LEMON CURD – SUURLEMOENBOTTER

lemon curd wilma
LEMON CURD – SUURLEMOENBOTTER
Foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
Sitrusbotter – Suurlemoenbotter, beter bekend as lemon curd, kan maklik in die mikrogolfoond gemaak word. Hierdie resep gebruik suurlemoen-, lemoen en pomelosap, maar jy kan dit aanpas om net een of twee te gebruik – hou net die sap 125 ml.
4 eiers
200 ml strooisuiker
50 ml suurlemoensap
50 ml lemoensap
25 ml pomelosap
100 ml water
125 g botter, in blokkies gesny
5 ml elk lemoen- en suurlemoenskil, gerasper

Klits die eiers en strooisuiker met ‘n draadklitser in ‘n groot mikrogolfoondvaste glasbak. Voeg die sap, water, botterblokkies en skil by. Mikrogolf op 100% vir 2 minute. Roer. Mikrogolf op 55 % vir 6 – 8 minute, roer dit elke 2 minute. Dis reg wanneer dit verdik het en die agterkant van ‘n metaallepel bedek wanneer jy dit daardeur trek. Skep in glasbotteltjies uit. Eet die sitrusbotter op plaatkoekies of brood, of in tertdoppies of pannekoek.

Op foto:  Wilna Dorfling
Lekker grinadellasmeer en Lemoncurd (suurlemoensmeer gemaak en sommer ‘n paar doppies gevul vir proe)

 




RYP MANGO ATJAR

MANGO ATJAR

RYP MANGO ATJAR
15 ml koljanderkorrels
7 ml wonderpeperkorrels
750 ml wit asyn
50 g wit suiker
15 ml kerriepoeier
7 ml mielieblom
5 ml sout
2 ml borrie
1,5 kg geskilde ontpitte pas ryp mangoskywe
2 geskilde gesnipperde uie
2 gesnipperde rooi brandrissies

Bind die koljander en wonderpeper in ‘n stukkie moeselien of kaasdoek toe. Voeg dit by die asyn en verhit dit tot kookpunt. Meng die suiker, Kerrie, mielieblom, sout en borrie, voeg dit by die warm asyn en roer dit totdat alle klontjjies opgelos is. Voeg die mangoskywe, uie en rissies by die asynmengsel en verhit dit tot kookpunt. Kook dit net totdat die mangoskywe sag is. Haal die speserysakkie uit. Bottel die atjar warm en verseel dit dadelik.




APRICOTS IN BRANDY

 

APRICOTS IN BRANDY
500 grams fresh or dried apricots
140 grams white sugar
brandy to cover

Mix the apricots and sugar together and add sufficient brandy to cover. Pack into hot, dry, sterilized jars and leave to mature for at least 14 days before use.

 




RABARBER BLATJANG

RABARBER BLATJANG
2 kg rabarber
500 g uie
30 g gemmer
10 g sout
500 g appels
500 g bruinsuiker
30 g kerriepoeier
750 ml asyn

Was en sny rabarber in klein stukkies.
Skil en kap appels .
Maal uie fyn.
Plaas al die best.in kastrol en voeg die helfte van asyn by.
Kook 30 min. Voeg res van asyn by en kook tot vloeistof verdamp en blatjang dik is
Skep in warm flesse en verseel..

RESEP GEPLAAS DEUR Hanlie Liebenberg




PICCALILLI – MOSTERDSUURTJIES MET SAMPIOENE


PICCALILLI – MOSTERDSUURTJIES MET SAMPIOENE
500 g sampioene
500 g blomkool
500 g dwerguitjies
500 g murgpampoentjies
250 ml water
50 g mielieblom
2 liter wit asyn
200 g wit suiker
100 ml appelkooskonfyt
20 ml mostertpoeier
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
5 ml sout

Vee die sampioene skoon en halveer. Sny die blomkool in stukkies. Skil die uitjies. Sny die murgpampoentjies in skyfies. Vermeng die groente en kook dit in die water tot amper gaar. Dreineer die groente en skep dit n inmaakflesse. Vul die vloeistof aan tot 250 ml en maak die mielieblom daarmee aan. Verhit die res van die bestanddele saam tot kookpunt. Roer die aangemaakte mielieblom by en prut die sous ongeveer 5min. Giet dit oorlopens toe oor die groente en verseël die flesse.

