PLAASVERVANGER VIR KOEKIE GIS

koekie gis
PLAASVERVANGER VIR KOEKIE GIS

1 koekie gis is 25 g wat dan 15 ml kitsgis is.

Ek is seker jy kan die saamgepeste gis vervang met kitsgis.




HOMEMADE BAKING POWDER

HOMEMADE BAKING POWDER
Posted by  Lynette Muller
FOOD  LOVERS RECIPES
1 teaspoon baking soda (KOEKSODA)
2 teaspoons cream of tartar (kremetart))
1 teaspoon corn starch (optional) (maizina)
Mix the baking soda and cream of tartar together until well combined.
Use immediately.
Use the corn starch to be able to store the baking powder for 6 months.

 




IDEAS FOR A BIRTHDAY PARTY

birthday party
IDEAS FOR A BIRTHDAY PARTY

Girl, that’s a lot of work! Now is the time to rope in some more willing friends. 😛
I would suggest you have a bread table which can serve as starters. This is great for an informal type of setup. These days you get such a wonderful variety of breads at your local supermarket that it really does not have to be boring at all. And you order it all two days ahead of time and just go and pick it up.

You can arrange it very nicely with some props, nice tablecloth, baskets, etc. E.g French loaf, nice rolls, croissants, cheese muffins, health/seed loaf, cocktail rolls.
Also a variety of crackers. Serve some nice cheeses, jams, cream cheese and good homemade patés with the bread.
Mains: Serve something which is easy to prepare ahead of time and reheat in the hall’s kitchen.
The easiest is one dish,  e.g. any type of potjie dish (huge choice here), Malay curry, Breyani, Bobotie, Lasagne, Chicken ala King, good homemade pie.
Serve with rice or potatoes and maybe something like pumpkin pie.
Baked puddings can be done a day or two in advance and is also easy to serve with custard.
Stalwarts like Malva pudding, Cape brandy pudding, carrot pudding, milktart, saucy choc pudding, lemon pudding are always popular and appreciated.
Maybe not the most exciting menu, but the easiest to execute. In the end, people enjoy a good plate of food, especially the men, without too many “weird” things on the plate! 🙂
Put the food in foil or other type containers which you can put in the oven and warming drawer to reheat, so you can utilise this space as well . If the rest are in pots, bring along some little gas stoves for reheating. 70 is a lot of people to feed. Microwave also handy of course. You can stretch food m u c h further if you and sis dish up for the people at the main meal. Then your portions will work out fine. Another idea is to reheat on the braai over the coals if you can get some men to do this for you and everything is in potjies perhaps. The guys of course love this, they can stand around the fire whoohoo!!
Louise Groenewald

 




SNOEPIE IDEES

TUCK SHOP
SNOEPIE IDEES

Celia De Villiers Enslin (1)
Toasted Broodjies is altyd ‘n treffer – Ham en Kaas en Chicken Mayo – dink ek (weet nie watter ander vulsels is algemeen gewild nie) En dan dalk iets soos Jaffles (maalvleis vulsel en dalk selfs ‘n kaas en eier of so iets vulsel)

Christina Stienie Breed (2)
Gekookte aarappel in die skil met n kaas witsousie of iets gevul
By n Laerskool waar ek lank terug afgelos het, was dit baie gewild
Vetkoek en maalvleis
Sputniks= Viennas met degie om

Martie Kotze Kruger (3)
Hier in Australia is die kinders baie lief vir slaai broodjies. Brood en sit apart in houers al die slaai wat jy aan kan dink met kouevleis en hoender en laat hulle self gesluit wat se slaai hulle op die brood wil he. Ons het SUBWAY take away en dit is baie lekker ek dink hulle begin nou in SA ook jy sal verbaas wees wat hulle kies om op die brood te he.

Jenny van der Westhuizen (4)
Lekker gesondheids-, piesang muffins. Selfs sout muffins bacon en kaas met chives. Yoghurt lollies, klein bakkies vrugteslaai, sonder vrugte wat kan swart word.

