LEMON MERINGUE TERTJIES

lemon merique tertjies
LEMON MERINGUE TERTJIES
Hallo julle! Nou hier gaan ek gou vir julle my resep opsit vir die lemon curd en die mini meringues!
Die lemon curd eerste.
4 koppies suiker
250 g botter
4 lemoene
4 suurlemoene
skil van 3 suurlemoene
8 eiers

Meng die suiker, botter, suur-en lemoensap en die skil.
Sit op lae hitte en verhit stadig tot kookpunt.
Klits die eiers, voeg by en roer tot die mengsel dik is.

Het dit baie stadig verhit sodat dit nie skif nie en het dit nie in ‘n dubbelkoker gemaak nie.
Skep in bottel en gebruik soos jy nodig kry.
Hierdie is redelik baie hoor… lol, maar ons gebruik baie en dit is baie lekker!

Vir die lemon meringues:
Die doppies is klaar gekooptes.
1 pakkie lemon merinque kitspoeding
400 ml melk
3 groot (opskeplepels) lemon curd

Meng die lemon merinque kitspoeding met die melk.
Klits goed tot dit begin styf word.
Voeg hierby die lemon curd en klop verder tot net goed gemeng.
Maak ‘n spuitsak vol en spuit in die doppies. Hierdie mengsel is lekker dik.
Klits eierwitte met suiker styf en spuit bo-op en sit in die oond vir omtrent 5 min in die oond.

Van die oond het ons hulle dadelik in platter borde gesit en gestuur.
Het ‘n klompie ekstra gemaak, maar die klomp hier het hulle so vinnig opgeeet, hulle het nie kans gehad om koud te word nie.
Die vulsel was baie lekker, maar sou net graag wou sien as hulle koud is hoe styf die vulsel was.

Foto en resep:  Tanya Rossouw




SKUIMPIES (MERINGUES)

skuimpiestested
SKUIMPIES (MERINGUES)
1 eier wit
250ml strooisuiker
30ml . warm water
15ml asyn
1 gelyk teel. Bakpoeier
1 teel. Vanilla

METODE
Klits die eierwit tot amper styf, voeg die strooisuiker bietjie-bietjies by en klits tot styf. Voeg warm water by, meng goed, voeg dan asyn by en meng weer goed. Voeg dan bakpoeier en vanilla by en klits tot styf.
Skep teelepels vol op ‘n bakplaat wat met met botterpapier uitgevoer is. Bak in oond teen 100°C vir 2 ure. Skakel die oond af en los die skuimpies oornag daarin om heeltemal uittedroog.
Foto: Ronel Van Dyk Logan




BUNNY CHOW

BUNNY CHOW
1 tbsp Olive oil
1.5 kg Beef goulash
½ tin Tomato puree
2 tsp Rajah Curry Powder (mild)
1 tsp Curry mix
1 tbsp Brown vinegar
2 tbsp Apricot jam
¼ Green pepper, finely chopped
2 tbsp Chutney
4 Onions, finely chopped
4 Carrots, diced
1½ Granny Smith apple, grated
2 Loaves white bread or two french loaves
Salt and pepper to taste

First create a basic curry.
Heat the olive oil in a pot and fry the beef until cooked.
Remove the beef and then fry the onions in the same pot.
Mix in the curry powder and vinegar.
Then put all the ingredients except the chutney into an ovenproof dish.
Cook in the oven for approximately 40 minutes at 180°C.
Mix in the chutney once you have taken the dish out of the oven.
Cut the bread into 3 pieces (or more in the case of the French loaf) and hollow them out to create a little bowl.
Scoop the curry into the “bowl” and serve with yoghurt or chopped banana.

