GROOTMAAT HOEVEELHEDE

grootmaat resepte

GROOTMAAT HOEVEELHEDE

1 slaaikop 33 persone
1 komkommer 24 persone
1 pynappel 25 persone
¾ kas tamaties 100 persone
1 kg maalvleis 10 persone
12 – 16 Beestonge 100 persone

Rou Vleis met been 250 g per persoon
Rou Vleis sonder been 125 g per persoon
Rou Rys – 1 koppie 6 – 8 persone
1 koppie meel – Pannekoek maak 6 pannekoeke
Vla – 1 liter (100 ml vlapoeier + 6 e suiker/1 liter melk) genoeg vir 10 persone

Vir 100 persone, gebruik die volgende hoeveelhede:

Aartappels, geskil 19 kg
Blomkool 25 kg gaar
Brokkoli 17,5 kg (gaar)
Groen rissies, gekap 4 kg
Groenertjies 25,5 kg
Komkommers 6,5 kg
Kool, gekerf 12,5 kg (gaar)
Kropslaai 8,5 kg
Pynappels in blokkies 20 pynappels
Pynappels in skywe 10 pynappels
Sampioene, gekap 4,5 kg
Tamaties, ongeskil 10 kg
Visfilette 15 kg
Wortels 13 kg gaar



HEMELSE STEAK

1209156_349458948522185_1407157138_ntested2015-10-12-hemelsesteak

HEMELSE STEAK
Resep en fotos: Ansi Fourie Pypers en Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg “tenderised” steak, in blokkies of repies gesny
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel, skud die ekstra meel af
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie sampioene in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in ‘n oondvaste bak.
Meng:
200 ml melk
250 ml room
1 eetlepel Worcestersous
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel tamatiesous
1 pakkie wit uie sop

Meng goed en giet die sous oor die vleis in die bak (ek kook die sous voor die tyd en giet dit dan oor).
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160ºC.
Nota – Maak seker die oond is nie te hoog nie, die steak moet stadig gaar word, as die hitte te hoog is, gaan die room skei. Geniet!

 




GROOTFONTEIN TJOPS

2015-08-27-grootfonteintjopstested

GROOTFONTEIN TJOPS
5 varktjops (Kan skaap ook gebruik)
5 dik skywe ui
5 dun skywe suurlemoen
75 ml bruinsuiker
75 ml Worcestersous
10 ml lemoensap
5 ml sout en peper

Plaas die tjops in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Sit op elke tjop ‘n uie skyf en bo-op die uie, die skyf suurlemoen.
Meng die res van die bestanddele en gooi oor die tjops.
Sit die deksel op en bak 1 ½ – 2 ure by 180°C tot lekker sag en gaar.
Haal die deksel af sodat die tjoppies bietjie kleur kan kry.

Resep: Sus Retha/Rina Kleinhans
Foto: Hennie van Deventer




KERRIE MAALVLEIS

tested
KERRIE MAALVLEIS
Hier is vir jou n treffer en baie maklik en vinnig.
2 kg maalvleis
1 kg wortelblokkies
1 kg aartappel blokkies
400 g uie
Kook maalvleis gaar met uie en 2 koppies water en 3 teelepels sout.
Maak wortels en aartappels apart gaar
Sodra vleis gaar is voeg 1 koppie appelkooskonfyt by.( begin met ‘n ½ koppie en pas aan na smaak as jy patats gebruik)
Voeg die wortels en aartappels by.
Meng volgende en voeg by.
1 eetlepel matige kerriepoeier
1 eetlepel borrie1 koppie water
Voeg by vleismengsel en kook goed deur. Moenie ekstra water byvoeg nie, indien te dun, kan bietjie maizena bygevoeg word.
Geniet!
Resep: Ena Van Den Heever
Foto: Rina Kleinhans
Ek het patat en aartappel blokkies ingesit, bietjie fyn naeltjies en die sousie verdik met bietjie wituie soppoeier, so hand vol rosyne ook ingesit.
Baie lekker
2de foto: Zee Grobbelaar
Ek het net in die plek van die maalvleis kookvleis gebruik dit is heerlik lekker om bietjie iemand anders se kerrie te maak dankie

 

 




KERRIEBEESVLEISSTOWEGEREG

tested

KERRIEBEESVLEISSTOWEGEREG
(Matige smaak)
750 g beenlose beesnek of borsstuk in 25 mm blokkies gesny (Addisioneel : Soft shin of maalvleis)
30 ml kookolie (Addisioneel : Helfte olyf olie en helfte kookolie)
1 ui fyn gekap
15 ml kerriepoeier
15 ml borrie
3 knoffelhuisies
½ vars gemmer
1 brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
swartpeperkorrels na smaak
2 lourierblare
1 tamatie, geskil en fyn gekap

3 wortels in skyfies gesny
2 aartappels in blokkies gesny
200 ml vleisaftreksel
15 ml koekmeel
Soteer uie tot deurskynend in kookolie. Voeg al die kerrie, borrie, rissies by en braai vir een minuut. Braai vleis by. Voeg dan peperkorrels, loerierblare, tamatie, knoffel, gemmer en vleisaftreksel by. Verminder hitte, bedek en prut vir 1½ uur tot amper sag. Voeg wortels en aartappels by en prut tot sag. Verdik vloeistof met ‘n pasta van koekmeel en water indien nodig

