, sout en suurlemoensap by en laat afkoel.
Plaas in koelkas.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter in droë bestanddele in tot goed gemeng.
Klits melk en eier saam, voeg by meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte, rolbare deeg (voeg ‘n bietjie meel of melk by indien nodig).
Knie goed.
Bedek en laat oornag in koelkas staan.
Rol deeg dun uit op ‘n oppervlak wat liggies met olie gesmeer is en sny in stroke van 1cm wyd, 10cm lank, vleg en plaas op ‘n skinkbord.
Bedek met plastiek.Bak koeksisters in diep, warm kookolie tot mooi bruin.
Bak eers een kant, dan ander kant.
As die olie te warm is, lyk die koeksister reg aan die buitekant, maar is rou binne.
Doop hul vinnig terwyl nog warm in die yskoue stroop.
(Plaas stroop in 2 bakke, hou een in die koelkas en plaas die ander wat gebruik word in ‘n skottel yswater).
Plaas koeksisters op ‘n draadrak oor ‘n skinkbord sodat oortollige stroop kan afdrup.
Ek het my stroop in die vrieskas gesit. My deeg net 7 ure in die yskas laat rus.

Foto: Cecilia Woest Hunwick-
Resep: Knuppeldik aan Koningskos



ZEBRA KAASKOEK

zebra kaaskoek
ZEBRA KAASKOEK
200 g margarien
250 g suiker
1 teelepel vanilla geursel
6 medium eiers
1100 g maaskaas (creamed cottage cheese)
100 g koekmeel
1 teelepel bakpoeier
4 teelepel kakao

Voorverhit oond 170°C
Meng margarien, suiker, vanilla geursel en eiers deeglik.
Voeg die maaskaas by, meng goed.
Vermeng meel en bakpoeier en voeg dit by, meng dit goed.
Deel die deeg in twee gelyke posies.
By die een voeg die kakao by en vermeng.
Smeer ‘n ronde koekpan met margarien.
Sit in die middel 2 groot teelepels wit deeg, daarop dan 2 teelepels donker deeg, dan weer 2 teelepels wit deeg, ens. tot al die deeg op gebruik is.
Bak dit in die middle van die oond vir 70 min.
As dit bo te donker word, sit net tin foil oor die koek.
Na 70 min skakel die oond af maar los die koek nog 15 min in die oond.
Baie maklik, baie lekker en lyk … interessant 🙂
Eie resep en eie fotos – Karena Profe Bosdorf




WARM AARTAPPELSLAAI

tested
WARM AARTAPPELSLAAI
Ek maak die mees amazingste warm aartappel slaai met dit.
Al wat jy doen is, jy koop:
1 pakkie spek
1 bottel Ina Paarman se Honey en Mustard sous
1 pak klein aartappels
Jy sny jou klein aartappels in die helfte, kook op in water en sout, as dit gaar is, dreineer, braai die spek in pan. As dit crispy en lekker is, gooi dit by die aartappels….dan gooi jy so halwe bottel Ina Paarman Honey en Mustard sousie oor dit… en siedaar !! dit is hemels, maar let wel jy moet van Honey en Mustard sousie hou !!! geniet., sjoe dis lip lekker!
Marisa Olivier



SUURROOM AARTAPPELTJIES


SUURROOM AARTAPPELTJIES
18 vars klein aartappeltjies
200 ml suurroom
25 ml gekapte grasuieWas die aartappeltjies goed af en plaas dit met skil en al in kokende soutwater. Kook dit totdat dit net sag is. Dreineer die water af. Spoel die aartappeltjies vinnig af in koue water en trek die skille af.  Plaas die aartappeltjies in ‘n oondskottel, giet die suurroom oor en strooi die grasuie bo-oor. Bak dit 10 minute lank in ‘n voorafverhitte oond van 180ºC.
Resep: Heiner Lange




JONG KRUISEMENT AARTAPPELS MET KOMKOMMER


JONG KRUISEMENT AARTAPPELS MET KOMKOMMER
450 g klein, jong, aartappeltjies gewas en geskraap ‘n paar takkies kruisement
sout en peper ½ groot komkommer, geskil
50 g botter 10ml gekapte vars kruisement
150 ml dun room

Kook die aartappels met die takkies kruisement 10-15 minute lank in gesoute kookwater tot net efffens sag. Sny die komkommer in die lengte in kwarte en dan in blokkies. Smelt die botter in ‘n pan en soteer die komkommer 5 minute lank. Voeg die gedreineerde gekookte aartappels en gekapte pietersielie by. Geur en meng goed. Voeg die room by, en verhit tot kookpunt. Bedien.

Bedien 4-6 porsies.
Resep: Heiner Lange




KERRIE PIESANG SLAAI

tested

KERRIE PIESANG SLAAI
½ koppie mayonnaise
½ koppie chutney
2 teelepels kerriepoeier (Mild)
bietjie suiker (kan dit vervang met kondensmelk)

Meng al die bestanddele saam en meng in saam met 3 gesnyde peisangs. Kerrie kan bygevoeg word na smaak. Jy kan ook meer mayonnaise of chutney byvoeg na smaak.
Nota: Cassandra Cassie: Ek sit net 2 piesangs ekstra anders dit te veel sous.
Foto:  Cassandra Cassie