Posted by Petra Pretorius
Photo by Marlene Minderon

 




STEAK AND KIDNEY PIE

STEAK AND KIDNEY PIE
Treat the family to this traditional steak and kidney pie served with mashed potatoes and roast vegetables.
500 g beef, cubed
250 ml red wine
15 ml oil
1 packet Knorr Hearty Beef Stew Cook-in-Sauce
1 egg, lightly beaten
500 g lamb kidneys, cleaned and cubed
50 g flour
250 ml water
1 roll (400 g) puff pastry

Marinate the beef cubes and kidneys in the red wine, preferably overnight
Dust the cubes with flour reserving the wine for later use
Fry the cubes in oil to brown
Add the Knorr Hearty Beef Cook-in-Sauce, the reserved wine and water and simmer for 25-30 min
Place in an ovenproof dish or 4 individual dishes
Roll out the pastry and place over the mixture to create the top of the pie
Brush with beaten egg
Bake the pie at 200°C for 15 min or until golden brown
erve with mashed potato and vegetables
Posted by Linda Venter




HOMEMADE BAKED BEANS

baked beanstested
HOMEMADE BAKED BEANS
3 tablespoons olive oil
3 medium onions, chopped
4 cloves garlic, chopped
2 teaspoons paprika
½ teaspoon ground cloves
3 heaped tablespoons tomato sauce
250 ml passata
(passata: Ek het dit al by PnP gesien in ‘n bottel. Dit is basies tamatiepuree wat ons in blikkies kry)
300 ml water
2 cans haricot beans, rinsed and drained (ek sal klein wit bone gebruik en gewoonweg kook in my drukkoker soos vir sop)
1 tablespoons Worcestershire sauce
1 teaspoon brown sugar

Heat the oil in a large ovenproof pan. Add the onions and garlic and fry until soft and golden. Sprinkle over the paprika and ground cloves and cook for 1 minute then stir through the ketchup.
Add the passata and water and bring to the boil. Simmer for about 10 minutes before liquidizing until smooth.
Pre-heat oven to 150ºC/gas 2.
Add the beans, Worcestershire sauce and sugar to the tomato sauce. Season with salt. Stir well and bring back to the boil.
Put on a lid and transfer to the oven for 1 hour 30 minutes. Stir in some boiling water before serving if the beans are a bit dry.

Foto en resep: Louise Groenewald




KNOFFELBOONTJIES

knoffelboontjie piet

KNOFFELBOONTJIES
350 g groenboontjies
100 g spinasie
15 ml olyfolie
1 knoffelhuise, gekneus
Kook die boontjies in soutwater tot sag. Terwyl die boontjies kook, stoom die spinasie sommer gaar in ‘n vergiettes oor die kookwater waarin die boontjies kook (sit ‘n deksel op). Wanneer die groente gaar is, dreineer en skep uit die pot uit. Verhit die olyfolie in dieselfde kastrol en soteer die knoffel daarin vir 30 sekondes. Skep die boontjies en spinasie terug in die kastrol en meng goed. Geur na smaak en verhit tot die mengsel warm is. Bedien warm.




KAAS EN UIEPASTEI

KAAS EN UIEPASTEI
Kors:
25 ml margarien
1 eier, geklits
250 ml volkoringmeel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
Smelt die margarien en klits dit en die eier saam. Sif die droë bestanddele saam en voeg die eiermengsel daarby. Meng dit tot ‘n sagte deeg. Voeg bietjie water daarby indien nodig. Verdeel die deeg in twee dele en voer ‘n gesmeerde tertbord met die een helte van die deeg. Druk dit vas met die
vingers. Hou die ander helfte eenkant.

Vulsel:
12.5 ml olie
2 middelslag uie, gekap
500 ml gekapte grasuie
12.5 ml sampioen soppoeier
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
Knippie rooipeper
375 ml gerasperde kaas
1 eier
250 ml afgeroomde melk
Verhit die olie en soteer die uie totdat dit sag en deurskynend is. Verdeel die uie in twee dele. Soteer
die grasuie ongeveer 5 minute lank. Meng die een helfte uie, die grasuie en die soppoeier, sout en peper en 250 ml van die kaas. Klits die eier en melk saam en voeg by die kaasmengsel. Skep die vulsel in die voorbereide kors. Rol die res van die deeg uit in ‘n sirkel met dieselfde deursnee as die tertbord en bedek die vulsel daarmee. Vorm die rande netjies en sny’n kruis in die middel. Bak die pastei ongeveer 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 190ºC. Haal uit die oond, versprei die res van die uie
egalig bo-op en strooi die res van die kaas oor.
Bak dit nog 10 – 15 minute lank.




