IDEES VIR HOBO PARTY

HOBO 1
IDEES VIR HOBO PARTY

Ann Adam Gilfillan
Ons het al vir so ‘n tema swart vullis sakke oor die tafels gegooi, koerante orals op die tafel gesit, slap tjips en rooiworsies gekoop en als deurmekaar op die tafel uitgegooi. Ons het dan heel brode orals neergesit en bloppe tamatiesous op die tafels gegooi. Die mensies kon dan stukke brood afbreek met die hand, en dit vol tjips en worsies prop en hul eie bunnychows maak. Almal geniet dit gewoonlik vreeslik baie.

Erica Theron
Ek sou koerant papier gebruik vir ‘n tafeldoek en vis en chips of rooi worsies en chips bedien het wat sommer net so op die koerant neergesit word met koeldrank in blikkies wat al bietjie inmekaar geduik is 🙂

Lida Pieterse
Gebruik kratte vir sitplekke en iewers moet leë drankbottels lê.

Wilma van Aswegen
Medisyne botteltjies vir sout en peper. Brand net met ‘n warm naald gaatjies bo in.

Petra Pretorius
Moet asseblief nie drankbottels met labels opsit nie, draai die drankbottels in koerantpapier toe, soos wat die hobos maar ook lief is om te doen – geniet dit.

Charmain Bester
In die toegedraaide bottels sit ‘n sonneblom in met grasse en tafeldoek kan ook hessian wees, ons het bunny chows bedien en dit was heerlik.

Lorinda Carles
Katkop soos hobos uitgeholde brood met chips, hesian tafeldoeke met koerantpapier vir overlays.

Charlotte Verwey da Silva
Vir ‘n centrepiece: Vat ‘n ou geroeste blik en steek dit vol gate maar nie tot onder nie, vat ‘n string batteryliggies en plaas onder in blik, sit nou ‘n stuk rooi of oranje opgefrommelde sellofaan oor die liggies… dit lyk asof jy vuur gemaak het in die blik!




CLUBDECKER

 

CLUBDECKER

Sprinkel een ontvelde, ontbeende hoenderborsie met geursel- of braaisout en braai tot goudbruin en gaar.
Laat effens afkoel voor jy dit in skyfies sny.
Braai vier tot vyf repies strepiespek per broodjie.
Sny ‘n heerlike vars rooi tamatie in ronde skywe en spoel blaarslaai af.
Rooster drie snye wit-, bruin of wit- en bruinbrood.
Meng mayonnaise met mosterd om te geur.
Smeer al drie snye brood daarmee.
Pak die hoenderstukkies op die eerste broodjie, plaas ‘n sny brood daarop, pak dan tamaties, sprinkel met sout en varsgemaalde swartpeper en pak dan die blaarslaai en spek daarop.
Eindig met die laaste broodjie en jy het een smaaklike trippelbroodjie.
Om die broodjie te sny, het jy vier tandestokkies en ‘n mes nodig. Druk ‘n tandestokkie in die middel van elke kant dwarsdeur die broodjies tot onder.
Sny dan jou vier driehoeke, die tandestokkies sal alles bymekaar hou.

WILNA MYBURGH




MINCE PATTIES WITH SOUR CREAM

hamburger huisgenoottested

MINCE PATTIES WITH SOUR CREAM
500 g lean mince beef
1 packet brown onion soup
250 ml sour cream
250 ml soft break crumbs
5ml mixed dried herbs
oil for frying

Mix all the ingredients well, form into patties and fry in shallow oil.
Die patties is baie lekker op hamburgers, of vir ‘n maal met roast potatoes en groente.
Hilda Steyn

 




HEERLIKE TAMATIESOUSIE

HEERLIKE TAMATIESOUSIE
Hierdie sousie werk goed saam met filet en ook hamburgers of waarvoor jy dit ookal wil gebruik.
15 ml kookolie
1 ui, gekap
10 ml gekapte knoffel
2 blikkies (410g elk) heel tamaties, gekap
125 ml rooiwyn
20 ml blatjang
20 ml suiker
1 takkie vars roosmaryn, gekap
sout en peper na smaak

Verhit die olie en braai die ui en knoffel daarin tot deurskynend. Voeg die res van die bestanddele by, bedek en prut vir 15 min of tot die regte dikte.
Geplaas deur Rina Kleinhans