Berie Smith (5)
Dis nou koelerig, so sop is ook lekker. Kids love spaghetti bolognaise en mac en cheese. Maak by die huis en neem saam vir die snoepie. Dis nou as daar ‘n mikrogolf is om dit warm te maak. Selfs melkkos kan werk. Hier by die skool se snoepie doen hulle dit in die Winter en dit gaan baie goed af. Hot dogs en hamburgers werk ook altyd met kids.

Louise Groenewald  (6)
Pannekoek. Jy kan dit voor die tyd berei en opstapel en weer warm maak. Ook met vulseltjies. Kerriemince, hoender-kaassous.

Sonja Young (7)
Wraps is ook baie gewild – mens kan letterlik enige iets daarin sit

Alida Siebert (8)
Rina wat van heerlike vet tuisgemaakte pasteie wat jou mond nog brand as jy daaraan knibbel

Rina Kleinhans  (9)
daar is lekker kaas en spek muffins ens, maar wat nog?

Lerina van der Linde (10)
Pizza; alle kinders LOVE pizza!

Helena Kruger (11)
Maak worsrolletjies….hotdogs…russianrolls..[sonder tamatie en blaarslaai met bietjie kaas by] en verwarm dit vir n paar sekondes in mikrogolf oond..lekker vinnig en kinders hou van dit..
Maak Samoesas klaar gaar [veral die groente een] en verwarm net n paar sekondes in Mic..
Maak klein bakkies ligte Kerrie-Rys en doen ook so
Maak Spaghettie bolganaise en skep in kerrie-Rys bakkies en doen ook so
Glasies met Sop en n broodjie..
Bak sommer die Skud pizza Deeg en plaas *Ham en kaas bo-op..bak klaar sny in skywe ..laat afkoel en verpak in wit poly. bakkies kinder Love dit***
Lekker Whole-Wheat bunnys met ham en kaas en miskien bietjie biltong op en so n drizzeltjie van ons lekker *Come Back Sousie*
en blaarslaai en Wrap en plaas in jou yskas..hou lank..net tamatie maak dit pap ook nie te veel sousie nie..

Dalene Murdoch Kruger (12)
Ons het kerrie en rys verkoop by ons snoepie (vir Gr1-12) en dit was baie gewild. Het nie al die posts gelees nie maar ek dink pannekoek sal ook baie gewild wees!

Janecka Kruger (13)
Viennas op ‘n stokkie met vetkoek deeg om. Kan ‘n sousie binne die deeg by die worsie ook seker sit/ na die tyd met inspuiting inspuit?

Christa Munro Botha (14)
Pita-broodjies- vulsel van slaai(blaarslaai en tamatieblokkies) vleisrepies(hoender, vark, bees, biltong, klein frikkadelletjies, stukkies worsies) en ‘n mayo-sousie oor alles. Jy skep dit in sulke lagies in die Pitabroodjie in.

Christa Munro Botha (15)
Kyk as jy nou die kleingoed wil “treat” dan is dit gekookte koejawels(baie vitc vir die verkoues) met vla. Dis juis mos nou koejawel tyd. Jy skep dit vooraf in die glasie met ‘n dekseltjie en plak die lepeltjie met ‘n stukkie “cellotape” vas. Die kinders raak nie op vir dit nie. Blokkies lemoenkoek(nog vit C) met die regte egte lemoensousie of as ‘n “muffin”, alias koppiekoekie, gaan ook baie gewild wees.

Charlotte Verwey da Silva (16)
Ek was vir baie jare op die skool se ouerkomittee en moes (alewig) alles wat met kos te doen gehad het hanteer….laaste jare was ek ook betrokke by die groot trompoppie byeenkomste en een ding waarop ons elke keer uitverkoop was lank voor die ander stalletjies en wat van 7 uur die oggend af verkoop het was ‘slaptjips’!! Kon net nie voorbly nie!!

Alida Siebert (17)
my peetkinners se hulle wil hul pa se “koppies” he. Hy maak vir hulle sulke bakkies met lae tuisgemaakte muesli, vars vrugte en yoghurt. Gewoonlik vries hy hulle, so kom pouse tyd dan het hulle lekker “roomys” in die somer.