 




GOUE STROOP MET KOOKWATER


GOUE STROOP MET KOOKWATER
Foto: Jan Pool Snr
FOOD LOVERS RECIPES
Skroei 2 kg wit suiker in ‘n dikboomkastrol oor lae hitte totdat al die korrels gesmelt en dit ‘n ligte goudbruin is, roer aanhoudend en wees versigtig dat dit nie te donker word nie.
Meng:
2,5 liter kookwater
7 ml kremetart
7 ml sout

Roer die water geleidelik en bietjiesgewys by die gesmelte suiker, oppas dat die stoom jou nie brand nie.
Kook die stroop vinnig totdat dit dik genoeg is.
Om te toets of dit dik is, skep af en toe ‘n klein bietjie stroop in’n koue piering.
Bottel die stroop warm in warm, gesteriliseerde inmaak flesse en verseël dit.




OUTYDSE PERSKEBLATJANG

OUTYDSE PERSKEBLATJANG
2.75 kg geel taaipitperskes
4 – 6 groot uie
750 ml wit asyn
500 g wit suiker
24 heel kruienaeltjies
24 wonderpeperkorrels
24 swart peperkorrels
10 ml kerriepoeier
7 ml borrie
2 ml rissiepeper

Halveer en ontpit die perskes. Skil die uie en sny dit in stukke op. Maal die perskes en uie grof. Vermeng al die bestandele. Verhit dit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut die mengsel tot dik en roer dit gereeld. Bottel die blatjang warm en verseël dit dadelik.

 




SPANSPEKKONSERF

SPANSPEKKONSERF
Halveer en ontpit 1 kg halfryp spanspek in klein blokkies gesny.
Strooi 500 g wit suiker oor die blokkies.
Bedek en laat oornag staan om stroop te vorm.
Voeg die pulp van 20 ryp granadillas, die sap van 2 suurlemoene en die fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen by die spanspek.
Verhit die mengsel vinnig tot kookpunt en roer aanhoudend.
Verhit nog 500 g witsuiker tot sterk lou en roer geleidelik by die vrugtemengsels.
Hou aan roer totdat al die suiker opgelos is.
Kook die konserf ongeveer ‘n halfuur lank vinnig tot dik en roer gereeld.
Skuim die konserf af, indien nodig, bottel dit warm en verseël dit dadelik.

 

 

 

 




PINK PICKLED ONIONS

PINK PICKLED ONIONS
2 small red onions, peeled and sliced 1/8 inch thick
1/2 tsp. course grind pepper
1/2 tsp. cumin
2 tsp. fresh oregano (or 1 tsp. dry oregano)
4 cloves of minced garlic
1/2 tsp. salt
1/3 cup apple cider vinegar
1/3 cup rice vinegar

Combine all ingredients in a glass bowl. Cover and put in fridge for about 2 days. They will turn bright pink and have a crunchy texture

Recipe posted by Carol Elliot Claassen




NOEDELSLAAI MET TAMATIE

noedelslaai -marietested

NOEDELSLAAI MET TAMATIE
500 g noedels
½ kg uie, gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies (rooi, geel en groen)
100 ml mayonnaise
375 ml olie
250 ml wit asyn
500 ml suiker
20 ml sout

Kook tamaties, uie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar ferm ongeveer 20 min, met sout en bietjie olie by.
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels. Baie baie lekker.
Resep: Rita Pretorius
Foto: Marie Rheeder Troskie