SHORT CRUST PASTRY

elsa se kors blind gebaksouvery tart

SHORT CRUST PASTRY

This is the most popular and basic pastry. It’s easy to make and is used mainly as a tart or quiche base.
150 g cold butter cubes
250 g cake flour
5 ml salt
1 beaten egg yolk
60 ml cold water

Rub the cold butter cubes into the cake flour and salt.
Stir in the beaten egg yolk and about cold water to make a soft, but not sticky, dough.
Wrap in plastic wrap and refrigerate for at least 30 minutes before rolling out to use.
Line the pan, use a fork to prick 4 – 5 times.
Blind bake the base for 15 min at 160 – 170°C.
Add filling of any kind, savoury or sweet… and enjoy.
For a simpler pastry, leave out the egg and use a little extra water.
Add 80 ml castor sugar to the flour for a sweet pastry.

Diane Roode Hancox




VINNIGE SKILFERKORSDEEG

VINNIGE SKILFERKORSDEEG
Maak pasteitjie of groot tert
1½ pd koekmeel ( 6 koppies)
1 pd botter, (450  g)
1½ koppies suurroom
1 eetlepels Brandewyn of suurlemoensap
½ koppies yskoue water
1 eiergeel

Klits eiergeel en water tot skuim. Rasper botter in meel.
Maak gaatjie in die middel.
Giet die room, suurlemoen of Brandewyn in die middel, roer goed deur.
Voeg die eiergeel en water bietjie, bietjie by en meng goed.
Rol uit, vou op, herhaal dit vir 3-4 keer. Dit is nou reg vir gebruik,
Rol uit en plaas vulsel van jou keuse in.
Nota:
Ek het kaasworsies, spekvleis, uie, sampioene en green-peper(al drie kleure) saam gebraai
Sprinkel dan die gerasperde-kaas op deeg
Feta kaas gekrummel, worsmengsel oor gegooi, weer kaas en fetakaas bo-op gesit, die deeg oorgevou en geseel
Maak in foil toe en sit op draadrakkie in oond by 160ºC vir 30 min.
Haal foil af en bak oop vir nog 10 min.
Ek sal dit nooit weer buite op rooster maak nie, dit kom lekker los en sappig binne in die stoof.
Bron: Tiana Botes

 




KOEKSISTERS MET WARM STROOP

tested

KOEKSISTERS MET WARM STROOP
Ek kry hierdie koerant uitknipsel van 1947 tussen my Oorl. Mammie se resepte.
2 koppies meelblom
1 desertlepel bakpoeier (12,5 ml)
1 desertlepel suiker (12,5 ml)
1 desertlepel botter (12,5 ml)
1 eier
Knippie sout
¾ koppie melk
Olie vir gaarmaak

Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in, gooi dan die bakpoeier en suiker by. Maak aan met melk waarin die eier geklits is. Meng goed en laat rus die deeg.(uur of langer as jy tyd het)
Rol die deeg uit, sny en vleg. Moenie deeg teveel hanteer en rek nie….
Bak in warm olie tot ligbruin.

Stroop
4 koppies suiker
2 koppies water
1 eetl goue stroop
Knippie wynsteensuur

Kook die bestanddele saam vir 5 min en dompel die warm koeksisters in die warm stroop. Haal uit en laat koud word voor bediening. Bere in die vrieskas en bedien yskoud
Nota:
Kan ook bietjie suurlemoensap by die stroop sit nadat dit klaar gekook het, om die soet bietjie te breek, begin maar by so 30  ml en proe, moenie teveel insit nie.

Resep geplaas deur: Rina Kleinhans
Foto:  Elaine Steyn Steyn‎ – Wou vinnig koeksisters bak, nie tyd gehad vir my gewone resep nie. Het hierdie resep van julle probeer en dit is absoluut awesome. Ek het 15 ml suurlemoensap by stroop gevoeg. Deeg is baie pap, so ek het baie meel vir uitrol gebruik. Sal dit beslis weer maak. Dankie vir resep☺
2de foto: Retha Fouche –  Smaak héérlik!! Dankie vir die raad en resepte!!