GROENTE-KOEKIES

GROENTE-KOEKIES
Porsies:12-15 koekies
2 aartappels, geskil en gerasper
1 ui, gerasper
1 x 410 g-blik groenbone, gedreineer
1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer
1 eier, gektits
70 g/125 ml koekmeel
5 ml geurselsout
10 ml gedroogde pietersielie
250 ml sonneblomolie

Meng al die bestanddele, behalwe die olie, goed saam.
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai lepelsvol van die groentemengsel ongeveer 3 minute aan elke kant tot bruin en gaar.
Dreineer die groentekoekies op handdoekpapier.
Sit warm of koud voor as happie of bykos.

RESEP: Molly-Ann Underwood Schmidt




SOUTVLEIS KOEKIES

tested
SOUTVLEIS KOEKIES
Porsies: 12-15 koekies
2 aartappels, geskil en gerasper
1 x 300 g-blik ingemaakte soutvleis, fyngemaak
sout en swartpeper na smaak
2 ml gemengde kruie
70 g/125 ml koekmeel
250 ml sonneblomolie

Meng al die bestanddele, behalwe die olie, saam.
Verhit van die olie in ‘n vlak pan en braai lepelsvol van die vleiskoekiemengsel vir ongeveer 5 minute aan elke kant, tot ligbruin. (Dit is beter om die koekies in klompies te braai.)
Dreineer die vleiskoekies op handdoekpapier en sit warm voor in broodrolletjies met slaaigarnering en tamatiesous.
Variasie: Die vleiskoekies kan ook as happies bedien word met ‘n verskeidenheid doopsouse.

Resep:  Molly-Ann Underwood Schmidt
Foto:  Charleen Nieuwenhuizen




VOORSTELLE VIR SKEMERKELKIEVERSNAPERINGS


VOORSTELLE VIR SKEMERKELKIEVERSNAPERINGS

(30 mense)
WARM VERVERSINGS
Gebraaide repies hoenderborsies vooraf gemarineer in ‘n soet-en gekruide sous
Gebraaide chipolates en heelgraanmostert
Klein aartappeltjies gevul met grasuie en roomkaas
Spek om ontpitte pruimedante gedraai
Spinasie en ricotta-driehoekies
Miniatuur quiches of pasteie

KOUE VERVERINGS
Eier-mayonnaisepatee of fansebroodbasis
Gerookte salmrolletjies
Afgeddopte steurgarnale aan stokkies met seekosdoopsous
Gebraaide fitelblokkies met Hollandaisesous
Taramasalata op komkommer gepyp.

PEUSEL HAPPIES
Pretzels en kaastrooitjies
Skyfies, neuter, olywe en piekels
Borde met crudités met avocado-, bloukaas- of kruiedoopsous
Nota: Die filet blokkies kan ook warm voorgesit word met baie gemaalde swartpeper.

INFORMELE SKEMERONTHAAL
WARM VERVERSINGS
Snoepworsies met frande mostert
Klein frikaddeltjies met brandrissietamatiesous
Sye spinasiequiche
Klein pizzas
Blini met gepypte rosette van suurroom en ontpitte swart olywe

KOUE VERVERINGS
Hoenderslaai op komkommerbasis
Tunapatee op appelhalfmane gepyp
Gevulde eiers
Ham op fransebroodbasis met saadmosterd gesmeer
Gerookte bief en roomkaasrolletjies

KOUE VERVERINGS
Skyfies en neuter
Hoenderlewerpatee en beskuitjies
Snoekpatee en beskuitjies
Crudites met kruiemayonnaise en jogurtdoopsous

VERDERE VOORSTELLE – WARM VERVERINGS
Kleinblaar tertbakkies of chou-deeg kors gevul met hoender, vis, sampioene ens.
Hoender frikkadelle
Filopakkies gevul met hoender of kaas
Kaasroosterbrood

KOUE VERVERSING
Klein ham en pynapel sosaties
Gerookte forelhappies
Salamikeels
Gesnyde biltong
Gerookte bees of Parmaham om stukkies vrugte gedraai
Primedante gevul met roomkaas
Gerookte oesters
Stukke kreef
Gevulde kreef
Patee gepyp op selderystokkies of appelskywe

 

 

 

 




