YSKAS VRUGTEKOEK


YSKAS VRUGTEKOEK
Graag deel ek met julle vanoggend, so op ‘n pragtige Kersdag, hierdie heerlike yskas vrugtekoek.
100 g regte botter
1 blik kondensmelk
60 ml Rum/ Brandewyn
100 ml rooi kersies
100 ml sultannas
100 ml korente
100 ml gekapte gemengde neute
100 ml fyngesnyde dadels
100 ml wit suiker
5 ml vanilla geursel
2 x 200 g fyn tennisbeskuitjies
Verhit die botter, kondensmelk en Rum/ Brandewyn saam, voeg suiker by en roer goed (nie kook nie).
Verwyder van die hitte en meng met die res van die bestandele. Giet die beslag in ‘n gesmeerde broodpannetjie en druk vas, verkoel oornag. Sny die koek in skywe en geniet.
Resep en foto : Ou Familie gunsteling – Magda Van Der Merwe
Variasie:
Probeer gerus hierdie vrugtekoekresep, dis yummies!!
250 ml gekapte dadels
125 ml elk sultanas, korente, rosyne, kersies en gekapte neute
125 ml bruinsuiker
125 ml botter
1 blik kondensmelk
2 pakkies Tennisbeskuitjies, in stukkies gebreek
5 ml vanilla
Smelt die botter en suiker. Roer die kondensmelk by en verwyder van die hitte. Voeg die vrugte en beskuitjies by en roer deur. Spuit ‘n ringkoekpan met kleefwerende kossproei en druk die mengsel in die koekpan vas. Laat staan 24 uur in yskas. Heerlik!!
Resep: Veronica Roux