EKONOMIESE KOEKSISTERS VIR DIE BASAAR

KOEKSISTERtested

EKONOMIESE KOEKSISTERS VIR DIE BASAAR
12 dosyn
Stroop:
2 kg suiker
3 liter water
5 ml sout
30 ml suurlemoensap
30 ml gouestroop

Deeg:
1 kg wit broodmeel
5 ml sout
10 g kitssuurdeeg (1 pakkie kitsgis)
50 g suiker (62 ml)
60 g botter of margarien (60 ml)
500-600 ml louwarm water

Stroop:
Berei stroop die vorige dag en plaas oornag in die yskas. Verhit suiker, water en sout oor matige hitte en roer tot suiker opgelos is. Maak seker dat suiker teen die kante ook afgeverf is, sit deksel vir paar minute op sodat stoom die suiker kan afwas. Verhit stroop tot 110ºC of ongeveer 15 minute vanaf kookstadium. Voeg sap by en kook nog 2-3 minute en verwyder van hitte, roer stroop by tot opgelos. Laat afkoel en plaas in yskas. Maak ongeveer 4 liter stroop. Verdeel stroop in 2 dele, dan is daar altyd koue stroop. As die 1 helfte warm word, plaas warm stroop in vrieskas om weer gou koud te word.
Deeg:
Sit meel en sout saam, voeg suurdeeg en suiker by en meng goed. Vryf botter in. Voeg eers net 500 ml water by om ‘n sagte deeg te vorm. Indien nog water nodig is, maak net jou hande met die orige 100 ml water nat en knie dit by die deeg in. Knie vir ‘n paar minute met oorvou-en-kniebeweging totdat deeg nie meer aan jou hande vassit nie. Laat deeg rys tot dubbeld die volume. Knie deeg af, knyp ‘n stuk deeg af en rol in worsvorm en sny 10 mm skyfies. Rol skyfies in worsies tussen hande en draai in teenoorgestelde rigtings, vou dubbeld en druk punte stewig vas. Dit behoort vanself op te rol. Hou koeksister toe onder ‘n klam doek sodat dit nie uitdroog. Laat 30 minute rys. Verhit olie tot 180ºC en bak koeksisters ‘n paar op ‘n slag en doop dadelik in stroop. Koeksisters vries goed.
Resep gelaas deur Nicolien van Schalkwyk




KAAP-MALEISE KOESISTER

koesisters
KAAP-MALEISE KOESISTER
Lewer 36 koesisters
6 middelslag aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 ml melk
60 ml olie
60 ml botter, gesmelt
1 groot eier, liggies geklits
1 x 10 g pakkie kitsgis
60 ml suiker
700 g (5×250 ml) koekmeel
5 ml sout
7 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde gemmer
2 ml gemaalde naeltjies
2 ml gemaalde kardemon
5 ml heel anyssaad
5 ml fyngdrukte of gemaalde naartjieskil
olie vir diepbraai

Stroop:
250 ml water
200 g (250ml) suiker
2 kardemompeule, opgeskeur

Kook aartappels in water tot sag. Dreineer water af en druk fyn. Voeg melk
olie, botter en eier by en druk fyn sodat daar geen klonte is nie (druk deur
sif indien nodig).
Plaas kitsgis, suiker, meel, sout al die speserye en skil in ‘n groot mengbak.
Voeg aartappelmengsel by en meng goed tot ‘n gladde deeg.
Bedek met kleefplastiek en laat op ‘n warm plek tot dubbel die volume rys
(sowat 1 uur). Knie deeg af en keer op meelbestrooide oppervlak uit.
Rol stukke deeg in langwerpige vorms (6 cm x 2.5 cm) en laat 15 min eenkant rys. Diepbraai in warm olie tot goedbruin. Haal uit met gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.

STROOP:
Plaas intussen al die bestanddele, behalwe klapper in n kastrol en verhit tot kookpunt. Roer totdat suiker heeltemal opgelos is het. Hou aan roer en prut oor lae hitte tot stroop lagie op die agterkant van n lepel vorm.
Dompel koeksisters in warm stroop en rol in klapper tot goed bedek. Sit met koffie en tee voor.
Wenk:
Hoe gladder en sagter die aartappel-meelmengsel,hoe beter die eindresultaat.
Resep en foto: Peggy Devine

 




NAGEMAAKTE KOEKSISTERS-BROODSISTERS

tested

NAGEMAAKTE KOEKSISTERS-BROODSISTERS
Resep: Christina Stienie Breed
FOOD LOVERS RECIPES
4 koppies suiker
1 teelepel asyn
knippie sout
2 koppies water
1 teelepel vanilla geursel
ou brood
klapper vir rol

