STROOP VIR POPCORN BALLE-SPRINGMIELIE BALLE

Popcorn Syruptested

STROOP VIR SPRINGMIELIE BALLE
190 ml water
190 ml goue stroop
1 koppie suiker
¾ teelepel vanilla
¾ teelepel sout
60 ml botter

Kook suiker, stroop, water, botter en sout tot kraak stadium. Voeg die vanilla by. Gooi stadig oor springmielies tot alles nat is. Smeer hande effens met botter en maak balle.

SOET SPRINGMIELIES
1 koppie suiker
¼ koppie water
½ teelepel asyn
2 eetlepel margarien
1 knypie kremetart
Voedselkleursel

Kook als saam vir 4 min of tot wit skuim. Haal van stoof af en voeg kleursel by. Gooi mengsel oor popcorn en meng goed, laat afkoel.
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen




SJOKOLADE MELLOW CRISPIES

SJOKOLADE MELLOW CRISPIES
(Maak 40 Blokke)
125 g margarien of botter
350 g houer Rice crispies
500 g malvalekkers
2 x 200 g blok sjokolade
Plaas margarien in kastrol en smelt. Voeg by malvalekkers en roer tot amper opgelos/gesmelt.
Voeg by Rice Crispies en meng goed deur tot alle Crispies bedek is.
Giet uit in ‘n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas.
Smelt sjokolade en smeer oor crispies mengsel.
Laat stol.
Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokke.
Wenk: Moenie te lank los om te stol nie anders is dit te hard om deur te sny.
Resep: Carol Elliott Claassen




VINGERVERF

vingerverf
VINGERVERF
1 pakkie plakpapiergom
‘n bietjie minder as 2 liter warm water in ‘n 2 liter-bottel poeierverf
Plaas die plakpapiergom in die 2 liter-bottel.
Vul die bottel tot amper bo met warm water.
Skud tot die gom opgelos is.
Laat oornag staan.
Verdeel soveel van die mengsel as wat vir elke kleur benodig word uit in verskillende houers.
Voeg omtrent 1 eetlepel poeierverf van verskillende kleure in die houers.
Meng dit goed in die gommengsel.
Dit vorm ‘n dik pasta en is gereed vir gebruik




IDEES VIR KINDERPARTYTJIES

kiddie party koek
IDEES VIR KINDERPARTYTJIES

Dora Miles
Die volgende was ‘n hit op my sussie se dogtertjie se verjaardagpartytjie. Bak en Brou vir kinders… pakkies mariebeskuitjies en/of tennisbeskuitjies… klaar aangemaakte versiersuiker in verskeie kleure… lekkergoed (Jelly tots, smarties ens)… laat die kinders hulle eie koekies smeer met die versiersuiker en dan met lekkergoed versier.. Dit kan hulle ure besig hou afhangende van hoeveel koekies en lekkers beskikbaar is. Dit kan buite of binne gedoen word.

Marietjie Swart
vrugtesosasties op ‘n stokkie – vrugte ingery op ‘n stokkie met marshmallows tussen-in

Christina Stienie Breed
Maak patties voor die tyd gaar en pak al die goedjies uit sodat elkeen sy eie Hamburger kan *semble* Kinders is mal daaroor

Carmen Meyer Ditto
– het ook al pizza-parties & chinese braai parties gehou.

Wilma Botha ?……
myne het gisteraand ‘n chocolate fountain ontdek … alles van marshmallows, aarbeie, piesang, ens. op stokkies vasgedruk en in die druppende chocolade gedruk …. good luck met die sugar high …

Christabel Garisch
Bak verskillende grotes, kleure en geure muffins, brownies en cupcakes en sit 4 verskillend versiersuikers, caramel, en klomp veskillend topping goedtjies neer, soos smarties, astros, klapper, liquorice, suigstokkies, marshmallows, tande stokkies en koekie drukkers – laat elkeen sy eie eet dingetjie bou….

Marleen Basson Niemandt
Bak vooraf groot gemmerkoekmannetjies en laat hulle dit versier. Dis baie pret !

Amanda de Vries Dogter:
gee vir elke maatjie R50. Hulle deel op in groepies. Hulle moet self aankope gaan doen vir volgende: mooimaak van vertrek, dek van tafel, maak van een of ander gereg. Hulle leer sommer om met geld te werk en ook om kreatief te wees. Seun: skattejag – plaas op verskillende plekke leidrade om uiteindelik by die skat uit te kom of kry al die onderdele vir die bou van kaskarre bymekaar vooraf en laat seuns in groepe werk om kaskarre te bou. Daarna kan hulle resies jaag met nuutgeboude karre. Leer bietjie handvaardighede.

Linnie Lues
ons is in die Kaap en het met die LINDT chocolate studio hier gereeël vir ‘n individuele sjokolade waarderings cursus (ons moes 10 maats hê), met bietjie speel met die sjokolade na die tyd (dit neem ongeveer uur en ‘n half). Daar is ‘n Lindt sjokolade studio in Johannesburg. http://www.chocolatestudio.co.za/

Anne-Marie Jansen van Vuuren
Fairy bread….veetjie brood….
dit is baie gewild by die kinderpartytjies in Australia…..broodsnytjies gesmeer met botter en gesprinkel met 100 & 1000’s en oorkruis in 3 hoeke gesy. Probeer gerus kinders van daardie ouderdom is mal daaroor…..

 




SHERBET

SHERBET

Hier is ‘n sherbet resep wat ek iewers op ‘n blad gekry het – weet nie waar nie.
250 ml versiersuiker
5 ml koeksoda
2.5 ml wynsteensuur
Sif al die bestanddele goed saam en verpak.

