SJOKOLADE-ROOMKAASTERT

TERT SONDER NAAMtested
SJOKOLADE-ROOMKAASTERT
2 houers roomkaas
1 blik kondensmelk
2 slabs donker sjokolade – gesmelt
1 sak orley whip
2 teelepels suurlemoen sap

Klits die roomkaas, kondensmelk, orley whip en suurlemoen sap tot dik.
Smelt sjokolade en voeg by, meng goed deur.
Maak kors van beskuitjies en skep die beslag oor, sit in yskas vir ten minste 6 ure of oornag
Versiersel:
½ pak versiersuiker
3 eetlepels kakao
3 teelepels botter
sowat 20 – 30 ml kookwater
Meng alles saam, as jy bietjie dikker wil maak voeg maar nog versiersuiker by! Ek giet hierdie versiersel altyd oor my koeke ook wat so drup.
Resep en foto: Riana Du Plessis



VIS VINGERHAPPIES

VIS VINGERHAPPIES
Die Chinese kokke se geheim vir bros beslag is aluin.
750 g vis in repe gesny – 6 cm x 1 cm
250 ml meel
10 ml bakpoeier
5 ml knoffel en kruie geurmiddel
2,5 ml aluin ( by apteke )
125 ml aartappel of mielieblom
437,5 ml water
250 ml sesamesaad (Opsioneel)
Meng bestanddele vir beslag.
Doop vis in beslag en bak tot lig goudkleurig.
Dreineer op papierhandoek en laat afkoel.
Braai vis net voor opdiening ‘n tweede keer tot goudbruin.
Bedien met doopsous.
Bron: Heiner Lange



TUISGEMAAKTE BRAAISOUT

FLR BB with Heart
TUISGEMAAKTE BRAAISOUT
BESTANDELE
15ml knoffelpoeier
5ml droë basiliekruid
5ml droë marjolein
5ml droë tiemie
5ml droë pietersielie
5ml droë salie
5ml vars gemaalde swartpeper
2ml rooipeper
Meng alles saam en gebruik soos benodig.
Bron:  Heiner Lange



VLEISSOUT – GEURMIDDEL

FLR BB I must not mess in the Kitchen
VLEISSOUT – GEURMIDDEL
1 kg tafelsout
1 botteltjie knoffelsout
1 botteltjie vleissagmaakmiddel
1 botteltjie braaivleisspeserye
1 botteltjie witpeper ( 50 gr )
Meng alles goed en gooi in lugdigte houer. Gebruik oor enige vleis as geurmiddel.
BRON:  Rheda Vreken



DOUBLE-FUDGE BROWNIE MIX

DOUBLE-FUDGE BROWNIE MIX
2 cups sugar
1 cup cocoa (not Dutch process)
1 cup all-purpose flour
1 cup chopped pecans
1 cup chocolate chips
Mix all the ingredients together and store in an airtight container.
Attach this to the Jar:
Double-Fudge Brownies
1 cup butter or margarine, softened
4 eggs
1 package Double-Fudge Brownie Mix
Preheat the oven to 325 º F. Grease a 12 by 9 inch pan. In the large bowl of
an electric mixer, cream the butter. Add the eggs, one at a time, beating well
after each addition. Add the Double-Fudge Brownie Mix and continue to beat the mixture until it is smooth. Spread the mixture into the greased pan, and bake for 40 to 50 minutes.

Vanessa Fourie Willemse




CAJUN SPICE SEASONING MIX

geskenke in 'n bottel

CAJUN SPICE SEASONING MIX
¾ cup salt
¼ cup ground cayenne pepper
2 tablespoons ground white pepper
2 tablespoons ground black pepper
2 tablespoons paprika
2 tablespoons onion powder
2 tablespoons garlic powderWhile holding a pint canning jar at an angle, add ingredients to create a “sand art” look. The salt and cayenne may be divided into smaller portions and used to
separate other spices. I found it simplest to use 7 cups–one with each spice in it–and add them to my jar with a spoon, as I want to create the special look.
Vanessa Fourie Willemse
(Great Gifts in a Jar)

 




RICE CRISPY TREAT


RICE CRISPY TREAT
Lekker Markdag idee vir die kinders of kinder partytjie:
I.p.v. om die koekies in vierkante te sny, druk ronde sirkels met koekiedrukker uit, steek stokkie in en bedien.
Jy kan ook versiersuiker maak en opsmeer met 100 & 1000’s – of selfs royal icing sal lekker werk met die resep.
RICE CRISPIES EN MARSHMALLOW KOEKIES
4 – 5 koppies Rice Crispies
55 ml margarien/botter
30 Marshmallows
5 ml vanilla

Smelt margarien. Voeg marshmallows by em smelt terwyl jy roer oor lae hitte.
Meet rice crispies af in groot mengbak.
Giet warm Marshmellow mengsel oor Rice Crispies. Roer dadelik deeglik deur voor dit afkoel. Krap in gesmeerde bakplaat. Druk gelyk bolangs (moeilik want die Marshmallows maak drade). Los 1 min. Vat groot eetlepel en maak gelyk met die ronde kant van die metaallepel. Kan dan oor paar minute gesny word.