CREAMY DEVILLED EGGS


CREAMY DEVILLED EGGS
8 large eggs
1/3 cup of light mayonnaise
1 tablespoon Dijon mustard
1 teaspoon white wine vinegar
1 tablespoon minced shallots
¼ tablespoon hot sauce, such as Tabasco sauce
coarse salt and ground pepper
paprika, for garnish
Place eggs in a medium saucepan, add cold water to cover by 1 inch, bring to a rolling boil. Remove from the heat, cover and let it stand for 13 min.
Drain and run the eggs under cold water to cool.
Meanwhile, in a medium bowl, mix together mayo, mustard, vinegar, shallot and hot sauce.
Peel eggs and halve them lengthwise, remove yolks, leaving whites intact. Transfer yolks to the bowl with mayo mixture and season with salt and pepper. Mash with fork until smooth.
Mound the yolks into white cups. Sprinkle with paprika just before serving or cover with plastic wrap and refrigerate for up to 8 hours.
Recipe: Sharon Joubert




PLATTER IDEES


PLATTER IDEES
Elizma Engelbrecht Olivier
Wortelstokkies en komkommer strokies, jy kan blomkool en broccoli boompies ook bysit met ‘n lekker mayonaise dip. Ham, kaas en agurtjie stokkies is ook altyd ‘n treffer.

Elsie
Ek gebruik oorskiet pap/rys dan maak ek poffertjiedeeg gooi pap of rys, spek fyn gesny /koue vleis/oorskiet vleis, kaaspoeier en gerasperde kaas, uieblaar, fyn gesnyde peppers fyn gesnyde bietjie speserye soos ek voel lepels vol in warm olie soos gewone pofferjies tot bruin. En dan sommer net oor ek lus is, doop ek appel of piesang in die mengsel en braai ook in olie. As die vrugte poffertjies gaar is, strooi ek strooisuiker oor. Nogal lekker.

Maritha Horn
Kook spinasie, uie en aartappel sag. Dreineer en bind met eier en meel. Maak bolletjies en braai in diep olie. Baie lekker warm of koud.

Wilna Dorfling
Ek’t hierdie ook bedien met my man se 60ste verlede naweek. Dit is so maklik en ‘n wenner, my hele platter was opgeëet en daar was heelwat lekker disse. Perske gevul met kerrie boontjies. Maak ‘n platter met die gevulde perkes, aspersies, en ghergins op ‘n ronde skinkbord met gesniprde slaai blare. Atyd lekker saam met koue vleise of braaivleis. O ja ek’t nog gevulde olywe bygesit.

Magda Serfontein
Peppadews gevul met roomkaas.

Sandra Visagie
Vat vars peppadews en vul dit met rou hoender lewertjies gegeur met sout en peper, draai dit heeltemal toe in repies-spek en bak dit in die oond tot gaar

Carmen Meyer
Sny daai piepklein cocktail hotdog-buns, smeer met roomkaas en sit ‘n stuk droëwors daarin. Kan in die helfte gesny word. Nog ‘n wenner was klein bunny-chows.

Belinda Brand Theart
Viennas gesny in 3, draai spek om die worsie, steek vas met toothpick en braai in pan met sweet chilli sous.

Louise Groenewald
Toe ek nog platters gemaak het, het ek gevind die springrolls vlieg eerste. Baie gewild en mens kan dit ook self maak, maar deesdae kry jy wat gevries is wat tog te lekker is. Bedien natuurlik saam met ‘n lekker sousie.

Belinda Brand Theart
Fillo pastry gevul met gepekelde jalapeno’s en brie kaas en kook in olie. So selfgemaakte springrole is baie lekker. Nog ‘n wenner is rocket en baba spinasie blare bymekaar gesit, smeer met dik maaskaas, sprinkel met parmasaan, rol carpachio velle om dit met blare wat effe aan kante uitsteek, sprinkel swart peper bo-oor en klein bietjie suurlemoen sap. Is bietjie duur maar vrek lekker.

Peggy Devine
Crumbed mozarella cheese blokkies, klein stukkies sticky ribs, hoender boudjies, stukkies winglets, cherries met bacon omgedraai.

Belinda Brand Theart
‘n Mini frikkadel was nog noooit sleg nie. Ek gaan altyd eerste vir hulle. 🙂

Janecka Kruger
Stukkies vienna in vetkoekdeeg met ‘n dip sousie.