SPICY TOMATO SAUCE


SPICY TOMATO SAUCE
500 g tin of tomatoes
185 g tin tomato paste
¼ green pepper chopped
½ small onion sliced
750 g butter or margarine
3 tablespoons plain flour
¼ teaspoon oregano
basil to taste
2 parsley sprigs
¼ teaspoon Worcestershire sauce
few drops of hot pepper sauce

Blend all the ingredients for 10 seconds and stir over medium heat until mixture comes to the boil and is thick.
Posted by Rina Kleinhans




KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK

HALOGEN LEE OOND

KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK
1 ½ koppies strooisuiker
2 koppies koekmeel
½ koppie kakao
1 teelepel koeksoda
1 ½ teelepel bakpoeier
1 ½ koppie karringmelk
3 eiers
½ koppie olie

Sif al die droë bestanddelde saam. Meng die melk, eiers en olie saam en voeg by meelmengsel!
Skep in ‘n ringpan en bak vir 55 min op 180°C. Ek het myne na 40 minute uitgehaal was toe reg!!

Versiersel:
375 ml versiersuiker
1 teelepel karamel geursel
1 eetlepel kakao en meng met karringmelk tot “fluffy”

Resep:  Ronel Snyman




SPONSKOEK

HALOGEN LEE OOND

SPONSKOEK
1½ koppie suiker
4 eiers
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
125 g Stork margarien
1 koppie melk
1 teelepel vanilla geursel

Klits die suiker en eiers saam vir 10 min.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
Smelt die Stork, melk en vanilla saam.
Meng die eier- en meelmengsel saam vir 10 min.
Roer die melkmengsel by.
Ek het die helfte van die resep aangemaak om vandag te toets.
Bak 25 min by 180 ºC op onderste rak.

Resep: Frieda Greyling




HOME MADE GOLDEN FRIES

 

HALOGEN LEE OOND

HOME MADE GOLDEN FRIES

Who can resist fries? These are made using spray oil so you can cut down on the amount of fat, making it a guilt-free indulgence. (I pour olive oil in a disused spray container since it’s cheaper than buying store-bought spray oils.)
Serves 4
3-4 large potatoes,
sliced into fries
Olive oil spray
(or other nonstick
cooking spray)
Paprika (optional)
Sea salt

Preheat the halogen oven using the preheat setting, or set the temperature to 425°F.
Put the potatoe slices in a bowl of water for a few minutes. Drain, then steam or boil for 5 minutes.
Meanwhile, spray the baking sheet with olive oil. (I use the browning tray for this because it helps to brown the fries all over.) Drain the potatoes and put them on the baking sheet in a single layer. Spray with a little more olive oil and sprinkle with paprika (this is optional but it helps to create a golden color and nice flavor).
Put on the low rack and bake for 10-15 minutes, then turn the fries over, spray them again and bake for another 10-15 minutes, or until they are cooked. The cooking times depend on the thickness of the fries.
To serve, sprinkle with sea salt.

 




MAALVLEISPASTEI MET OOR-GOOI DEEG

maalvleis pastei friedatested

MAALVLEISPASTEI MET OORGOOI DEEG
Vulsel:
1 kg maalvleis
500 ml koue water
250 ml sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
1 ml peper
Kors:
1 eier
125 ml melk
125 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Plaas al die bestanddele vir die vulsel in ‘n kastrol en meng met ‘n groot vurk.
Verhit tot kookpunt, roer gereeld en kook 5 min tot mengsel nie meer pienk is nie, maar steeds souserig.

Kors (oorgooi deeg):
Klits eier, olie en melk saam. Sif meel, bakpoeier en sout en meng dit met eiermengsel.
Skep beslag oor warm vulsel. Bak sowat 30 min by 180ºC
Ek het helfte van vulsel gebruik en hele kors en dit so 20 min in konveksieoond gebak.
Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling




GRILLED OR BAKED FISH IN THE CONVECTION OVEN

 

HALOGEN LEE OOND

GRILLED OR BAKED FISH IN THE CONVECTION OVEN

Use any of your favourite fish, cut into pieces across the bone, or filleted.
Place directly on lower rack
Sprinkle with salt and pepper
Place half a teaspoon of butter and a squeeze of lemon on each piece
Bake in preheated oven
Depending on the thickness of fish
Bake only 6 min
Time 00:10
Temp 240 deg C

Posted by FRIEDA GREYLING