CARAMEL RICE CRISPY KOEKIES
1 blik Caramel Treat
3 Eetlepels margarien
250 g Malvalekkers
6 koppies Rice Crispies

Smelt margarien en malvalekkers oor lae hitte. Klop caramel treat by, klop goed. Meng nou Rice Crispies in. Meng goed. Druk vas in goed gesmeerde pan. Sny in blokkies wanneer gestol. Kan ook in eetbare “cupcakes gesit word of in roomys cones.

Foto: Cecillia van Huyssteen – troukoek




MARKDAG PLAATKOEK

bierboks koek louisemarkdag koekmarkdag koek 2tested

MARKDAG PLAATKOEK
Resep geplaas en aangepas deur Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie koek bak perfek in ‘n bierboks of oondpan  – Lees nota onderaan
3 ¼ koppies koekmeel
25 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water (Nie kook water nie)
250 ml kookolie
60 ml asyn
10 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ‘n standaard-oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanilla geursel by en pols tot ‘n gladde beslag.
Giet in die oondpan, smeer gelyk en bak vir 20 minute, of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.

VARIASIE
Vir ‘n vanilla koek variasie vervang die kakao net met maizena
Lewer 24 porsies

Nota:  Rina Kleinhans
Ek het hierdie koek nou al verskeie kere gebak met bruismeel met groot sukses vir die oondpan
3.5 koppies bruismeel
3 teelepel bakpoeier
100 ml Kakao
Meng die warm water en olie en meng dit so bietjie bietjie by tot die tekstuur reg is…nie te slap nie maar ook nie styf nie, dit werk vir my regtig baie goed en die koek rys pragtig en is regtig lekker klam.
Versiersel op die pan foto
http://www.foodloversrecipes.com/2015/08/karamel-versiersel-van-kitspoeding/#more-98554

Alberta van Wyk‎
Sommer die pakkies moirs dubbele mousse aangemaak en die koek bo op versier nadat ek n ganache gemaak en oor die koek se randjie laat afloop het.

So trots op myself! Eerste keer dat ek met die Russian Tips versier en dit was n heerlike speel speel koekversier!
Markdag koek gebak. Gewone icing aangemaak en koek toegesmeer en daarna die icing nog stywer gemaak met nog versiersuiker en toe laat waai met die blommetuin
Alberta van Wyk.




SJOKOLADE-MUESLISTOKKIES

FLR BB one day when I'm big

 

SJOKOLADE-MUESLISTOKKIES
Ongeveer 20 blokkies
600 g melksjokolade
300 g (625 ml) muesli
45 stokkies om in die sjokoladeblokkies te druk
klein papierbakkies (soos vir muffins, net kleiner)

Kry ‘n glasbak of ‘n metaalbak wat oor ‘n kastrol pas.
Maak die kastrol vol water, maar nie te vol nie. As jy die bak bo-op die kastrol sit, moet die water nie aan die bak raak nie.

Haal eers weer die bak af en laat die water in die kastrol kook.
Breek solank die sjokolade in blokkies en gooi dit in die bak wat oor die kastrol pas.

Sit die bak oor die kastrol wanneer die water kook en laat staan so. Skakel die plaat af. Die sjokolade sal nou smelt.
Jy kan so elke nou en dan ‘n roer gee.
Wanneer die sjokolade gesmelt het, gooi die muesli by en meng goed.
Gebruik silikoonysbakkies en maak hulle vol met die sjokolademengsel.
Laat dit eers ‘n bietjie staan voor jy ‘n stokkie in elkeen indruk.
Jy kan die sjokolade in die yskas laat hard word, maar dis beter om dit net op ‘n koel plek te laat staan tot dit hard is.
(Die sjokolade kan lelik wit word as jy dit in die yskas sit.)
Haal die blokkies uit en sit elkeen in ‘n klein papierbakkie.

 

 




SPEELGOED SLYM

FLR BB one day when I'm big

SPEELGOED SLYM
2 teelepels Borax
1 koppies warm water
Meng saam in ‘n bakkie
2 koppies wit houtlym
1 koppies baie warm water
Voedselkleursel

Meng saam in ‘n ander bakkie
Maak so:
Voeg altwee bakkies se inhoud saam en meng vir ‘n paar minute totdat regte tekstuur verkry word.