Resep geplaas deur Karin Weeks




EASY MAYONNAISE ROLLS

EASY MAYONNAISE ROLLS
EASY MAYONNAISE ROLLS
 My foto, hulle resep! Heeeerlik! Sal volgende keer bietjie sout byvoeg.

You can’t get a recipe any easier than this one! These little rolls are so quick to make and they are good, too.
2 cups self-rising flour
4 tablespoons mayonnaise
1 cup milk
1 teaspoon sugar
pinch of salt

Mix all ingredients in a mixing bowl about two minutes with a spoon. Spray muffin tins. Fill tins 2/3 full; bake in preheated 450ºF (230ºC) oven until golden brown or about 10 to 12 minutes.
Makes about 12 muffins. Delicious! Enjoy!

Photo:  Hannalie Kitshoff

 

 




“POT-LUCK”

pot lucktested

“POT-LUCK”
Lekker vinnige ete vir baie honger mae! Gisteraand in my kombuis gebore!
8 aartappels, geskil en mediumsag gekook
olyfolie
1 blikkie “chickpeas”
vars sampioene
500 g blomkoolrosies
1 liter melk
1 pakkie dik wituiesoppoeier
20 ml koekmeel
4 eiers
8 kaas “russians”
250 g spek
vars pietersielie
gerasperde kaas
sout en peper

Plaas 2 eetlepels olyfolie in oondbak.
Pak aartappelskywe op bodem.
Sprinkel die “chickpeas” egalig oor en dan fyngesnipperde sampioene.
Sny worsies in skywe en sny die spek fyn, strooi ook oor.
Pak blomkoolrosie bo-op.
Klits eiers, melk, koekmeel en soppoeier saam, giet oor die bestanddele.
Strooi pietersielie en kaas oor.
Bak by 200ºC vir 60 minute of tot ligbruin.
Laat buite oond rus vir 15 minute.
Bedien met pynappelslaai en vars brood.

ENJOY! DIS NOG LEKKERDER DIE VOLGENDE DAG!
Nota:
Dis ook heerlik met broccoli, ipv blomkool, vervang ook russians met fyn hoender, lekker eet!
Foto en resep: Floraine Wasserman Venter
2de Foto:  Adam Cloete

 




HANNALIE SE HOENDERKERRIE

2015-07-23-hoenderkerrietested

HANNALIE SE HOENDERKERRIE
3 hoenderborsies
3 groot aartappels
2 geelwortels
1 groot ui
1 piesang
1 granny smith appel
Knoffel
Sout
Peper
Gemengde kruie
Maizena
Blatjang
Kerrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel
Borrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel

Kook die hoender in ± 1½ koppies water, voeg sout, peper, knoffel en gemengde kruie by.
Kook tot sag. Haal vleis uit en laat eenkant om effens af te koel. Sny op in stukkies.
Sny aartappels in blokkies en die wortel in skyfies en kook tot sag in vleiswater.
Intussen braai gekerfte ui in bietjie olyfolie tot glaserig, voeg gerasperde appel en gesnipperde piesang by.
Voeg nou die Kerrie- en borriepoeier by en braai vir 2-3 min. Voeg nou die hoender en uiemengsel by die saggekookte groente en meng deur. Indien water min is voeg nog by. Voeg nog geurmiddels en blatjang by na smaak. Meng ongeveer 2 teelepels Maizena met ‘n bietjie melk (¼ koppie) en voeg by kerriepot om te verdik. Kook goed deur tot lekker sous gevorm het. Bedien op bruinrys met gestoofde vrugte.

RESEP:  Hannalie Kitshoff
FOTO:  Amanda Conradie




GERDA SE LEKKER HOENDER RESEP

tested

GERDA SE LEKKER HOENDER RESEP

Ek het die jare terug by my Ma geleer.

Jy pak jou hoenderstukkies in ‘n bak en smeer DIK Mayonnaise oor. Die hoender moet droog wees en daar moet geen deksel opkom as dit in die oond ingaan nie, anders gly al die mayonnaise af en lê op die bodem van die pan. Dit maak so ‘n heerlike bruin korsie.
Ek gaan ook van Ina Paarman se sousie probeer en Rina vir ‘n klaar gaar hoender is dit defnitief op die spyskaart.
Dan nog ‘n hoender resep wat my ma gemaak het.
Skud hoenderstukkies in ‘n plastieksak met meel en sout. Braai bruin in vlak olie. Pak nou laag hoender stukkies, rasper dik laag uie oor, dan laag dik laag tamaties. Herhaal die lae. Strooi tussen die lae speserye van jou keuse. Dis njammies lekker.
Dit moet lekker lank bak. Die uie, tamaties en wortels moet nie meer apart wees nie maar so ‘n lekker dik sous maak.

Wat ‘n hoenderpastei besonder lekker maak is Bacon Kips. Krummel die Bacon kips dat dit kleinerige stukkies is. Voeg dan net meer vloeistof by. Ek gooi altyd Ideal Melk of Carnation melk by. Die Bacon Kips moenie droog wees nie. Dit raak dan heeltemal ‘deel’ van die pasteie met ‘n besondere smaak.

Resep: Gerda Potgieter




ROERBRAAI HOENDER


ROERBRAAI HOENDER
kookolie
2 groot uie, gesny
750 ml gekerfde kool
3 geelwortels
½ Engelse komkommer, in repe gesny
1 soetrissie, repe gesny
1 blik pynappelstukkies
sout en peper na smaak
4 gaar hoenderborsies, in stukkies gesny

Verhit ‘n bietjie kookolie in ‘n groot pan.
Voeg al die bestanddele, behalwe die hoender by en braai tot amper gaar.
Voeg die hoender by en geur.
Braai deur tot hoender lekker warm is en bedien.
Mariaan van der Westhuizen