WARM KAASTERT

WARM KAASTERT
1 ½ koppies koekmeel
85 g botter
2 teelepels bakpoeier
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie melk
½ koppie gerasperde kaas
sout
Ekstra:
Marmite
½ koppie gesmelte botter
½ koppie gerasperde kaas
Room botter en suiker, klits melk en eier tot skuimerig. Meng droë bestanddele by asook kaas.
Bak 40 minutes in matige oond.
Wanneer dit gaar is smeer marmite dun oor en sprinkel ‘n ½ koppie gesmelte botter oor.
Sit in oond voor bediening om warm te word en strooi dan ½ koppie kaas oor.
Geplaas deur Joey Kruger

 




ETHA SE VERKOPING FUDGE

Fudge in die mikrogolf
ETHA SE VERKOPING FUDGE
My resep wat ek maak om te verkoop is:
60 g margarien
15 ml goue stroop
2 ml kremetart
1 koppie koekmeel
6 koppies suiker
1 blikkie melk
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla geursel

Smelt margarien en gouestroop saam oor lae hitte. Voeg die koekmeel, suiker, melk, kondensmelk en kremetart by.
Kook tot sagtebal stadium. Haal van hitte af en roer vanilla by.
Vandat ek die suiker en res bygevoeg het kook ek dit omtrent 35 minute op 4.
Dit is ‘n groot resep ek kry so 77 klein blokkies in my fudge pan.
Ek hoop dit help vra maar as jy nog sukkel.
Resep en foto:  Etha Burger

 




TURKSE LEKKERS

Elaine Van Staden Ras se Turkish Delighttested
TURKSE LEKKERS

Gewoonlik het ‘n mens ‘n lekkergoed termometer nodig as jy lekkergoed maak, maar met Turkse lekkers is dit nie ‘n vereiste nie. Dit is omdat die vloeistof gekook en geset word met gelatien. Maar versigtig: Te veel rooswater of te veel suurlemoensap kan dit bederf. En onthou: die suiker moet opgelos wees voordat dit gekook word.
Lewer omtrent 50 blokkies
30 ml (2 eetlepels) gelatien
60 ml (¼ koppie) water
500 ml (2 koppies) suiker
30 ml (2 eetlepels) mielieblom
200 ml (¾ koppie) water
3 ml (½ teelepel) rooswater
‘n druppel rooi kleursel
30 ml (2 eetlepels) versiersuiker
30 ml (2 eetlepels) mielieblom
Week die gelatien in die water en hou oor kookwater om op te los.
Meng die suiker en mielieblom in ‘n kastrol. Voeg die 200 ml water by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Kook sowat 5 minute oor stadige hitte. Verwyder van hitte en voeg die rooswater, kleursel en gelatien by.
Gooi uit in ‘n gesmeerde bak of pan van omtrent 14 x 23 cm. Laat staan vir sowat 8 uur of tot styf en sny dan in blokkies, omtrent 2 cm in grootte. Rol in mengsel van gelyke dele versiersuiker en mielieblom.
Bêre in ‘n lugdigte houer vir omtrent 2 weke.

FOTO: Elaine Van Staden Ras
Nota: Lerina van der Linde, ek het al hierdie een op die blog gemaak. Dit is die maklikste resep en kom vreeslik lekker uit! Dis baie taai as dit net gestol is, so sny lang repe en rol dit dan in die versiersuiker/maizena, en dan kan jy die blokkies sny en weer rol. Regtig maklik en lekker!