RESEP: Rene Truter Wessels via Vlooi -Phillip se resep

 




MARMELADE PAMPOEN

tested
MARMELADE PAMPOEN
Resep: Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep kom uit Clocolaan, Vrystaat. Dit is van my grootouma al 5 geslagte in die familie, die resep gee ek nou vir die heel eerste keer uit. Geniet!
500 ml gaar pampoenblokkies
125 ml marmelade
5 ml kaneel
2 ml gemmer
125 ml suiker
3 eiers
250 ml room
5 ml karamelgeursel
5 ml vanillageursel
sout en peper na smaak
gekapte amandels vir garnering
Voer ‘n bakskottel met enige broskors van eie keuse uit.
Plaas die pampoen op die deeg, sprinkel bietjie sout en peper oor die pampoen en skep die marmelade oor.
Meng die kaneel, gemmer en suiker en strooi dit oor die pampoen en marmelade.
Klop die eiers, room en geursels saam en giet dit oor die pampoen.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC tot gaar en ligbruin, ongeveer 20 – 30 minute.
Strooi gekapte amandel oor voor opdiening.
Wag vir die komplimente!




LEKKER LIGTE FEESKOEK – GRANADILLA KOEK

grenadilla koek

LEKKER LIGTE FEESKOEK – GRANADILLA KOEK
25 g botter
200 ml water
4 eiers
375 ml strooisuiker
2 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
1 ml sout
12,5 ml bakpoeier

Voorverhit oond tot 180°C. Spuit 2 laagkoekpanne.
Verhit botter en water tot kookpunt.
Klits eiers tot wit en skuimerig.
Klits suiker geleidelik by tot lig en sponsagtig, klits geursel by.
Sif meel en sout, vou liggies in eiermengsel in.
Strooi bakpoeier oor en dan warm smeermengsel.
Meng liggies deur
Bak 20 tot 25 min tot gaar, laat afkoel.

GRANADILLA VERSIERSEL
Smeer gekookte kondensmelk op elke laag, 1 blikkie is voldoende.
Klop 600 ml versiersuiker en 100 g botter tot lig en donsig, voeg 1 blikkie granadilla pulp by. Versiermengsel, pitte verwyder. Klop tot baie lig en donserig.
Smeer versiermengsel op albei lae en op boonste deel nog 1 blikkie granadillapulp met pitte as garnering.
Die koek kan ook in lagies van 4 versier word, sny met gare draad, dit lyk baie mooi.
Vir heerlike variasie kan jy fyngekapte kruisement by versiersuiker en granadillapulp inmeng.
hierdie laagkoek is ongelooflik lekker en altyd ‘n sukses

Floraine Wasserman Venter




SOUSPOEIER BêREMENGSEL


SOUSPOEIER BêREMENGSEL
500 g bruismeel
250 g Bistosouspoeier
250 g Bronosouspoeier (of Bisto indien nie verkrygbaar)
2 pakkies uiesouspoeier
1 pakkie tamatiesoppoeier
1 pakkie sampioensoppoeier

Meng alles saam en hou in digte houer.
Maak die mengsel aan met warm water.
Resep getoets: Rheda Vreken
Foto:  Stompie Theron Borman

Notas:
Phyllis Snyman Olivier – Wanneer jy sous wil aanmaak, meng ‘n eetlepel of 2 van die droëmengsel met ‘n bietjie koue water.
Voeg dit by warm vleisaftreksel en kook stadig op die stoof tot gaar.
Ek sukkel soms om bronosouspoeier te kry en gebruik dan 2 Bistosouspoeiers.
Ek maak die sous ook deesdae in die mikrogolf. Baie spaarsaam en heerlik.
Marina Saunders – My resep is net maizina in plek van meel en die laaste twee soppoeiers met wit soppoeiers. Ek het ‘n vriendin wat allergies is vir mushrooms en ek hou verby met dit. So maybe use maizina, bisto, twee bruin en twee wit uiesop. Lekker kook maatjies.
Stompie Theron Borman – Van die souspoeier maak mens die lekkerste bruinsous en wil jy ‘n bredie verdik is daar niks smaakliker as hiermee nie. (het 500 g Bistosouspoeier gebruik – kry nie meer Brono nie.)




SOUS OM TE BEDIEN SAAM MET VLEISPASTEIE

pan gravy

SOUS OM TE BEDIEN SAAM MET VLEISPASTEIE
1 1/2 koppies water
1 teelepel Bisto
1 eetlepel Maizena
Bietjie worcestersous, tamatiesous en 1 teelepel botter.

Meng alles en kook tot jou sous dik is, net so 5 min.

 




EIERWIT VIR TERTJIES

eierwit

Ek maak my eierwit met gesmelte suiker (warm suiker stroop) wat ek byklits as ek styf klits, dan is jou eierwit ook dadelik gaar en kan jy net mooi bruin maak en nie bekommer oor gaar kry, het dit eendag op ‘n kook program op tv gesien en werk soos ‘n bom.

Carli Bensch