Jeani Strauss
Gesnyde (nie te dun) biltong, gaar boerewors in stukkies gesny of gaar steakrepies met ‘n avokado dip. Groot treffer.

Carmen Meyer
Het eenkeer die Kyknet kookprogram gekyk met Jack Parrow – hy het ‘n stuk steak medium/rare gebraai, in blokkies gesny en dieselfde grootte blokkies camembert kaas en avo op ‘n stokkie gesit. Lyk heerlik!
My ma sny haloumi in blokkies, draai toe in spek en braai dit op die vuur as ‘n voorgereg. Bedien met sweet chili sous.

Loraine Van Wyngaardt Botha
Rol ‘n pak gekoopte deeg dun uit en sny in blikkies van so 5 x 5 cm. Bak net so in kookolie. Sal binne sekondes uitpof. Haal uit en gooi sommer op ‘n papiervel om die ergste olie te dreineer. Sprinkel Aromat oor. Vinnig en lekker.

Belinda Brand Theart
Joh, dis ‘n blink idee, of chilli aromat! en natuurlik gaan sit al die lekker dinge dadelik om die middel lyf en heupe. ai, hoekom hoekom?

Sureta Olivier
Iets gesond maar lekker. Sny ‘n spanspek in blokkies en feta kaas. Sit op klein sosatie stokkies. Sit ‘n rocket blaar tussen die kaas en spansek. Sprinkel met ‘n bietjie balsamic asyn oor. Sit die kaas aan die onderkant sodat dit kan regop staan.
Braai ribs en sny dit op en dien op. Die klein vark ribs wat mens kry dis lekker vinnger kos.

Louise Groenewald
Ek het al blokkies bobotie opgesit en ook hoender fillet strips wat in cajun spice gebraai is. As dit land…gone!

Louise Groenewald
Nou dink ek darem ver terug. Ek het altyd ‘n bakkie met heerlike Coronation hoender in die middel van die platter gesit met beskuitjies en broodjies rondom, met lepeltjie by. Dan skep elkeen van die hoender op ‘n broodjie. Die consistency van dit is soos stywe hoendermayo, dit werk lekker. En dan die patees, my GUNSTELING!




IDEES VIR ‘N OOIEVAARS PARTYTJIE


IDEES VIR ‘N OOIEVAARS PARTYTJIE
Surika Niemand Meyer
Die volgende was die decor en catering. Catering,het hul doeke gevat (weggooi) en ‘n stootwaentjie gemaak daarvan as die “koek”.  Hul het cupcakes laat maak met die babatjie se gesiggie wat uitsteek en die boude was toe gegooi met ‘n kombersie..alles eetbaar en versiersuiker. Dan het hul platters gemaak(vingerete) soet en sout.
Decor het hul ‘n wasgoed lyn gespan met babaklere op…hul het tafels gedek van 12 elk..die vrouens het gescrapbook,(was ingangsfooi) en die manne het buite gebraai en gekuier…
Was vir ‘n dogtertjie,haar kamer se kleure is pienk/pers. So dit was ook die kleure van die saal. Hoop dit help.

Christine Oosthuizen
was jare terug by ‘n ooievaarstee waar hulle gemmerbroodmannetjies met blou klere gemaak het.

Charmain Venter
Ek het albei my skoonsus en boeta se ooivaarspartytjies gereel.
Pienk partytjie vir Mieke en Blue-Party vir Corne…
Beide die mans en vrouens was na die partytjie genooi. Die mans moes konjak en sigare vir die amper papa bring en die vrouens die gewone geskenkies vir die mama en die baba wat oppad was. Kleredrag was volgens die temas en glo my die mans het dit geniet om pienk te dra. Die mans het die ooievaarspartytjie later meer geniet as die vrouens en behoorlik “gekoer” om die geskenkies.

Diane Roode Hancox
Ek het ‘n foto van ‘n “doeke koek” wat my skoondogter gemaak het.

Vanessa Fourie Willemse
Speel ‘n speletjie soos 30 seconds dit is vet pret en jy lag jou lam deel die dames in 2 spanne in wat nie mekaar ken nie dit breek die ys en dan is almal lekker aan die klets en dis nie stywe affere nie