Voeg die suiker, asyn, sout en water in ‘n kastrol en verhit stadig, roer aanhoudend tot die suiker opgelos is.
Brin die mengsel tot kookpunt en kook vir 1 min, plaas eenkant en laat afkoel. Voeg die vanilla by en roer deur.
Sny die brood in vingers en braai in diepolie tot goudbruin.
Dompel dit dan direk in die koue stroop en rol dan in klapper.
Kan ook vir nagereg gebruik word saam met vla en gesnyde piesang.
Nota: Mens kan ook ‘n stroop kook soos vir koeksisters en dit daarin dompel, heerlik verby,




HESTELLE SE HEERLIKE KOEKSISTERS

KOEKSISTERtested
HESTELLE SE HEERLIKE KOEKSISTERS
Ek het Johanna se resep bietjie aangepas. Die geheim van ‘n lekker koeksister, le in die stroop. As dit te soet is, eet almal net een. Omdat ek my stroop nie so soet maak nie, hou hulle nie op met eet nie!
DEEG:
4 koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
2 eiers
125 ml margarien
4 ml sout
+- 300 ml melk
Sif droë bestanddele saam en vryf margarien in .
Klits eiers goed, klits in melk en maak beslag daarmee aan.
Knie goed deur en bedek met klam doek vir 30-40 min.
Rol uit. Maak stroop vorige dag aan en sit in ys (of vries-) kas.

STROOP:
7 koppies suiker
4 koppies water
1 eetlepel goue stroop
2.5 ml wynsteensuur, (of 30 ml suurlemoensap)
1 desertlepel vanilla geursel (12.5 ml)
Jy kan 2.5ml kremetart ook by die koue stroop gooi.

Los suiker in koue water op. Kook ongeveer 8 min.
Voeg ander bestanddele by en laat koud word. Sit in bak sonder deksel in yskas en toe bak in vrieskas.
Dit vries baie goed. Mens moet die eerste keer eintlik die stroop dubbeld aanmaak, anders is dit te min.

Resep: Hestelle Engelbrecht




OM DIE KOEKSISTERS TE LAAT BLINK

KOEKSISTERS CECILIA
OM DIE KOEKSISTERS TE LAAT BLINK
Kan jy 2 groot lepels gekoopte stroop by jou stroop voeg sodra klaar gekook, dit gee die koeksisters ‘n mooi blink glans en ‘n mooi dieper bruin kleur!




KOEKSISTERS MET GEMMER

2015-06-27-koeksisterstested
KOEKSISTERS MET GEMMER
Vir die stroop
1 kg (1 liter) suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water
Plaas die suiker, water, kaneel en gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof.
Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te sit. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas.
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie ! Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.
Vir die deeg:
500 ml koekmeel
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie

Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng diekoekmeel, bakpoeier en knippie sout. Vryf die margarien in met jou vingers.
Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100 ml melk en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.
Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant. Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het.
En nou vir die tweede geheim:
Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek. Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.

Resep: Carol Elliott Claassen
Foto:  Benhet Niewenhuis




WILDEBEES KAIINGS VAN OOM FANUS

vierkantige koeksisterswildebeeskaaings wikkie2tested
WILDEBEES KAIINGS VAN OOM FANUS
Hierdie resep is baie oud en ek wil dit met julle deel, want dit het niks te make met wildsvleis of uitgebraaide vet nie, dit is iets soos KOEKSISTERS. Geniet dit.
4 koppies koekmeel
1 koppie botter
2 eetlepels bakpoeier
1 knippie sout
2 eiers
1 eet suurlemoensap
± 1 koppie melk

Vryf die botter, bakpoeier en sout in die meelblom.
Klits die eiers, suurlemoensap en melk saam.
Voeg by die droë bestanddele by en hanteer liggies.
Rol uit, sny in vierkante of sirkels, vou om die steel van ‘n houtlepel, maak effens klam waar deeg oormekaar vou en bak in warm olie.

STROOP:
6 koppies suiker
3 koppies water
gerasperde lemoenskil
kaneelstokkies
Laat kook 10 min. Laat koud word en doop gaar kaaings in stroop soos koeksisters.
Ek het dit nog nie gemaak nie, so laat weet hoe dit smaak, asb?

Resep geplaas deur: Rina Kleinhans
Foto:  Wikki Tap