TAMATIESOUS (BLATJANG)


TAMATIESOUS (BLATJANG)
Resep:  Rita Pretoius
FOOD LOVERS RECIPES
4 kg tamaties in blokkies
1 kg uie
5 koppies suiker
400 ml asyn

Kook die tamaties, uie, suiker en asyn saam tot sag.
Meng die volgende:
¾ koppie asyn
½ koppie water
3 eetlepels mosterdpoeier
2 ½ teelepels sout
2 eetlepels kerrie
4 eetlepels maizena
1 ½ teelepel borrie
Kook die 2de mengsel vir ongeveer 15 min, roer gedurig en voeg dit dan by die tamatiemengsel. Kook die hele mengsel goed deur en bottel warm in gesteriliseerde flesse. Kan koud of warm bedien word saam met braaivleis, op pap of net waarby jy wil, dit is ‘n heerlike sous om altyd in jou yskas te he.




SUURLEMOENSMEER

lemon curd

SUURLEMOENSMEER
3 eiers geklits
Skil en sap van 1 groot suurlemoen
60g Botter
Oor n groot bak water klits alles saam
Bottel en gebruik binne 4 dae na oopmaak.
Lekker op roosterbrood

 




MOSTERD PIEKELS / PICCALILLI


MOSTERD PIEKELS / PICCALILLI
2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer, groenbone, klein uitjies en murgpanpoentjies.
350 g sout
280 ml witsuiker
1 eetlepel mosterdpoeier
8 ml fyn gemmer
2 knoffeltoontjies- fyngedruk
1¼ liter wit asyn
6 eetlepels koekmeel
2 eetlepels borrie

Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke. Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinkel sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan. Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog af
Meng suiker, mosterdpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn in kastrol.
Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaar maar nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.

 

 




SOETGEPIEKELDE KOOL

sweet pickled cabbage

SOETGEPIEKELDE KOOL
16 koppies gekapte kool
3 koppies gekapte ui
4 koppies suiker
125 ml sout
3 koppies asyn
375 ml water
1 eetlepel pickling spice

Meng kool, uie en sout. Los oornag, dreineer en spoel een keer . Meng suiker,asyn en water. Knoop piekel spice in doek toe en voeg by kool. Bring tot kookpunt en kook dan stadig vir 5.min.
Verwyder piekel sakkie en vul flesse.
PS! jy kan gerasperde wortel bysit of groen en rooipeper vir kleur.

Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen




TOEBROODJIESMEER -KRAPVULSEL

TOEBROODJIESMEER -KRAPVULSEL
Vader alleen weet hoekom die resep so genoem word, maar hy is lekker.
1 groot tamatie
1 eetlepel botter
½ koppie gerasperde kaas
2 geklitste eiers
1 teelepel gerasperde ui
sout en rooipeper

Skil en kerf die tamatie fyn, smelt die botter in ‘n kastrol en braai die tamatie tot ‘n moes. Roer die gerasperde kaas en ui in, voeg dan die geklitste eiers en geurmiddels by. Kook tot dit dik is, roer gedurig, pasop vir aanbrand. Laat afkoel en bere in ‘n fles in die yskas. Hierdie mengsel maak ‘n uitmuntende toebroodjiesmeer. Dit kan ook warm op roosterbrood bedien word.

Die pad na ‘n man se hart!
Foto’s: Lenel Pelser




APPELKOOSBLATJANG

appelkoosbaltjang giselatested

APPELKOOSBLATJANG
2,5 kg ontpitte appelkose
500 g sultanas
6 knoffelhuisies
750 g uie gesny
750 ml suiker
20 ml sout
20 ml gemmer
10 ml kaneel
7 ml swartpeper
2 ml rooipeper
1.5 koppies asyn

Maal die appelkose, sultanas, knoffel en uie saam, voeg die res van die bestanddele by.
Kook stadig tot dik, skep warm in voorbereide warm bottels.
Foto:  Gisela Pruter




SOET- SUUR BEET

sweet and sour beet

SOET- SUUR BEET
6 koppies gaar beet gerasper of blokkies
2 koppies asyn
3 koppies suiker
1 teelepel sout
3 eetlepels maizena

Meng alle bestanddele in aparte houer.
Meng met beet
Bring tot kook
Bottel in voorbereide bottels en seël dadelik

Nota: Dit is n baie lekker resep!!!Ek hou van hom hy het nie uie in nie so as jy dit bedien is ‘n paar lekker vars uie skywe heerlik saam met dit.

Resep geplaas deir Anton Andreas Cilliers




KITS KERRIE GROENBONE

tested
KITS KERRIE GROENBONE
Kan koud of warm bedien word.
500 g bevrore of vars bone
2 uie fyn gesny
3 ml sout
200 ml suiker
200 ml asyn
10 ml kerriepoeier
15 ml mielieblom

Kook die bone, uie en sout tot sag, nie pap nie (10min) in water. Gooi die water af.
Voeg suiker en asyn by, kook vir 5 min.
Meng kerrie en mielieblom met bietjie water.Voeg by bone en kook vir 5 min. Roer aanhoudend. Kan bottel of net in yskas bere tot gebruik.
Ek het bietjie rosyne en gekapte vars pietersielie bygesit en dit was ook heerlik.

BRON EN FOTO: Rina Kleinhans




SOUSBOONTJIES

sousboontjies. 1
SOUSBOONTJIES
250 g droë suikerboontjies
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter

Was die boontjies en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ‘n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies.
Foto:  Rina Kleinhans

 

 




KERRIE BEET BLATJANG

Beetblatjangtested
KERRIE BEET BLATJANG
Vir elke 1,5 lt. Beet gebruik die volgende:
(gaar en gerasper of blokkies gesny)
2 groot uie
500 ml bruin asyn
300 g wit suiker
15 ml kerriepoeier
5 ml sout
50 ml mielieblom

Skil uie en kap dit op.
Verhit asyn en suiker stadig tot kookpunt; roer aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Voeg die beet en uie by en laat 10minute lank prut. Roer die kerriepoeier en sout by en laat die mengsel 5minute lank prut.
Maak die mielieblom met ‘n bietjie water aan en roer dit by die beetmengsel. Laat dit goed deurkook.
Bottel blatjang warm en verseel dit dadelik.

Bron: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Rina Kleinhans